SAUCY MEATBALLS IN THE SLOW COOKER


SAUCY MEATBALLS IN THE SLOW COOKER

Saucy meatballs cooked in a rich ketchup mustard wine sauce slow cooker style. Let the ingredients simmer and all is ready by the time you come home from work.
1 cup ketchup
1 teaspoon prepared mustard
½ teaspoon Worcestershire sauce
1 tablespoon vinegar
2/3 cup red or white wine
2 eggs, beaten½ cup milk
1 cup soft bread crumbs
450 g lean ground beef
1 teaspoon salt
¼ teaspoon seasoned pepper
3 tablespoons minced parsley
2 tablespoons grated onion
½ teaspoon extra Worcestershire sauce
2 tablespoons butter or margarine

Put ketchup, mustard, ½ teaspoon Worcestershire sauce, vinegar, and wine into an electric cooker. Mix.Cover and cook on Low while preparing meatballs. Mix eggs, milk, and bread crumbs in a bowl. Add meat, salt, seasoned pepper, parsley, onion, and remaining Worcestershire sauce, mix lightly. Shape into small balls.Heat butter in a skillet, add meatballs and brown on all sides. Add browned meatballs to sauce in cooker, mix.Cover and cook on Low 4-6 hours.
About 6 servings.




KRUIE-HOENDER IN DIE STOOMPOT


KRUIE-HOENDER IN DIE STOOMPOT
30 g botter
8 hoenderstukke
basiliekruid
origanum
tiemie
sout en peper
35 ml suurlemoensap
250 ml droë witwyn
250 ml warm hoenderaftreksel
12, 5 ml sjerrie
100 ml room
mielieblom
Sprinkel die kruie oor die hoender en braai bruin in die stoompot. Giet die suurlemoensap, wyn en aftreksel in, bedek, bring tot hoog en kook vir 15 minute.
Verminder die drukking en haal die deksel af, meng die sjerrie, room en mielieblom en roer by die hoendermengsel. Laat die sous verdik en bedien.

 




VRUGTE BOBOTIE

bobotie - driestested

VRUGTE BOBOTIE
500 g maalvleis
1 ui gekap
¼ pakkie fyn spek
2 snye brood geweek in ½ koppie melk
½ pakkie sampioensoppoeier – droog
1 blokkie vleisaftreksel
1 teelepel kerrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
handvol rosyne
1 piesang, opgsny
1 appel in blokkies gesny
2 eiers
1 koppie melk

Braai uie, vleis en spek in pan met ‘n bietjie olie tot bruin. Druk die brood in die vleismengsel en voeg die res van die bestandele by. Roer tot die rooi van vleis weg is. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak. Meng die 2 eiers met melk en giet bo-oor die vleismengsel. Bak in voorverhitte oond by 180ºC vir ± 30 minute tot bruin.
Om te vries – Bak volgens die resep voor jy dit gaan vries. Laat net afkoel en bedek met plastiek of ‘n deksel, merk die bobotie en vries dan. Wanneer jy dit wil gebruik, ontvries en herverhit in die oond by 120ºC vir so 30 min. of in die mikrogolf tot deurwarm.
Resep en foto: Linda Venter




GOULASH

GOULASH
3 eetlepels koekmeel
2 teelepels sout
1 teelepel paprika
1 kg beesvleis in blokkies gesny
3 eetlepels olie
2-3 uie geskil en gekap
1 beesvleis blokkie opgelos in 1k kookwater
65 g blikkie tamatiepasta
3 eetlepels bruinsuiker
1 knoffelhuisie fyngedruk
1-2 lourieblare
2 heel naeltjies
250 ml of 300 ml Rooiwyn
1 koppie water of meer as nodig
5 wortels gesny

Meng meel, sout, paprika in mengbak en dek jou vleis daarmee
Verhit die olie en braai bietjies vir bietjie jou blokkies vleis daarin tot mooi bruin.
Voeg jou uie by en braai tot sag.
Voeg alles by en nou kan jy nog water byvoeg om te verhoed dat dit droog kook.
Skep alles in n oondpan en bak in jou oond vir so 1- 2 h tot jou vleis sag is.
Oond by so 160ºC
Nou kan jy room in roer of 100ml jogurt en gekapte pietersielie oorstrooi.
Om te Vries:
Maak gaar, laat afkoel, bedek en merk
Wanneer jy dit wil gebruik, ontvries en herverhit dit in die oond of jou mikrogolf oond
Foto:  Juanita Vermeulen‎
Ek het vanaand Goulash gemaak. Ek het die resep op die blog gekry en was heerlik
Nota: Al wat ek verander het van die resep:
Ek het die meel, sout, paprika en ‘n beef rub spice van een van die groot ketting winkels in ‘n sakkie gegooi en toe die vleis in die sakkie gegooi en geskud. Dit het die vleis mooi bedek. Ek het ook aartappels en mushrooms bygegooi waar die resep net praat van wortels. Verder het ek die resep presies gevolg
Baie dankie vir die deel




FRANKFURTERKASSEROL

tested

FRANKFURTERKASSEROL
Resep en 2de foto: Sheila Kotze
Foto 1:  Elna Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
15 ml margarien (1 eetl)
125 ml (½ koppie) gekerfde seldery
1 groot ui
1 blikkie tamatieroomsop (of 1 pakkie aangemaak of 2 x 200 g pakkies napoletanse sous)
5 ml (1 teelepel) Worcestersous
5 ml (1 teelepel) aangemaakte mosterd
sout en peper na smaak
500 g frankfurters
250 g gaar spaghetti of noedels
gerasperde kaas

Voorverhit oond tot 180ºC (350 ºF)
Smelt margarien in ‘n pan en braai die seldery en gekapte ui tot ligbruin.
Voeg sop, worcestersous, mosterd, sout en peper by. Laat deurkook en meng goed.
Sny worsies skuinsweg in 2,5 cm stukkies en voeg by.
Skep gaar spaghetti in ‘n gesmeerde kasserol en giet sous bo-oor.
Rasper kaas bo-oor en bak 15 tot 20 minute lank.
Hierdie is ‘n blits resep en ek vries hom dit voor dit gebak word,
Elna Erasmus – Ek kon nie ‘n blikkie tamatiesop of -poeier gekry het nie. (Is nie beskikbaar nie) Ek het toe 2 x 200 g pakkies napoletanse sous gekoop.




GROOTMAAT FRIKKADELLE

FRIKKADELLEtested

GROOTMAAT FRIKKADELLE
± 30 frikkadelle
1 kg maalvleis
1 g ui, gekap
1 koppie hawermout
1 blik (410g) spagetti in tamatiesous
2 pakke verskillende soppoeiers (bv. groentesop en bruinuiesop)
1 dik sny witbrood, in water geweek en droog gedruk
15 ml kerriepoeier
sout en varsgemaalde peper

Verhit oond tot 180°C en spuit oondpan. Meng al die bestanddele en vorm frikkadelle.
Rangskik in oondpan en bak bedek ± 40 min en maak oop en bak nog tot bruin bo-op.
NB: Dit kan ook ongebak in houers gepak en gevries word tot nodig.
Haal vooraf uit, ontdooi en bak tot gaar.
NS: soppoeiers kan verander word om dan smaak te verander.
Resep:  Annerise Augustyn




PASTORIE SOUTTERT

SOUTTERT LIZtested

PASTORIE SOUTTERT
1 gekapte ui
1 blikkie bully beef
1 blikkie viennas
500 ml gerasperde kaas
2 dik snye witbrood
250 ml warm melk
2 eiers
sout en peper

Week brood in melk en meng dan alles saam. Bak 180ºC vir 45 minute. Kan ook blikkie roomsampioene insit, maar ek los dit maar uit as ek die souttert vries.

Foto 1: Liana Barnard Claassen
Foto 2: Belinda Minnie
Resep geplaas deur Christelle Erasmus




RIENIE SE KORSLOSE TUNATERT

korslose tunatert

RIENIE SE KORSLOSE TUNATERT
Het by my skoonma Rienie gekry.
1 blikkie tuna
1 ½ koppie water
1 ½ koppie melk
1 pakkie sampioensoppoeier
1 groot pak kaas en uie chips
1 fyngekapte ui
1 eetlepel asyn
2 eiers

Meng al die bestanddele en bak by 180°C vir so ½ uur.
Dit vries lekker!!
Resep: Liana Barnard Claassen
Foto: Marie Rheeder Troskie




KORSLOSE HOENDER PASTEI

tested

KORSLOSE HOENDER PASTEI
1 heel hoender
2 eiers
¼ koppie mayonnaise
1 koppie gekoote rys
2 pakkies Simba chips
1 steel selery
1 blikke room sampioene sop
1 pakkie sampioen soppoeier
1 ui
1 koppie ertjies
hoender aftreksel
melk en water
gerasperde kaas

Kook hoender en sny in fyn blokkies.
Kook eiers hard en sny fyn.
Druk Simba chips fyn.
Maak sop aan soos op aanwysings maar vervang die helfte van die vloeistof met melk en die ander helfte met water.
Kap ui fyn en en braai in botter.
Meng alles behalwe aftreksel saam.
Plaas in oondbak.
Indien te droog voeg hoenderaftreksel by.
Strooi gerasperde kaas oor.
Bak in oond teen 200º C vir 10 tot 15 minute.
Wenk
Hierdie gereg kan net so gevries word voordat dit gebak word.
Ontdooi en bak dan soos bo beskryf.
Hierdie mengsel is genoeg vir twee groterige pasteie of 3 kleinerige pasteie.

BRON: Lorna Whyte




ROL BROODJIE

ROL BROODJIE
¾ pak deeg (ready made deeg by kafee)
1 blikkie tamatie puree
250 g spekvleis
1 ui
375 ml gerasperde cheddarkaas

Voorverhit oond tot 200° C.
Rol deeg uit.
Smeer tamatie puree oor deeg.
Braai spek en ui en smeer oor.
Sprinkel kaas oor.
Rol deeg in lengte op soos swiss rol.
Plaas in gesmeerde broodpannetjie en laat rys eers bietjie voor bak.
Bak ± 30 minute.
Kan ook enige vulsel soos verkies gebruik.
Bron:  Joey Kruger