PIESANG EN BAKED BEANSSLAAI

sousboontjie slaaitested

PIESANG EN BAKED BEANSSLAAI
Dis ons gunsteling saam koue vleis maar die beste saam braaivleis:
1-2 houers baked beans in tamatiesous
4-6 gesnyde piesangs
sap van 1 suurlemoen
1 houer kondensmelk
1 koppie mayonaisse
bietjie pietersielie

Meng alles saam en druk die suurlemoensap laaste by sodat jou piesang nie swart word nie. Ek hou ‘n houer waar ek kondensmelk en mayonaisse reeds saam gemeng het, want die kinders hou meer van die kombinasie alhoewel ek nie die hele houer kondensmelk byvoeg nie, maar julle kan dit self uitwerk. Vir afwisseling gooi ek neute by, maar dit hang alles van jou af.
Resep:  Janine Botha
Foto:  Rina Kleinhans




KOOLSLAAI MET FETA

tested

KOOLSLAAI MET FETA
½ kop kool, kan helfte groen en helfte rooi kool gebruik, fyn gesny
1 ui, grof gekap (rooi ui lyk mooier)
1 heel ronde pepper feta (gekrummel) kan enige ander feta gebruik
2 eetlepels rooi wyn asyn
4 eetlepels olyf olie
sout en swart peper na smaak

Meng alles goed deur en laat staan so vir uur sodat kool net effens sagter word maar nog steeds crunch in het.
Resep geplaas deur Jocelyn Fordred
(my sussie se uitvindsel)




WORTELSLAAI SONDER MAYO

WORTELSLAAI SONDER MAYO
3 – 5 groot wortels (afhangende van aantal mense)
2 eetlepels fyngekapte vars koriander
1 teelepel vars gekapte gemmer
1 paprika enige rissie na smaak sonder pitte (voeg ekstra rissie by indien verkies)
½ koppie geroosterde amandelvlokkies of grof gekap, maar nie die fyn een nie
4 eetlepels olyfolie
1 eetlepel suurlemoensap
½ suurlemoen se skil, gerasper
sout en peper na smaak

Meng die bestanddele in ‘n slaaibak en plaas in yskas.
Berei die slaai ‘n paar uur voor opdiening of laat in yskas oornag.
Ideaal saam met kerrie of vis.
Resep: Jocelyn Fordred




SWEET CHILLI DRESSING


SWEET CHILLI DRESSING

Mix together:
150ml sweet chilli sauce
50ml vegetable oil (I suppose you can use olive as well)
Juice of one lime (I’m sure lemon juice will be ok too)
Any lettuce leaves
Some rocket leaves
Avo (sliced)
Biltong sprinkled (chopped)
Cashew nuts (chopped)
Dressing over the top (dribbled)

RESEP:  Gail Daniell




MURGPAMPOENTJIE SLAAI

tested
MURGPAMPOENTJIE SLAAI
Hierdie is sommer my eie.
SOUS:
1 koppie suiker
1½ koppie druiweasyn
115 g tamatiepasta
2 teelepels Worcestersous
2 teelepels aangemaakte mosterd
sout en peper
2 eetlepels mielieblom (aangemaak met ‘n klein bietjie water)

Meng alles saam en verhit tot die suiker gesmeld het. Laat dit goed prut.
As die sous te veel is kan dit in die yskas in ‘n lugdigte houer gebere word.
Sny nou die puntjies van jou pampoentjies af en neem van die sous, afhangende hoeveel pampoentjies jy maak en kook die pampoentjies in die sous tot nog bros.
Laat afkoel en rasper Fetakaas oor.
Bron:  Louisa Prenzler
Foto:  Maritha Blaauw




CABBAGE, CUCUMBER AND CARROT SALAD

CABBAGE, CUCUMBER AND CARROT SALAD
Probeer hierdie een – heerlik en iets anders:
(Serves 6)
1 cucumber, unpeeled, deseeded
1 carrot , peeled, coarsely grated
80 g Chinese leave or cabbage
4 tablespoons sugar
¼ cup coriander
4 tablespoons of white vinegar
1 teaspoon of English mustard
salt to taste
½ teaspoon of sesame oil
1 clove garlic, chopped finely

Add/decrease sugar to taste – sweet/sour flavour. Cut the unpeeled cucumber and carrot into thin strips and put in a salad bowl.
Shread the Chinese leaves or cabbage finely and add to the bowl.
Chop the coriander finely and add to the bowl.
Whisk the vinegar, mustard, salt, sugar and sesame oil together and add to the salad.
Mix the salad thoroughly.
Chill and serve.
Recipe: Marthie Clark




CREAMY LOW-KILOJOULE DRESSING

CREAMY LOW-KILOJOULE DRESSING

This mustard-flavoured dressing is so rich and tasty you’d never guess that it’s low in fat, cholesterol and kilojoules. Use it to dress almost any kind of green salad.

INGREDIENTS
2 CUPS BUTTERMILK
¼ CUP GRATED PARMESAN CHEESE
2 TABLESPOONS DIJON MUSTARD
2 TABLESPOONS OLIVE OIL
1 CLOVE GARLIC, PEELED
2 TEASPOONS SUGAR
1 TEASPOONS EACH PAPRIKA, DRIES CHIVES AND ORIGANUM
½ TEASPOON BLACK PEPPER

Place all the ingredients in a 1-litre preserving jar and shake well to mix. Keeps in the refrigerator for 10 days. Shake well before using and discard garlic.

 




VINAIGRETTE

BASIC VINAIGRETTE

INGREDIENTS
1 ½ CUPS OLIVE OR SUNFLOWER OIL
¾ CUP RED WINE VINEGAR OR CIDER VINEGAR
3 TABLESPOONS DIJON MUSTARD
1 TABLESPOON HONEY
1 TEASPOON DRIED ORIGANUM
1 CLOVE GARLIC, PEELED
1 ½ TEASPOONS EACH SALT AND BLACK PEPPER
METHOD:
Place the oil, vinegar, mustard, honey, origanum, garlic, salt and pepper in a sterilized 1-litre preserving jar and shake well to blend. Keeps in the refrigerator for 3 weeks.
Shake well before using. Discard garlic.


CREAMY VINAIGRETTE VARIATION
Prepare as directed, adding 1/3 cup buttermilk or plain low-fat yoghurt or sour cream or fresh cream. Keeps in the refrigerator for 10 days. Shake well before using. Makes 3 1/3 cups.
Per tablespoon: Kilojoules 272

 




GEROOKTE KAAS- EN TAMATIE SOUTTERT


GEROOKTE KAAS- EN TAMATIE SOUTTERT
Hoe om ‘n souttert ‘n moderne voorkoms te gee? Bak dit in ‘n diep pan! Dit laat meer plek vir vulsel en gee meer mense kos! Dis eintlik ‘n totsiens-tert, want alhoewel Casper en Aletta nie die -bordjie soet-deel van die rondte geslaag het nie, was hul -bordjie sout bydrae – hierdie dieppan-souttert – lekker. As jy nie die kersietamaties self wil rook nie, kan jy vars tamaties gebruik. Dis ook ‘n lekker ligte middagete saam met ‘n kleurvolle slaai. En plaasbrood! Maak jou eie broskorsdeeg soos Casper of koop klaargemaakte broskorsdeeg.

Vulsel 5 hardgekookte eiers, uitgedop
1 bos seldery, fyn gesny
6 repies spek, bros gebraai
3 skyfies ham, gekap of in netjies blokkies gesny
1 rooi soetrissie, klokhuise verwyder en opgekap
1 geel soetrissie, klokhuise verwyder en opgekap
200 g mozzarella, gerasper
200 g beleë cheddar of gouda
1 pakkie kersietamaties, tuisgerook of vars, elke tamatie halveer
Vla:
500 ml room
6 eiers
Sout en peper na smaak
1 rol broskorsdeegOntdooi die deeg oornag in die yskas.
Voorverhit oond tot 180°C.
Voer ‘n gesmeerde diepboom-koekpan met die kors uit.
Pak gekookte eiers op die bodem en strooi die res van die vulsel-bestanddele bo-oor.
Klits eiers, room, sout en peper saam en giet oor. Bak 50-60 minute tot deurgaar en goudbruin. Hou net dop dat die bokant nie te bruin word nie.
Garneer met vars kruie en bedien louwarm of afgekoel. Indien dit in die yskas gehou word, haal dit minstens ‘n halfuur voor die tyd uit die yskas.
Resep geplaas deur Magda Helberg
Casper en Aletta – Kokkedore




ESMÉ SE RYS SLAAI

ESMÉ SE RYS SLAAI
Ek het ‘n baie maklike en vinnige rys slaai met tuna wat ek met jule wil deel – baie lekker!
2 koppies gaar koue rys
1 – 2 blikkies tuna
½ midelslag komkommer, in blokkies gesny
1 groot tamatie, in blokkies gesny
1 kleinerige ui, redelik fyn gekap
1 avo, in blokkies gesny
½ koppie kaas, in blokkies gesny
klein bossie spriet uie, fyn gekap
± 1 koppie mayonnaise
70 ml – 100 ml sweet chillie sous
knippie sout

Gooi alles saam en meng. Geniet!
Resep:  Esmè Nel
Foto: Dominique Oosthuizen