BUURVROU SE WILDSOSATIES

FLR BB be the first to give us a photo!!

BUURVROU SE WILDSOSATIES

Ek gebruik nou al 5 jaar buurvrou Aletta Nel, se sosatie resep vir my kudu stal by die Biltongfees! Hang maar af hoeveel blokkies jy het, ek verdubbel en verdubbel.

BESTANDELE
2 uie, ringe gesny
1 kop wit asyn
30 ml geel suiker
120ml appelkooskonfyt
60 ml blatjang
45ml matige kerriepoeier
5ml borrie
8ml sout
3ml fyn gemmer

METODE
*Braai uie tot sag
*voeg res van best by en kook net 1 min.
*marineer blokkies 5 dae in houer in die yskas.
*ek ryg 2 kudu blokkies. varkspek, 3 kudu blokkies, varkspek, 2 kudu blokkies

Frieda Greyling




WILDSVLEIS-SALAMI

WILDSVLEIS-SALAMI
2 kg wildsvleis, sonder bene en senings, in 50-mm blokkies gesny
1.75 kg varkvleis, sonder bene en senings, in 50-mm blokkies gesny
2 knoffelhuisies, fyngemaak
20 ml sout
10 ml vars gemaalde swartpeper
10 ml salpeter
125 ml droë rooiwyn
750 g spek in 3mm blokkies gesny
Salami omhulsel, 50 mm in deursnee
Meng vleisblokkies met al die geurmiddels, behalwe die wyn en spek.
Maal grof en voeg die wyn by. Meng liggies maar deeglik en maal nog ‘n keer. Voeg gesnyde spekblokkies by. Stop omhulsel baie styf en bind met tou vas. Laat twaalf ure hang om geur te trek en omhulsel te laat droog word.
Berook vier ure en hang tien dae lank op ‘n koel plek om droog te word.

Eben Maritz
(Met erkenning aan Ben Heystek)




SKOONMA SE KUDU STEAK

kudu steaks
SKOONMA SE KUDU STEAK
Skoonma sout en peper haar koedoe steaks, strooi koekmeel oor en braai alkante om te seël (nie gaar nie).
Pak in bak met deksel.
Braai uie in dieselfde pan as vleis.
Maak dan die sous:
1 eetlepel Bisto
1 eetlepel Worcestersous
1 eetlepel koekmeel
1 eetlepel tamatiesous
3 koppies water
Giet oor vleis en uie en bak tot gaar in die oond teen 180 ºC.

Resep en foto: Frieda Greyling




WILDSPASTEI MET SKAAPSKENKELS


WILDSPASTEI MET SKAAPSKENKELS
(Bedien 10-12)
1.5 kg wildsblad of -boud
375-500 ml karringmelk
125 g swoerdlose spek, gekap
2 eetlepels botter
1 groot ui, gekap
3 knoffelhuisies, gekneus
500 g skaapskenkels, in 25 mm-skywe gesaag
2 eetlepels koekmeelblom
1 teelepel sout
vars gemaalde swartpeper
1 heel ui, geskil met 5 naeltjies daarin gesteek
2 lourierblare
2 teelepel fyn koljander
2 koppie aftreksel, verhit
1 koppie rooiwyn
400 g skilferkorsdeeg
1 eier, geklits

Marineer die wildsblad of boud in karringmelk vir een dag in die yskas. Druk vleis droog en gooi karringmelk weg. Sny dit in 25-mm blokkies.
Braai spek in verhitte botter of olie tot bros en skep uit. Braai gekapte ui in dieselfde kastrol tot sag saam met die knoffel. Skep uit. Voeg ‘n bietjie olie by en braai lamskenkels in dieselfde kastrol tot goudbruin. Skep uit.
Bedek die stukkies wildsblad of boud met koekmeelblom en braai ‘n paar stukkies op ‘n keer tot goudbruin. Voeg lamskenkels, spek en uie by wildsvleis in kastrol. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper, en voeg die heel ui met naeltjies by. Voeg ook die lourierblare en koljander by, gevolg deur aftreksel en rooi wyn. Verhit tot kookpunt, verlaag temperatuur en bedek met ‘n deksel. Laat prut 3-4 uur, of tot die vleis sag is en van die bene afval. Laat afkoel en verwyder bene en heel ui. Vlok vleis. Prut die sous totdat dit dik is. Laat afkoel.
Meng sous by die vleis soos verlang, skep in ‘n groot pasteibak en versier met deegrepies. Prik deeg met ‘n vurk. Verf met geklitste eier en bak 15 minute by 230°C. Verlaag temperatuur tot 180°C, en bak nog 30-35 minute. Bedien met gestoofde droëvrugte.
Resep geplaas deur Rene Truter Wessels




VOLSTRUISNEK BREDIE

volstruisnek bredietested
VOLSTRUISNEK BREDIE
1 kg Volstruisnek
1 stuk varkspek, in blokkies gesny
2 groot ui, in skywe gesny
4 tot 5 aartappels, in kwarte gesny
2 wortels, in ringe gesny
1 koppie rooiwyn
½ koppie beesaftreksel
Long pepper of swart peper
sout
30 ml olyfolie
1 teelepel droë koljander blare of hand vol gekapte vars koljander
1 teelepel droë tiemie of hand vol gekapte vars tiemie
½ teelepel gemaalde koljander
1/8 teelepel gemaalde neut
3 naeltjies
2 huisies knoffel
2 tot 3 loerierblare
3 tot 4 anchovie fillets

Verhit olie in swaarboom pot, braai uie en in pot tot deurskynend en verwyder met gaaitjies lepel uit pot. Braai die volstruis nek stukke tot bruin, voeg die varkspek, anchovies, wortels en uie by en braai nog ‘n minuut of twee. Voeg die res van die bestandele behalwe die aartappels by, bring tot kookpunt. Verlaag die hitte sodat die pot net prut, laat prut vir so 1 ½ uur, voel of die vleis al sag is, indien so, voeg die aartappels by en prut tot sag. Indien nog vloeistof benodig word gedurende die kookproses, voeg bietjie water by, maar wees versigtig om nie te veel water by te voeg nie. Bedien met rys.

Resep en foto:  Gillian Bredenhann




VOLSTRUISMAAG EN -STERTE


VOLSTRUISMAAG EN -STERTE
Maak die volstruispens gaar soos beestong, sny in skyfies met ‘n lekker sousie oor of laat afkoel en sny soos koue vleis.
Lekker toebroodjies met tamatie, kaas en uie.
Laat daai stuitjies so 20 min in ‘n asyn oplossing lê, spoel af, plaas in stoompot met bietjie knippie tiemie, 2 stingels prei, Ina Paarman se swartpeper en knoffel mengsel na smaak en stoom dan vir 40 min tot 50 min…doeksak en lymerig…..net so met klein aartappeltjies en ‘n groentetjie of ontbeen en meng met mushroom soppoeier en maak lekker vulsel vir vetkoek, snackwiches of pasteie.




ONTBEENDE WILDSBOUD GEVUL MET BACON, KAAS EN PEPPADEW

FLR BB I must not mess in the Kitchen
ONTBEENDE WILDSBOUD GEVUL MET BACON, KAAS EN PEPPADEW
15 ml gedroogde basil
10 ml gedroogde tiemie
10 ml knoffel vlokkies
5 ml gedroogde roosmaryn
1,25 ml fyn naeltjies
30 ml fyn koljander
30 ml Aromatic Lemon and Herbs


Meng bogenoemde saam in ‘n bakkie en vryf fyn tussen vingers.
Meng 25 ml elk Worceshiresous en suurlemoensap in nog ‘n bakkie.
1 pak streaky bacon, dunner gestrek met die agterkant van ‘n mes
½ koppie fyn gerasperde Cheddar kaas of Feta, gekrummel
Pepadews, soveel jy wil.
Sout,varsgemaalde swartpeper en Aromat na smaak
gelatien poeier
olyfolie en braaisout
2 lourierblare en ‘n kersie. (opsioneel)
stuk vleis net.(Kry by jou slagter)
4,5 kg wildsboud

Ontbeen die boud en vlek oop tot redelik dun- so 2 cm.
Verwyder alle los senings en kliere.
Laat die boud oop le met die binnekant bo.
Sprinkel die woreshiresous mengsel oor en vryf goed in.
Sprinkel sout, aromat en maal swartpeper na smaak oor.
Strooi die kruiemengsel eweredig oor die vleis.
Strooi nou gelatien poeier oor.
Sprinkel die kaas eweredig oor.
Pak vleis toe met gestrekte bacon.
Skeur elke Pepadew in 3 dele en pak hier en daar op bacon.
Sprinkel van die peppadew stroop oor.
Strooi weer gelatien poeier oor.
Bind die vleisnet se een kant toe met n toutjie.
Trek vleisnet oor n groot koffieblik wat oopgesny is aan weerskante.
Rol die vleis op in n rol en werk hom in die koffieblik in van die oop kant van die blik af.
Tel die blik regop en skud die rol versigtig uit in die net in.
Bind die net teen die vleis af en sny die oortollige net af.
Werk die lourierblare en kersie onder die net in. (Opsioneel)
Vryf die hele rol met olyfolie in en sprinkel goed met sout.

OM GAAR TE MAAK:
Sny 2 uie in dik skywe en pak onder in ‘n baksakkie.
Sit rol op uieskywe.
Giet 250 ml Pynappelsap (liqui-fruit) by.
Bind sakkie af en plaas in n oond pan.
Steek n gaatjie in die bokant van die sakkie.
Sit in n voorverhitte oond op 180 ºC.
Draai onmiddelik die hitte af na 120 ºC.
Bak tot vleis gaar en sag is,omtrent 4 ure.
Kan ook deurnag gebak word op 100 ºC.
Die rol kan ook gevries word vir latere gebruik.
Resep: PIET POMPIES

 




GESTOPTE GEMSBOKFILLET

FLR BB with Heart

GESTOPTE GEMSBOKFILLET
As jy so gelukkig is om ‘n vrieskas vol wildsvleis te he, probeer een van die lekker resepte.
1 gemsbokfilet (ongeveer 1 kg)
1 ryp, ferm avokado
½ (50 g) brie-kaas
1 pak (250 g) repiespekvleis

Vlek die filet in sy lengte oop en vul met skyfies avokado en brie-kaas. Vou toe. Le die spekvleisrepies op ‘n werkoppervlak en laat le die filet bo-op. Draai elke repie spek om die filet en vou na binne. Bind vas met tou. Braai in ‘n pan of rooster in die oond tot die spek goudbruin en bros is. As die filet dun is, sal die vleis ook nou gaar wees. As dit egter ‘n dik filet is, sit dit vir 10 – 15 minute in die oond by 180 °C. Laat rus vir 2 – 03 minute en sny. Sit voor met ‘n brandewyn- of groenpeper-roomsous, aartappels en groente.
Genoeg vir ses mense.
Variasie: Probeer ook ‘n kombinasie van bloukaas en gesnipperde groenvyekonserf of fetakaas met pikantrissies vir die filet se vulsel.
Wenk: As jy filet in ‘n pan gaan braai, sny die vleis voor dit gevul word in kleiner stukke sodat dit maklik in die pan sal pas.
Geplaas deur Michelle Coetzee




WILDSVLEIS MET SAMPIOEN- EN WYNSOUS

FLR BB with Heart

WILDSVLEIS MET SAMPIOEN- EN WYNSOUS
600 g wildsrugstring
1 blokkie vleisekstrak
250 g gekapte uie
50 ml knoffelpoeier
30 g BBQ speserye
1 pakkie Sampioensop
5 ml sojasous
50 ml mayonnaise

1 blikkie gesnipperde sampioene
100 ml tamatiesous
300 ml water
200 ml droë rooiwyn
100 ml kookolie
Sout en peper na smaak
Skakel die oond op 180°C. Sny die vleis in blokkies. Verhit die olie en braai die vleis vinnig bruin en daarna die uie. Plaas in oondskottel en gooi sout en peper na smaak by. Meng die sampioene in. Maak `n sous van die res van die bestaandele en gooi bo- oor. Sit deksel op en bak vir 2 uur. Vul met water aan indien nodig. Bedien met rys en `n groen slaai.




BLESBOK WILDSROL


BLESBOK WILDSROL
1 ontbeende blesbokrib, vryf vleis in met sout
Marinade:
125 ml asyn
125 ml olie
125 ml sjerrie
12.5 ml worcestersous
12.5 ml tamatiesous
1 gekerfde ui
12.5 ml seledery
5 ml sout per 1 kg vleis
1 ml peper per 1 kg vleis
Plaas rib, vel na onder, op broodbord.

Stop rib met:
250 g spekrepe
gedroogde appelkose
500 ml gegeurde maalvleis
Rol rib toe en bind vas.
Marineer vleis oornag – behou marinade vir latere gebruik. Bak in toe pan teen 200°C (30 min vir elke 500 g vleis). Sif marinade en giet oor vleis – bak oop tot bruin.