BIERBOKS KOEK

bierboks koek

BIERBOKS KOEK
500 ml water
150 ml olie
200 ml kakao
10 ml vanilla essence

Bring tot kookpunt en laat prut
8 eiers
750 ml suiker
Klop tot lig en donsig
875 ml meel
17.5 ml bakpoeier
Voeg die mengsel by die eier mengsel en voeg dan die vloeistof mengsel by.
Gooi in ‘n voorafgesmeerde bierboks wat jy met foelie uigele het, hou die blink
kant bo!
Jy kan die buitekant van die boks ook oortrek om te voorkom dat jou boks brand.
Bak teen 180 ºC vir 30-35 minute.

Versiersuiker
100 ml Botter of margarine
500 ml versier suiker
150 ml kakao
60 ml yogurt
Smelt margarine en versiersuiker, voeg dan die res by.  Jy kan hom in ‘n vierkantige pan ook bak .

 

 

 




KLITS-EN BAK-PLAATKOEK

tested

KLITS-EN BAK-PLAATKOEK
375 ml strooisuiker
375 g sagte botter of volvet margarien
6 eiers
750 ml bruismeel, gesif
15 ml bakpoeier
2 ml sout
125 ml melk
10 ml vanilla geursel

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n oondpan goed.
Voer uit met bakpapier en smeer weer.
Plaas die bestanddele in die volgorde waarin dit aangegee word in ‘n groot mengbak.
Klits alles goed saam tot ‘n gladde beslag.
Skep in die oondpan en bak vir 25 – 30 minute tot gaar.
Laat vir 10 minute in die pan afkoel, keer uit op ‘n draadrak en laat heeltemal afkoel.

RESEP: Carol Elliott Claassen




KLAPPERVERSIERSEL

ICING

KLAPPERVERSIERSEL
4 eetlepels margarine
3 eetlepels melk
½ koppie suiker
½ teelepel vanilla
190 ml klapper

Kook margarine, melk en suiker. Verwyder van stoof en voeg die res van die besanddele by. Terwyl warm smeer oor die koek. Stel oons op rooster en sit koek terug in die oond tot mengsel verkleur. Pasop, dit brand maklik.

 




SJOKOLADE VULSEL EN VERSIERSEL

sjokolade koek riana
SJOKOLADE VULSEL EN VERSIERSEL
250 g versiersuiker
50 ml botter/margarine
5 ml vanilla
25 ml kakao
2 eetlepels koue water

Room die margarine en voeg die versiersuiker, kakao en geursel geleidelik by. Voeg water by en klits tot baie lig en donsig.

 




LEMOENVERSIERSEL

ICING
LEMOENVERSIERSEL
2 teelepels gerasperde lemoenskil
1 ½ eetlepels lemoensap
60 ml botter/margarien
Knippie sout
2 ½ koppies versiersuiker
1 eiergeel

Room botter/margarine tot dit sag is. Voeg eiergeel en sout by en meng goed. Meng die lemoenskil en sap, en voeg versiersuiker en lemoensap by bottermengsel. Meng baie goed. Die hoeveelheid is genoeg vir ‘n groot laag koek.

 




MOKKAVERSIERSEL EN VULSEL

mocca versiersel
MOKKAVERSIERSEL EN VULSEL
1 koppie versiersuiker
3 eetlepels kakao
2 eetlepels sterk koffie
1 eetlepel botter
½ teelepel vanilla
Sout na smaak

Klits die botter en sif die suiker en kakao daarin. Klits dit goed. Roer die koffie, vanilla en sout by. Roer tot dit mooi glad is. Gebruik binne en bo-op koek vir vulsel en versiersel.

 




MUD CAKE (MODDERKOEK)


MUD CAKE (MODDERKOEK)
Recipe posted by Rina Kleinhans
Photo: Juanita Vermeulen
My dearest friend Gail gave me this recipe, she brought it from Australia.
250 g butter (must be butter not margarine)
150 g DARK chocolate chopped
1 ½ cups castor sugar
1 cup hot water
2 eggs
1 ½ cups mixed dried fruit (cake mix)
1/3 cup whisky
1 tablespoon instant coffee
1 ½ cups plain flour
¼ cup self raising flour
¼ cup cocoa

Mix butter, sugar, chocolate, water, whisky and coffee in a heat proof bowl, stir over hot water until chocolate is melted. Transfer into large bowl, mix in sifted flours and cocoa, then eggs and fruit. Pour into greased square baking tin. Bake at 180°C for about 30 min or until cooked.

 




DEKADENTE SPONSKOEK

sponskoek
DEKADENTE SPONSKOEK
4 ekstra groot eiers
375 ml strooisuiker
5 ml vanillageursel
500 ml koekmeelblom
2,5 ml sout
15 ml bakpoeier
125 ml melk
125 ml water
30 ml olie
125 g margarien
390g-blikkie karamelkondensmelk
250 ml room
Voorverhit die oond tot 180 grade. Spuit twee 24cm-laagkoekpanne met Spray & Cook.
Klits die eiers, suiker en vanillageursel saam vir ongeveer 5 minute tot romerig. Sif die meel, sout en bakpoeier saam in vou dit by die eiermengsel in met ‘n metaallepel. Smelt die melk, water, olie en margarien saam tot net voor kookpunt en roer dit deeglik in bogenoemde mengsel. Gooi die beslag in die koekpanne.
Bak die koek vir 25-30 minute of tot gaar en ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Wanneer die koek uit die oond kom, maak die kante los en laat effens afkoel voordat dit uitgekeer word.
Laat die koek heeltemal koud word. Roer die karamelkondensmelk goed totdat daar nie meer klonte in is nie. Klits die room styf. Skep die helfte van die kondensmelk bo-op die een koek, en smeer egalig. Skep die helfte van die room bo-op die kondensmelk en smeer egalig. Plaas die tweede koek bo-op dit. Smeer die res van die kondensmelk bo-op die koek. Gebruik die orige room om roomrosies bo-op die koek te spuit. Frummel die Flake bo-oor die koek.
Verkoel die koek as dit nie dadelik geeet gaan word nie. Laat so ‘n uur voor opdiening buite die yskas om net na kamertemperatuur terug te keer.

geplaas deur Benhet Nieuwenhuis




WENNER ROOI FLUWEELKOEK

tested

WENNER ROOI FLUWEELKOEK

Resep:   Charlotte Verwey da Silva.
1ste Foto: Mariette Marais
2de foto: Frances Smith – Het net 1 teelepel Rooi gel kleursel gebruik.
FOOD LOVERS RECIPES
625 ml (2½ koppie) koekmeel
375 ml (1½ koppie) suiker
5 ml (1 teelepel) koeksoda
5 ml (1 teelepel) kakao
5 ml (1 teelepel) sout
250 ml (1 koppie) karringmelk
2 eiers, by kamertemperatuur
375 ml (1½ koppie) olie
5 ml (1 teelepel) witasyn
25 ml (5 teelepel) rooi voedselkleursel
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel

Roomkaasversiersel
1 houer (250 g) ferm roomkaas
250 g sagte botter
500 ml (2 koppie) versiersuiker
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180°C. Berei 3 koekpanne van 18 cm voor. Sif meel, suiker, koeksoda, kakao en sout saam in ‘n groot mengbak.
Plaas karringmelk, eiers, olie, asyn, kleursel en geursel in ‘n aparte mengbak.
Meng die meelmengsel by die karringmelkmengsel. Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir 35-40 minute. Versier met die roomkaasversiersel en organiese roosblare.

Versiersel
Plaas roomkaas en botter in die mengbak van ‘n elektriese menger en klits tot lig en donsig.
Voeg die versiersuiker by en klits tot gemeng. Voeg die vanieljegeursel by en klits tot net gemeng. Verkoel vir 20 minute voor dit gebruik word.

NOTA: Lidia Theron – het hom gebak en kan hom regtig aanbeveel.

 




AVOKADO DOOPSOUS ALA BENHET


AVOKADO DOOPSOUS ALA BENHET
2 koppies avokado stukkies
125 ml mayonnaise
50 ml suurlemoensap
5 ml sout
1 ml swartpeper
1 knoffelhuisies fyn
1 klein uie
1 ml paprika
5 ml suiker
½ teelepel Aromat

Plaas al die bestanddele in versapper en versap tot dik en romerig.
Ek het gevind die “dip” proe die volgende dag nog beter!!!  baie lekker!

Resep:  Benhet Nieuwenhuis
Foto:  Rina Kleinhans