LEKKER CALAMARI

calamari

LEKKER CALAMARI
Meelmengsel
2 opgehoopte eetl koekmeel
1,5  teelepels fyn gemmer
1,5 teelepels paprika
2 eetlepels Robertson Spice for Fish
1 eetlepels Ina Paarman Spice for Fish
1 teelepel Ina Paarman Seasoned Sea Salt
1 teelepel Aromat
swart peper na smaak

Meng als saam in plastieksakkie gooi calamari by. Maak seker dat calamari goed bedek is met meelmengsel. Diep braai tot goud bruin. Bedien met tartare sous.
Bron: my eie mengsel.  Marietjie van der Merwe

NOTA: ONTHOU CALAMARI WORD BAIE BAIE VINNIG GAAR, ONGEVEER 20-30 SEKONDES – RINA

 




PIESANGROOM TERT

piesangroom tert
PIESANGROOM TERT
1 pakkie beskuitjies fyngedruk
3 ml kaneel
120 ml gesmelte margarien (120g)
250 g maaskaas
1 groot blik kondensmelk
80 ml suurlemoensap
2 ml vanilla
5 piesangs

Meng beskuitkrummels, kaneel en margarien en druk vas in voorbereide tertbord, plaas in die yskas terwyl vulsels voorberei word.
Plaas die maaskaas, kondensmelk, suurlemoensap en vanilla in ‘n mengbak en klits tot egalig.
Sny 4 piesangs in skywe en plaas in die kors, gooi die maaskaasmengsel bo-op.
Plaas in die yskas vir 1 uur om te stol.
Sny die res van die piesang in skywe, versier tert daarmee net voor opdiening.KRY HIERDIE EEN IN MY OORL, MOEDER SE RESEPTE BOEK, VERSKOON DIE FOTO, SOMMER DIE PRENTJIE AFGENEEM WAT DAARBY GEPLAK IS
BRON: My ou moeder se resepte boek.- Rina Kleinhans.

 




HOENDER PASTAGEREG

hoenderpaste gereg Diane
HOENDER PASTAGEREG
Resep en foto:  Diane Roode Hancox
FOOD LOVERS RECIPES
1 heel hoender in water met sout en hoender ekstrak gekook tot sag, hou water eenkant (Genoeg water)
1 pak elbow macaroni (Ek gebruik altyd elbow)
Braai saam:
2 soetrissies, gekap
3 groot uie, gekap
2 pakke sampioene, gesny
2 pakke spek, gesnipper
2 tamaties, fyngemaak
crushed garlic, sommer baie

Kook die macaroni sag, dreineer en hou eenkant.
Voeg by gebraaide mengsel 1 pakkie sampioensoppoeier en vloeistof (ten minste 3 koppies) waarin hoender gekook is en kook deur.
Sny die hoender in blokkies en skep dit saam met die paste in die oondskottel.
Voeg 2 teelepels Robertsons kruie by en roer deur.
Skep die gebraaide mengsel bo-oor en roer deur.
Giet 250 ml Ultraroom oor.
Sprinkel dik laag gerasperde kaas bo-oor.
Bak ¾ uur teen 180°C in die oond.




WIT YSKAS KAASKOEK

tested

WIT YSKAS KAASKOEK
1 pakkie Eat-Sum-Mor koekies
4 eetlepels gesmelte botter
1 blok 200 g wit sjokolade
2 bakkies roomkaas, kamer temperatuur
1 blikkie GOED gedreineerde aarbeie

Maak kors van Eat-Sum-Mor koekies, fyn gerol en gemeng met gesmelte botter. Druk vas in tertbak.
Smelt wit sjokolade in mikrogolf-oond. Meng by roomkaas, skep helfte bo-op tertkors en pak blikkie aarbeie bo-op, skep dan ander helfte van vulsel bo-oor en sit in yskas. Bedien met vars aarbeie as jy wil.
Nota: Kan aarbeie vervang met enige ander keuse van vrugte of breek self net ‘n peperment crisp fyn die resep kan jy met hartelus verander soos jy wil.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto en nota:  Adri Liebenberg
Ek het net die sous van die aarbeie met 5 ml gelatien gemeng en dit ook ingeroer. Dis ongeloooooooflik lekker.




SOUTTERT MET BILTONG EN CHEDDARKAAS

SOUTTERT MET BILTONG EN CHEDDARKAAS
1 vel (400 g) gekoopte broskorsdeeg
250 g cheddarkaas, gerasper
150 g gesnyde biltong
4 eiers
375 ml room
Verhit oond tot 180°C.

Voer ‘n gesmeerde tertbak van sowat 32 cm uit met deeg.
Sprinkel cheddarkaas in die bak en strooi biltong oor.
Klits eiers en room saam en giet oor vulsel.
Plaas in warm oond en bak vir sowat 1 uur tot vulsel gestol het. Laat staan vir sowat 10 minute voor jy die tert voorsit
Foto: Benhet Nieuwenhuis
2de foto:  Jolanda Jaars – (Ek het wel net die biltong met spek vervang asook die room met melk.)

 

 




LEKKER MAKLIKE HOENDER

MAKLIKE HOENDER

LEKKER MAKLIKE HOENDER
9-12 hoenderporsies
1 koppie mayonnaise
1 koppie blatjang
1 pakkie bruin uie soppoeier
300ml water

Voorverhit oond op 160ºC.
Meng die mayonnaise, blatjang en uie soppoeier goed bymekaar.
Gooi die mengsel oor die hoenderstukke en bak in ‘n toe skottel op 160ºc vir 1 uur.
Verwyder deksel en verbruin.
Resep en foto: Joey Krüger




PA FANIE SE VISKOEKIES VAN VARSWATER VIS

PA FANIE SE VISKOEKIES VAN VARSWATER VIS
Resep geplaas deur Bets Lourens
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is my oorlede skoonpa se eie resep!
Maak vis skoon.
Bak vis in oond tot net gaar. Laat afkoel en haal soveel grate uit as moontlik.
Maal die vis 2-3 keer goed. Maak meuletjie na elke keer eers goed skoon.
Meet vis af in koppies en gebruik dan vir elke 2 koppies gemaalde vis die volgende bestanddele:
1 ui, fyn gekap of gemaal
1 koppie gaar, fyngemaakte aartappels
+- 1 teelepel sout
½ teelepel swart peper
1 eetlepe asyn
3-4 eiers, geklits
soveel gekapte pietersielie as wat jy wil.

Meng alles goed deur. Maak viskoekies en sit op gesmeerde/ meel bestrooide skinkborde. Sit bietjie in die vrieskas om goed te set, maar nie te vries nie. Doop in geklitste eier en rol in krummels. Bak dan in vlak olie tot gaar. OF maak degie aan en doop hulle daarin en bak in diep olie tot gaar.
DEGIE:
Sif ¾ koppie koekmeel, knippie sout en knippie peper saam. Klits 1 eierwit tot styf.
Meng ¾ koppie lou water en 2 teelepels olie.
Voeg droë bestanddele by en meng goed. Vou eierwit in en laat staan vir +- 1 uur voor gebruik. Die beslag moet omtrent so dik soos pannekoekdeeg wees. Indien te styf, voeg nog bietjie water by, maar toets eers 1 om te kyk!
NB!! Ek sit sommer die eiergeel ook by die vismengsel in, anders mors hy tog net! Geniet!

 




GEBOTTELDE PASTASLAAI

gebottelde pasta slaaitested
GEBOTTELDE PASTASLAAI
500 g skroef pasta (gekleurdes lyk mooi)
4 teelepels sout
3 eetlepels kookolie

Maak pasta toe onder water, en kook tot sag, maar nie pap nie.
Spoel pasta met strainer af.Sous
1 kg tamaties in blokkies gesny
1 kg uie fyn gekap

2 soetrissies gekap in dobbersteentjies
300 ml kookolie
1 koppie wit asyn
2 koppies suiker

Kook sous bestanddele vir ongeveer 30 min tot uie sag is
Dreineer pasta en gooi by sous, kook deur.
Haal van stoof af
Roer 1 koppie mayonnaise by en roer goed deur
Bottel dadelik terwyl nog warm is.Foto:  Marietjie van der Merwe
Nota:  Ek het net die 300 ml olie in die resep verminder na 3 eetlepels en 1 eetlepel maizena bygevoeg om dikker sous te kry. Ek het ook net 100 ml mayonaise ipv 250ml bygevoeg.

 




HOENDER EN SAMPIOEN PASTEI

HOENDER EN MUSHROOM PIE

HOENDER EN SAMPIOEN PASTEI
VULSEL:
2.5 kg hoender
250 ml semi soet witwyn
250 ml water varsgemaalde swartpeper
5 ml hoenderspesery
2 ml tiemie
2 ml pietersielie
1 ml zeal (aromat)
5 ml uievlokkies
250 ml vars broodkrummels
250 g groot swart sampioene
koekmeelblom om in te rol
geklitste eier om in te rol
110 ml botter

KORS:
500 ml koekmeelblom
2 ml sout
5 ml bakpoeier
200 ml botter
1 eiergeel
85 ml water
10 ml suurlemoensap

Kook hoender sag in die water, wyn en al die speserye.
Voeg nog water by indien nodig.
Verwyder bene en sny die vleis in stukkies.
Skep vet van sous af en voeg die krummels by.
Voeg vleis by die sous.
Vee sampioene met ‘n klam lap af.
Rol in bietjie meelblom, dan in geklitste eier en weer in die meel.
Braai baie liggies in die botter.
Plaas vleis in gesmeerde oondskottel.
Rangskik die sampioene bo-op, steeltjies na onderVir die kors:
Meng droë bestanddele saam.
Vryf botter baie liggies in.
Meng eiergeel, water en suurlemoensap saam.
Voeg by droë mengsel en maak aan.
Rol uit en bedek hoendervulsel met deeg.
Smeer ‘n bietjie melk oor.
Bak in voorverhitte oond van 200ºC vir ongeveer 30 minute.




BACON KIP HOENDERPASTEI

tested
BACON KIP HOENDERPASTEI
1 kg hoender
250 ml mayonnaise
250 ml gaar rys
2 hardgekoote eiers
1 pakkie roomsampioensop
1 pakkie hoenderroomsop
1 pak tamatie chips of bacon kips

Kook die hoender sag in baie water, moenie sout opgooi nie.
Maak fyn en haal al die beentjies uit.
Maak die soppoeier aan met die sous van die hoender en voeg water by totdat dit 850 ml is.
Meng alles saam en gooi in oond bak. Bak vir 30min by 180°C.
Maak chips of bacon kips fyn, gooi bo-oor en bak weer vir 30min.
Bedien saam met lekker vars slaai.
*Vriendin – Rina Kleinhans