HOE OM RESEPTE TE VERANDER NA MIKROGOLF RESEPTE TOE

MIKROGOLFOOND
HOE OM RESEPTE TE VERANDER NA MIKROGOLF RESEPTE TOE

Marietjie Swart
Ek verstaan nie die punt van om die vloeistof so baie te verminder nie, maar ek weet nie of dit is wat jy aan dink nie Rina, maar ek haal hier aan uit ‘n boek van Ilze Bunting, Boerekos uit die Mikrogolfoond:

Sy se “ek het ‘n National mikrogolfoond en 250 ml water teen kamerteperatuur neem 2 minute en 14 sekondes op volle krag om te kook – gebruik dus die gegewe tye as riglyn want dit is tye wat in my oond gebruik is”
Maak eerder geregte minder gaar as oorgaar, die staantyd aangedui is baie belangrik
Wanneer kleefpastiek gebruik word moet die plastiek geprik word
Alle kossoorte wat ‘n skil het moet geprik word – aartappels in die skil, lemoenpampoentjies, eiergele. Gebruik ‘n naald of tandestokkie
Ronde koeke is geneig om in die middel minder gaar te wees as die baktyd om is. (Ekself weet dat ‘n plastiek tuitpan dikwels baie goed werk)
Om ‘n resep aan te pas vir die miikrogolfoond: Verminder die hoeveelheid vloeistof met die helfte omdat die gaarmaaktyd baie korter is. Verminder die gaarmaaktyd met 25%
Beskou die tye wat aangegee is as ‘n riglyn
Hou altyd ingedagte dat dit ‘n ander manier van voedsel gaarmaak is en dat jy moet eksperimenteer met jou oond
Gebruik geurmiddels en sout versigtig

Luka:
Rina ek verander niks behalwe die gaarmaak tyd. Die resep maak en presies dieselfde maar vat die baktyd en deel dit deur 4. Bv. Iets wat in die oond 40 min moet bak kom dan 10 min in mikrogolf bo op ‘n omgekeerde piering




MIKROGOLF KOLWYNTJIES

2015-10-06-kolwyntjiestested

MIKROGOLF KOLWYNTJIES
Sif die volgende saam:
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
sout
Klits die volgende baie goed saam tot romerig:
2 eiers
250 ml strooisuiker
Smelt die volgende saam:
250 ml melk
115 g margarine

Voeg  die meelmengsel en melkmengsel beurteliks by eiermengsel.
Skep in ‘n mikrogolf pannetjie.
Bak  vir 1 min 10 sek in mikrogolf
(Vries heerlik)-

Resep en foto: Ansie Goosen




MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK – IN ROOMYS BAK

roomys bak koekroomysbak-vla-variasietested

MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK – IN ROOMYS BAK
375 ml strooisuiker
500 ml koekmeel
125 ml kakao
‘n knippie sout
15 ml bakpoeier
4 ekstra groot eiers (geskei en wit styf geklits)
125 ml sonneblomolie
5ml vanilla of karamel geursel
250 ml warm water

Sif meel, strooisuiker, kakao, sout en bakpoeier goed saam.
Meng die eiergeel, olie en geursel en voeg 250 ml warm water by.
Voeg die meelmengsel bietjie vir bietjie by die vloeistof.
Klop dit met ‘n klitser op sy laagste spoed, vou dan die eierwit by.
VERDEEL DIE MENGSEL TUSSEN TWEE ROOMYSBAKKE WAT BAIE GOED MET OLIE GESMEER IS EN SIT DIT IN DIE MIKROGOLF VIR 12 TOT 14 MIN TEEN 70% KRAG.
Versier soos verkies!!!

Foto:  Linda Venter – beslag verdubbel

2de foto en variasie:  Elize Venter
Ek het vandag die sjokolade koek wat op die blad is wat in 2 liter roomys bak gebak word, so bietjie verander na ‘n vlakoek toe. Ek het net die kakao vervang met vla en toe koek koud is, middeldeur gesny en ‘n vlavulsel ingesit met klapper oor, dit smaak heerlik.

 




SINGLE SERVE MICROWAVE COOKIE

MIKROGOLFOOND

SINGLE SERVE MICROWAVE COOKIE
1 tablespoon butter melted
1 tablespoon white sugar
1 tablespoon Brown sugar
3 drops vanilla essence
Pinch of salt
1 egg yolk
2 tablespoon Chocolate chip
¼ cup cake flour

Microwave 40-60 seconds in a cup or ramekin, serve!!!-

Recipe: Alma Liebenberg




MIKROGOLF KLAPPERYS

coconut_ice

MIKROGOLF KLAPPERYS

2 eetlepels Rama margarien
1 blik kondensmelk
200 g klapper
500 g versiersuiker

Kook kondensmelk en Rama vir 2 minute op hoog.
Voeg klapper en versiersuiker by en kook vir nog 5 minute op hoog.
Voeg kleursel by en skep uit in ‘n bak en net voor hard gestol, sny in blokkies.

Bron: Isabeau Meyer




DADEL-KOFFIEKOEK IN DIE MIKROGOLF MET ‘N KOFFIESOUS

DADEL-KOFFIEKOEK IN DIE MIKROGOLF MET ‘N KOFFIESOUS

*Lees asb nota onderaan.
Beslag:
125 g dadels
1 ½ koppie koekmeel
¼ koppie suiker
1 teelepel bakpoeier
3 ml sout
15 ml koffiepoeier
115 ml water
120 ml olie
2 eiers
2 eetlepels appelkooskonfyt
Stroop:
¼ koppie suiker
½ koppie kookwater
20 ml koffiepoeier
Ontpit en kap die dadels op of gebruik saamgpersde dadels en plaas in ‘n bak of beker.
Giet ‘n ½ koppie kookwater oor die dadels en mikroglf vir 3 min, dit sal so “mushi” lyk, plaas eenkant.
Meng die stroopbestanddele saam en mikrogolf vir 3 min, roer deur en plaas eenkant.
In ‘n mengbak, voeg die meel, suiker, bakpoeier en sout saam, roer deur en plaas eenkant.
Meng die koffie, kookwater, olie en eiers saam.
Voeg dit by die meelmengsel en meng tot goed gemeng.
Roer die dadelmengsel laastens by.
Neem ‘n mikrogolfbak en skep die konfyt op die bodem, smeer dit eweredig oor die bodem.
Skep die deegbeslag op die konfyt.
Plaas die bak op ‘n onderstebo bord in die mikrogolf en mikrogolf vir 10 min op hoog.
As dit nog rou is in die middel, plaas dit vir nog 5 min in.
Verwyder die bak uit die mikrogolf en paas weer die stroop in die mikrogolf vir 2 min.
Druk gate in die koek met ‘n stokkie of ‘n vurk en giet die sous oor die koek.
Skud die koekpan en dop die koek op ‘n bord uit sodat die sous oor die koek loop.
Whala, jyt ‘n heerlike dadelkoek. Ja dis ‘n lang proses, maar dit is die moeite werd, geniet.
*Foto en nota: Marlene Potgieter:
Ek het hierdie resep oor die naweek probeer, 125 g saamgepersde dadels gebruik, en dit vir 12 minute in die mikrogolf op hoog gaargemaak (700W oond). Die tekstuur is soos koek en nie soos poeding nie, indien jy dit dalk meer soos ‘n poeding verkies, stel ek voor, verdubbel die sousbestanddele en gebruik 250 g dadels. Dis nie baie soet nie en baie lekker saam met vla.
Resep: Washielah Adams




MAKLIKE MIKROGOLF VRUGTEKOEK

VRUGTEKOEK2

MAKLIKE MIKROGOLF VRUGTEKOEK
500 g vrugte (ek het geglanseerde vrugte redelike stukke gesny)
1 x 432 g blik fyn pynappel met stroop en al
1 koppie sagte bruinsuiker
125 g margarine in blokkies (ek het regte botter gebruik)
1 teelepel gemengde speserye
1 teelepel kaneel
1 teelepel fyn gemmer

Sit nou alles in `n bak en mikrogolf 5 minute op 100% krag met gladwrap oor.
Laat dit heeltemal afkoel en voeg roer dan die volgende by:-
1 teelepel koeksoda
2 eetlepels brandewyn
200 g kersies (ek het ook 100 g pekaneute bygesit)
Meng nou die volgende saam en sif dit oor die mengsel om die beurt met die geklitste eiers:-
1 koppie koekmeel
1 koppie bruismeel
¼ teelepel sout
2 groot eiers

Ek het dit in my silikoon pan van 22 cm by 22 cm en 5 cm gegooi, wat ek liggies gespray en cook het.
Maak `n holtetjie in die middel
Mikrogolf vir  25 min by 70% krag
Sprinkel brandewyn oor en laat in pan afkoel (Ek het nie eers nie)
Keer om op rak en sprinkel weer brandewyn.
Sodra die koek goed koud is, draai toe in foelie.

Louisa Prenzler
Ek het gou sommer 2 mikro vrugtekoeke gebak in silikoon panne. Dit is die mooiste wat hulle nog ooit gekom het en ek het nie eens `n omgekeerde piering onder die pan gesit nie, want die panne is mos slap. Die resep, weet ek nie meer waar ek hom gekry het nie, maar julle kan hom bak, dit kom nooit`n floppie nie.

 




GOUE VEER LEMOENPOEDING

veerpoeding in die mikrogolf rina veerpoeding in die mikrogolf 2veerpoeding in die mikrogolf 112715475_10208384691956400_7907754721357934808_ntested

GOUE VEER LEMOENPOEDING
STROOP
250 ml water
250 ml lemoensap
125 ml suiker
knippie sout
DEEG
125 ml suiker
80 ml margarien by kamertempertuur
1 eier
250 ml bruismeel
125 ml lemoensap
knippie sout

Gebruik ‘n mikrogolfvaste poedingbak met volume van 2 liter
Gooi stroop bestanddele daarin, meng en mikrogolf 5 tot 7 min by hoog (100% krag) tot kookpunt.
Meng suiker en margarien, voeg eier by en klits baie goed
Voeg bruismeel, lemoensap en sout by en meng goed
Skep deeg in kokende stroop en mikrogolf 6 min by medium hoog (90%).
Lewer 6 porsies-

Resep:  Elda Lombard
Foto’s en nota Rina Kleinhans:
Ek het die margarien met die helfte room vervang en kaneel oorgestooi nadat dit gaar was.  Bedien met lekker koue vla… regtig baie lekker en vinnig.
Foto 3 en nota Corinne Munro:
Ek het kaneel oorgestrooi en bessies en vla bygesit en sommer met gekoopte sjokolade sous versier.




MIKROGOLF-GESONDHEIDSBESKUIT

MIKROGOLFOONDtested

MIKROGOLF-GESONDHEIDSBESKUIT
Lewer 60 vingerbeskuite

250 ml (1 koppie) laer-GI-hawermout
500 ml (2 koppies) koekmeel, gesif
25 ml (5 teelepels) bakpoeier
5 ml (1 teelepels) koeksoda
500 ml (2 koppies) semels
500 ml (2 koppies) hoëvesel-ontbytgraan*
500 ml (2 koppies) volgraan-ProNutro* (‘original’ of ‘apple bake’)
250 ml (1 koppie) suiker
5 ml (1 teelepel) sout
250 ml (1 koppie) sultanas
2 appels, geskil en gerasper
100 ml  canola- of olyfolie*
1 liter (4 koppies) vetvrye gewone of vrugtejogurt*
250 ml (1 koppie) afgeroomde melk*
2 eiers
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel

Meng al die droë bestanddele met ’n houtlepel in ’n groot bak. Gebruik die houtlepel om die mengsel ’n paar keer met ’n opligbeweging te belug. Voeg die sultanas en gerasperde appels by en roer tot gemeng.
Meng die olie, jogurt, afgeroomde melk, eiers en vanieljegeursel in ’n groot beker. Voeg by die droë bestanddele.
Gebruik ’n houtlepel en meng die vloeibare bestanddele met die droë bestanddele tot net gemeng.
Skep die deeg in 2 reghoekige mikrogolfbakke (bv. Tupperware-broodhouers, 27 cm x 22 cm, of glasbakke van dieselfde grootte) wat met koeksproei bespuit en met papierhanddoek gevoer is.
Mikrogolf elke houer 18-20 minute lank op hoog.
Maak seker dat die bokant van die beskuit nie meer klam is wanneer jy dit uit die mikrogolfoond haal nie. As dit nog klam is, mikrogolf nog 10 sekondes op ’n keer tot geseël bo-op.
Keer die bakpan op ’n afkoelrak om. Trek die papier versigtig af en laat die beskuit 20 minute lank afkoel voordat jy dit in jou vingers sny.
Sny elke broodpan se inhoud in 30 vingers en droog die beskuit in ’n stadige oond (2-3uur lank by 100ºC) uit.
Die resep kan met welslae gehalveer word vir ’n kleiner baksel.

Dieetkundige se aantekeninge
• Die beskuit is uitstekend as ’n lae-GI-maaltyd of –versnapering voor oefening, omdat dit nie die daling in bloedglukose ná oefening help teëwerk.
• Die lae GI en lae Glukemiese Lading van dié beskuit maak dit ook ’n ideale versnapering vir diabete, kinders met AGS en mense wat aan hipoglukemie ly.

Resep geplaas deur Jenny van der Westhuizen




MIKROGOLF KLAM APPELKOEK

MIKROGOLF KLAM APPELKOEK
1 pak vanilla koekmengsel (Golden Cloud)
1 klein botteltjie appelmoes
1 klein blikkie tertappels, sny kleiner stukkies en hou paar uit vir garnering
1 gelykvol teelepel kaneel
½ handvol pitlose rosyne

Meng al die bestanddele goed saam.
Plaas in gesmeerde tuitpan.
Plaas in mikrogolf op omgekeerde kleinbordjie of piering, hang af hoe groot is jou tuitpan.
Bak vir 7½ – 8 minute op Hoog. (100%)
Laat 5 minute afkoel in pan en plaas dan oor na rakkie om heeltemal af te koel.

VERSIERING:
1 pak versiersuiker wat saam met koekmengsel gekom het.
1 pak Moirs karamel kitspoeding
bietjie suurlemoensap
2 eetlepels melk

Klits al die bestanddele baie goed saam en gooi dan oor die koek.
Garneer met die stukkies tertappels.

GENIET, ons het -Berie Smith
Was gister belustig vir ‘n appelkoek, maar is al so moeg van dieselfde oor en oor en toe probeer ek maar my eie resep en hierdie is nou wraggies vinnig, maklik en heerlik. Niks droog nie….yummy!