ROLLY POLLY
Maak sous van die volgende en skep oor die deegwiele:
3 koppies water
1 koppie suiker
2 eetlepels botter
Kook bogenoemde saam in mikrogolf vir 5 min.
Bak 1 uur by 180ºC
GENIET DIT.
Maak sous van die volgende en skep oor die deegwiele:
3 koppies water
1 koppie suiker
2 eetlepels botter
Kook bogenoemde saam in mikrogolf vir 5 min.
Bak 1 uur by 180ºC
GENIET DIT.


MAAK JOU EIE BOTTER
(genoeg vir 300 g)
500 ml dubbeldik room
10 ml sout
Plaas bestanddele in elektriese menger se bak en klits op medium-spoed tot room verdik, sowat 2 – 3 minute. Stel spoed hoër en hou aan klits tot mengsel in twee verdeel. Gooi mengsel deur ‘n sif en dreineer die karringmelk af. Plaas botter in skoon bak en meng met houtlepel tot gladde, romerige mengsel. Vorm in blok, bedek met waspapier en verkoel tot ferm.Gebruik altyd botter en olie om die helfte as jy iets wil roerbraai. Die olie keer dat die botter brand voor jou groente of vleis gaar is.
Petré Van Jaarsveld
Gooi die room in n glashouer met n deksel… Skud die room tot botter vorm…. Gooi die karringmelk af, wat jy weer kan gebruik om mee te bak…. Druk botter bymekaar en spoel onder koue water.. tap water by botter en werk die water deur die botter met n houtlepel…gooi die water af…. Herhaal n paar keer tot die water helder skoon is… Strooi sout oor en werk die sout deur.. en daar is jou heerlike plaasbotter..
Petro Borchard
gooi in mengbak, klits met ballon whisk – passop net, vat nie lank na dit styfgeklits is voor die wei afskei nie, dan spat dit die wereld vol.gooi die water af en vervang dan met K-beater en klits vir ruk om seker te maak al die wei-water word uitgewerk.
Jy kan dan die klont botter wat gevorm het in lopende koue water “brei” met jou hande om dit heeltemal te suiwer.
Voeg sout bietjie bietjie by na smaak indien verkies. Ek vries dit ook in klein hoeveelhede – daar is nie die ‘stabilisers’ en preserveermiddels by van winkel botter nie. Dit gaan vinniger af. Die kleur is amper spier wit
Foto: Alletta Burges
2-MINUTE CHOCOLATE CHIP COOKIE
Voeg droë bestanddele by suiker en eiermengsel. Voeg die warm mengsel by en meng goed. Moenie klits nie. Skep in voorbereide panne.
Bak 30-35 min by 180 ºC.
Stroop:
125 ml suiker
125 ml kersielikeur
die stroop van 1 blik swart kersies aangevul met water tot 250 ml
Verhit die suiker en die water en stroopmengsel oor matige hitte. Roer tot suiker opgelos is.
Kook 5 min en laat afkoel. Wanneer afgekoel voeg die likeur by.
Versiering:
125 g donker sjokolade
Maraschinokersies
sjokolade blaartjies
750 ml room styf geklop met bietjie suiker en ½ teelepele vanilla geursel.
Plaas die een deel van koek op die opdien bord. Prik met vurk en skep die helfte van die stroop oor. Smeer ‘n laag room op. Halveer die kersies en haal pitte uit as nie reeds ontpit. Pak bo-op room.
Sit laag room op kersies. Prik die ander helfte van koek en skep sous oor. Plaas op eerste laag. Versier met res van room maraschinokersies en sjokoladekrulle.
Ek neem groenteskiller en maak vir my sjokolade- krulle.
Resep en foto: Tim En Elsie Slabbert
GRONDBOONTJIEBOTTER EN SJOKOLADEKOEK
3 eiers (geskei)
2 koppies bruin suiker
2 koppies koekmeel
3/4 koppie kakao
1 koppie karringmelk
1 koppie sterk swart koffie
1/4 koppie gladde grondboontjiebotter
1/2 koppie olie
15 ml vaniele ekstrak
15 ml bakpoeier
15 ml koeksoda
Versiersel:
1/4 koppie gladde grondboontjiebotter
1/2 koppie botter, kamertemperatuur
1/2 koppie room
2 koppies versiersuiker
3/4 koppie kakao
5 ml vanielje ekstrak
Verhit die oond tot 180*C.
Spuit 2 koekpannevan 22cm deursnee met Spray-‘n-cook en voer uit met bakpapier
Skei die eiers, klits eierwitte styf en hou eenkant
Klits eiergele, suiker en vanielje ekstrak tot lig en romerig
Meng al die droe bestanddele saam.
Meng warm koffie, grondboontjiebotter en olie
Voeg meelmengsel en koffiemengsel om die beurt by eier mengsel.
Meng goed.
Vou nou eierwitte in.
Laastens vou bakpoeier en koeksoda by.
Verdeel beslag tussen die 2 koekpanne en bak 35 tot 40 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Haal koeke uit die oond en laat afkoel vir 15 minute voor jy die koeke omkeer.
Laat heeltemal afkoel voor versier.
Versiersel:
Klop botter, grondboontjiebotter en vanielje ekstrak tot lig en romerig in elektiese klitser.
Voeg versiersuiker en kokao om die beurt by en hou aan klits.
Voeg laastens die room by en meng goed.
Versier die koek en geniet!
Foto en resep: Louise Venter
Nota:
Rina Kleinhans:
Ek het hierdie ou staatmaker weer vanaand gemaak, ek het bietjie ham ingesny en ook weer bietjie semels ingegooi. Ek het dit ook in ramekins gebak en in ‘n oondpan met kookwater by 160°C gebak in ‘n oond met ‘n waaier. Hulle was regtig heerlik.
Lettie van der Merwe:
Hierdie resep is ‘n wenner. Ek gooi opgehoopte teelepel “potato spice” by – en baie kaas. Meng melk en mosterd en vir mooi kleur, so knypie borrie. Jy proe dit nie, die skons is dan net mooi kleur.
Foto: Carol Visser – ek het toe die kaaskons met mosterd gemaak en chives ingesit – perfektos! Baie dankie.
1 pak vinger beskuitjies
room of orley whip vir versiering
whispers hahahha vir die mooi
vir sjokolade sous:
versiersuiker, kakao en botter
meng cream cheese, sour cream en kondensmelk met klitser. Smelt sjokolade (sommer in mikrogolf) en gooi my mengsel. los gelatien op in halwe glas low water en roer tot helder, gooi by
KORS:
1 pak marie of tennis beskuitjies
+- 3 teelepels kakao
botter
maak beskuitjies fyn en gooi droe kakao by beskuitjies en meng
smelt botter en gooi by beskuitjies en maak kors – druk net onder in pan vas,
ek het losboom (spring form pan) gebruik, sit in yskas vir tydjie.
sny vinger beskuitjies in helfde, ek het sommer bietjie chocolate gesmelt en die onderkant daarin gedruk, sodat hul kan mooi staan op die “base” en al in die rondte gepak! sit weer in yskas sodat als lekker kan set! nou kan jy die res van die goed ingooi en in yskas los oornag ten minste. orley whip geklits, want my room word altyd botter! en versier en whispers opgepak.
die chocolate wat afdruk is botter, versiersuiker en kakao, kook ketel, gooi water oor botter en roer tot gesmelt, gooi kakao by en versiersuiker, hou maar so aan bygooi tot jy genoeg het. en drip oor koek/tert! baie lekker en baie ryk!
Resep en foto: RIANA DU PLESSIS