PLAATKOEKIES

PLAATKOEKIES
2 kop koekmeel
2 eiers
4 eetlepels suiker
1 eetlepel gesmelte botter
4 teelepels bakpoeier
halwe teelepel sout
1 kop melk


Klits eiers en suiker saam.
Voeg halwe kop melk en botter by.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by eiermengsel.
Voeg ander halwe kop melk by om gladde deeg te vorm.
Bak in pan in bietjie olie of “spray en cook” jou pan, werk netso goed!

RIANA DU PLESSIS




LEKKER BERE PANNEKOEK


LEKKER BERE PANNEKOEK
Ek deel graag my resep – dis heerlik en die volgende dag is die pannekoeke nie taai nie.
Ek hou die mengsel soms vir ‘n dag of 3 in die yskas en bak pannekoeke soos die kids lus kry:
Klits die volgende:
6 eiers
3 koppies melk
1 koppie water
50 ml asyn/suurlemoensap
5 ml sout
5 ml suiker
100 ml gesmelte botter

Voeg by 3 koppies meel, en meng baie goed. Ek gebruik my braun.
Geplaas deur Maria Liebenberg




ROOI FLUWEEL PANNEKOEK


ROOI FLUWEEL PANNEKOEK
250 ml karringmelk
3 eiers
5 ml witasyn
250 ml melk
45 ml kakaopoeier
1 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel
5 ml neutmuskaat (nutmeg)
170 g (300 ml) koekmeel
Roomkaas-sous:
250 ml roomkaas
100 g witsjokolade
80 ml melk
125 g frambose

Plaas karringmelk, eiers, asyn en melk in mengbak. Klits tot goed gemeng. Voeg kakao en kleursel by en meng goed. Sif neutmuskaat en koekmeel by en meng tot gladde beslag. Laat rus in yskas vir 35 minute. Verhit ‘n kleefvrye pan die grootte van jou keuse oor matige hitte. As jy nie ‘n kleefvrye pan gebruik nie, drup ‘n paar druppels sonneblomolie in pan en vee oor die bodem met kombuispapier. Skep ‘n klein bietjie beslag in pan tot bodem bedek is. Draai om met slaplemmes wanneer borrels begin verskyn. Braai verder vir sowat 30 sekondes of tot gaar. Hou warm. Herhaal tot al die deeg opgebruik is.
Roomkaas-sous:
Plaas roomkaas, sjokolade en melk in middelslag pot. Roer oor lae hitte tot gladde mengsel. Sit warm pannekoeke voor met sous en vars frambose. Jy kan dit ook versier met eetbare bladgoud.
Foto en resep:  Chanel Pringle




KOOKWATER VETKOEK

tested

KOOKWATER VETKOEK

Resep:  Petra Pretorius

Foto: Ronel Muller Thoma
2 koppies koekmeel
25 ml suiker
10 ml bakpoeier
2 ml sout
2 eiers
250 ml kookwater, nie kokend net sterk warm
olie vir vlakbraai

Sif droë bestanddele saam. Klits eiers en kookwater saam. (klits die hele tyd en gooi die water baie stadig by terwyl jy klits anders gaan die eiers gaar word 🙂  (mens kan ook die water by die meel mengsel sit en dan die geklitste eier bysit, dit werk net so goed.)
Meng eiermengsel met meelmengsel. Skep lepelsvol in warm, vlak olie en braai tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.

Nota Fanie Smit:
As jy baie van vetkoek hou, voeg bietjie suiker en anys by beslag en bak. Dit is nou baie lekker en my gunsteling.

Ronel Muller Thoma:
Hello Rina het vanaand die KOOKWATER VETKOEKE gemaak. Het anys bygevoeg en 1 eetlepel suiker ekstra. Is heerlik en vinnig.




PETRA SE ONFEILBARE VETKOEK


PETRA SE ONFEILBARE VETKOEK
6 koppies meel – koekmeel, broodmeel, fyn of wholewheat
1 eetlepel sout
1 eetlepel suiker
1 eetlepel botter
1 pakkie droë kitsgis
Sif die meel.
Meng meel, sout, suiker, gis en botter saam.
Meng stadig louwarm water in, meng en knie.
Net genoeg water om deeg te maak, omtrent 1 liter.
Laat iemand anders die water ingooi terwyl jy meng.
Voor jy begin knie smeer jou hande olie.
Knie goed vir 10 minute.
Maak die bol deeg in ‘n bal en smeer die hele bal met olie
Sit deeg in ‘n bak.
Draai die bak toe in n kombers.
Sit in ‘n warm kamer om te rys vir 1 – 2 ure.
Strooi meel op ‘n tafel.
Haal bolletjies deeg af van die groot bol.
Druk plat en pak op die tafel met meel.
Laat dit so 30 minute tot 1 uur staan om weer te rys.
Maak olie warm in ‘n diep pot.
Stoofplaat net 1 stelling kouer as warmste wees.
Laat olie goed warm word voor jy die vetkoek insit.
As die olie ophou borrel, draai die vetkoek om.

Bron:  PETRA PRETORIUS

 




OLIE PANNEKOEK

pannekoek van dine
OLIE PANNEKOEK
My pannekoek resep is ‘n “hou in die yskas en maak wanneer jy nodig het” sowaar ‘n wenner!
4 koppies koekmeel
4 eiers
1 koppie olie
1 teelepel sout
¼ koppie asyn
1 liter water
4 teelepels bakpoeier

Klits eiers. Voeg ‘n bietjie van die water by. Voeg al die olie en asyn by. Dan die meel en sout – en om die beurt met die res van die water. Bakpoeier word ingeklits. Nou is jy reg om pannekoek te maak. Smeer die pan met olie net vir die eerste pannekoek. (Ek gebruik altyd my bauer pan.)
Die mengsel kan in die yskas gehou word en jy maak soos jy benodig of jy maak en kan hulle vries. (Ek vries sommer 4 in ‘n glad sakkie). Ek maak savoury en sweet pannekoeke.
Bron:  SHARON JOUBERT




MAALVLEISVULSEL VIR VETKOEK / PANNEKOEK

VETKOEK MET MINCE
MAALVLEISVULSEL VIR VETKOEK / PANNEKOEK
Resep: Dalene Brits
FOOD LOVERS RECIPES
1 ui, baie fyn gekap
30 ml olie
5 ml koljander
5 ml komyn
2 knoffelhuisies, baie fyn gekap
500 g maer maalvleis
30 ml worcesterous
30 ml tamatiepasta
1 blik gekapte tamaties
15 ml bruin uiesop
Bietjie kookwater
Braai ui in die olie tot sag. Voeg koljander. komyn en knoffel by en braai liggies. Voeg maalvleis by en braai tot bruin. Voeg worcestersous en tamatiepasta by en braai 1 minuut.
Voeg tamaties, uiesoppoeier en bietjie water by en prut vir 30 min tot dik. Geur met sout en peper.

 




TOEBROODJIE ROOSTER PLAATKOEKIES

toebroodjierooster plaatkoekiestested

TOEBROODJIE ROOSTER PLAATKOEKIES
Genoeg vir 4-6 mense

250 ml (1 k) koekmeel
180 ml (¾ k) gerasperde cheddarkaas
1 eier, geklits
180 ml (¾ k) melk
10 ml (2 t) bakpoeier
60 ml (4 e) olie
sout na smaak
Meng al die bestanddele terwyl die toebroodjiemaker warm word.
Skep eetlepels vol van die beslag in die onderste helfte en maak die toebroodjierooster toe.
Waneer goudbruin, keer uit en sit voor met kaas of konfyt van jou keuse.

Foto:  Tanya Smith


 




FRANSE POLONIE-NACHOS

NATCHOS

FRANSE POLONIE-NACHOS
(8 porsies)
250g French polonie fyngekap
2 sprietuie fyn gekap
2 tamaties in blokkies gesny
½ elk geel, rooi en groen soetrissies fyngekap
30ml pietersielie grofgekap
30ml olyfolie
½ suurlemoen sesap
Sout en vars gemaalde peper na smaak
250g Nachos
200ml gerasperde kaas
Meng die sprietuie, tamatie, soetrissies, olie en suurlemoensap saam om ‘n heerlike salsa te vorm. Geur na smaak. Voorverhit die oondrooster. Versprei die nachos op ‘n groot bakplaat. Skep die gesnipperde polonie oor en volg met die salsa en kaas. Rooste vir 1-2min tot die kaas borrel. Sprinkel ekstra pietersielie op vir garnering en bedien dadelik




NATCHOS WITH CHILLIES

NATCHOS
NATCHOS WITH CHILLIES
1 tin tomato, chopped
Diced green chillies( your own amount)
½ cup chopped green pepper
1 chopped onion
¼ teaspoon hot pepper sauce
2 cups grated cheddar cheese
1 avocado
1 teaspoon lemonjuice
½ cup sourcream
Combine tomatoes, chillies, greenpepper, onion and hot pepper sauce in a bowl. Let stand 15 minutes. Place Doritos in shallow baking dish. Pour sauce over chips, sprinkle cheese on top and bake 3 minutes till cheese melted. Just before serving , seed, peel and mash avocado, and stir in lemon juice. Spoon avocado mixture and sour cream on hot chips. Serve immediately.-

POSTED BY Carol Elliott Claassen