CUSTARD SLICES

CUSTARD SLICEStested
CUSTARD SLICES

200 g cream crackers (1 packet)
1 tin condensed milk
3 tins fresh milk (use empty condensed milk tin to measure)
3 eggs
5 ml vanilla essence
25 ml stork margarine
80 ml custard powder
Icing
500 ml icing sugar
± 40 ml boiling water
Spray container with Spray and Cook
Arrange biscuits with halving lines all in the same direction.
Microwave condensed milk, fresh milk and margarine until boiling, approx 10 minutes on high.
Stir after 5 minutes.
Beat together eggs, custard powder and vanilla.
Add a little hot milk to the egg mixture, stir and add egg mixture to milk.
Microwave for 5 minutes on high. Stir after 3 minutes.
Beat with whisk until smooth. Pour over cream crackers.
Place another layer of biscuits on top, halving lines in same direction as bottom layer.
Leave in fridge to cool completely.
Mix ingredients for icing to a smooth paste. Pour over the custard slices and smooth with the neck of the spoon. Place back in the fridge.
Cut slices into ½ biscuit size.

Recipe posted by Deleen Loker
Photo:  Gillian Logan Bredenhann




MIKROGOLF AARTAPPELS

MIKROGOLF AARTAPPELS

1 lekker groot aartappel per persoon
kaas, in plat 2 x 2 cm blokke gesny
tamatieskywe, in die helfte gesny
gebraaide spek, optioneel
sout en peper (selfs bietjie knoffelsout vir die wat hou van knoffel)
botter/margarien

Spoel aartappels af onder water en sit dit in mikrogolf bakkie net so sonder water of deksel.
Maak gaar in mikrogolf vir 10 – 12 min (hang af van grootte van aartappel en mikrogolfoond, hou maar dop)
Wanneer aartappel gaar is, haal uit, sny versigtig so 4 gleuwe in aartappel.
Sit skyfie kaas en tamatie (en spek) in elke gleufie, strooi sout en peper oor en sit klein klontjie botter op elke gevulde gleufie.
Sit terug in mikrogolf vir so 10 – 15 sekondes of tot kaas net begin smelt.
En geniet – oppas net, daai aartappel is vrek warm!!
Resep: Sonja Young
Foto: Louisa Rossouw Hollenbach
Hier is my aartappels, ek eet dit saam met stampmielies en koedoevleis.




APPELKOOS GLANS HOENDER

MIKROGOLFOOND

APPELKOOS GLANS HOENDER
(4-6 PORSIES)

Heel hoender ongeveer 1.5 kg
5 ml appekooskonfyt
sout
bietjie paprika
bietjie hoenderspeserye
sousmengsel
swartpeper
witpeper
5 ml botter

Droog hoender af met kombuispapier. Mikrogolf appelkooskonfyt 10 sekonders op hoog tot sag en smeer oor hoender. Strooi sout, paprika, hoenderspeserye, sousmengsel en peper oor hoender. Verhit bruineerbak vir 8 min op hoog, voeg botter by en mikrogolf vir 3 min op hoog. Plaas hoender in bak en mikrogolf 2 min op hoog, draai hoender op bors en mikrogolf 22 min op hoog. Plaas deksel skuins op bak gedurende die gaarmaaktyd. Laat hoender 20 min staan voor dit gesny en bedien word.

Wenk: Witvleis word altyd op hoog gemikrogolf en die sousmengsel absorbeer van die vloeistof

Sousmengsel: http://www.foodloversrecipes.com/2013/05/bere-sousmengsel/#more-4664




LAMSBOUD IN WYN

MIKROGOLFOOND

LAMSBOUD IN WYN

(Mikrogolf) (8-10 porsies)
Onthou om altyd alle oortollige vet aftesny van groot vleis snitte af wat jy in die mikrogolf gaarmaak, dit verhoed dat die vleis in die binnekant gaar word, want die vet absobeer die mikrogolwe.

2 kg lamsboud
2 knoffelhuisies in repe gesny
5 ml appelkooskonfyt
Sout na smaak
Swart en wit peper na smaak
Goeie knypie vars of droe roosmaryn
5 ml botter
250 ml wit wyn
25 ml kappertjiesaad
125 ml room

Droog vleis goed af met kombuispapier. Maak snitte in vleis met skerp mes en druk die knoffel repe in elke snit. Mikrogolf appelkooskonfyt vir 10 sekondes op hoog tot sag en verf oor die vleis. Strooi sout, pepers en roosmaryn oor die vleis. Verhit die bruineerbak 8 min op hoog, voeg botter by en mikrogolf vir 3 min op hoog. Plaas vleis in bak en mikrogolf 2 min op hoog. Draai die vleis om en mikrogolf 2 min op hoog. Stel oond op laag en mikrogolf vleis 50 min – draai na 25 min om. Giet wyn oor vleis en mikrogolf nog 50 min op laag – draai na 25 min om. Voeg kappertjiesaad en room 15 min voor einde van gaarmaaktyd by. Laat vleis 30 min in bruineerbak staan en sit dit dan voor.




BERE SOUSMENGSEL


BERE SOUSMENGSEL
Hierdie is een van daai sousmengsels wat ‘n ware staatmaker in die kombuis is en geen kombuis behoort sonder hom te wees. Heerlik oor wors, tjops, frikkadelle, hoender, vleis en om stowegeregte te verdik en sous mee te geur.
Meng
250 g koekmeel
250 g souspoeier (bisto)
1 pk bruinuiesoppoeier
1 pk sampoensoppoeier
1 pk tamatiesopoeier

Bêre in ‘n lugdigte houer. Dit hou baie lank en is heerlik.
Om te gebruik, meng so 2 – 4 eetlepels met bietjie water om paste te maak.  Oppas vir ekstra sout in die kos want die soppoeier bevat reeds sout.

Geraldene Camons Cartwright
“Gravy powder”
2 pakkies bruin uie soppoeier
2 pakkies mushroom soppoeier
1 pakkie “cream of tomato ” sop
1 boksie Bisto poeier
1 boks Maizena

Meng alles saam en plaas in lugdigte houer. Vir gebruik meng 2 eetlepels met bietjie koue water en roer by enige van die volgende om sous te maak : hoender, beesvleis , gaar wors soos vark worsies, enige ” chops”, maalvleis , ens. Gooi bietjie water by as sous te dik is.




HOENDERTREFFER

MIKROGOLFOOND

HOENDERTREFFER
(Mikrogolf)

1.5 kg hoenderstukke
125 ml sagte bruinsuiker
25 ml kerriepoeier
geuropwekker
sousmengsel
10 ml botter
150 g uie gekap
SOUS
250 ml tamatiesous
37,5 ml Worcestersous
skeutjie tabascosous
375 ml kookwater
70 ml suurlemoensap
125 ml blatjang
37,5 ml sojasous
1 blik sampioenroomsop of 1 pk sampioensoppoeier

Droog die hoender met kombuispapier af. Strooi bruinsuiker, kerriepoeier en geuropwekker oor. Rol in bietjie van die sousmengsel om vogtigheid te absorbeer
Mikrogolf 5 ml botter 1 min op hoog in ‘n plastiek beker. Voeg die uie by en mikrogolf 5 min op hoog. Voeg sousbestandele by uie. Meng deeglik. Mikrogolf 8 min op hoog -roer 2 keer -totdat sous net-net begin kook. Voeg klein bietjie van die kookwater by indien sous te dik is. Verhit bruineerbak 8 min op hoog. Voeg orige botter by en mikrogolf nog 3 min op hoog. Plaas hoenderstukke in bruineerbak, mikrogolf 10 min op hoog. Draai hoender om en giet warm sous oor. Bedek en mikrogolf 14 min op hoog.

 




SEWE MINUTE SJOKOLADE MIKROGOLF KOEK

Image008tested2015-07-19-seweminutesjokolademikrogolfkoek

SEWE MINUTE SJOKOLADE MIKROGOLF KOEK
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
3 eetlepels kakao
1 koppie lou water
1 teelepel vanilla
4 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
2 eiers
¼ koppie olie

Sif meel, sout, kakao, suiker en bakpoeier saam.
Meng geklitste eiers met lou water en olie en voeg vanilla by.
Voeg droë bestanddele by eier mengsel en meng baie goed.
Gooi in gesmeerde bak, en bak vir 7min op hoog in mikrogolf.
Los in die oond vir 1 minute voor jy uithaal, laat bietjie afkoel tot los, en dop uit bak uit.

Versiering:
1 blik Ideal melk
¼ koppie suiker
200 g heelneut sjokolade

Smelt ¾ blik Ideal melk en suiker oor lae hitte en gooi oor warm koek.
Laat die koek heeltemal afkoel.
Smelt die res van die Ideal melk en sjokolade op lae hitte.
Gooi bo-oor koek en smeer tot dit teen die kante afloop.
Genoeg vir meduim koek.

Resep en foto: RINA KLEINHANS

PHOTO: Pam Saal‎
Bak drie van die koek en sit op mekaar vir ‘n wonderlike koek soos op die tweede foto
Rina Carstens
Wil net se hoe groot sukses is die blog se Mikrogolf 7min sokolade koek. Ek het altwee gebak en toe soos Hilda sou se n bietjie skop ingesit. Ek het dit nou al in lemoen en ook koffie/speserye gemaak dit is nou n ware resep om mee te speel. Dankie vir al die lekker resepte.

Linette White
ek het een mengsel sonder cocoa en een mengsel wit gemaak,met n groot lepel eers chocolate mengsel in middel van bak, dan weer wit in die middel van choc mengsel dan weer choc in middel van wit mengsel gevou en so aangegaan tot my mengsels op is en toe gebak. Bedien met lekker vla
7 min koek in poeding




SONDE IN ‘N BEKER – KOPPIEKOEK

sjokolade koppiekoektested

SONDE IN ‘N BEKER – KOPPIEKOEK
1-2 porsies
60 ml bruismeel
60 ml suiker (diabete opsie – gebruik 8 stokkies versoeter)
30 ml kakao
knippie sout
1 eier
45 ml melk
45 ml olie

Optioneel – gooi gekapte sjokolade in/ diabete sjokolade indien verkies

Smeer of spuit ‘n groot koffie beker (400ml of twee kleiner bekers) goed.
Gooi meel, suiker (versoeter), kakao en sout daarin.
Meng goed met vurk.
Voeg eier by en meng goed.
Voeg melk en olie by en meng goed.
Sit beker in mikrogolf op 100% krag vir 3 min (of as in die kleiner bekers, een beker op ‘n slag vir so 1min 15sek).
Die koek rys redelik hoog – dis reg so.
Laat staan vir ‘n paar min voordat jy dit uitkeer op ‘n bord.
Bedien met room of roomys.
Foto: Wilma Josey Venter

Witkoek variasie
Vanessa Bailey
dag se vinigge mikrogolf koek .
2 teelepels olie
4 teelepels koekmeel
1.5 teelepels vla
3 teelepels strooisuiker
1.5 teelepel bakpoeier en ‘n halwe koppie water .
Plaas in mikrogolf oond vir 2 tot 3 minute lekker en vinnig !!!

2014-11-12-koekie

Yvette Cilliers
Ek het ook sondag dit gemaak en macedemianeute fyn gerasper en in die plek vd meel gebruik…dit was heerlik
Foto:  Andriette Koegelenberg – gebak met Zylitol

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




PAP IN DIE MIKROGOLF

mikrogolf paptested

PAP IN DIE MIKROGOLF

MIELIEMEEL PAP
(Mikrogolf)
Gewone slap ontbyt mieliemeelpap:
2 Koppies water , 1 Eeetlepel margarien en1 teel. sout
Mikrogolf 4-minute op hoog, tot kookpunt.
Roer 1 koppie mieliemeel in, gebruik draadklitser i.p.v. vurk.
8 Minute op hoog (Deksel op vir stoom).
-Rina Kleinhans

Krummelpap:
Soos resep bo, maar meel en water verhouding is as volg:
2 Koppies water + 2 koppies mieliemeel
10 Minute op hoog, dan 10-minute medium-low (Deksel op vir stoom).
Roer met draadklitser of vurk.

Hawermoutpap
(Oats):
Gewone meel + water verhoudings (soos op pakkie aangedui), maar kook tot gaar sonder
deksel, plaas deksel terug vir staantyd, roer voor bediening.

-Sanchen

Foto en Idee:
Geraldine Chantel Combrink
Baie dankie vir die mikrogolf pap resep dit het heerlik uitgekom
1 lagie pap dan bacon en kaas toe nog n lagie pap en kaas oor en in oond gesit tot kaas gesmelt was heerlik heerlik

Ben Loraine Olivier
My resep vir pap in mikrogolf ek maak sommer vir my vir die hele week
4 koppies mielie meel
Sout na smaak
6koppies water
Sit in vir7 min haal uit en roer sit weer in vir 7 min roer weer sit terug vir 5 min pap gaar moet maar eksperimenteer hoe styf of slap die pap moet wees

 




EKONOMIESE VRUGTEKOEK

EKONOMIESE VRUGTEKOEK
500 g droë vrugtekoekmengsel
250 ml sagte bruinsuiker
200 ml botter of margarien
375 ml water
10 ml koeksoda
500 ml koekmeel
5 ml gemengde speserye
Knippie sout
2 eiers
125 ml brandewyn

Bespuit ‘n 2.5 liter tuitpan, 23cm deursnee en 9cm diep met kleefwerende kossproei. Bedek die boom met ‘n sirkel waspapier met ‘n gat in die middel sodat dit plat in die pan lê.
Mikrogolf die droëvrugte, bruinsuiker, botter en water 10 minute oop in ‘n diep bak by 100% krag. Roer die mengsel af en toe. Roer die koeksoda by en laat afkoel.
Sif die meel, gemengde speserye en sout saam. Klits die eiers. Roer die meelmengsel by die vrugtemengsel en daarna die eiers. Meng goed.
Skep die beslag in die tuitpan en maak bo-op gelyk. Plaas die pan op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond. Bedek lossies met ‘n vel waspapier. Mikrogolf die beslag vir 20 minute by 70% krag.
Verwyder die vel waspapier en giet die brandewyn oor die warm koek. Laat dit in die pan afkoel. Keer uit op ‘n vel waspapier op ‘n draadrak en trek die sirkel waspapier versigtig af.

Resep geplaas deur Suneth van Rensburg