LEKKER MAYO SOUS VIR AARTAPPELSLAAI


LEKKER MAYO SOUS VIR AARTAPPELSLAAI
Cielie Du Plessis:
My ouma het altyd 1 bottel Cross & Blackwell mayonaise, 1 blikkie kondensmelk en 1 blikkie Ideal melk gemeng. Ek glo maar aan Cross & Blackwell.
Liana Barnard Claassen:
Cross en Clackwell mayonnaise,1 koppie en ‘n halwe koppie kondensmelk. Met so 1 of 2 teelepels mosterd (aangemaak). Kan dit biki verdun met melk.
Carina Engelbrecht Holloway:
My ma maak dit ook so Cross en Blackwell saam met kondensmelk, dan sy bietjie mosterd poeier en sout en peper saam alles gemeng, melk bygesit om dit bietjie te verdun, dit hang alles af van hoe die hoeveelheid van jou artappels is!
Maria Liebenberg:
Helfte miracle whip en helfte Cross & Blackwell. Ek meng dit met strooisuiker, baie swartpeper en baie eiers.
Annalize Dorfling Du Plessis:
Bottel mayonaise (groot), blik kondensmelk, kondensmelk blik vol wit asyn en klein botteltjie aangemaakte mosterd. Meng alles saam en bere in yskas – heerlik. Dit is lekker dik en kan met melk verdun word voor gebruik.
Liz Terblanche:
Maak net soos gewone maar sit uie en eiers in, meng 1 blik kondensmelk met 700 ml KOO mayo en so 125 Bulgarse yogurt, ‘n knypie mostert geniet.
Die sous hou onbepaald in yskas.







