SEWE LAGIE SLAAI

tested

SEWE LAGIE SLAAI
1 blaarslaai, gewas en gebreek
1 ui, in ringe gesny
1 pak spekvleis, gebraai
1 pak sampioene, grof gekerf
1 koppie baby marrow, in ringe gesny
1 koppie Cheddarkaas blokkies
250 g gevriesde ertjies, net laat staan om te ontdooi
As jy klein kersie tamaties het kan jy dit ook insit vir kleur
Kan ook dun gesnyde gekookte eier mooi teen die kante van die bak pak om dit mooi te laat lyk

Neem ‘n mooi glas bak met hoe kante, sodat mens elke laag kan sien.
Pak alles in lae tot die bak vol is.
Sit ‘n dik laag mayonnaise of miracle whip bo-op al die lae, en gooi ‘n koppie gerasperde kaas bo-oor, jy kan ook nog gebraaide spek bo-op gooi.
Maak toe met kleefplastiek en laat oornag in die yskas staan.
Soos die mense opskep, gaan die mayo deur die hele bak slaai, dit is heerlik!

 




KERRIENOEDELSLAAI

2015-11-28-kerrienoedelslaai

KERRIENOEDELSLAAI
20 Porsies
2 koppies skroefnoedels, gekook en gedreineer
375 ml tamatiesous
375 ml asyn
75 ml kookolie
375 ml suiker
15 ml kerriepoeier
2 groot uie, gerasper
1 groen soetrisse, gekerf
1 rooi soetrissie, gekerf
7.5 ml borrie
5 ml mosterdpoeier
5 ml sout
3 ml peper

Meng al die bestanddele en meng goed deur die gaar noedels.
Resep:  Michelle Nel




DRIE BONESLAAI

DRIE BONESLAAI
10 Porsies
410 g blik bake beans
1 groot ui, gerasper
410 g groen boontjies
410 g botterbone
1 greenpeper, gekerf
1 koppie skulpie noedels, gekook en spoel af

Sous:
125 ml suiker
125 ml kookolie
125 ml asyn
5 ml basielkruie

Kook sous vir 5 minute.
Meng alles saam en hou in koelkas.
RESEP:  Michelle Nel




PASTA SLAAI

PASTA SLAAI
½ koppie balsamic asyn
½ koppie olie
2 koppies mayonaise
1 blik kondensmelk
5-10 ml mosterd poeier
5-10 ml matige kerrie poeier
1 pak skroef pasta
1 groot ui, fyn gesny
1 koppie wortels, grof gerasper
1 koppie greenpepper, fyn gesny

Kook pasta en laat.
Meng uie, wortels en greenpepper saam pasta.
Meng nat en droë bestanddele en gooi oor pasta.
Sit in yskas.
As jy dit uit die yskas uithaal sal die slaai ouerig en droog lyk, meng net weer deur voor bediening.
Die sous is baie en daar kan dalk oorbly.
Hierdie slaai is altyd ‘n tweede skeppie werd.
Resep geplaas deur Heide-Mari Dissel




ROERBRAAI SLAAI

HAWAIIAN STIRFRYtested

ROERBRAAI SLAAI
250 ml suiker
250 ml wit asyn
5 ml sout
5 ml borrie
5 ml kerriepoeier
30 ml appelkooskonfyt
1 kg Hawaise roerbraaigroente
25 ml mielieblom

Kook suiker, asyn, sout, borrie, kerrie en konfyt saam vir 2 minute. Voeg groente by en kook nog 15 min. Meng mielieblom met bietjie water en voeg by groentemengsel. Kook tot verdik. Sit warm of koud voor. Kan ook gebottel word indien verkies.
Bron:  Louise Groenewald




KERRIE GROENBONE

kerriebone Annelie

KERRIE GROENBONE
My seun eet glad nie groenbone of kerrie bone nie. Ek maak hierdie lekker een en ewe skielik eet hy nou kerriebone. Dis baie lekker en maklik.
2 kg groenbone
1 kg uie
1 bottel bruin asyn
2 koppies suiker
125 ml mielieblom (mazeina),
4 eetlepels kerriepoeier (nie sterk nie)
3 eetlepels borrie
1 teelepel droë mosterdpoeier 
2 teelepels sout 
halwe koppie appelkooskonfyt
Kook die bone tot nie pap nie. Snipper die uie en lê in gekookte water vir so 20 minute.
SOUS :
Meng nou droë bestanddele , behalwe die mielieblom. Gooi dit in pot met asyn en roer toe gesmelt. Roer die konfyt by. Meng die mielieblom met koppie water. Roer dit by die sous tot verdik. Gooi nou jou groenbone en uie by. Laat dit net goed deur kook. Bottel. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder

Resep: Maureen Jansen van Rensburg
Foto:  Annelie Van Wyk – Ek het so bietjie gemodify en ‘n rissie of twee ingesit.




SUSAN SE VETKOEK

  • vetkoek susantested
    SUSAN SE VETKOEK

    BESTANDELE
    1kg meel
    7gr droe gist
    2el olie
    2tl sout
    lou water
    METODE

    Knie baie goed,so 5min en laat rys tot dubbel die volume,knie weer af en maak bolletjies of rol uit en druk die grote van vetkoeke uit, maak intussen die kookolie warm en braai in diepolie tot mooi ligbruin.

    Pas net op vir TE warm olie,dan is dit buite gaar en binne rou. Heerlik!!!
    RESEP EN FOTO:  Susan Nieuwenhuis

 




SAUERKRAUT SAUCE

No Photo Available

INGREDIENTS
1 bottle chilli sauce
1 bottel water
1 cup sauerkraut
1 tin cranberry sauce
1 cup brown sugar
Simmer together for about 5 – 8 min and use as sauce over meat

Hulle gee die resep saam met frikadelle maar ek is seker mens kan dit as sous saam met vark gebruik
Sonja Young



GUIDELINES FOR SERVING TASTIC RICE


GUIDELINES FOR SERVING TASTIC RICE

Q: What are the guidelines for serving Tastic Rice?
A: For Parboiled 1 kg serves 10 people and 2 kg serves 20 people. For brown and white rices 1 kg serves 20 people and 2 kg serves 40 people. (Tastic website)

‘n 2 kg pak Tastic rys het 10 koppies rou rys in.
Louise Groenwald




OREO VERRASSINGS

oreo cupcakes
OREO VERRASSINGS
Die koning van “cupcakes” – Oreo verrassing.
Maak so:
Plaas oreo koekie in “muffin liner” soos voorberei vir jou muffins.
Skep lepelvol karamel bo-op. Plaas oreo koekie bo-op.
Gebruik enige cupcake beslag, en skep die beslag bo-oor. ( gekoopte pakkies werk ook goed)
Bak soos jou resep sê.
Laat afkoel.

Resep:  Chanel Swanepoel:
Foto: Elize Herholdt en Linene Boer

Shaunay Strydom
Ek’t nou net klaar daai oreo cupcakes gebak het eers bietjie beslag in pannetjie sit en toe ‘n oreo koekie en karamel en toe sit ek weer beslag op die karamel.  Ek kon nie nog koekie op karamel sit nie oor ek nie ‘n lekker diep pannetjie het nie, maar lyk so lekker sien so uit om te eet van dit.dankie vir die heerlike resep.