RICE CRISPIE CONES

RICE CRISPIE CONES
Plaas bo-op gekoopte roomys cones, pasop vir brand.
Lekker en gesonde eet dingetjie by kinderpartytjie.





CREMORA-KOFFIETERT
Kors
2 x 200 g pak sjokoladebeskuitjies,
fyn gedruk
200 g botter, gesmelt
Vulsel
500 g Cremora
250 ml (1 koppie) kookwater
2 x 397 g blikke kondensmelk
250 ml (1 koppie) suurlemoensap
45 ml (3 Eetlepels) koffielikeur (soos Kahlua of Tia Maria)
Bolaag
200 ml room
5 ml (1 teelepel) kitskoffiepoeier
200 g donker sjokolade, fyn gekap
Kakao, om oor te sif
Berei ‘n krummelkors van koekiekrummels en gesmelte botter en druk dit teen die boom van twee middelslag-tertborde of 1 groot tertbak (die grootte van ‘n standaard-oondpan) vas. Verkoel tot benodig. Klop Cremora met kookwater tot alle klonte opgelos is. Laat in yskas koud word. Klop tot styf met ‘n elektriese klitser. In ‘n ander bak, klits kondensmelk en suurlemoensap saam tot dik en voeg by Cremoramengsel saam met koffielikeur. Klits tot glad. Giet in sjokoladekoekiekrummelkors en verkoel tot styf. Verhit room en koffiepoeier saam tot net onder kookpunt. Voeg gekapte sjokolade by en roer tot glad en blink. Laat afkoel tot kamertemperatuur en smeer oor ferm tert. Verkoel tot benodig en sif kakao oor net voor opdiening.
Lewer 20 – 24 porsies (twee middelslagterte of een baie groot tert).
Resep geplaas deur Linda Venter
Foto 1: Marie Rheeder Troskie

PAMPOEN FLAPJACKS/ CRUPETS/ PLAATKOEKIES
250 g pampoen in blokkies
3 eetlepels bruinsuiker
1 eetlepels sonneblom olie
5 ml vanilla
2 groot eiers
250 ml karringmelk
knippie sout
2,5 ml kaneel
210 g bruismeel
botter om in te braai en klein bietjie ekstra olie
Stoom die pampoen tot gaar +- 20 minute.
Plaas die warm pampoen, suiker , olie en vanilla in n menger en meng tot glad.
Voeg die eiers, karringmelk , sout kaneel en meel by.
Meng .
Verhit n knop botter in n pan saam met n bietjie sonneblom olie, en skep teelepels vol pampoen mengsel daarin, braai tot daar lugborrels versyn soos by gewone flapjacks/ plaatkoekies en draai om.
Bedien met kaneelsuiker, stroop, heuning, roomys of room.
Foto: Marietjie Nel
Resep geplaas deur Hanlie Oosterhuis


LENSIE SOP MET KLUITJIES
Hier is lekker kluitjies (dumplings) vir sop soos my ouma my geleer het.
KLUITJIES VIR SOP
1 eetlepel botter
¾ koppie water
¾ koppie meel
knippie sout
1 eier
Kook die water en botter saam.
Roer die meel daarby en roer tot daar geen klontjies meer in mengsel is nie, laat afkoel.
Voeg die eier by. Meng goed.
Skep die deeg met ‘n teelepel in die kokende sop.
Plaas deksel op en kook tot sag en gaar. Ek maak die volgende sop altyd daarby. My man en kinders hou baie daarvan.
Ek het nie juis ‘n maat nie. Gooi sommer na gevoel die bestandele in pot.
LENSIE SOP
1 pak oranje lensies
gerasperde wortels, so 6 na 8 groot wortels
2 gerasperde aartappels
2 groot sopbene
1 vleis ekstrak blokkie
1 groot ui, fyn gekap nie gerasper
3-4 rape, gerasper
4 groot tamaties, velletjie afgetrek en pitte verwyder en fyn gekap
1 pakkie tamatie room sop
sout en peper na smaak
Spoel lensies af. Gooi saam met al die bestanddele behalwe die tamatiesop en tamaties in sop pot.
Bedek met genoeg water en kook tot groente amper gaar is. Voeg tamaties by en kook tot gaar.
Maak soppoeier aan met bietjie water en voeg by. Bring sop tot kookpunt en geur met sout en peper na smaak.
Voeg nou die kluitjies in sop en kook tot kluitjies gaar is en sop lekker dik is.
As daar sop oor bly, vries dit. Die sop vries goed. Laat net goed koud word voor dit in yskas of vrieskas gesit word.
Resep en foto: Tim En Elsie Slabbert
Meng droë bestanddele met ‘n bietjie melk tot gemeng.
Voeg res van melk by, kook tot verdik en roer botter en vanilla laaste by.
Bedien net so in bakkies sprinkel bietjie neute oor indien verkies.
Kan ook verdun word om as sjokoladesous te dien.
BRON: Hannalie Kitshoff
LOUISE SE MOSSELSOP
1 liter volroom melk
125 ml room
2 – 4 huisies knofffel
3 eetlepels botter
5 eetlepels meel
1 eetlepel Maizena
5 ml gerookte paprika
5 ml Ina Paarman Seasoned Salt
10 draaie swart peper
2 blokkies Knorr Seazons (Onion flavour)
500 g mossels (sonder skulp)
12 garnale (prawns), as dit groot is, anders 20 kleintjies (opsioneel)
150 ml witwyn
1 teelepel suiker
1 eetlepel gekapte pietersielie
gekapte vinkel vir versiering (opsioneel)
Smelt botter in kastrol oor baie lae hitte en voeg knoffel by, roer vinnig.
Voeg meel, Maizena en Paprika by en roer.
Voeg melk bietjiesgewys by en roer. Voeg dan room by. Voeg geurmiddels by. Verhoog hitte en roer tot dit begin verdik.
Voeg mossels, garnale en res van bestanddele, behalwe pietersielie, by en prut vir omtrent 10 minute oor lae hitte. Roer pietersielie by. Versier met gekapte vinkel of mossels in die skulp.
Die garnale kan uitgelaat word en die sop is net so lekker daar sonder.
Bedien met knoffelbrood. Maak knoffelbrood se foelie vir laaste 5 minute oop in oond om die kors bros te maak. As jy die brood in kleefvrye bakpapier (Unsgaard) i.p.v. foelie warm maak sal die knoffelbrood bros wees sonder om dit oop te maak.
(my eie resep)Louise Groenewald
FEESTELIKE HOENDER
Resep en foto: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
8 hoenderporsies skoongemaak
Meng saam:
sout en peper
80 – 100 ml koekmeel (hang af hoe groot jou hoenderporsies is)
5 ml kerriepoeier
2 ml borrie
Braai saam:
1 ui, fyngekap
2 knoffel vingertjies, opgekap
1 groen soetrissie, opgekap na smaak
50 ml olie
Sous:
125 ml blatjang of sweet chilli sous
125 ml tamatiesous
30 ml worcestersous
150 ml water
OPSIONEEL: fyn naeltjies, pietersielie en 125 ml sultanas
olie vir diep braai
Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n groot oondbak met kleefwerende middel.
Meng die volgende saam in ‘n plastieksak: koekmeel, kerrie, borrie, sout en peper en die opsionele speserye indien verkies.
Plaas die hoenderporsies een, een in die sakkie en skud goed totdat die hoender goed bedek is. Braai in verhitte olie tot bruin. Rangskik in oondbak.
Sprinkel die res van die meelmengsel in die sakkie egalig oor die hoender.
Soteer die uie, knoffel en groen soetrissie in die olie tot sag.
Voeg die res van die sousbestanddele by en meng goed.
Giet oor die hoender, bedek met tinfoelie en bak vir 1 uur of tot sag en gaar.
Verwyder die foelie en bak ‘n verder 10 min tot lekker bruin.
Bedien met rys en slaai.