BEESSTERTBREDIE IN DIE MIKROGOLF

MIKROGOLFOOND

BEESSTERTBREDIE IN DIE MIKROGOLF

(4-6 porsies)
1 kg beestert
kookwater
5 ml botter
250 g uie gekap (2 groot uie)
1 lourierblaar
3 heel naeltjies
swartpeper
witpeper
10 ml sout
30 ml hoenderaftrekselpoeier
1kg aartappels, geskil en in kwarte gesny (6 groot)
200g geelwortels, geskil en in ringe gesny (3-4 middelslag)
Sousmengsel
250g bevrore ertjie (opsioneel)
Plaas beesstert in ‘n diep oondbak en bedek heeltemal met water. Bedek bak met kleefplastiek en mikrogolf vir 30min op hoog. Mikrogolf botter 1 min op hoog in ‘n plastiekbeker. Voeg uie by botter en mikrogolf vir 5min op hoog. Voeg uie, lourierblaar, naeltjies, swartpeper, witpeper, sout en aftrekselpoeier by vleis in oondbak. Bedek met kleefplastiek en mikrogolf vir 60min op laag. Voeg aartappels en geelwortels by, bedek en mikrogolf vir 30min op hoog. Verdik met sousmengsel en mikrogolf 5min op hoog. – roer af en toe. Die ertjies kan saam met die sousmengsel bygevoeg word. Dien saam met rys op.
SOUSMENGSEL
Die volgende resep is ‘n ware staatmaker om oor wors, tjops, frikkadelle, hoender en groot vleissnitte te strooi, asook om stowe geregte te verdik en vleissous te geur.
Meng 250g koekmeel, 250g souspoeier (Bisto), 1 pk bruinuiesoppoeier, 1 pk sampioensoppoeier en 1 pk tamatiesoppoeier. Bere in lugdigte houe, dit hou baie lank.




MIKROGOLF-PERSKEBLATJANG


MIKROGOLF-PERSKEBLATJANG
5 groot geel taaipitperskes
1 middelslag ui
3 selderystingels
1 knoets vars gemmerwortel
1 knoffelhuisie
220 g wit suiker
180 ml siderasyn
150 g pitlose rosyne
2 ml kerriepoeier
1 ml kaneel
1 ml gemaalde naeltjies
30g amandelsplinters
Halveer en ontpit die perskes. Skil die ui, sny dit in kwarte op. Sny die seldery in stukke op en skil die gemmerwortel en knoffel. Maal dit alles grof en vermeng dit in ‘n groot mikrogolfvaste bak met die res van die bestandele buiten die amandels. Bedek die bak en mikrogolf die mengsel teen 100% krag totdat die meeste van die vloeistof afgedamp is, roer dit gereeld tydens die kookproses wat 45-60min kan duur. Roer die amandels by wanneer die blatjang dik genoeg is. Bottel dit warm en verseël dadelik.

 




MIKROGOLF 30 DAE MUFFINS

tested
MIKROGOLF 30 DAE MUFFINS
Hierdie een werk goed as mens net een of ‘n paar muffins wil maak, bêre die res van die deeg in die yskas en gebruik soos nodig. Die deeg hou tot 30 dae in die yskas.

2 eiers
300 g bruinsuiker
80 ml olie
300 g koekmeel
2 ml sout
8 ml koeksoda
500 ml semels
500 ml melk
5 ml vanilla
250 g koekmengsel/neute/rosyne

Meng eiers, suiker en olie goed. Meng droe bestanddele saam in aparte bak en voeg beurtelings met melk by eerste mengsel. Meng baie goed. Voeg geursel en koekmengsel by, meng baie goed deur.
Skep ‘n lepel hoog vol in klein houertjie en mikrogolf vir 3- 4 min by 70% krag. Pas tyd aan indien meer muffins op ‘n slag gemaak word. Plaas res van mengsel in plastiek houer wat dig seel en bere in die yskas. Gebruik soos benodig.
Foto:  Zelda Snyman de Villiers
Dankie Rina Kleinhans vir Al jou hulp.  Die muffins is bietjie droog maar baie lekker en Ek dink baie gesond ook –  Rina antwoord, dalk moet jy hulle bietjie korter bak in in die mikrogolf laat staan vir ‘n minuut of twee. – Zelda Snyman de Villiers  – Ek het nou vir 3 min gemaak ipv 4 en dis perfect. Baie lekker. Sal nooit n ander resep gebruik nie.

 




MIKROGOLF KORSLOSE MELKTERT

mikrogolf melkterttested

MIKROGOLF KORSLOSE MELKTERT

1/2 kp suiker
1/2 k meel
2 eiers
2 k koue melk
1 t bakpoeier
1 hoogvol eetl botter
sout
Room botter, suiker en eiergele. Voeg droe bestandele om die beurt met die melk by.
Klits eierwitte styf en voeg by. Gooi in gesmeerde tertbak. Plaas in mikrogolf op omgekeerde piering. Bak vir 8-10 min op hoog. Strooi kaneel oor wanneer gaar.
Hierdie Mikrogolf melktert is baie lekker, maar verdubbel die beslag vir ‘n groot tertbak, of gebruik ‘n klein tertbakkie –

Resep: Rina Kleinhans
Foto: Adam Cloete




PEGGY SE HEERLIKE VETKOEK

tested

PEGGY SE HEERLIKE VETKOEK
5 k meel
10 g suurdeeg (groen kits)
6 t suiker
2 t sout
+- 700 ml lou water
Meng en knie baie goed. Smeer bietjie olie of botter bo-oor. Maak goed toe en laat rys. Knie deeg af. Bak vetkoeke in olie tot gaar.
Baie lekker!!! My man hom nie van gekoopte winkel deeg.

RESEP: PEGGY DEVINE




CERES PANNEKOEK

pancakes

CERES PANNEKOEK
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
2 eiers
2 koppies melk
1 eetlepel olie

Meng deeglik.
Laat halfuur of langer staan.
Ek bak dit in ‘n klein pannetjie, omtrent die grootte van ‘n klein bordjie. Ek maak altyd die resep dubbel aan en dan lewer dit 16 pannekoeke.
Louise Groenewald
Honene Bain Roux




PLAATKOEKIE BêREMENGSEL

flapjackstested

PLAATKOEKIE BêREMENGSEL
Hierdie resep het ek gekry nadat ek iemand omgekoop het (*bloos*) om dit vir my te kry. ‘n Jaar of twee in die tjoekie is dit die moeite werd!! (“,) As jy eers eenkeer hierdie resep gemaak het, sal jy nie sommer teruggaan na die “gewone” plaatkoekie resep nie. Geniet dit!!

6 x 250 ml koekmeel (ek gebruik sommer bruismeel en los dan die bakpoeier uit)
90 ml bakpoeier
250 ml suiker
175 ml margarien
Vryf botter in meel in en sit in plastiese houer in yskas.
Wanneer nodig :
250 ml mengsel
1 eier
klein bietjie melk
druppel olie

Genoeg vir 3 medium plaatkoekies.
Braai in bietjie olie tot ligbruin albei kante.
Bedien met stukkies brosgebraaide spek en stroop.
My huismense is totaal en al versot hierop. Soms wissel ek die stroop af met spek en roomkaas . . . dekadent!!
Resep:  Lorraine Weitz Brand
Foto:  Brineel du Toit




LEKKER PANNEKOEK

LEKKER PANNEKOEK
Hierdie is die enigste ene wat ek ken. Vermeerder soos wat dit vir jou mense nodig is – die ene lewer so 20 lekker groot pannekoeke.
3 koppies koekmeel
2 knippies sout
2 teelepels bakpoeier
4 koppies water
2 eiers
3 teelepels asyn
6 teelepels olie

Sif die droë bestanddele drie maal saam (dit help glo dat die pannekoeke nie te swaar is nie, en ek sif dit nou al vir 20 jaar 3x!) en maak ‘n holte in die die meelmengsel.
Meng die water, eier, asyn en olie en voeg geleidelik by die meelmengsel terwyl jy dit meng met ‘n houtlepel of elektriese klitser. Laasgenoemde is baie minder moeite. Laat minstens ‘n halfuur staan (ek laat dit sommer ‘n uur staan) en klits dan weer voordat die pannekoeke gebak word.
Ek gebruik ‘n koperboom pan vir my pannekoeke. Maak seker dit is lekker warm. Vir die eerste ene, gooi ek bietjie olie in die pan, maar rerig BAIE min. Daarna het ek ‘n stukkie servet of tissue wat ek in die olie (in ‘n koppie) druk en dan vee ek net die pan daarmee voordat ek ‘n soplepel vol beslag daarin gooi. Die eerste twee flop gewoonlik omdat ek nie die pan kans gee om behoorlik warm te word nie. Geduld werk nie hier nie. Maar die worsies geniet die floppies!

Jy kan natuurlik jou pannekoeke vul met enige ding wat lekker is. Kaneelsuiker en stroop is vir my bo aan die lys vir pure lekkerte.
‘n Maalvleis-mengsel (selfs kerrie as jy wil) werk wonderlik om dit in ‘n ete te omskep. Vul die pannekoeke met jou vleismengsel, pak dit in ‘n oondbak en strooi gerasperde kaas oor, bak vir so 10 minute, en jy het ‘n lekker ete. Met roomys en piesangskywe vir ‘n nagereg is uit die boeke.
Nettie Theron Louw




HUIBRECHT SE SKUINSKOEK

SKUINSKOEK

HUIBRECHT SE SKUINSKOEK
1,5 kg koekmeel
2½ pakkies kitsgis
1 teelepel sout
½ teelepel fyn kaneel
½ teelepel fyn gemmer
3 koppie suiker
250 g vet of margarien
1 teelepel asyn
2 eetlepel anys
½ koppie baie warm water
± 4½ koppies water
Meng die meel, gis, sout, kaneel, gemmer en suiker.
Vryf die margarine in die meelmengsel.
Voeg die asyn, anys en warm water by, meng en laat afkoel.
Voeg nog water geleidelik by en knie tot ‘n slap deeg.
Laat staan om te rys.
Knie af en maak deegrolle op die tafelblad.
Druk plat en sny diagonaal in skuinskoek
Laat dit rys.
Bak in warm vet of olie tot dit gaar is.
Die een is van Sarie se web dis nie getoets maar klink lekker
Geplaas deur Elsabe Redelinghuys

 




SKUINSKOEK

SKUINSKOEK

SKUINSKOEK
10 pond koekmeel
1 pond margarien
1 eetlepel pypkaneel of ‘n gerasperde neut
1 eetlepel sout
3 pond suiker
3 eetlepel anys
Die vorige aand:
Smelt margarien,suiker en 6 koppies water.Laat afkoel,voeg ander bestanddele by en knie met aartappelsuurdeeg vir 1 uur.(Ek dink 4 pakkies suurdeeg sal die ding doen)
Die volgende oggend:
Rol deeg 1/4 duim dik uit en sny in repe. Sny die repe in diamant patroon. Bak in warm olie.
Die skuinkoek vries lekker en kan in die mikrogolf warm gemaak word soos benodig. Dan is hy net so vars.
GEPLAAS DEUR David Vd Heever
Uit “Gee ons vandag…”.`n Resepteboekie wat Pofadder se Vrouediens uitgee.