MAALVLEISPASTAGEBAK

maalvleis pastagebaktested
MAALVLEISPASTAGEBAK
BRON:  Heiner Lange
Foto en resep geplaas deur Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie maalvleisgereg is ‘n tipiese eenskottelgereg – smaaklik, maklik en ideaal, want dit gebruik min skottelgoed. Maalvleis bly ekonomies en dit kan met enige kleiner tipe groente bietjie aangevul word. Verder maak die tamatiebasis hierdie gereg smaakvol -geur net met enige speserye of kruie van jou smaak om dit ten volle te geniet

Lewer 6- 8 porsies
30 ml (2 eetlepels) kookolie
500 g maer beesmaalvleis
1 groot ui, fyngekap
3 selderystingels, grofgekap
410 g-blik gekapte tamaties
15 ml (1 eetlepel) ligte bruinsuiker 2 ml (¼ teelepel) fyn paprika
30 ml (2 eetlepels) gekapte vars tiemie of 10 ml (2 teelepels) droë tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
125 ml (½ koppie) beesvleisaftreksel
100 g pasta (skulpies), ongekook

Kaassous
30 ml (2 eetlepels) botter of margarien
30 ml (2 eetlepels) koekmeel
500 ml (2 koppies) melk
250 ml (1 koppie) gerasperde Cheddarkaas
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit olie en braai vleis totdat die kleur verander. Voeg die ui en seldery by en soteer vir ‘n paar minute tot sag. Voeg die tamaties, suiker, paprika, tiemie, geurmiddels en aftreksel by.
Voeg die rou pasta by en roer deur. Skep die gebraaide vleismengsel in ‘n groot oondvastebak.
Kaassous: Smelt botter in ‘n swaarboomkastrol. Voeg die meel by en roer vir ongeveer 1 minuut oor lae hitte. Voeg die melk by en roer aanhoudend tot glad en dik.
Verwyder van hitte en voeg kaas en geurmiddels by. Giet die sous oor die vleismengsel en bak omtrent 30 minute in voorverhitte oond teen 180°C. Bedien warm.

Bevriesing
Die meeste soorte pastageregte vries baie goed vir minstens drie maande en hierdie gereg is geen uitsondering nie.

Kook met maalvleis
As riglyn, onthou met die gaarmaak van maalvleis is dit belangrik om met ‘n vurk te werk terwyl dit gebraai word. Dit verseker dat die vleisstukkies sal los raak van mekaar. Maalvleis moet ook net gebraai word totdat dit gaar is en die kleur van rooi na grys verander het. Om maalvleis te bruin te braai, maak dit net onnodig droog.

KAASSOUS
In hierdie resep word witsous omgeskep tot ‘n kaassous, maar die kaas kan uitgelaat en deur kruie vervang word. Wanneer ‘n kaassous gemaak word, maak die witsous klaar, verwyder van hitte en voeg dan die kaas (af van die plaat) by, want so kook die kaas nie in die sous tot draderig nie. Enige kruie of speserye soos paprika kan by die kaassous gevoeg word.



MAALVLEIS EN RYSGEREG

MAALVLEIS EN RYSGEREG
Resep:  Carol elliot Claassen
Foto:  Scotty Smith – Hier is hy, net soos die resep. Dit is heerlik.
Resep en 2de Foto: Marika Tegmann
FOOD LOVERS RECIPES
500 g maalvleis
250 ml koue water
5 ml sout
2 ml peper
Uie na smaak
100 ml blatjang
250 ml rou rys afgespoel
410 g blikkie minestronesop
285 g blikkie geroomde sampioene
500 ml kookwater
Braai uie in bietjie olie, meng maalvleis, koue water, sout, peper en sit by uie.
Kook vinnig sonder deksel, tot vloeistof weg is. Skep maalvleis in ‘n bak. Smeer blatjang oor, Strooi rys oor, sprinkel sop oor, dan sampioene en laaste kookwater. Sit deksel op of foelie.
Bak 1 ½ uur by 180° C .

Marika Tegmann se weergawe:
Ek het 1½ koppie rou rys
1 kg maalvleis
2 koppies water
2 pakkies tamatie paste en
1 Blikkie Room suiker mielies

Maak die maalvleis gaar. Plaas die rou rys in ‘n oond vaste bak. Spoel die rys af. Skep die gaar maalvleis oor die rys. Meng die water met die tamatie paste. Giet die mengsel oor die rys en maalvleis. Skep die room suiker mielies oor. Sit in die oond vir 1½ uur teen 180º. Onthou sout en peper na jou smaak.

Foto:  Adam Cloete
Hierdie is ‘n heerlike, maklike en goedkoop vol maag resep, wat jy sommer vêr kan rek.  Ek het noodgedwonge aangepas oor bestanddele wat ek nie gehad het nie en het sommer vars gekapte sampioene saam met die vleis gaargemaak, ‘n pakkie sampioensop poeier, aangemaak met helfte die water wat aanbeveel word, gebruik en om op te maak vir die romerigheid, Marika Tegmann se idee gebruik en ‘n blikkie roommielies bo-oor gesit.




SPEK EN KAAS FRIKKADELLE

 

spek en kaas frikkadelle riandatested

SPEK EN KAAS FRIKKADELLE
Resep:  Joyce Koen
Foto:   Rianda Verwey en Louis Duncan
FOOD LOVERS RECIPES
(baie lekker)
1 sakkie Knorr Savoury Mince Cook-in-Sauce
1 eier
500 g gemaalde beesvleis
1 pak Bacon bits, gebraai
1 handvol Mozzarella, gerasper (of gewone kaas)
1 pakkie kersie-tamaties, gekap
1 ui, gekerf
6 sampioene (opsioneel)
3 murgpampoentjies (opsioneel)
blatjang
All Gold BBQ-sous (opsioneel)
olie
sout en peper
of 1 blik klaar tamatie-en-uie-mengsel
ekstra kaas vir oorgooi (opsioneel)

Voorverhit oond tot 180°C.
Meng sous-poeier, maalvleis, bacon, eier en kaas in bak tot goed deurgewerk.
Verdeel in 12 balletjies en plaas in oondbak. Skep die tamatie-en-uie-mengsel oor. Strooi gewone kaas oor.
Tamatie-en-uie-mengsel: Verhit olie. Braai, tamatie, sampioene en murgpampoentjies tot sag. Geur met blatjang, BBQ-sous, sout en peper.
(Of meng bietjie chutney in blik tamatie mengsel en geur na smaak)
Bak 25 min. (bedien met spaghetti)

 




SOETSUURFRIKKADELLE

soetsuurfrikkadelle reggemaaktested

SOETSUURFRIKKADELLE
Frikkadelle:
750 g maalvleis
10 ml kerriepoeier
50 ml tamatiessous
50 ml worcestersous
25 ml koekmeel
sout en peper na smaak
50 ml olie

Meng al die bestanddele behalwe die olie, Vorm dit in klein frikkadelle. Verhit die olie en braai die frikkadelle daarin tot gaar.

Sous:
1 geelwortel geskil
1 ui geskil
470 g blik pynappelstukke
1 komkommer geskil
30 ml olie
25 ml mielieblom
125 ml water
1 hoenderekstrakblokkie
15 ml sojasous
30 ml tamatiesous

Sny die wortel in dun repies, sny die ui in ringe. Dreineer die pynappelstukke en hou die stroop eenkant. Sny die komkommer in blokkies. Verhit die olie en braai die ui en wortel. Voeg die komkommer en pynappel by en braai nog ‘n paar minute. Verwyder van die hitte. Meng die mielieblom en water en voeg die pynappelstroop, ekstrakblokkie, sojasous en tamatiesous by. Kook hierdie sous tot dik. Plaas die groente en frikkadelle in die sous, kook ‘n paar minute deur en bedien op basmatierys of kapokaartappels.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto:  Petro Labuschagne Coetzee

 




KITS KOEKSISTERS

kits koeksisterstested

KITS KOEKSISTERS
Ek het ‘n blommetjie koekiedrukker gebruik, dit normaalweg in olie gebak en in stroop gedompel.
Stroop:
625 ml witsuiker
250 ml water
12,5 ml suurlemoensap
5 ml vanieljegeursel

Deeg:
375 ml koekmeel
22 ml bakpoeier
1 ml sout
25 ml botter/margarien
150 ml melk
750 ml sonneblom olie

Verhit die suiker en water in ‘n diep kastrolletjie oor lae hitte sonder ‘n deksel tot kookpunt en roer dit kort-kort totdat die suiker gesmelt het. Kook die stroop 7 – 8 minute stadig sonder ‘n deksel – dit moenie te vinnig kook nie, want dan gaan dit te dik wees. Haal van die stoof af, roer sap en geursel by. Hou eenkant.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Frummel die smeer daarin. Sny die melk met ‘n slaplemmes in die frummels totdat ‘n deeg gevorm het – werk liggies. Rol die deeg op ‘n meelbestrooide plank sowat 5mm dit uit. (Ek rol dit dikker uit omdat ek dit nie vleg nie). Sny smal repies en vleg koeksisters daarmee. (Ek gebruik ‘n blommetjie motief koekiedrukker).
Verhit olie in kastrol tot taamlik warm. Bak tot goudbruin. Skep met gleuflepel uit olie en dompel dadelik in die stroop wat nou al tot louwarm afgekoel het. Wanneer die stroop deurgetrek het, skep uit en laat afdrup op ‘n afkoelrak wat bo-oor ‘n skinkbord geplaas is. Eet dit yskoud!

Resep en 2de foto:  Joey Venter
1 ste foto:  Kiti de Jager

 

 




ROLO SJOKOLADE BROWNIES

rolo centered browniestested

ROLO SJOKOLADE BROWNIES

Ek is reeds oorweeg om op ‘n sjokolade-fees hierdie naweek. Geen beter sjokolade behandel stel die drang as ‘n donker, ryk sjokolade poeding. Ek hou van my sjokolade poeding taai en ryk. Gewoonlik gebruik ek ‘n donker kakao as ek nie ‘n blad van die sjokolade op die hand (wat nooit laaste in elk geval) het, so toe ek besluit het om hierdie bietjie byt te bak Ek het bygevoeg ‘n rolo in die sentrum. Die rolo advertensies ‘n soet voordeel vir hierdie gereed perfekte poeding mengsel. Hoop jy geniet!

150 gr botter of margarien
¾ koppie bruin suiker
1 koppie goeie gehalte donker kakao poeier
‘N knippie sout
5 ml vanieljegeursel
2 eiers
½ koppie meel.Metode
Voeg die botter, suiker, kakao en sout in ‘n microwavable gereg.
Mikrogolf totdat botter gesmelt is.
Liggies roer al die bestanddele saam tot opgeneem. Voeg by die mikrogolf as die botter moet meer smelt.
Jou beslag moet warm wees, as dit warm is, laat vir ‘n paar minute om af te koel.
Voeg die vanieljegeursel by en meng dit deur.
Nou voeg die eiers by en meng deeglik.
Laastens voeg die meel en meng tot Ingelyf, moet nou jy gelaat word met ‘n taai, blink nat beslag.
Voeg lepelsvol deeg in die muffinpan ¾ vol. Voeg ‘n rolo aan elke koppie.
Bak vir 10 – 12 minute by 190 grade Celsius – jou oondrak ingestel op die onderste helfte van die oond.
Nie nodig om te toets of die poeding gebak word, is dit nog steeds moet ‘n bietjie sag, en nie gebak reg deur soos ‘n koek gebak sou word.
Laat die brownies om af te koel in die muffinpanne en versigtig verwyder met ‘n vurk.
Het dit al daar en dan as jy nie kan wag nie!
Foto: MArie Rheeder Troskie



EILEEN SE SAGOMELKKOS-MIKROGOLF

melkkostested
EILEEN SE SAGOMELKKOS-MIKROGOLF

100 ml (70 g) sago
1 L melk
30 ml (25 g) botter of margarien
2 eiers
75 ml (40 g) volkoring of gewone koekmeel
20 ml vlapoeier
2 ml sout
125 ml water
kaneelsuiker
Voeg die sago by 250 ml van die melk in `n diep 3,5 L bak.
Mikrogolf dit 2½ minute oop by 100% krag.
Roer die mengsel goed en laat dit ‘n rukkie staan.
Voeg die oorblywende 750 ml melk en die botter of margarien by die sagomengsel.
Mikrogolf dit 15 minute oop by 100% krag en roer dit na elke 5 minute
Skei die eiers en klits die eiergele, meel, vlapoeier, sout en water saam tot gemeng.
Roer dit by die sagomengsel.
Mikrogolf dit 6 minute oop by 100% krag en roer dit na die eerste 3 minute goed.
Klits die eierwitte tot styf en vou dit liggies by die sagomengsel in.
Sit die melkkos warm met kaneelsuiker voor.

Resep:  Eileen Geldenhuys
Foto:  Rina Kleinhans




JAPIE SE GUNSTELING – SUURLEMOENPOEDING

Japie se gunsteling Driestested

JAPIE SE GUNSTELING – SUURLEMOENPOEDING
Resep:  Kook en Geniet
Foto:  Dries Von Weidtz
2 eiers, geskei
500 ml suiker
60 ml meel
500 ml melk
180 ml lemoensap
15 ml suurlemoensap
gerasperde skil van ‘n lemoen
25 ml gesmelte botter

Klop die geel van die eiers en vou die suiker by. Die melk en meel kom om die beurt by.
Voeg nou die lemoensap, suurlemoensap, skil en botter by.
Klits die eierwit styf en vou by die mengsel.
Skep die mengsel in ‘n oondbak en plaas die bak in ‘n pan warm water in ‘n 180ºC oond vir 45 minute.




PIESANG-GEMMERTERT

tested

PIESANG-GEMMERTERT
5 ml gelatien
10 ml koue water
12,5 ml kookwater
1 koppie vars room
25 g/50 ml versiersuiker
5 ml vanieljegeursel
400 g/2 koppie piesangskyfies
70 g/75 ml fyngekapte ingemaakte gemmerstukke
100 ml sjerrie
37,5 ml gemmerstroop (van gemmerstukke)
200 g gemmerbeskuitjies
geroosterde klapper vir versiering

Sprinkel die gelatien oor die koue water. Week vir 10 minute en voeg daarna kookwater by. Los op. Klits room styf, voeg versiersuiker, geursel en gelatien by en klits dit goed in die room in. Vou piesang en gemmerstukke hierby in. Meng sjerrie en gemmerstroop, doop beskuitjies daarin en pak helfte daarvan op bodem van tertbord. Skep helfte van roommengsel bo-oor. Rangskik ander helfte van beskuitjies bo-op gevolg deur res van roommengsel. Sprinkel klapper oor vir versiering. Plaas in yskas vir +- 2 ure of tot goed gestol.
Resep: Bets Lourens




APPEL EN APPELKOOS ROL POEDING

tested

APPEL EN APPELKOOS ROL POEDING
Ek het ‘n paar dae gelede ‘n paar tert appels gehad wat ek gekook het en in die yskas gesit het. Vandag toe ek yskas skoon maak het ek op hulle afgekom en besluit om poeding van hulle te maak vir vanaand. My man het dit geniet en gesê ek moet julle die resep gee. Ek noem dit sommer appel en appelkoos rol poeding.
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout.
2 eiers geklits met ¼ koppie melk
½ koppie margarien
3 eetlepel fyn appelkooskonfyt
8 Tert appels gekook met ½ suurlemoen se sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
½ teelepel fyn kaneel
½ eetlepel suiker


Stroop
1 ½ koppie kookwater
1 eetlepel margarien
1 koppie suiker
Meng alles saam en plaas eenkant
Vryf margarien in meel bakpoeier en sout
Voeg melkmengsel by en meng tot hanteerbare deeg.
Rol dun uit op meel bestrooide oppervlakte
Smeer 3 eetlepels appelkooskonfyt oor deeg
Maak appels fyn en smeer bo-op konfyt oor deeg
Rol op soos ‘n rolkoek en sny in ewe groot stukke, so 3cm lank
Sit op gesnyde kant in bak.
Strooi  171 eetlepel suiker gemeng met  171 teelepel kaneel bo-oor
Gooi sous versigtig oor en bak 1 uur of tot mooi bruin by 180ºC
Bedien saam met vla
Resep geplaas deur Tim En Elsie Slabbert
Foto: Tim En Elsie Slabbert