LIPLEKKER APPELMUFFINS

LIPLEKKER APPELMUFFINS
Porsies: 16 muffins
190 g/375 ml koekmeel
100g/125ml suiker
15 ml bakpoeier
2 ml sout
1 eier, geklits
100 ml melk
5 ml vanieljegeursel
100 ml sonneblomolie
250 ml groen appel, gerasper

Bolaag
100 g/125 ml bruinsuiker
70 g/125 ml koekmeel
5 ml fyn kaneel
115g/125ml botter of margarine
100 g pekanneute, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee kolwyntjiepanne goed met botter of margarien.
Sif die koekmeel, suiker, bakpoeier en sout saam.
Voeg die res van die bestanddele vir die beslag by en meng goed.
Skep lepelsvol van die beslag in die kolwyntjiepanne.
Meng die bruinsuiker, koekmeel en kaneel vir die bolaag saam en vryf die botter of margarien met die vingerpunte in tot krummelrig.
Voeg die pekanneute by en strooi van die bolaag op elke muffin.
Bak die muffins ongeveer 25 minute tot ligbruin.
Sit louwarm voor met botter of margarien.-
Resep geplaas deur:  Molly-Ann Underwood Schmidt

 




INGELEGTE MOSSELS

tested

INGELEGTE MOSSELS

375 ml olyfolie
250 ml witasyn
50 ml suiker
5 heel naeltjies
3 lourierblare
12 swart peperkorrels
1 medium opgekapte ui

Kook saam vir 12-15 minute
Verwyder naeltjies en lourierblare
In aparte kastrol met 250 ml kokende water en 20 ml sout gooi jy 500gram mossels en kook vir 3 minute
Voeg dan die mengsel van die eerste kastrol by die kokende mossels en kook net deur.
Le in terwyl dit nog warm is en verseel..

BRON: Anton Welman




SLAKKE EN ROOMGEREG


SLAKKE EN ROOMGEREG
2 blikkies slakke in pekelwater
1 groot ui, gekerf
100 ml Ultraroom
250 g sampioene
sout
Aromat
vars gekapte knoffel na smaak
1 pakkie Pasta Sauce (kaas, sampioene en knoffel geur) aangemaak soos op pakkie aangedui.

Braai uie, gekerfde sampioene en knoffelvlokkies in botter. Spoel slakke BAIE GOED af in vars water. Meng slakke met uie en sampioene in braaipan. Voeg aangemaakte Pasta Sauce en room by. Voeg Aromat en sout na smaak by. Braai alles saam vir ±15 minute. Bedien met bruin brood.

Foto:  Ronell Visser Gouws
Kon nie Pasta Sous op ons dorp kry, toe vat ek gewone Kaassous met Sampioene en lekker peper. Dit was voortreflik.




SOUS VIR SLAKKE OF MOSSELS

SOUS VIR SLAKKE OF MOSSELS
1 ui gekap
1 bakkie vars sampioene
vars knoffel na smaak
1 pakkie paste sous (kaas knoffel en sampioene
1 pakkie (garlic and herb patato bake)
gerasperde cheddar kaas
250 ml room
250 ml water
250 ml melk
peper en aromat
Braai uie, knoffel en gesnyde sampioene in botter, meng room, melk, water met pakkies souse.
Voeg by sampioene, voeg slakke en kaas by, prut stadig vir 10 min. As sous te dik is, vedun met melk. Kan ook vir mossels gebruik word.




KRUIE MOSSELS

KRUIE MOSSELS
50 vars, swart mossels
15 ml botter
1 groot ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
30 ml grof gekapte pietersielie
5 ml gedroogde basiliekruid
5 ml gedroogde oreganum
250 ml witwyn
5 ml sout
vars gemaalde swartpeper na smaak
vars, gekapte pietersielie vir garnering

Week die mossels 30 minute lank in vars, koue water. Gooi mossels weg wat oop is. Skrop die skulpe skoon en trek die baard af. Verhit die botter en soteer die ui en knoffel daarin totdat dit deurskynend is. Voeg die pietersielie, basiliekruid, oreganum, wyn, sout en peper by en laat dit prut vir 4 minute lank. Voeg die skoongemaakte mossels by, bedek dit en laat dit nog 5 minute lank prut totdat die mossels oopgaan. Gooi mossels wat nie oopgaan nie, weg. Strooi die gekapte pietersielie oor en dien dit op.




TUNA VISKOEKIES

tested
TUNA VISKOEKIES
Resep aangepas deur Rina Kleinhans
Foto:  Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
2 blikkies fyn tuna, goed gedreineer
Sap en fyngerasperde skil van ½ klein suurlemoen
2 agurkies, fyn gerasper
1 groot, gaar aartappel, fyn gedruk *( Lees nota)
30 ml gekapte, vars pietersielie
½ wiel fetakaas, fyn gekrummel
1 klein eier – Belangrik anders is jou deeg te slap * (Lees nota)
Ekstra:
60 ml koekmeel
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Bietjie borrie indien verkies
Olie, vir vlak braai

Meng die tuna, suurlemoensap en -skil, agurkies, aartappel, pietersielie en fetakaas goed saam. Klits die eier en voeg by (Lees nota). Meng goed, bedek en verkoel vir ongeveer 15 minute. Geur die koekmeel intussen met genoeg sout en swartpeper. Vorm vismengsel in koekies en rol liggies in die gegeurde meel. Plaas op ‘n meel bestrooide bord en plaas weer in die yskas vir 15 min of langer.
Skud die oortollige meel af en braai die viskoekies in warm olie tot goudbruin en deurgaar. Sit voor met vars suurlemoen, aartappelskyfies en slaai.
Genoeg vir twee mense.
Nota:  Indien jy kapokaartappels gebruik wat reeds melk en botter in het, laat die eier weg, en meng 1 eetlepel koekmeel in die vismengsel in.

 

 




GOU BESKUIT

riana se all bran beskuittested

GOU BESKUIT
Resep: Riana Du Plessis
FOOD LOVERS RECIPES
4 x 500 g bruismeel of 3 x 500 g koekmeel en 4 koppies semels
4 eiers geklits
500 g botter gesmelt
1 ½ koppies suiker (ek gebruik 2)
knippie sout
1 teelepel bakpoeier
Sif meel , sout en bakpoeier saam.
Smelt botter en 1 koppie water.
Koel effens af.
Klits 4 eiers en 1 koppie koue water en suiker goed.
Voeg alles bymekaar. Skep in ‘n voorbereide pan.
Bak in oond by 180ºC vir 35 min.

 




SPINACH BACON AND FETA QUICHE

spinach en feta Amandatested

SPINACH BACON AND FETA QUICHE
Recipe: Marie de Vries (friend)
Photo: Amanda Conradie en Elize de Kock
FOOD LOVERS RECIPES
PASTRY
250 ml sifted cake flour
150 g butter/margarine softened
250 ml grated cheddar cheese
FILLING
30 ml oil
250 g shredded spinach
100 g rindless bacon, chopped
1 onion sliced
3 eggs beaten
250 ml tub cream
125 g crumbled feta cheese
30 ml grated cheddar cheese
salt en black pepper
10 ml grated Parmesan cheese

PASTRY
Rub together ingredients and press to base and up the sides of a sightly greased dish.
FILLING
Heat oil in pan and add spinach, cook, stirring until spinach begins to wilt.  Remove, drain very well.
Add bacon and onions to same pan, cook, stirring until onions is soft. Drain and set aside.  Whisk together eggs and cream in a bowl, set aside. Spread spinach evenly over pastry. top with bacon mix. Crumble feta and cheese over mixture. Sprinkle with cheddar and parmesan cheese.  Pour in egg mixture.  Bake at 180ºC for 30-40 minutes.
Serve warm
Note: You can add mushrooms to the onion mix and if prefered you can leave the bacon

 




FANIE SE MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK PORSIES


FANIE SE MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK PORSIES
Ek gooi gewoonlik net goed bymekaar en hoop vir die beste maar die volgende was so ‘n groot sukses dat ek dit toe maar herhaal het om die regte mates te kan gee. Dit is ‘n resep wat vier indivuele porsies lewer. Voorbereiding: Spuit 4 x 10 cm ramekins met kleefwerende middel.
1 jumbo eier
80 ml suiker
5 ml vanilla
125 ml koekmeel
60 ml kakao
5 ml bakpoeier
1,25 ml sout
60 ml melk
80 ml choc chips

Meng eier, suiker en vanilla tot goed gemeng. Gooi meel, kakao, bakpoeier en sout by en meng deur. Gooi die melk by en meng goed. Gooi laaste die choc chips by indien verkies en deel die beslag tussen die 4 ramekins. Plaas uiteen op die draaitafel van die mikrogolf en bak vir 3 minute op hoog (900W mikrogolf gebruik vir toets).
Indien verkies kan styfgeklopte room of botterversiersel bo-op gesmeer word wanneer afgekoel, maar by my staan dit nooit lank genoeg daarvoor nie!

Resep en Foto: Fanie du Toit




THE EASY CHOCOLATE CAKE/ WIT KOEK

CHOCOLATE CAKE

THE EASY CHOCOLATE CAKE/ WIT KOEK
750 ml cake flour
4 teaspoons baking powder
1 teaspoon bicarbonate of soda
2 cups sugar
80 ml cacao
2 cups boiling water
1 cup cooking oil
50 ml vinegar(white)
2 teaspoons vanilla essence
pinch of salt

Just place all of the ingredient in 1 bowl and mix even in the pan you want tobake it in. Bake for +- 20 minutes.
Its not a dry cake you will never use other ingredients again.

VIR DIE WITKOEK VARIASIE
3 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
2 koppies suiker
5 ml koeksoda
2 koppies kook water
1 koppie olie
10 ml vanilla geursel
50 ml asyn
Knippie sout
Metode soos bo.

Resep geplaas deur:  Natascha Du Toit