HOMEMADE TEA CAKES

SOETKOEKIEStested
HOMEMADE TEA CAKES
3 cups cake flour
½ teaspoon baking soda
½ teaspoon baking powder
1 teaspoon lemon or vanilla extract
1 cup butter
2 eggs
1 cup sugar


In bowl, sift flour, baking soda and baking powder. Cut in butter until resembles cornmeal. In another bowl beat eggs, sugar and flavoring. Add to flour mixture.
Chill dough. Roll 1/8 inch thick. Cut with cookie cutter and sprinkle with sugar.
Bake at 375ºF/190ºC. for 6 to 8 minutes. Makes 6 dozen.
Recipe and photo:  Johan Bridget VdPoll Joubert



LEMOENKOEKIES

GOOD FOOD 2
LEMOENKOEKIES

Hier is vir jou ‘n lemoenkoekie wat jy kan uitrol en in verskillende vorms uidruk. Jy kan ook ‘n loop versiesuiker aanmaak en bo-op koekie smeer en laat droog word.
1 koppie margarien
1 koppie suiker
1 eier geklits
4 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
4 eetlepels lemoensap
1 teelepel gerasperde lemoenskil
Room margarien en suiker. Voeg geklitste eier by. Sif droë bestandele saam en voeg by.
Voeg die lemoensap en skil by en maak aan tot ‘n rolbare deeg. Rol uit druk af in vorms.
Plaas op gesmeerde bakplaat. Bak by 200 ºC tot goudbruin.
Ongeveer 10 min
Resep geplaas deur Tim En Elsie Slabbert



OUMA JOHANNA SE HERDERSPASTEI

tested

OUMA JOHANNA SE HERDERSPASTEI
20 ml olyfolie
800 g maalvleis
2 medium ui, gekap
1 groot wortel, grof gerasper
2 selderyestingel, gekap
10 ml origanum
koppie beesvleisaftreksel
2 teelepel Worcestersous
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Bolaag:
2 groot aartappels, geskil opgesny
1 botterskorsie, geskil , opgesny
50 ml botter
40 ml melk
½ koppie broodkrummels
knypie origanum
So gemaak:
Verhit olie in swaarboomkastrol. Voeg maalvleis by en braai tot kleur verander.
Voeg ui by en soteer tot sag.
Voeg wortel, seldery, origanum, aftreksel, Worcestersous en geurmiddels by.
Prut vir 20 minute tot wortels sag is.
Skep in oondvaste bak.
Maak aartappels gaar in ‘n bietjie soutwater.
Dreineer en druk fyn. Voeg botter en melk by om ‘n sagte tekstuur te kry.
Kook of stoom botterskorsie tot sag. Dreineer en druk fyn en voeg die fyn aartappels by.
Skep die fyn aartappel-en-botterskorsiemengsel oor die maalvleis.
Besprinkel met broodkrummels.
Bak vir +-30 minute teen 180ºC tot bruin.
Foto: Benhet Nieuwenhuis



TUISGEMAAKTE WORSROLLETJIES


TUISGEMAAKTE WORSROLLETJIES
Vulsel:
1 kg maalvleis
15 ml sout
25 ml spekvleis, swoerdloos, gesnipper
knypie neutmuskaat
tafelsmaakmiddel na smaak (aromat)
2 snye witbrood (gekrummel)
25 ml asyn
10 ml koljander
knypie kaneel
Deeg:
4 x 250 ml koekmeel
500 g botter
1 eiergeel
5 ml sout
12.5 ml suurlemoensap
250 ml water

Vulsel:
Braai al die vulsel bestanddele saam totdat die vleis geurig bruin verkleur is. Laat afkoel.

Deeg:
Sif koekmeel en sout saam.
Vryf botter in tot dit lyk soos broodkrummels.
Voeg eiergeel, suurlemoensap en genoeg water by om ‘n hanteerbare deeg te vorm.
Rol deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak. Plaas bietjie vleis bo-op deeg.
Smeer kante met eierwit. Rol op.
Verf mengsel van geklitse eiergeel en melk bo-oor.
Bak vir 45 minute lank in ‘n voor verhitte oond teen 180°C tot goudbruin.
Sny in worsrolletjies.
Lewer ongeveer 5 dosyn worsrolletjies.

Resep: Boerekos.com




SHARON’S CARROT CAKE

SHARON’S CARROT CAKE
2 cups flour
2 teaspoons baking powder
½ teaspoon salt
¾ cup salad oil
3 finely grated carrots
2 eggs
1 level cup sugar
1 teaspoon vanilla
1 Tablespoon water

Place sugar, water, beaten eggs, oil and essence in a bowl.
Beat well together. Add carrots, beat again.
Stir dry ingredients. Add to mixture.
Bake in greased floured pan for 45 min at 180°C or till tester comes out clean.
This is just one variation. I sometimes add a little mixed spice for a extra bit of oomph.
Posted by Sharon Gien-Cambier




RIANA SE WENNER SJOKOLADEKOEK

sjokolade koek rianatested

RIANA SE WENNER SJOKOLADEKOEK
Resep en foto: Riana du Plessis
4 eiers
1 kop suiker
2 eetlepels kakao
4 eetlepels kookwater
1 koppie koekmeel
knippie sout
250 g margarine of botter, gesmelt
1 teelepel vanilla- of karamelgeursel
2 teelepels bakpoeier
Klits eiers baie goed, voeg suiker by en klits tot lig en romerig.
Los kakao op in kookwater.
Voeg meel en sout by eiermengsel, klits.
Voeg dan kakaomengsel, botter en geursel by.
Strooi die bakpoeier heel laaste bo op die mengsel en meng deur.
Bak in 2 laagpanne vir 20 – 25 min by 180ºC. Versier soos verkies.




JEANETTE SE BOBOTIE

bobotie jeanettetested
JEANETTE SE BOBOTIE
500 g maalvleis
2 snye brood geweek in ½ koppie melk
¼ pakkie fyn spek
1 ui, gekap
1 handvol rosyne
1 teelepel kerrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 piesang in ringetjies gesny
1 appel, in blokkies gesny
½ pakkie sampioensop, droog
1 koekie vleisaftreksel
2 eiers
1 koppie melk

Braai uie, vleis en spek in pan met ‘n bietjie olie tot bruin. Druk brood in vleismengsel, voeg die res van die bestanddele by. Roer tot rooi van vleis weg is. Skep in gesmeerde bak. Meng eiers met melk en giet bo-oor.
Bak ± 30 minute tot bruin.

Resep en foto:  Jeanette Martins




KRUISEMENTSOUS

kruisement

KRUISEMENTSOUS
Vermeng die volgende:
200 ml appelkooskonfyt
100 g wit suiker
250 ml wit asyn
Mikrogolf vir 4-5min by 100% krag; roer dit deeglik om te verseker dat al die suiker opgelos is.
Roer 250 ml gekapte vars kruisement by.
Laat die mengsel afkoel.
Bewaar dit tot 6 maand in die koelkas in ‘n houer wat dig seël.
Sit voor saam met lams- of wildsvleis.

 




KRUISEMENTSOUS MET KONDENSMELK


KRUISEMENTSOUS MET KONDENSMELK
½ koppie suurlemoensap
2 knoffelhuisie gekneus en fyngemaak
2 eetlepels heelkorrelmosterd
2 eetlepel sterk mosterd
6 eetlepels mayonnaise
½ pakkie french salad dressing[poeier]
1 teelepel tabasco [groen]
2 eetlepels heuning
½ blikkie kondensmelk
2 eetlepels pepper sous [brand]
sout en peper[bietjie]
1 med ui fyngekap
4 koppies fyngekapte kruisement

Meng alles en plaas in jou voedselverwerker




SKENKELS MET ROOIWYN EN PORT

skenkels in rooiwyn
SKENKELS MET ROOIWYN EN PORT
2,5 – 3 kg skaapskenkels, in skywe gesaag
125 ml koekmeel
45 ml olie
2-3 knoffelbolle, deurgesny
375 ml rooiwyn
375 ml port
60 ml balsamiese asyn
60 ml heuning
Sout en swartpeper
Vars tiemie of roosmaryn

Voorverhit die oond tot 160 °C. Bestuif die skenkelskywe met meel en braai bruin in lotte. Skep uit in ‘n oondbak sodat die vleis in ‘n enkellaag lê. Druk die halwe knoffelbolle tussen die vleis in. Meng die rooiwyn, port, asyn en heuning en giet oor die vleis. Bedek en verkoel oornag. Geur met sout en peper drie tot vier uur voor ete. Maak die bak dig toe en bak vir twee uur. Haal die deksel af en verhoog die temperatuur tot 200°C. Bak oop vir nog 30 minute tot ‘n uur, of tot die vleis sag en die sous dik en geurig is. Roer nou en dan. Sprinkel vars tiemie of roosmaryn oor en sit voor.
Genoeg vir 8-10 mense.
Jy kan die skenkels met skaapnek ook vervang- dis net so lekker en jy kan dan die baktyd effens verkort.
WENK:
Jy kan hierdie ook ‘n jou swartpot of Buksie-oondjie maak.
Resep en foto geplaas deur Heiner Lange