LIQUID TO STORE YOUR FETA CHEESE IN

FETA LIQUID

LIQUID TO STORE YOUR FETA CHEESE IN
Add eight cups of water to a saucepan.
Add a ½ cup of kosher salt to the water.

Bring the water to a boil on the stove. This will adequately dissolve the salt in the water.
Remove the brine from the stove top.
Set the brine aside while it cools to room temperature.
Chill the brine in the refrigerator for at least 45 minutes.
Place the feta in a plastic tub that has an airtight lid.
Fill the tub with the brine solution so that the feta is completely covered.Store the feta in the refrigerator.

Recipe posted by Carol Elliott Claassen
Note:
Ek hou my fetakaas vir maande in die oplossing , in n tupperware houer in die yskas . Jy kan dit sonder die oplossing ook vries vir tot 3 maande , maar dan krummel hy te veel.




MAAK JOU EIE MAASKAAS

MAAK JOU EIE MAASKAAS

Maak jou eie Maaskaas van afgeroomde melk!

Mens vat net soveel afgeroomde melk as wat jy kan kry, laat dit DIK word, en ek bedoel ordentlik dik – sommer totdat die vaste melkgedeelte en die wei skei. Die dik deel dryf dan bo. Gooi die vloeistofgedeelte af en skep dan die dikmelk deel in ‘n gaasdoeklap (cheese cloth material).
Vou dit toe maar hou die punte bymekaar en draai dan die lap soos mens sal maak om die meeste van die water uit die dikmelkgedeelte uit te pers. Hou die punte so opgedraai en plaas dit in ‘n sif oor ‘n bak en plaas ‘n swaarderige gewig bo-op. Laat dreineer so oornag.
Die volgende dag moet jy die lap weer opwen sodat daar nog van die vloeistof kan uitpers as dit kan. Sit dit weer in die sif en sit iets swaar bo-op om te pers. As jy dink dis nou droog genoeg, maak oop, gooi in bak en gooi by wat jy wil – fyn grasuie, knoffelsout, enige gegeurde sout, net wat vir jou lekker is en geniet dit saam met jou broodjie. Ek sny vir my dun snytjies komkommer daarop – heerlik! Hou dit net in die yskas, want dit is mos nou nie soos die gekooptes wat vir baie lank sal hou nie.

Gerdie van Zyl




VERNEUKBRON

tested

VERNEUKBRON
1 blikkie boeliebief (bully beef)
3 eetlepels gelatien
1 groot ui, gerasper
4 hardgekookte eiers, in skywe gesny
1 eetlepel kerrie
1 teelepel borrie
1 ½ koppie koue water

Meng boeliebief, kerrie en koue water en voeg so ‘n ekstra ¼ koppie warm water by die gelatien om dit te laat smelt.
Meng alles saam, plaas dit in ‘n groot genoeg glasbak en laat dit stol in yskas. Sny in skywe en geniet.
Resep en foto:  Pieter Britz
Lekker verneukbron gemaak met chuck vleis ook. 2 kg chuck vleis van die been af gestoom en toe gevlok met vurk in plaas van boeliebief.




OM SOUTVLEIS TE MAAK

OM SOUTVLEIS TE MAAK
Hierdie resep is baie, baie oud en kom uit my Oorl. Moeder se resepte boek.
5 kg vleis
15 g saltpeter
15 – 75 g bruin suiker (na smaak)
200 g sout
1 teelepel swartpeper
8 lourierblare
2 knoffelvingers fyn gekap
2 teelepels gemmer
2 teelepels wonderpeper

Meng alles goed saam, vryf mengsel in vleis in.
Plaas vleis in houer, strooi res van mengsel bo-oor en laat vleis vir 1 week in die yskas staan.
Draai elke dag om en vryf weer in met mengsel tot alles opgelos is. Gooi water by tot heel bedek en kook tot gaar.

ALTERNATIEWE RESEP
1.5 kg growwe sout
30 g saltpeter
500 g bruin suiker
Genoeg water om vleis heeltemal te bedek
Roer al die bestandele in die water tot opgelos. Plaas vleis daarin maak seker dit is heeltemal bedek.
Laat vleis 5 – 6 dae daarin lê. Hou op ‘n koel plek.
Gooi 2 teelepels koljander en 2 teelepels naeltjies in die water en kook tot gaar.

Resep: Rina Kleinhans




WENNER SULT

WENNER SULT

‘n Wen-reseppie vir SULT
(‘n Wyle terug vir my ingestuur deur ‘n anonieme leser)
Sowat 1,5 kg skenkelvleis en 4-5 skaaptongetjies, in ‘n pot geplaas met ‘n koppie droë witwyn en net genoeg water om die vleis te bedek. Hierby kom ‘n ui, twee wortels en twee selderystingels wat grof opgesny is, takkies roosmaryn, tiemie en pietersielie, ‘n paar heel swartpeperkorrels, naeltjies en sout na smaak.
Onthou net dat heelwat sout gebruik kan word, want die sult word koud geëet, en dit demp dan die geur van die sout.
Prut nou die pot so twee uur, totdat die vleis maklik van die bene afval. Haal die vleis uit en laat afkoel.Verwyder alle bene. Laat die vloeistof in die pot nog 15 minute lank vinnig kook.
Dit is jou eie keuse of jy die velletjies van die tongetjies wil afhaal. Vir my pla hulle nie, want hulle kook nogal baie sag. Maar dalk verkies diegene met ‘n fyner palet om die moeite te doen.(Ek, Retha, trek dit af, die velletjie maak die bron moeilik snybaar in sy koue vorm, en dit hoort eintlik af! )
Sny die tongetjies in skywe, plaas die vleis in ‘n bak waarin jou sult gaan set, of ‘n broodpannetjie, of ‘n poedingbak.
Giet eers die vloeistof waarin die vleise gekook het deur ‘n vergiettes en dan nog ‘n keer deur ‘n baie fyn sif.
Jy wil ontslae raak van enige stukkies wat ronddryf en as dit goed gesif is, gaan jy ‘n helderbruin sous hê, eintlik nes consommè. Daar behoort omtrent ‘n koppie en ‘n half hiervan te wees.
Omdat die bene wat ek hier gebruik het, nie veel gelatien afskei nie, moet ‘n bietjie kits-gelatien bykom. Hiervan neem ek drie teelepels en meng dit in ‘n bakkie met ‘n halwe koppie water. Dit staan so 10 minute om sag te word – dit stol eintlik heeltemal – en dan voeg ek dit by my steeds warm vleissous. Roer goed deur, proe of jy dalk nog sout nodig het en giet die sous oor die vleismengsel.
Plaas dit in die yskas en binne ses tot agt uur behoort dit goed gestol te wees. Oornag is die beste.
Om die sult uit die bak te kry, gly ek ‘n mes om die rand van die sult en ek plaas die bak ‘n paar minute in warm water.
Hou dan ‘n bord oor die bak, draai dit om, en die sult behoort sagkens uit te val. As dit nie wil nie, sit dit net weer in warm water.

 




SJOKOLADEKOEK VULSEL

SJOKOLADEKOEK VULSEL
200 g melksjokolade [bak]
250 g margarien [wit/wooden spoon]
1 blik kondensmelk
1 houer Orley Whip

Smelt sjokolade en margarien saam vir 3 min in mikro by 70% krag.
Roer goed tot alles gesmelt is. Voeg dan die kondensmelk by en
sit in yskas. Klits Orley Whip styf en meng by met ‘n lepel, smeer op koek.




FETA


FETA
4½ liter melk
114 g mesofil kultuur (vra by ‘n korporasie) of suurmelk
¼ lebekstraktablet
Verhit die melk tot 35ºC. Roer die mesofil by en laat staan vir 30 minute. Los die lebekstrak op in koue water, gooi ‘n knippie sout by en meng dit by die melk.
Roer vir ten minste vyf minute. Bedek en laat staan vir 45 minute teen kamertemperatuur. Die melk behoort dik te word in die tyd.
Sny die stremsel nou in blokke van 3 cm dik. Laat 15 minute staan om dik te word. Gooi die wei af wat uitloop.
Plaas dit in vierkantige kaashouers wat uitgevoer is met kaasdoek. Draai dit om na een uur. Laat dit oornag staan sodat die wei uitloop.
Sny dit nou in kleiner blokke van so 2 x 5 cm en besprinkel met sout. Laat twee ure staan.
Die kaas word nou in soutwater geplaas (15% soutoplossing). Seel die houers goed indien dit vir ‘n lang periode moet hou. Onder die regte omstandighede kan hierdie kaas tot ‘n
jaar hou.

NOTA:  Marleen Meintjes
Bestel al jou benodighede vanaf  Regal – Foon 011 979 3888 of fax 011 979 4363
sel nr. 076 1301 700 ,
Kan net se ek het selfs van my feta verkoop ons woon op n Dairy Farm en ek het selfs maaskaas en roomkaas gemaak en verkoop ons maak ook Yogurt en geniet dit baie groete uit Zambia – Kitwe




CREMORATERT MET ‘N VERSKIL

cremora tert met 'n verskiltested
CREMORATERT MET ‘N VERSKIL
½ koppie kookwater
250 g Cremora
1 blik kondensmelk
½ koppie Suurlemoensap
500 g jogurt (Black Forrest)
1 pak rooi jellie
1 pak Marie beskuitjies fyngemaak en met gesmelte botter  (80 – 100 ml) gemeng

Druk die beskuitjiekrummels vas in ‘n gespuite tertbak vir die kors.
Meng Cremora goed met kookwater en sit in yskas tot heeltemal afgekoel.
Klits tot styf en romerig.
Voeg kondensmelk en suurlemoen sap by en klits goed.
Maak intussen jellie aan en laat afkoel maar nie stol nie. ( 150 ml warm en 150 ml koue water)
Meng jogurt en jellie by kondensmelkmengsel en giet oor koekiekors.
Breek flake bo-oor vir versiering.
(Mense het al gedink dit is kaaskoek so lekker is hierdie en dit is heerlike maklik en goedkoop)

Resep: Isa van Tonder
Foto:  Jenny van der Westhuizen




HONGAARSE TERT – FRUMMELKONFYT TERTJIES

frummelkonfyt tertjies
HONGAARSE TERT – FRUMMELKONFYT TERTJIES
100 gram margarien
75 ml suiker
50 ml kookolie
1 eier
500 ml koekmeel
8 ml bakpoeier
1 ml sout
Appelkooskonfyt om oor te smeer

Room margarine en suiker. Voeg olie by en klits goed. Voeg eier by en klits tot gemeng. Voeg gesifte, droë bestanddele by en werk goed deur. Verdeel deeg in twee en druk en deel in gesmeerde rolkoekpan. Plaas tweede deel van deeg in koelkas. Smeer konfyt oor deeg en rasper die koue deeg bo-oor. Bak by 200°C vir 15 – 20 minute
Foto:  Floraine Wasserman Venter




SJERRIE UITJIES

SJERRIE UITJIES
750 g uitjies
30 ml botter
60 ml sjerrie
30 ml bruinsuiker
2 vars takkies tiemie
1 lourierblaar

Skil uitjies en blansjeer in gesmelte botter tot goudbruin buite-om.
Giet sjerrie oor, besprinkle met bruinsuiker, en voeg kruie by.
Bedek met water en laat opkook.
Verlaag hitte en laat prut tot geurige sous gevorm het en uitjies sag is.

Resep: Carol Elliott Claasen