BLOUWILDEBEES VLEIS

BLOUWILDEBEES VLEIS
boudtjops of skenkel
Baie lekker vir potjie, stew of pastei. Blouwildebees is net baie donkerder as ander wildsvleis. Maak ‘n mengsel van die volgende en gebruik dit na smaak in enige wildsgereg:
3 teelepels fyn koljander
1,5 teelepel swart peper
2 teelepel basieliekruid
½ teelepel tiemie
knippie naeltjies

Meng alles goed saam en begin met 2 teelepel op ‘n kilo vleis. Gooi meer na smaak. Gooi ook 3 eetlepels Worcester sous by. Prut stadig tot sag.

Piet Pompies




MRS JENNY B’S CHUTNEY

CHUTNEY 2tested

MRS JENNY B’S CHUTNEY

Cooking time 1 ¼ – 1 ½ hours
Makes 7 x 450g jam jars
1 kg apples (after peeling and coring) – I use sour apples
500 g onions
1 kg plums or prunes
750 g tomatoes (green or red – peel red)
100 g preserved ginger
12 dried chilli’s
1 clove of garlic
500 g seedless raisins or sultanas
750 g Demerara sugar
50 g salt
½ teaspoon ground black pepper
1 ½ tablespoons ground mixed spice
½ packet dried apricots (soaked in water the night before) #
¾ pint malt vinegar (British pint = 20 oz)

Put the apples, apricots and onions thro´ a coarse mincer.
Wash and stone the plums/prunes and cut into small pieces, with the tomatoes (skinned if ripe).
Chop the ginger and the chillis and garlic finely.
Turn everything into a large heavy bottomed saucepan, preferably deep.
Bring everything to the boil gently, until the sugar is dissolved.
Boil, stirring occasionally (careful it spits and can cause severe burns!) at first and continuously towards the end, for 1 ¼ – 1 ½ hours.

I use my stab mixer to make it more liquid

Pour into warm bottles and seal immediately.

Note: If a less hot chutney is preferred, omit the ginger and a few of the chillis

It is actually a rather hit and miss recipe, not to be taken too seriously. You can change the taste as you prefer.

Jennifer Clarke Beckemeie




KERRIEVIS VIR DIE YSKAS

KERRIEVIS NATHALIEtested

KERRIEVIS VIR DIE YSKAS
1,5 kg visfilette, vel verwyder
250 ml (140 g) bruismeel
sonneblomolie vir braai
3 groot eiers, liggies geklits
750 ml bruin asyn
225 ml (280 g) suiker
10 ml fyn borrie
50 ml matige of mediumsterk kerriepoeier
15 ml swartpeperkorrels
3 groot uie, fyngekap
6 lourierblare
40 ml koekmeel

Sny die vis in blokkies van 5 cm. Druk die stukkies in die bruismeel sodat dit oraloor bedek is. Verhit ‘n dun lagie olie in ‘n groot pan oor medium tot hoë hitte. Sodra die olie warm is, kan jy ‘n paar stukkies van die meelbedekte visblokkies in die geklitste eier doop. Laat die oortollige eier afdrup en braai dan die vis vir ‘n paar minute aan elke kant in die warm olie tot deurgaar en goudbruin. Dreineer dit op kombuispapier. Herhaal met die res van die visblokkies. Hou dit eenkant.

Verhit nou die asyn, suiker, borrie, kerriepoeier, peperkorrels en 7 ml sout in ‘n groot kastrol. Verhit dit tot kookpunt en gooi dan die uie en lourierblare by. Sit die deksel op en laat dit vir 10 minute prut.

Gooi koekmeel in ‘n klein bakkie en voeg ‘n lepel vol van die warm mengsel uit die kastrol daarby. Roer dit goed tot glad en roer dan die mengsel in die kastrol by. Laat dit kook en roer die mengsel tot dit effens begin verdik.

Bedek die bodem van ‘n bak (nie van metaal nie) met ‘n laag van die sous. Skep ‘n laag gebraaide vis daarop en gooi nog sous oor. Herhaal die lae. Bedek dit goed en sit dit vir minstens ‘n dag in die yskas voor dit geëet word. Dis die heel beste na drie dae. Die piekelvis sal vir tot ses maande in die yskas hou.
Foto:  Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




WEIGHLESS HOT CROSS BUNS


WEIGHLESS HOT CROSS BUNS
The best homemade buns I have had so far.
2 teaspoons active dry yeast
120 ml low fat milk, warm
1 egg
1 tablespoon butter
4 teaspoons sugar
¼ teaspoons salt
190 g flour
40 g raisins and 20 g currants (or extra 20g raisins )
¼ teaspoon ground cinnamon
pinch of allspice
1 tablespoon water
1 egg yolk
Icing:
¼ cup icing sugar
5 drops vanilla essence
1 teaspoon low-fat milk
Dissolve the yeast in the warm milk, stir in the butter, whole egg, salt and sugar.
Mix together the flour, dried fruit and spices. Add ¾ of the flour mixture to the milk mixture and mix well.
Stir in the remaining flour, one teaspoon at a time, until the mixture forms a soft dough. Turn onto a floured surface and knead until soft and elastic. Place in a bowl that has been coated with non-stick spray, cover and leave in a warm place until it doubles in size. Punch down the dough, divide into six even-sized balls and place on a baking tray that has been coated with non-stick spray. Cut a small cross into the top of each ball using a sharp knife and leave to rise for about 30 minutes or until it doubles in size. Whisk together the water and egg yolk, brush over the dough and bake in a preheated oven at 190ºC for 15 minutes. Mix together the icing ingredients and pipe a cross onto each bun.
Recipe tested: Tertia Jardine-Simons




MRS H.S. BALL’S BLATJANG (aangepas)

gideon se blatjangtested

 

 

Maak 18 bottels (mild)

612 g droëperskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiweasyn
2 ½ kg wit suiker
500 g uie
60 g sout
7.5 g cayenne peper

Week vrugte oornag in die druiwe asyn. Kook in asyn tot sag en dreineer. Maal in klein
stukkies in ‘n meul (of versnipper met ‘n kombuismes) Gooi die vrugte, suiker (opgelos in ‘n
bietjie van die asyn) en uie (gemaal) by en kook in ‘n groot pot in die asyn. Die hoeveelheid asyn hang af van die vastigheid, dit moenie te loperig of te dik wees nie, maar so dik soos die eindproduk in die bottel. Voeg cayenne peper en/of brandrissie by en kook vir 2 – 2 ½ uur. Roer nou en dan met ‘n houtspaan sodat dit nie vasbrand nie.
Nota:
Om blatjang “hot” te maak, voeg 75 g gemaalde brandrissie by.
Om perskeblatjang te maak, los die appelkose uit en gebruik 850 g droëperskes

Foto: Gideon Louw




HEERLIK PERSKE BLATJANG

antoinette-se-blatjang-regtested
HEERLIK PERSKE BLATJANG

BESTANDELE
12 Koppies gesnyde Perskes
1 Bottel Asyn
1 Eetlepel Kerrie
1 Teelepel Naeltjies
1 Desertlepel All-Spice
4 Groot Uie fyn gesny
1 Koppie Bruin Suiker
1 Desert Lepel Sout
1 Eetlepel Borrie
Opsioneel: Rooi Rissies, Handvol Rosyne of Sultannas
METODE:
Kook alles vir ongeveer een en ‘n halwe uur en bottle warm

FOTO:  Antoinette Ellis




MRS BALL’S CHUTNEY

CHUTNEY 2

MRS BALL’S CHUTNEY
Edward Ball, haar kleinseun, het die oorspronklike grootmaat-resep verklein. Dit maak 18 bottels ( mild) blatjang.
612 g droë perskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn(gewone bruine azijn)
2 ½ kg wit suiker
500 g uie
12 g sout
7.5 g cayenne-peper
Om die blatjang sterk (hot) te maak , voeg 75 g gemaalde brandrissie ( chili) by.
Om perskeblatjang te maak, los net die appelkose uit en gebruik 850 g droe perskes.
Spoel die vrugte goed af en week dit oornag in druiwe asyn.
Kook die vrugte in asyn en dreineer.
Maal in klein stukkies in ‘n meul ( of versnipper met kombuismes).
Gooi die vrugte, suiker (opgelos in ‘n bietjie asyn) en uie (gemaal) by en kook in ‘n groot pot in die asyn, die hoeveelheid asyn hang af van die vastigheid van die blatjang, dit moenie te loperig of te dik wees nie.
Voeg kruie by en kook vir 2 – 2½ uur.
Roer nou en dan met ‘n houtspaan dat dit nie vasbrand nie.
Bottel die blatjang in gesteriliseerde bottels en seël die bottels warm.
Gebottel kan dit jare bewaar word, indien oopgemaak, kan dit ongeveer 6 maande in yskas (koelkas) hou.

Resep getoets: Lindie Louw




WAATLEMOEN SLAAI MET MINT

 

WAATLEMOEN SLAAI MET MINT
Ek het dit jare terug by ‘n vriendin gekry en maak dit gereeld.
Soms as slaai en ander kere as voorgereg!

Waatlemoen, in blokkies gesny en ontpit (ek hou van die kroon deel)
Feta kaas, gekrummel (so 2 wiele)
Rooi ui, in dun skywe gesny (maak los om lekker te versprei)
Swart ontpitte olywe (skyfies)
Suurlemoensap
Mint blare vir garnering
Dieselfde slaai as voorgereg:
1 wiel waatlemoen (kroon deel maak mooi wiel en is sonder pitte)
4 klein blokkies feta kaas
1 ui ring (Maak die ringetjies los om dit mooi oor die feta te rangskik)
2 olywe ontpit bo-op
Mint vir garnering
Drup so paar druppels suurlemoensap oor

Bron: Jolandi v Dyk




BROCCOLI EN AVOKADO SLAAI

tested

BROCCOLI EN AVOKADO SLAAI

(baie baie lekker)

2 koppies gesnipperde broccoli
1 koppie gesnipperde rooi ui (wit ui werk ook)
½ koppie pitlose rosyne
½ koppie okkerneute
1 avokadopeer
Meng bostaande bestandele saam en gooi volgende sous oor

Sous

2 eetlepels rooi wyn asyn of druiwe asyn.
¾ koppie mayonnaise
½ koppie suiker,
Meng alles baie goed saam sodat suiker kan oplos.
Genoeg vir 6 mense.
Cranberry kan bygesit word vir mooi kleur

Bron: Rina Kleinhans

 




HEERLIKE TZATZIKI

TZATZAKI

HEERLIKE TZATZIKI

plain yoghurt, jy kan vetvry gebruik
gerasperde komkommer
garlic
sout en peper

Heerlik ook saam met vis en hoender.
Bron: Louise Groenewald