RUSSIAN WORSIES

tested

RUSSIAN WORSIES
Pastavleis:
320 g beesvleis, geen vet
30 g beesvet, sagte vet (brisket vet die beste)
140 g vark vleis, geen vet
60 g vark spek
Show vleis:
275 g vark vleis sonder senings
275 g vark rug spek (maak seker dis spek en nie vet nie)
Speserye:
1 en 1/3 teelepels fyn koljander
½ teelepel fyn neutmuskaat
1/10 teelepel pimento (‘n knippie)
1½ teelepels knoffel poeier
2 teelepels witpeper
4 teelepels karwysaad, fyn gemaal
1 ½ teelepel sout, ongejodeer (kosher of skottelgoedwasser sout)
3 teelepels uiepoeier
½ teelepel praque # 1 poeier
1/3 koppie soya proteine- ongegeur
100 g ys
32-35 mm vark derms(moenie die sintetiese derm gebruik nie)

Sny alle vleis in 30 mm blokkies, maar moet nie meng nie.
Meng pastavleis saam en plaas in die vrieskas tot baie koud.
Meng show vleis saam in ander bak en plaas in die vrieskas tot amper gevries.
Meng al die speserye en soya saam.
Meng die pastavleis, ys en speserye goed deur.
Maal die pastavleis mengsel 3 keer met jou 4,5 mm plaat, meng elke keergoed voor jy weer maal.
Maal die show vleis deur jou 13 mm plaat, maak seker dis nie gevries nie, maar baie, baie koud.(kan maar begin ys kristalle maak.)
Meng die 2 vleise baie goed.
Stop in derms, nie te styf nie.
Vleg die wors met 150 mm intervalle of so lank soos jy jou russians wil hê. Plaas oornag in die yskas om te stol.
Hang volgende dag in jou oop roker teen 55 ºC tot derm droog is.
Verhoog temperatuur tot 70 ºC en berook tot russian ‘n binnetemperatuur van 68ºC het.
Haal uit die roker en plaas in ‘n ysbad tot russians heeltemal afgekoel het. Verpak en vries.
Resep geplaas deur Piet Pompies
Foto: Brineel Du Toit




SKAAPBOUD SOSATIES

SKAAPBOUD  SOSATIES
(15 Sosaties)
1 klein skaapboud, blokkies gesny
2 uie, gerasper
4 eetlepels botter, gesmelt
1 eetlepel mielieblom
1 koppie asyn
1 eetlepel suiker
3 eetlepels kerriepoeier
3 eetlepels blatjang
1 koppie melk
2 eetlepels sout
½ teelepel peper

Meng al die bestanddele behalwe die vleis.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word. Laat 3 minute lank prut.
Laat afkoel, gooi oor die vleis en marineer oornag.
Ryg die vleis op sosatiestokkies. Braai die vleis 10 minute lank en bedruip herhaaldelik. Dien warm op.
Resep: Ilse Breitenbach

 




VARKWORS

tested

VARKWORS
5 kg gemaalde varkvleis, maer en vet vleis gelykop verdeel
5 ml tiemie
5 ml salie
5 ml fyn neut
5 ml wonderpeper
5 ml foelie ( neutmuskaat)
12,5 ml fyngestampde koljander
20 g sout
30 g fyn peper

Meng die vleis met al die kruie.
Voeg ‘n half bottel rooiwyn by en meng deeglik.
Stop die wors.
*** ek persoonlik sal eers my vleis en speserye meng, voor die maal proses, eweredige verspreiding van kruie makliker.
Moenie die worsmengsel te veel knie nie, tekstuur raak styf.
Werk met KOUE maar nie gevriesde vleis.
Ons braai eers die koljander voor fyn stamp – gee besonderse geur en smaak.

Geplaas deur Rene Truter Wessels




HOENDER- OF KALKOEN BILTONG

CHICKEN BILTONGtested

HOENDER- OF KALKOEN BILTONG

Hier is ‘n resep vir hoender of kalkoen biltong. Dit kom uit my Amerikaanse boek oor vleisverwerking.Het dit nog nie probeer nie, maar lyk vir my reg.
1,36 kg hoender of kalkoen borsvleis sonder vel en bene.
1½ teelepel knoffelpoeier
3 teelepel uiepoeier
¾ teelepel swart peper (fyn)
1 teelepel mosterdpoeier
1 koppie Soyasous
1 koppie Worceshiresous
¾ koppie rooiwyn
1 teelepel Praque poeier(salpeter)
Meng al die bogenoemde bestanddele behalwe die hoender/kalkoen. Sny die vleis in repies. Meng die vleis met die marinade. Laat staan vir 24 uur, meng elke 6 ure goed deur. Hang op ‘n koel plek met ‘n waaier op tot droog.
Moet nie die praque poeier uitlaat nie, dit beveg kieme en preserveer vleis. Ek sal die rooiwyn vervang met bruin asyn.

Hoop dit sal jou help.
Resep geplaas deur Piet Pompies

 




ANDRE SE LEKKER SOSATIES

ANDRE SE LEKKER SOSATIES

(Ons maak dit al jare lank, kan nie onthou wie se resep dit oorspronklik was nie)
(12 lang stokkies of ± 18 kort stokkies)
2 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny
200 g varkspek (of ontbeende varkrib)
gedroogde appelkose

Marinade 1:
500 ml ongegeurde jogurt
2 fyngedrukte knoffelhuisies
sap van 1 suurlemoen
Meng bogenoemde en gooi oor vleis en marineer oornag.

Maak nou marinade 2.
Marinade 2:
2 -3 groot uie, in ringe gesny
75 ml kookolie
45 ml kerriepoeier
20 ml borrie
10 ml fyn gemmer
5 heel naeltjies
20 ml fyn koljander, gestamp
3 lourierblare, gebreek
10 ml sout
125 ml appelkooskonfyt
500 ml bruin asyn
250 ml blatjang
250 ml rooibostee
sap en skil van 1 suurlemeoen

Braai uie tot deurskynend, nie bruin.
Voeg spesery en res van die bestanddele by.
Prut vir ± 15 minute en laat dan afkoel.
Meng oor vleis en marinade 1.
Meng oor vleis en marinade 1.
Marineer vir 2 tot 3 dae in Tupperbak en draai bak gereeld om.
Ryg vleis en appelkose op stokkies wat oornag in water geweek is.
Braai oor kole. Heerlik!!

Resep en foto:  Louise Venter




VLAKVARKWORS

worstested

VLAKVARKWORS
20 kg vlakvark vleis in blokkies gesny
20 kg bees/skaap vleis met baie vet in blokkies gesny
100 g suiker [ ek het bruin suiker gebruik]
80 g Himalyian sout [pienk minearal sout]
40 g fyn knoffel poeier. [ kon nie kry, toe gebruik Robinson’s se knoffel en kruie]
40 g droë tiemie
40 g droë roosmaryn [ ek het vervang met 60 gr vars roosmaryn]
40 g sage
1 liter YS koue water
1 liter wit wynDie vleis MOET koud wees.
Meng goed deur.
Sit vir 2-3 ure in yskas.
Sit deur maler en stop in nr 24 derms.
Dit het baie lekker uitgekom, die kruie gee dit ‘n baie aangename smaak.
TIP.
Laat die wors ‘n dag rus voor jy pakkies maak.
Resep verwerk deur Rene Truter Wessels

 




BOERFONTEIN SE BOERWORS

 

tested

BOERFONTEIN SE BOERWORS

Amper weer tyd! Die wors het ekke gemaak vir my Kudu stal by die Biltongfees! Ek maak maar deur die jaar, bere gewoonlik die blokkies vleis en maak dan soos ek nodig kry. Maak al 30 jaar (daar gee ek ouderdom weg) my eie wors, gebruik net die beste vleis, nikse senings!

BOEREWORS
9 kg blokkies wild of vark en wild. Of bees en wild gemeng
2½ kg vet, blokkies gesny
4 eeetlepels sout
3 eeetlepels peper
6 eetlepels fyn koljander
2 eetlepels tiemie
1½ teelepel neut
1½ teelepels naeltjies
½ koppie mielieblom (maizena)
4 koppies gersaperde bruinbrood
2 koppies asyn
2 koppies water
½ koppie Worcestersous
Meng alles goed, behalwe vloeistof. Bedek en laat oornag in yskas staan om geur te ontwikkel. Voeg dan asyn, water en worcestersous by, meng goed. Maal en stop.

Resep: Frieda Greyling




EENVOUDIGE BILTONGRESEP

EENVOUDIGE BILTONGRESEP
2 pk droë koljandersaad
1 bottel bruinasyn
½ bottel worcestersous
1 kg growwesout
250 g fyn swartpeper
10-12 kg beesvleis

Braai die koljander liggies in ‘n pan totdat dit ‘n skerp reuk af gee, Maak dit in ‘n stamper en vysel fyn. Maak ‘n mengsel van 2 derdes bruinasyn en 1 derde worcestersous (pekel) en sny die vleis in lang repe, ongeveer 35-40mm dik. Gooi nou ‘n laag sout, peper en koljander onder in ‘n lang, diep plastiekbak. Pak ‘n lagie biltong en besprinkle die vleis met pekel. Gooi dan weer speserye oor en herhaal die proses met elke laag vleis. Elke laag het omtrent 1 ½ – 2 hande vol sout en ‘n dun laag peper en koljander nodig. Pak elke laag haaks met die vorige laag sodat die pekel nie te maklik deursypel nie. Laat staan die vleis vir sowat 6 ure, en draai dit daarna sowat 2-3 keer in 12 uur sodat die vleis goed pekel. Die vleis moet sowat’n uur lank in die pekel le vir elke kilogram vleis. Hang die vleis vir ongeveer drie dae in’n koel, droë plek weg van insekte af.

NASKRIF:
My resep is doodeenvoudig, maar jy kan hom vir alles soorte biltong gebruik. Moenie skaam wees met die sout en peper nie – jy kan nie eintlik te veel daarvan oorgooi nie. As jy te min gooi, gaan die vleis vrot!
Resep:  Eben Vljoen

 

 




TRADISIONELE WILDSBILTONG

TRADISIONELE WILDSBILTONG

5 kg biltongvleis
75 g sout
5 ml bruinsuiker
50 ml grof gemaalde koljander
500 ml asyn
2.5 ml koeksoda (opsioneel)
(Alle lepelmates afgeskraap)

Meng al doe droë bestanddele. Pak die vleis in erde- of plastiekskottels. Die biltonge heel onder. Strooi speserye oor elke laag en besprinkle met asyn. Roer die biltonge deeglik om na 12 uur. Hang op om te droog na 24 uur.

BEREKEN DIE SPESERYE AS VOLG PER KILOGRAM VLEIS:
15 g sout
1 ml bruinsuiker
10 ml koljander
50 ml asyn

Resep van Maklike smaalike wildsgeregte deur Greef Heydenrych

 




WILD DROËWORS MET HOLSUM VIR DUN DERMS

WILD DROËWORS MET HOLSUM VIR DUN DERMS
5 kg wildsvleis
1 kg Holsum
250 ml asyn
75 g sout (5 eetlepels)
25 ml braaivleisspeserye
5 ml naeltjies
10 ml witpeper
5 ml gerasperde neutmuskaat
50 ml koljander geskroei en gemaalSny vleis en Holsum in blokkies. Meng al die droë bestanddele. Strooi jou vleisblokkies oop en sprinkel asyn oor. Strooi res van bestanddele oor meng goed, maal en stop in dun derms.

Resep: Greeff Heydenrych