SAGO POEDING MET KONDENSMELK
SAGO POEDING MET KONDENSMELK
1 koppie volroom melk
1 koppie room
knippie sout
½ koppie sago
1 blik kondensmelk
2 eiers, geskei
½ teelepel bakpoeier
1/3 kop sagte bruinsuiker (83 ml)
1½ teelepel fyn kaneel
Meng die melk, room en sout in n kastrol.
Voeg die sago by en prut 30 minute baie stadig.
Smeer n medium-groot oondbak met botter.
Verwyder die sago van die hitte.
Voeg die kondensmelk en eiergele by.
Klop die eierwitte tot dit sagte punte vorm en voeg die bakpoeier by.
Vou versigtig in die mengsel.
Skep in die voorbereide bak.
Meng die suiker en kaneel. Sprinkel oor die poeding.
Bak 20 tot 30 minute by 200 ºC tot pofferig en mooi bruin.
Sit warm voor met appelkoossous.
bron wat eet ons vanaand
Foto: Marie Rheeder Troskie










