VANILLA KOEK-CUPCAKES

VANILLA CUPCAKEStested

VANILLA KOEK-CUPCAKES
Goed hier gaan ons vir die koek resep. Dit kan gebruik word vir ‘n gewone koek asook vir cupcakes
Vir die stroop:
100 g strooisuiker
100 ml water
5 ml vanilla geursel
Kook tot suiker opgelos is en laat vir so 2 minute prut. Laat afkoel. Die stroop smeer jy met ‘n pastry kwassie oor die warm koek
Vanillakoek:
200 g sagte margarine of botter
200 g strooisuiker
10 ml vanilla geursel

4 eiers liggies geklits
200 g bruismeel (gesif)
Klits margarine tot lig en donsig (die geheim is om dit baaaaie goed te klits)
Voeg vanilla by.
Voeg die eiers een derde op ‘n slag by en klits baie goed.
Voeg nou die meel by een deerde op ‘n slag. moet glad nie dit te lank meng nie, want dan raak die koekdeeg taai.
Oond 180 ºC vir 35 minute of tot gaar.
15 cm ronde koekpan of om en by 13 cupcakes.
Cupcakes baktyd is vir my so 25 minute.
Onthou om die stroop oor die warm cupcakes te smeer.

Versiersel
450 g  gesifte versiersuiker
200 g sagte botter
5 ml vanilla geursel
Klits botter vir omtrent 5 minute. Dit moet spier wit wees.
Nou voeg jy die icing sugar een derde op ‘n slag by en na elke byvoeging klits jy dit ook vir so 2 – 3 minute.
Voeg die vanilla by en klits.
Gebruik gel kleursel. Die vloeistof een maak die icing baie sag. Vir die manier hoe om die versiering te doen moet Piet maar vinnig Oppie koppie toe gaan .
O ja en onthou hierdie stroop kan jy op enige koek smeer. Dit hou die koek heerlik klam.
Resep en foto: Diane Roode Hancox

 




SELF COATING CHOCOLATE CUPCAKES


SELF COATING CHOCOLATE CUPCAKES
1 cup cake flour
½ cup sugar
3 teaspoon baking powder
pinch salt
3 tablespoons cacao
1 cup milk
80 g unmelted butter
2 eggs
1 teaspoon vanilla essence

Mix together in blender till all ingredients are mixed through. Divide into small muffin pans ( I just used silicone) doesnt need to be buttered.
Bake 25 minutes 180°
Recipe and photo:  Sharon Gien-Cambier

 




RHUBARB KONFYT

RHUBARB KONFYT
2 kg rhubarb [in blokkies gesny en nie gehaar nie]
2 kg suiker
50 g gerasperde vars gemmer
2 suurlemoene met gerasperde skil

Meng rhurbarb stukkies met jou suiker en gemmer en gerasperde skil en laat staan oornag
Kook volgende oggend vir so 20min en gooi jou suurlemoensap by
Kook nog vir so 20min en skep die skuim af
Bottel warm!!!




PICKLED GINGER

PICKLED GINGER
1 kg fresh young ginger (shin shoga)
2 teaspoons salt
3 cups rice vinegar
2 cups sugar

Wash young ginger root and rub off skin. Slice the ginger thinly and salt them. Leave salted ginger slices in a bowl for about one hour. Dry the ginger slices with paper towels and put them in a sterilized, heat-resistant container/jar. Mix rice vinegar and sugar in a pan and bring to a boil. Pour the hot mixture of vinegar and sugar over the ginger slices. Cool them. Pickled ginger changes its color to light pink. (If you are using old ginger, it might not turn pink naturally.) Cover the jar and store it in the refrigerator.
Recipe: Zelda Menmuir




GEBAKTE BROCCOLI-HOENDER

2015-06-25-gebaktebroccoli-hoendertested

GEBAKTE BROCCOLI-HOENDER
PHOTO: Lisinda Blaauw
FOOD LOVERS RECIPES
1 klaar gaar hoender, gepluis en vel verwyder of 4 ontbeende hoender borsies klaar gaar gemaak en opgesny
250 g broccoli
15 ml (1 eetleepel) olyfolie
250 g sampioene, gehalveer
sout en vars gemaalde swartpeper
Sous:
1 blik (415 g) sampioenroomsop
125 ml (½ koppie) mayonnaise
15 ml (1 eetlepel) kerriepoeier
sout en vars gemaalde peper
125 ml (½ koppie) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Stoom die broccoli tot net gaar en hou eenkant.
Verhit die olyfolie in ‘n pan en braai die sampioene tot gaar. Geur met sout en peper.
Verwyder die pan van die hitte en roer die broccoli, sampioene en hoender bymekaar.
SOUS
Meng die sampioensop, mayonnaise en kerriepoeier saam. Geur met sout en peper.
Sit die hoendermengsel in ‘n groot oondbak en giet die sous oor.
Sprinkel die kaas oor en bak 15-20 minute tot goudbruin en gaar
NOTE: I used one pkt brown onion soup with 700 ml milk instead of the mushroom soup.




ROLKOEK – JAM ROLL

tested

ROLKOEK-JAM ROLL
Hierdie is my ma s’n, en glo my ek was altyd die jam roll queen met hom!
1 koppies koekmeel
1 koppie strooisuiker
2 teelepels bakpoeier
4 eiers
Klits eiers en suiker baieeeee goed, voeg bakpoeier en meel by! Skep on goed voorbereide rolkoepan.
Bak vir 7-10 min by 190º C – as jy hom uithaal gooi hom op ‘n klam vadoek wat met bietjie suiker bestrooi is uit.  Rol op met die hulp van die vadoek, rol hom weer af, smeer jou konfyt lekker dik op en rol dan weer op sonder die vadoek.
Geniet hierdie rolkoek.. dis ‘n wenner
Resep en foto: Riana Du Plessis

 




PEPPERMENT CRISP TERT MUFFINS

tested
PEPPERMENT CRISP TERT MUFFINS
210 g (310 ml) meel
2 teelepels (10 ml) bakpoeier
½ teelepel (2.5 ml) koeksoda
75 g (90 ml) suiker
100 g mint crisp-sjokolade, in klein stukkies gekap
1 eier
45 g margarien, gesmelt
250 ml karringmelk of 175 g jogurt & 75 ml melk
peppermint-geursel (opsioneel)
1 blik (410 g) caramel treat
60 ml room

Voorverhit die oond tot 200°C.
Spuit 12 muffinhouers in ‘n muffinpan met kleefwerende sproei op die bodem.
Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en suiker saam in ‘n groot mengbak.
Meng die sjokolade by – hou net so 10 ml uit om later bo-op te strooi indien jy wil.
Klits die eier met ‘n vurk en voeg die gesmelte margarien en karringmelk by. Voeg ‘n paar druppels peppermint-geursel by. Gooi die vloeistof by die droë bestanddele. Roer net tot gemeng. Proe of daar genoeg peppermint-geursel in is en voeg nog na smaak by.
Skep ‘n eetlepelvol deeg in elke muffinhouer.
Vat dan ‘n teelepel en skep ‘n teelepelvol caramel treat bo-op. Druk dit effens in die deeg in met die lepel. Skep nog eetlepelsvol deeg bo-op die caramel treat om dit toe te maak.
Bak vir 15 minute.

Nou kyk – die muffins is nou al heerlik, maar om dit met ekstra dekadensie voor te sit, maak so:
Klits die room styf en voeg dan ongeveer 60 ml caramel treat by. Klits tot styf en alles goed gemeng. Voeg ‘n paar druppels peppermint-geursel by as jy wil. Skep dan nou ‘n vriendelike lepelvol bo-op elke muffin en sprinkel die mint crisp-sjokolade wat jy uitgehou het oor-
RESEP EN FOTO: Rene Wessels




KONDENSMELK SOUSBOONTJIES

kondensmelk sousbone

KONDENSMELK SOUSBOONTJIES
Week 500 gr Heerbone of Lappiesbone oornag in water.
Kook volgende oggend vir 5 minute en water af. Bedek met skoon water en kook stadig tot sag.
Dreineer en voeg by:
1 teelepel sout
1 eetlepel botter
1 teeepel fyn kaneel
1 koppie suiker
halwe koppie asyn
Kook deur.
Meng 2 teelepel vla poeier of maizena met bietjie water en roer by. Kook weer deur tot dik en koel bietjie af.
Druk van bone fyn en roer halwe blikkie kondensmelk by. Plaas in yskas tot jy dit wil bedien.
[Voeg meer asyn by indien jy van suurder bone hou].
Marie Rheeder Troskie
NOTA:
Sharon Gien-Cambierdit werk wonderlik met die blikkie wit bone. Wanneer dit ingepiekel is gaan dit heerlik wees. ‘n bietjie van die warm sous geproe. Dis baie lekker.



SOET LAMSKERRIE

skaapkerrie
SOET LAMSKERRIE
olyfolie
1 ui, grof gekap
30 – 40 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
± 1 kg lamsvleis (rib of stowevleis)
sout en varsgemaalde swartpeper
40 ml perskeblatjang
100 ml vleisaftreksel
125 g sagte appelkose

Verhit die olie in ‘n diep kastrol en braai die ui vir ‘n paar minute.
Roer die kerriepoeier en borrie by en braai tot geurig.
Roer die lamsvleis by en braai tot bruin en geurig. Geur met sout en peper.
Roer die blatjang en aftreksel by en prut vir sowat 30 – 40 minute of tot gaar.
Sit die appelkose by en prut vir nog ‘n paar minute. Sit voor met rys en groente.
Genoeg vir vier mense.

Foto:  Zelda Fouche




KLAM BROWNIES

KLAM BROWNIES
Oond 180°C.
Sif die volgende saam:
375 ml koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2 ml sout
45 ml kakaopoeier
Voeg 375 ml suiker by
Klits die volgende saam:
3 groot eiers
160 ml olie
1 teelepel vanilla geursel

Meng liggies met droë bestanddele en voeg 2 eetlepels gekapte sjokolade by.
Skep in gevoerde, gesmeerde vierkantige koekpan.
Bak vir 25 minute. Moet nog effe klam bo-op wees.
Laat 5 minute in pan afkoel en haal versigtig uit pan en sny in blokke.
Geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto:  Ronel Muller Thoma