WORTELSLAAI MET VRUGTEKELKIE

WORTELSLAAI MET VRUGTEKELKIE
‘n Resep met ‘n vreemde kombinasie van bestanddele, maar heerlik. Dit is tannie Sarie van Kareedouw se resep.
Slaai:
1 blik vrugtekelkie (410 g)
1 koppie gerasperde kaas
2 koppies gerasperde wortels (of meer)
1 soetrissie, klein blokkies gesny
uieringe of groen uitjies
handvol rosyntjies
handvol grondbone
appelblokkies
Mosterdsous:
6 eiers
1 koppie suiker
1 koppie asyn
2 groot eetlepels mosterdpoeier
3 eetlepels botter
sout
Meng die slaai bestanddele liggies saam.
Maak die mosterdpoeier met bietjie asyn aan. Klits die eiers hierby.
Voeg al die bestanddele vir die sous bymekaar in ‘n potjie.
Kook vir ‘n rukkie, terwyl gedurig geroer word. Die sous maak 750 ml.
Meng die sous met die slaai soveel volgens smaak.
Nota – Nie al die sous word vir die slaai gebruik nie. Die sous is handig om in die yskas te hê vir bv. worsrolletjies, toebroodjies, ens. Jy kan die sousresep halveer.
Nota Marlene – Ek het  die resep so bietjie aangepas om dit meEr aantreklik te maak en nie die mosterdsous met die slaai gemeng nie, dit lyk mooier wanneer jy die slaai met die sous apart voorsit of net liggies bo-oor giet. Ek het ook die vrugtekelkie se sous dreineer voor dit bygevoeg is by die slaai, dit raak te souserig, jy kan altyd die kelkie se sous met die mosterdsous meng om dit bietjie meer vloeibaar te maak. Ek het ook rooiui gebruik ipv gewone ui, die kaas in blokkies gesny ipv rasper en die wortels grof gerasper.
Resep getoets en foto: Marlene Potgieter




GESTOLDE WORTELSLAAI

wortel en room slaaitested

GESTOLDE WORTELSLAAI
Gebruik yskoue koue ideal melk ipv room.
1 medium blik crushed pynappelstukke
4 koppies gerasperde wortels
1 pakkie pynappeljellie
3 teelepels gelatien, aangemaak met 2 eetlepels lou water
½ teelepel sout
¼ koppie suiker
2 teelepels suurlemoensap
1 blik Nestle room

Dreineer sap van pynappelstukke af – 1 koppie.
Voeg 2 koppies water by 1 koppie pynappelsap en kook.
Haal van stoof en laat afkoel. Voeg jellie, suurlemoensap, sout gelatien en suiker by.
Laat afkoel tot dikte van wit van eier. Rasper 4 koppies wortels by.
Voeg fyn pynappelstukkies by afgekoelde jelliemengsel.
Voeg geklopte room by. Skep in vorm en laat stol.
ADELE

Foto 1:  Rina Kleinhans  – ek het dit saam met gesnyde spanspek bedien.
Foto 2: Carola De Jager –
Ek het Wortels gerasper Room en suurlemoensap gemeng en die gelatien met kookwater aangemaak soos hulle op die pakkie sê en laat afkoel voor dit by die room mengsel bygegooi word. Kap die dille en voeg by en geur dit dan met sout en pepper na smaak. Sit suiker in as dit te suur is vir julle. Meng dan alles saam en sit dit dan in ‘n bak gespuit met cook en spry en sit dan in yskas tot dat dit gestol is.
Ek het geen pynappelstukke in gehad nie en ook nie pynappeljellie nie, dit was gelatien gewees en ek het sommer vars room gehad en ook dille.




KOOL- EN DADELSLAAI

KOOL- EN DADELSLAAI
½ koolkop, gewas en in dun repe gesny
200 g Tussers kaas, in blokkies gesny
½ pakkie dadels, gekap
¼ koppie grondbone
gekapte pietersielie

SOUS:
125 ml mayonnaise
50 ml kondensmelk
25 ml asyn
25 ml olie

Meng kool, kaas, dadels en grondbone saam. Meng die sousbestanddele saam. Giet oor slaai en meng goed. Besprinkel met pietersielie. Sit in yskas tot bediening.

Bron:  Carol Elliott Claassen




CURRIED BROCCOLI SOUP

CURRIED BROCCOLI SOUP

Jy kan die kerriepoeier uitlaat en bietjie Cheddar of Bloukaas byroer reg aan die einde nadat dit ge-liquidize is.
(serves 4)
30 g butter
1 large onion, chopped (200g)
5 ml mild curry powder
1 large potato, cut into very small dice (200 g)
450 g broccoli, washed
50 0ml water
2 tablespoons Ina Paarman Chicken Stock Powder
5 ml Aromat
375 ml milk OR 250 ml milk and 125 ml cream
freshly ground white pepperMelt the butter and fry the onion very gently until soft and transparent, but totally uncoloured. This should take 10 – 15 minutes.
Add the curry powder and fry over low heat for a few minutes.
Add the potato and toss around for a minute or two.
Add the water, stock and Aromat. Bring to the boil. Add the broccoli, placing the stems in the liquid with the florets on top. Cover and simmer for 8 – 10 minutes.
Test the broccoli. If it is not tender, then simmer for another minute or two. Do not overcook the broccoli or both the taste and colour of the soup would be spoilt.
Remove from heat and liquidise. Add pepper, milk and/or cream. Reheat gently and serve immediately.
Notes:
1) This soup is great to serve as a starter when having a dinner party. Serve with crusty white bread.
2) Garnish with a swirl of cream or yoghurt, sprinkled with bright green chopped parsley or chives.

Geplaas deur Louise Groenewald




ERTJIE GROENTESOP

tested

ERTJIE GROENTESOP
Lynette Muller
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie resep vries ook baie goed en hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit. Ek deel dit graag.
4 wortels, gerasper
4 aartappels, gerasper
4 tamaties, skille verwyder en gekap
2 uie
1 pakkie “Chicken Noodle” soppoeier
1 koppie split ertjies
1 sopbeen of skenkel vleis
sout en peper
1 blikkie ertjiesop
¼ koppie tamatiesous
4 eetlepels Worcestershire sous

Week ertjies oornag. Kook ertjies, sopbeen en uie saam. Voeg gerasperde wortels, aartappels en tamatie by en kook tot sag. Voeg genoeg water by om ‘n taamlike dik sop te maak. Voeg die pakkie sop en blikkie ertjiesop by. Roer dit in die sop. Voeg nou die ander geurmiddels by. Kook dit vir so 5-10 minute en bedien met lekker vars brood of rolletjies.




SONJA SE MAASKAASTERT

sonja-se-kaaskoek-300x225tested

SONJA SE MAASKAASTERT
1 pakkie tennisbeskuitjies
500 ml room
1 bakkie gladde maaskaas
1 blikkie kondensmelk
15 ml gelatine opgelos in klein bietjie kookwater (laat afkoel)
100 ml suurlemoensap
Pak laag Tennisbeskuitjies onder in langwerpige tertbak (of maak beskuitjies fyn en meng met botter vir ‘n kors)
Klits room tot styf.
In aparte bak meng kondensmelk met gelatine, voeg maaskaas en suurlemoensap by. Meng goed.
Vou nou geklopte room liggies in en gooi beslag in bak. Versier met vars vrugte of fyngedrukte beskuitjies of granadilla pulp gemeng met bietjie gelatine – net waarvoor jy lus is.
Ek maak soms sommer bietjie jellie aan en gooi dun lagie bo-oor die vulsel – dit lyk ook mooi!

Vir bietjie kleur gooi ek droe jelliepoeier by die beslag – wanneer dit dan gestol is gee dit sulke mooi donker strepies in die tert

 Foto en resep:  Sonja Young



BOURBON CHICKEN

tested

BOURBON CHICKEN
4 chicken breasts
½ cup soy sauce
½ cup brown sugar
½ tsp garlic powder
1 teaspoon ground ginger
2 tablespoons onion flakes
½ cup Bourbon
Mix all of the marinade ingredients together in a large bowl, then add the chicken pieces,
stirring well until the chicken is completely coated.
Cover the bowl and place in the fridge to marinate overnight.
To cook, heat the oven to 325 º F (160 ºC), and bake the chicken in an
oven dish for 90 minutes (or until well browned and cooked through completely), basting frequently.
Delicious served with noodles or rice.




PERLEMOENPOTJIE

abalone

PERLEMOENPOTJIE
6 perlemoene skoongemaak en in repies gesny en saggies gekap
4 groot uie, gekap
8 jong aartappeltjies
2 eetlepels margarien
2 eetlepels olie
½ koppie wit wyn
½ teelepel neutmuskaat, fyn
1 teelepel vars of gedroogde pietersielie
½ teelepel dille (droog)
sout en suurlemoenpeper na smaak
sap van twee suurlemoene of 4 eetlepels
room optioneel

Soteer die uie en aartappels vir ‘n paar minute (4) in die olie en margarien in ‘n dikboom-kastrol. Voeg die wit wyn by en plaas deksel op en laat stadig prut totdat aartappels sag is. Voeg die perlemoen en res van bestanddele by en laat prut vir 15 minute totdat perlemoen gaar is. Voeg ‘n,½ koppie tot ‘n koppie room (opsioneel) by en laat prut vir 5 minute tot deurgekook. Bedien met varsgebakte bruinbrood.

Resep geplaas deur Daniel de Kock




MOSSELSOP VAN VARS MOSSELS

MOSSELSOP VAN VARS MOSSELS
Bestandele nodig vir resep.
uie
knoffel
mossels
room
1 x Royco (Gourmet Soup) Seafood a la cream
1 x pakkie dik wit uiesop

Was Mossels in bak water – giet suurlemoen sap ook oor.
Dreineer laat dit bietjie droog word  anders as jy dit by die uie en knoffel gaan braai gaan dit te waterrig wees.
As dit is, is dit ook nie doodsake nie.
Braai uie en knoffel met botter.
Voeg mossels by en braai vir so 5 min.
Voeg suurlemoensap by  na smaak.
Meng die room en Royco pakkie sop en dik wit uiesop saam.
Meng in by uie, knoffel en mossels sop te maak.
As die gekook vir jou te dik is  kan jy nog room of melk by voeg, hang af hoe jy van jou sop se dikte hou.
Jy kan sout en peper ook na smaak bysit as jy dink dis nodig.
Laat prut vir so halfuur of so  jy sal proe as dit reg is (na jou smaak.)

Resep: Benhet Nieuwenhuis




OESTERS IN KOLJANDERSOUS

OESTERS IN KOLJANDERSOUS
Koljander sous
1/3 rooi rissie, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
2 eetlepels strooisuiker
1 eetlepel vars koljander gekap
3 eetlepels rysasyn
1 teelepel sojasous
½ teelepel sesam-olie
½ teelepel olyfolie

Wasabi-komkommer
½ teelepel wasabipasta
1 eetlepel rysasyn
1 eetlepel strooisuiker
1 klein komkommer, in linte gesny
1 eeetlepel gepekelde gemmer, in repies gesny
12 oesters, oopgemaak

Vir die koljandersous, meng al die bestanddele saam.
Vir die wasabikomkommer, meng die wasabi, rys asyn en strooisuiker. Giet oor die komkommerlinte en laat staan 5 minute. Plaas die gepekelde gemmer en wasabikomkommer op elke oester. Giet koljandersous oor.

Weet nie waar kom ek aan die resep nie maar dit is baie lekker!!