GUM DROP FLOWERS

GUM DROP FLOWERS
GUM DROP FLOWERS

Ek het gaan oplees vir julle ……
It says how to make flowers with GUM DROPS. She puts a gum drop on a tooth pick has a piece of plastic wrap places the plastic wrap on her hand then places the gum drop that is on the tooth pick on the plastic wrap with the tooth pick sticking up then places 6more gum drops around the gum drop that is on the tooth pick then brings the plastic wrap up and around the gum drops and wraps the rest of the plastic wrap that is left around the tooth pick. You could probably use bamboo skewers if you want to make them longer.
Petra Pretorius




FUDGE – FLOP VRY

Fudge in die mikrogolftested

FUDGE – FLOP VRY
Probeer gerus volgende keer die ene!
FLOP PROOF EK BELOWE!!
1½ kg suiker
50 ml goue stroop
1 x 397 g blik kondensmelk
1 x blikkie water (gebruik kondensmelk blik)
100 g margarine
1½ teelepel vanilla geursel
1½ teelepel kremetart
250 ml koekmeel (of 125 ml koekmeel en 125 ml kakao poeier vir chocolate fudge)

Meng meel en suiker goed saam.
Smelt stroop, kondensmelk, water en margarien in ‘n groot pot.
Meng meel en suikermengsel in die stroopmengsel in en roer goed.
Sodra mengsel vinnag kook voeg die kremetart by.
Draai temperatuur af na so meduim hitte toe sodat dit net prut. Prut lekker vir 20 minutes. BAIE belangrik dat dit tenminste 20 min heel tyd prut! (Deksel af).
Verwyder van stoof en klits nou vir 10 minute met jou elektriese klitser in die pot todat dit begin afkoel en styf begin raak. Giet nou in ‘n gesmeerder fudge plaat en laat effens afkoel – sny is blokkies voordat dit heeltemal koud en te hard is.
Resep en foto:  Christabel Garisch

 

 

 




APPELKRUMMELTERT


APPELKRUMMELTERT  (sonder eiers)
2 koppies koekmeel
¼ koppie suiker
¼ koppie botter
1 hoogvol teel bakpoeier

Vryf die botter in die meelblom in tot dit soos krumels lyk, voeg dan die suiker en bakpoeier by, voer ‘n tertbord met die helfte van die krummels uit – sit dan die appelmengsel in en gooi die res van die krummels bo-oor.

APPELVULSEL
6 appels, geskil en gesny
½ koppie suiker
1 hoogvol eetlepel mielieblom
½ koppie korente

Kook die appels, suiker en korente in water tot dit sag is, maak die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Laat net kook tot dit styf word, skep uit in die tertkors en gooi die res van die krummels bo-oor. Bak in oond van 180 ºC vir ongeveer 30 min of tot gaar.
Foto: Natacha Visagie – Ek het wel kaneel (so teelepel) en 150 g botter by die apples gevoeg terwyl dit kook. Daai stropie is ook in die pie in. Die crumble wat oorgebly het, het ek so halwe koppie klapper bygevoeg en gemeng voor ek dit oor die appels gestrooi het

 




MAASKAASTERT MET KLAPPERKORS

MAASKAASTERT MET KLAPPERKORS
(SONDER EIERS) GLUTEN VRY
KORS
30 ml fyn klapper
30 ml margarine of botter gesmelt
VULSEL
125 ml kondesmelk
25 ml suurlemoensap
250 ml gladde laevetmaaskaas
125 ml vars room styfgeklits
GLANSLAAG
5 ml gelatien
25 ml koue water
125 ml fyn appelkooskonfyt
25 ml witsuiker

Berei die kors deur die klapper liggies in ‘n pan te rooster. Meng die klapper met die gesmelte botter. Voer ‘n 22cm tertbord met die kappermengsel Verkoel tot benodig. Meng die kondensmelk, suurlemoensap en maaskaas tot glad. Vou die room by die kaasmengsel in. Skep die mengsel in die klapperkors en maak gelyk. Verkoel tot benodig. Meng die glanslaag deur die gelatien in die koue water te week. Verhit die konfyt en suiker tot kookpunt oor lae hitte. Verwyder van die hitte en roer die geweekte gelatien by. Roer tot die gelatien opgelos is. Giet die appelkoossous oor die maaskaasvulsel. Plaas in die koelkas tot gestol.

 

 

 




SOUSERIGE SJOKOLADE POEDING SONDER EIERS EN MELK


SOUSERIGE SJOKOLADE POEDING SONDER EIERS EN MELK
(sonder eiers EN MELK)
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
125 ml strooisuiker
25 ml kakao
knippie fyn naeltjies
50 ml margarien, gesmelt
125 ml water
5 ml vanilla
100 ml suiker
50 ml kakao
375 ml kookwater

Sif die meel, bakpoeier, sout, strooisuiker, 25 ml kakao en naeltjies saam. Roer die gesmelte margarine, water en geursel by die droë bestanddele. Skep die deeg in ‘n gesmeerde bakskottel van 23 cm x 5 cm diep, Meng die suiker, 50 ml kakao en kookwater tot klontvry. Giet versigtig oor die deeg. Plaas die bakskottel in ‘n oondpan met kookwater. Bak 30-35 min by 180°C.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans
Ek het ook ‘n paar klein paaseiers in gesnipper, en dit met olie ipv margarien gemaak – regtig heerlik!!




SJOKOLADEKOEK SONDER EIERS EN MELK

SJOKOLADEKOEK SONDER EIERS EN MELK
650 ml koekmeel
90 ml kakaopoeier
10 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
3 ml sout
325 ml strooisuiker
160 ml olie
30 ml asyn
5 ml vanilla
500 ml water

Sif die meel, kakao, bakpoeier, koeksoda, sout en strooisuiker saam. Meng die olie, asyn, geursel en water. Voeg geleidelik by die droë bestanddele terwyl voortdurend geklop word. Giet beslag in 2 gesmeerde koekpanne. Bak 35-40 min by 180°C of totdat die toetspen skoon uitkom. (Enkel laag bak 50-55min)
Laat die koeke 5 min in die panne afkoel voordat dit op ‘n draadrak uitgekeer word. Versier soos verkies.
NOTA en Foto: Gerda Erasmus Pretorius
Belangrik: Wat ek gedoen het, ek het die resep 2x apart vir elke koekpan aangemaak.




LEMOENPOEDING

LEMOENPOEDING
(Vry van koring, gluten, melk en soja)
50 ml melkvrye margarien
100 ml suiker
2 ml gerasperde lemoenskil
1 medium eier
250 ml rysmeel (kan vervang met ongeveer 280 ml koekmeel, maar dan nie meer gluten vry)
3 ml koeksoda
6 ml kremetart
1 ml sout
100 ml lemoensap
5 ml suiker
½ teelepel fyn kaneel

Stroop:
100 ml suiker
250 ml lemoensap
5 ml gerasperde lemoenskil
12,5 ml melkvrye margarien

Room die margarien, suiker en lemoenskil tot goed gemeng. Klop die eier by.
Sif die meel, koeksoda, kremetart en sout saam.
Voeg om die beurt met die lemoensap by die geroomde mengsel.
Skep die beslag in ‘n gesmeerde tertbak, maak gelyk en strooi kaneel bo-oor.
Bak 20 – 25 min by 180°C tot goudbruin en gaar.
Stroop:
Berei die lemoenstroop terwyl die poeding bak.
Verhit die suiker, lemoensap en margarien tot kookpunt.
Roer en kook oor lae hitte totdat suiker gesmelt is.
Giet warm stroop oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
Sit louwarm voor.




PIESANG EN WORTELKOEK

wortelkoek

PIESANG EN WORTELKOEK
(GESKIK VIR DIABETE)
MAAK 18 PORSIES 1 PORSIE = 427KJ = 1 STYSEL + 1 VRUGTE RUIL
2 eiers
50 ml sonneblomolie
330 ml volgraan meel
10 ml bakpoeier
200 g gersaperde wortel
1 piesang fyn gemaak
150 ml lemoensap
25 g okkerneute fyn gekap
Gerasperde skil van ½ lemoen
5 ml kaneel
2 ml neutmuskaat

VERSIERING
1 piesang fyn gemaak
50 g vetvrye maaskaas
5 ml vanielje
Kaneel

Meng al die bestanddele vir die koek saam. Gooi in voorbereide pan
Bak by 180°C vir 60 min. of tot gaar Laat goed afkoel
Versiering: Klop piesang by maaskaas en voeg vanielje by. Smeer oor koek en strooi kaneel oor.

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




KLAPPER EN DADELKOEKIES

diabetic coconut and date

KLAPPER EN DADELKOEKIES
Kyk ons diabete kan ook lekker eet.
Lewer 30 koekies
Porsiegrootte 1 koekie
250 ml koekmeel (120 g)
250 ml hawermout (90 g )
10 ml bakpoeier
75 ml fruktose
75 ml sagte of “lite” margarien (70 g )
100 g dadels, fyngesny
1 groot eier geklits
5 ml vanieljegeursel
125 ml droë fyn klapper (40 g)

Meng koekmeel, hawermout, bakpoeier en frutose Vryf die margarien in die droë bestanddele in totdat dit soos klam broodkrummels lyk. Roer die dadelstukkies by
Voeg die eiers en geursel by die meelmengsel en meng tot ‘n klewerige deeg. Laat die deeg ongeveer 15 minute staan sodat dit effens stywer word.
Rol die deeg in okkerneutgrootte balletjies en rol daarna in die klapper. (Die deeg moet effens klewerig wees, anders val die klapper af) Plaas die balletjies op ‘n gesmeerde bakplaat en druk effens platter met ‘n vurk
Bak vir 25 tot 30 minute teen 160ºC in ‘n voorverhitte oond tot goudkleurig en gaar. Laat die koekies op die bakplaat afkoel
RESEP EN FOTO: Joey Badenhorst Lotter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




VOLKORINGBESKUIT VIR DIABETE

2015-10-20-volkoringbeskuitvirdiabetetested

VOLKORINGBESKUIT VIR DIABETE
250 g margarien
375 ml laevet karringmelk
125 ml semels
800 ml volkoringmeel
125 ml All Bran vlokkies
125 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
5 ml sout
90 ml fruktose

Smelt margarien en voeg die karringmelk by.
Meng die droë bestanddele.
Roer melkmengsel by droë bestanddele. Meng om ‘n sagte deeg te vorm.
Skep in 2 gesmeerde 1 liter broodpanne. Maak gelyk.
Bak teen 180ºC vir 50 minute. Laat afkoel.
Sny in beskuite. Droog teen 80ºC vir 8 uur of in lou oond.
Lewer ongeveer 50 beskuite
Resep:  Jenny van der Westhuizen
Foto:  Fred Zeelie (lid)

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.