ROMANY PERSKE GENOT
RIANA SE KAASKOEK
RIANA SE KAASKOEK
2 houertjies roomkaas
1 houer suurroom
1 sakkie Orley Whip
1 blikkie kondensmelk
1 koevertjie (10 g) gelatien
Los gelatien op in kwart koppie lou water – roer tot opgelos.
Klits al die ander bestanddele saam en voeg die gelatien by en klits.
Maak kors van koekies en sit bietjie in yskas.
Skep beslag op kors en sit in yskas.
Ek het sommer blikkie aarbeie geneem en oorgeskep en die sous bietjie dik gemaak met klein bietjie Maizena (so 1 teelepel).
Whalla en hier is hy!!! enige vrugte sal werk, en kan in beslag ook geskep word.
Foto en resep: Riana du Plessis
TUISGEMAAKTE TENNISBESKUITJIES
TUISGEMAAKTE TENNISBESKUITJIES
5 koppies koekmeel
2 teelepels kremetart
1 koppie suiker
1 ½ koppies klapper
knippie sout
3 eetlepels botter
2 teelepels koeksoda
kwart koppie melk
5 eetlepels stroop
3 eiers geklits
1 teelepel vanilla
Voorverhit die oond tot 190ºC. Sif die meel en kremetart saam en voeg die suiker, klapper en sout by.
Vryf die botter met jou vingerpunte in die meelmengsel.
Maak die koeksoda aan met die melk.
Voeg die stroop by die geklitste eier en roer deur, meng die koeksodamengsel by die eiermengsel, voeg die vanilla by en meng goed deur.
Voeg die vloeistof by die droë bestanddele en meng deeglik.
Rol die deeg dun uit op ‘n oppervlak en druk eweredige vierkante uit met ‘n koekiedrukker. Plaas die vierkante op ‘n voorbereide bakplaat en prik elke koekie met ‘n tandestokkie of ‘n vurk.
Bak die koekies in die voorverhitte oond vir ongeveer 10 minute tot goudbruin.
Resep: Joey Kruger
DELICIOUS ASPARAGUS TART
VINNIGE SKILFERKORSDEEG VIR HORINKIES
Resep en foto: Joey Krüger
CAROL SE GEMMERKOEKIES
MAKLIKE MOSTERD IN DIE MIKROGOLF
4 teelepels mosterdpoeier
5 groot eiers
½ teelepel sout
250 ml wit asyn
250 ml suiker
¼ teelepel rooipeper
Klits alles baie goed saam en mikrogolf by 100 % krag tot gaar. Roer gereeld.
Myne is gewoonlik so 10 min.
Resep en foto: Ena Van Den Heever
CHICKEN ALA QUEEN NATS
CHICKEN ALA QUEEN NATS
Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot
FOOD LOVERS RECIPES
½ koppie spekstukkies
4 hoender borsies, blokkies gesny of oorskiet hoender
1 groot ui, grof gesny
½ koppie ertjies
½ koppie mielies
½ koppie wortelringe
½ teelepel rooi paprika
2 huisies knoffel, gepers
500 g sampioene, gesny
sout, peper, chicken spice, tiemie en vars pietersielie
1 pakkie sampioensop poeier
Braai spek, uie en hoender (nie as dit leftovers is nie) en alle kruie en knoffel behalwe pietersielie tot goudbruin.
Braai nou (kort tyd) die groente by behalwe die sampioene, (en die leftover hoender) voeg genoeg water by tot alles bedek is. Kook tot alles gaar is en die water al redelik verdamp het. Voeg sampioene en pietersielie by en die sop aangemaak met ‘n koppie (kook) room. Kook tot sous lekker dik en alles gaar is.
Bedien met basmati rys of gewone rys. En mengelslaai.
Geniet.
LINDA SE KERRIESULT
3 kg beesskenkels (ek gebruik ook graag ‘n mengsel van vark-pootjies (“Trotters”) “Eisbeins” en skaap-skenkels! )
5 ml swartpeper en sout
3 middelslag uie
30 ml sonneblomolie
30 ml kerriepoeier
15 ml borrie
375 ml bruinasyn
30 ml appelkooskonfyt of perskeblatjang
2 ml gemaalde koljander
Bedek die vleis met koue water, geur met sout en peper en prut tot baie sag. Skil die uie en sny dit in skywe. Verhit die olie en soteer die uie, kerriepoeier en borrie daarin. Voeg die res van die bestanddele by die kerriemengsel, verhit stadig tot kookpunt en laat afkoel. Ontbeen die vleis en sny dit in klein stukkies op. Voeg die kerriemengsel by die vleis en prut dit ‘n uur lank. Giet dit in ‘n nat bak en laat afkoel. Bedek die bak met kleefplastiek en plaas die sult in die yskas om te stol. Dit kan tot 2 weke in die yskas gebêre word.
LET WEL:
Sult moet nie te styf wees nie. As dit die geval is, smelt dit in ‘n groot kastrol oor matige hitte en voeg nog kookwater by. Proe daaraan of dit ekstra smaakmiddels nodig het voordat dit weer gestol word..
Bron en foto: Linda Venter









