GEBAKTE CAJUN AARTAPPELWIGGIES

GEBAKTE CAJUN AARTAPPELWIGGIES
4 aartappels, ongeskil en in 6 wiggies gesny
1 suurlemoen in 6 wiggies gesny
8 knoffelhuisies, ongeskil
2 uie, in wiggies gesny
4 lourierblare
30 ml suurlemoensap
60 ml water
15 ml tamatie puree
15 ml olyfolie
5 ml van elke van die volg: swartpeper, sout, paprika, origanum, pietersielie, krummels
2 ml rooipeper

Voorverhit die oond tot 200°C.
Kook soutwater in groot kastrol, voeg die aartappels by en kook vir 3 min.
Dreineer goed en plaas die aartappels in ‘n groot oondpan.
Voeg die suurlemoen, knoffel, uie en loerieblare by.
Meng die suurlemoensap, water, olyfolie, tamatie puree, kruie en speserye in ‘n klein mengbak, en gooi oor aartappels. Bak vir 40 min. Draai dit gereeld om.
Sit voor saam met geroosterde vis of hoender. (4 porsies)




SPINASIEKOEKIES

SPINASIEKOEKIES
2 bosse spinasie goed afgespoel en gesnipper (harde stukke verwyder)
2 uie fyn gekap
1 knoffelvinger fyn
1 pakkie spek fyn gekap
1 blik tamatie en ui
1 pakkie sampioen sous
2 x eiers
1 pakkie sampioen soppoeier
feta kaas
chedder kaas

Braai die uie en knoffel en bacon tot sag en die spek tot bros in olie in die pan.
Voeg gekapte spinasie by en sit deksel op sodat die spinasie sag kan stoom.
Voeg al die ander bestanddele by behalwe die kaas en die feta.
Skep lepelsvol van die spinasie in ‘n muffin pan en plaas op elke hoppie ‘n blokkie feta en ‘n blokkie chedder kaas.
Sit in ‘n vooraf verhitte oond 180ºC tot die kaas begin smelt en verkleur.
Kan warm of koud bedien word.

Resep: Benhet Nieuwenhuis




LOUISE SE PAMPOENTERT

pampoenterttestedpampoentert louise

LOUISE SE PAMPOENTERT
Resep en foto:  Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
3 koppies gaar pampoen of botterskorsie (nie waterig)
1 teelepel sout
2 eetlepels sagte botter
3 eiers
250 ml room (of ½ room ½ melk)
Kaneelsuiker om bo-oor te strooi

Meng al die bestanddele, behalwe die kaneelsuiker.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak.
Bak vir 40 tot 45 minute op 180°C. Dit is nog effens sag as gaar.
Strooi kaneelsuiker oor as dit uit die oond kom.
Nota:
Die tert sny maklik as dit afgekoel het, dit is mooi stewig. Na die 45min lyk dit dalk nie gaar as jy ‘n mes insteek nie, maar moenie worry nie, laat dit net heeltemal afkoel, dan is dit perfek.
Ek het die resep al baie dubbeld aangemaak, werk net so goed. Dan bak ek dit in die groot swart oondpan. Ek maak maar altyd dubbeld, want dit vlieg as dit op tafel kom!




MALVALEKKER PATATS

MALVALEKKER PATATS
1.5 kg patat
250 ml margarien
300 ml bruin suiker
750 ml mini-malvalekkers
2.5 ml fyn kaneel
1 ml fyn neutmuskaat

Kook die patat tot gaar en skil af. Sny die patat in groterige blokkies, en druk van die blokkies effens fyner met ‘n vurk. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ‘n oondvaste bak.
Meng die margarien, bruin suiker, 500 ml van die malvalekkers, kaneel en neut saam in ‘n kastrol. Kook oor medium hitte, en roer gedurig tot die malvalekkers gesmelt is. Meng die patat goed by die mengsel in. Skep dit in die voorbereide bak uit en bak in die oond vir 15 minute. Verwyder uit die oond en gooi die res van die malvalekkers bo-oor. Plaas terug in die oond en bak tot die malvalekkers gesmelt en goudbruin is
Resep: Sonja Young

 




BROCCOLI KASSEROL

broccoli

BROCCOLI KASSEROL
1 kg gaar broccoli
3 eierwitte
1 blikkie sampioenroomsop
1 koppie mayonnaise
halwe koppie gerasperde lae vet cheddar kaas
2 eetlepels gemaalde uie
swart peper.
6 lae vet fyngemaakte soutkoekies (Salticrax / Bacon Kips) .
Meng die broccoli, eierwitte, sop en mayonnaise. Roer die kaas, uie en peper daarin. Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde pan en sprinkel die fyngemaakte koekies bo-oor. Bak by 180 ºC tot die sous borrel – omtrent 30 minute. Bedien 6 persone. Geniet

Resep:  Carol Elliot Claassen




GEBAKTE NIKNAKS GROENBONEGEREG

groenbone met niknakstested
GEBAKTE NIKNAKS GROENBONEGEREG
500 g groenboontjie stukkies
250 g fyn spek (bacon)
1 groot ui, grof gekap
1 pakkie sampioene, gekap
½ groot pak Niknaks, fyn gedruk
1 pakkie aanmaak kaassous
1 houer (250 ml) room
± 125 ml gerasperde kaas

Meng alles saam behalwe die kaassous en room.
Giet kaassous (gemaak van room en kaassous poeier) bo-oor.
Sprinkel kaas oor en bedek met foelie
Bak vir 1 – 1 ½ uur by 180 ºC.
Resep: Louise van Aswegen de Wet
Foto: Rina Kleinhans
Nota: Nuncia Botes –  Dis baie lekker saam bbq simba chippies ook, my skoonpa maak dit so en ek vrek oor dit.




OONDGEBAKTE SOETWORTELS

oondgebakte soetwortelstested
OONDGEBAKTE SOETWORTELS
2 koppies gerasperde rou wortels
½ koppie melk
2 eiers
2 eetlepels botter
Knippie sout
½ koppies droë broodkrummels
½ koppie suiker
Meng botter en suiker. Voeg gekliste eiers by, dan melk en sout.
Roer krummels en wortels in.
Gooi in vuurvaste oondbak en bak vir 30-40min by 180°C tot gaar en ligbruin
Resep:  Rina Kleinhans
Foto:  Maryke Nel McCaig




5 MINUTE FUDGE WITH A TWIST

5 min fudge with minttested
5 MINUTE FUDGE WITH A TWIST
1 ⅔ cups white sugar
⅔ cup evaporated milk
1 tablespoon unsalted butter
½ teaspoon salt
1 (6 ounce) packages milk chocolate chips
16 large marshmallows
1 teaspoon pure vanilla extract
1 cup chopped nuts
Combine sugar, milk, butter and salt in a medium sized saucepan. Bring to a boil, cook 5 minutes, stirring constantly.
Add in chocolate chips; cook until melted.
Remove from heat; stir in marshmallows, vanilla and nuts. Mix well.
Pour into a 8-inch pan.
Cool cut into squares

NOTA:
Ek het 1 slab mint sjokolade ingesit en 1 peppermint crisp, saam met die ander bestanddele, en toe net 1 peppermint crisp bo oor gerasper!

Photo: Riana Du Plessis




MALVALEKKERS – geskik vir eetbare cookie cups!


MALVALEKKERS – geskik vir eetbare cookie cups!
Hierdie resep was altyd my gunsteling (20 jaar terug) hahaha as ek vinnig ietsie moes maak wat skool toe moes gaan:
2 koppies strooisuiker (castor sugar)
2 koevertjies gelatien (1 koevertjie is 10g)
2 eierwitte
3/4 koppie kookwater
geursel en kleursel (1 teelepel elk)
Los gelatien op in kookwater
Gooi suiker en gelatien in menger en klits baie goed. gooi eierwit, geursel en kleursel by en klits tot baie styf
Gooi in eetbare koekie cups en sit bietjie in yskas en versier met 100 & 1000 of soos verkies

Resep geplaas deur Riana Du Plessis
Foto:  Anika Keuler




DUCHESSE POTATOES

dutches potatoes

DUCHESSE POTATOES
Dis is inderdaad ‘n klassieke Franse dis en die naam is Dutchess Potatoes.
Jy meng bietjie botter, room en ‘n eiergeel met die aartappel en spuit dan rosette op ‘n gesmeerde bakplaat. Drizzle met bietjie gesmelte botter.
Dit het ‘n baie warm oond nodig, so 220 gr C, bak vir omtrent 15 minute. Ek het dit by die chef geleer waar ek klas geneem het.
Resep: Louise Groenewald