ROLKOEK MET VARIASIES


ROLKOEK MET VARIASIES

Die geheim van rolkoek is om dit nie te lank te bak nie en baie vinnig daarmee te werk na dit uit die oond gehaal is.
4 eiers geskei
50 ml koue water
250 ml strooisuiker
250 ml ongesifde koekmeel
5 ml bakpoeier
Knippie sout
5 ml vanilla
150 ml fyn konfyt

Smeer ‘n rolkoekpan 30 x 45cm, voer dit met waspapier uit en smeer papier ook. Bestuif met ‘n bietjie meel en skud oortollige meel van papier af. Stel oond op 200°C en plaas oondrak in die middel. Klits eiergele, water en strooisuiker baie goed saam tot dit bleekgeel en sponsagtige dik is. Sif meel en bakpoeier saam en vou dit bietjie-bietjie met ‘n metaallepel in die eiergeelmengsel in. Klits eierwitte en sout saam tot stywe punte vorm. Roer n bietjie van die eierwit by die eiergeelmengsel en vou res van eierwitte en vanilla dan liggies in. Skep deeg in pan en maak gelyk. Bak 10min. Keer uit op ‘n klam doek wat met suiker bestrooi is. Trek papier versigtig af en sny kort kante met ‘n skerp mes netjies. Verhit konfyt en smeer oor koek. Rol koek versigtig op met behulp van die vadoek. Sny kante netjies en laat minstens 30min op draadrak afkoel.

VARIASIE: LEMOENROLKOEK
Vervang koue water deur lemoensap en voeg 10ml gerasperde lemoenskil by. Moenie konfyt oor smeer, maar rol die rolkoek met die vadoek op. Laat effens afkoel, rol dan oop en verwyder doek. Rol weer op nadat dit met die lemoenroom gevul is.
2 lemoene
25 ml gelatien
100 ml water
250 ml lemoensap
125 ml suiker
Knippie sout
4 eiergele
100 ml fyn appelkooskonfyt
100 g geroosterde gevlokte amandels
Rasper skil van een lemoen en hou eenkant. Skil lemoene dik sodat geen wit oorbly nie en sny skyfies met ‘n skerp mes uit die huisies los. Halveer skyfies en plaas in ‘n sif om te dreineer. Gooi gelatien op water en laat week. Klits lemoensap en skil, suiker, sout en eiergele oor kokende water tot dik en romerig. Verwyder van hitte, roer gelatien by en meng. Verkoel tot dik en roer gereeld. Klits room tot goed styf en vou gelatien mengsel in. Verkoel tot smeerbaar, maar nie styf nie indien vulsel nog loperig is. Rol rolkoek oop en smeer vulsel bo-oor. Plaas lemoenstukkies op vulsel en rol op. Verhit konfyt, smeer bo-oor en strooi amandels daarop. Verkoel goed. Sny met ‘n mes wat in kookwater gehou is.

VARIASIE: SJOKOLADEROLKOEK
Vervang koue water deur dieselfde hoeveelheid sterk, swart, koue koffie en koekmeel deur 250 ml gesifde koekmeel en 50 m kakao. Vul met styfgeklopte room wat met fyngemaakte, goed gedreineerde gaar appel of pynappel gemeng is. *Wenresepte* Rina 1/8/2011

WENK
Smeer ‘n blik karamelkondensmelk oor ‘n chocolate roll, rasper ‘n peppermint crisp (die bar wat in die blink papiertjie is) oor die karamel en rol op…LW, smeer die karamel oor terwyl dit warm is en voor dit gerol word…
Gooi 50g gekapte pekanneute in by die wit rolkoek…strooi kaneelsuiker oor die vadoek waarop die rolkoek uitgegooi word…smeer karamelkondensmelk oor warm rolkoek, rol op…sit voor met ‘n b ietjie room! Dis 2 goed beproefde resepte en die mense is gek daaroor!

BRON: Alet van Zyl




KLAM KOFFIEKOEK MET SJOKOLADESTROOP

koffiekoek met stroop Michelletested
KLAM KOFFIEKOEK MET SJOKOLADESTROOP
(Lewer 1 koek)

BESTANDDELE
80ml water;
15ml kitskoffiepoeier;
150g (190ml) suiker;
125g (135ml) botter;
3 groot eiers, geskei;
210g (375ml) bruismeel

SJOKOLADESTROOP
200g (250ml) suiker;
170ml water;
50g (60ml) donker sjokolade, gekap

Metode:
Smeer ‘n ringkoekpan met ‘n deursnee van sowat 20cm. Plaas water,
koffiepoeier en suiker in ‘n kastrol en verhit. Roer aanhoudend
totdat die suiker oplos en sonder dat dit kook. Laat dit kan kook en
verwyder van die hitte. Laat stroop afkoel tot kamertemperatuur.
Klits botter en eiergele saam in ‘n mengbak tot lig en romerig. Voeg
afgekoelde stroop geleidelik en stadig by bottermengsel en klop
aanhoudend. Sif meel en roer by mengsel. Klits eierwitte totdat
sagte punte vorm en vou geleidelik in mengsel. Giet in voorbereide ringkoekpan. Bak in ‘n voorverhitte oond by 180C (350F), sowat 40min. of tot ferm. Laat toe om ‘n paar minute in pan af te koel en keer versigtig uit op draadrak. Bestryk warm koek met warm
sjokoladestroop.
STROOP: Gooi suiker en water in klein kastrol. Verhit en roer
aanhoudend totdat suiker oplos, sonder dat dit kook. Laat dit dan kook, verminder hitte en laat prut (onbedek) 3 min. lank. Voeg sjokolade by en roer totdat dit smelt.
WENK: Die koek kan tot drie dae bedek in die yskas gebêre word.

BRON: Ade le Van Zyl Filmalter
FOTO: Michelle Frylinck




TIA MARIA ESPRESSO CAKE

TIA MARIA ESPRESSO CAKE
Recipe: Carol Elliott Claassen
(A)
250 g butter
200 g caster sugar
2 eggs
(B)
250 g all-purpose flour, sifted
2 teaspoons baking powder
(C)
2 tablespoons instant coffee granules, dissolved in 2 tablespoons water
200 ml fresh milk
50 ml dark espresso coffee
1 teaspoon vanilla essence
2 teaspoons Tia Maria
Grease a 20 cm round metal cake pan and line the base with greaseproof paper. Preheat oven to 170°C.
Beat butter and caster sugar until light and fluffy.
Gradually add in eggs. Fold in sifted ingredients (B) and whisk until creamy.
Pour in ingredients (C) and stir until combine.
Spread the mixture into the cake pan. Bake for 40 – 45 minutes in the preheated oven.

 

 




KOEJAWEL KOEK

tested

KOEJAWEL KOEK
2 blikkies koejawel helftes, in stroop
sagte bruinsuiker
175 g (190 ml) sagte botter
195 ml strooisuiker
3 eiers
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
1 houer (175 g) Bulgaarse jogurt
125 ml goue stroop
250 ml room, styf geklop

Voorverhit oond 160ºC.
Strooi bruinsuiker onder in gesmeerde losboom koekpan.
Sny koejawestukke in skywe en pak op suiker. (Hou stroop eenkant)
Klits botter en strooisuiker saam, klits eiers een vir een in. Sif meel en bakpoeier saam, voeg meel saam jogurt by strooisuiker mengsel. Klits goed. Skep mengsel bo-op koejawels en bak vir 1 uur. Haal uit laat 10 min afkoel in pan. Keer uit en gooi stroop oor. Sit voor saam met styfgeklopte room.
Resep: Charlotte Verwey da Silva
Foto:  Zelda Ellis

 




VINNIGE KLAM MOKKAKOEK

mocca neut koek liezeltested
VINNIGE KLAM MOKKA KOEK
2 koppies koekmeel
¾ koppie cocoa
1½ teelepels bakpoeier
2 teelepels koeksoda
knypie sout
1 koppie melk
1 teelepel vanilla geursel
2 koppies suiker
½ koppie kookolie
1 koppie sterk koffie (afgekoel)
2 eiers
Voorverhit oond na 180°C.
Sprei 2 x 23cm koekpanne met Spray and Cook.
In ‘n groot mengbak sif alle droe bestandele saam, voeg dan 2 koppies suiker by roer effe deur gesifte bestanddele.
Voeg eiers, melk, olie en vanilla saam by droee bestanddele, meng goed met klitser vir twee minute. Voeg nou jou swart koffie by, meng goed .
Verdeel nou die mengsel eweredig in die twee voorbereide panne.
Bak nou ir 35-40 min. Toets met tandestokkie vir gaarhied & verwyder uit oond.
Laat afkoel min 15 min in koekpan. Maak kante los met mes. Skud die pan liggies totdat jy voel diekoek is los. Keer uit op afkoelrakkie. Laat koud word en versier.
Resep: Rentia van der Merwe
Foto: Liezel v d Merwe




MILJOENERS KOEK

miljoeners koek 2tested
MILJOENERS KOEK
250 ml koekmeel
60 ml kakao
250 ml suiker
10 ml bakpoeier
1 ml sout
125 ml olie
125 ml kookwater
4 eiers, geskei
5 ml vanilla
Sous:
1 blik ingedampte melk
125 ml suiker
2 pakke heelneut sjokolade

Verhit die oond tot 180ºC.
Spuit ‘n oondbak van 26 cm met kleefwerende kossproei.
Meng die meel, kakao en suiker saam in ‘n mengbak. Voeg die bakpoeier en sout by en meng deur.
Klits die eiergele in ‘n aparte mengbak en voeg die olie en afgekoelde water by terwyl aanhoudend klits.
Giet die eiermengsel by die meelmengsel en meng goed.
Klits die eierwitte tot styf en vou dit by die deeg in met ‘n lepel.
Skep die beslag in die voorbereide oondbak en plaas in die voorverhitte oond, bak vir 45 minute tot gaar.
Verhit intussen van die ingedampte melk (hou 136 ml eenkant) en die suiker in ‘n potjie op die stoof totdat die suiker opgelos is. Giet die warm sous oor die warm koek sodra dit uit die oond kom en laat die koek heeltemal afkoel.
Smelt die sjokolade en die 136 ml ingedampte melk saam en giet dit egalig oor die afgekoelde koek of maak ‘n ganache en giet dit oor die koek.
Resep getoets en foto: Gideon Louw




SJOKOLADE MAYONNAISE-KOEK

mayo sjok koek reneitested
SJOKOLADE MAYONNAISE-KOEK

Koek
1 ¾ koppies koekmeel
½ koppie kakao
1 eetlepel bakpoeier
¾ koppie strooisuiker
1 koppie water
1 koppie mayonnaise
1 teelepel vanieljegeursel

Versiersel
2 plakke neutsjokolade
5 eetlepels bulgaarse jogurt teen kamertemperatuur

Stel oond op 160C.
Koek : Sif meel, kakao en bakpoeier saam in groot mengbak en roer suiker by. Klits water, mayonnaise en vanielje saam tot net gemeng. Maak holte in middel van droë bestanddele, giet watermengsel in en roer tot gemeng. Skep beslag in gesmeerde ringkoekpan en bak 40 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat koek in pan afkoel voor dit uitgekeer word.
Versiersel :
Smelt sjokolade teen 70% krag in mikrogolfoond of in dubbelkoker. Laat effens afkoel. Meng jogurt deegblik by en smeer oor afgekoelde koek-

Nota: die koek op die foto… die beslag is dubbel aangemaak en in 4 lae versier

Resep:  Carin Ras Wilson
Foto: Renei Deysel




MERINGUEKOEK

meringuekoektested
MERINGUEKOEK
Resep en foto: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
125 g sagte margarien
100 ml suiker
3 eiergele
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
125 ml melk
100 g okkerneute
4 eierwitte
250 ml suiker vir meringue

Stel oond op 180°C, smeer twee los boom koekpanne (20.5cm) en bestrooi met meel. Klop botter en suiker tot romerig, voeg een – een eiergeel by . Sif meel en bakpoeier saam en roer beurtelings met melk by botter mengsel. Skep in panne en maak gelyk. Hou paar okkerneute eenkant vir versiering, kap die res fyn en strooi bo-oor die deeg in die panne.
Klits eierwitte effens, voeg die suiker baie geleidelik by en klop baie goed tot stywe meringue.
Skep op die deeg en bak vir 25 min.
Laat koeke afkoel in die panne.
Klits saam tot styf:
250 ml room
5 ml vanilla geursel
10 ml suiker
Keer die koeke uit en hou meringue bo, smeer room op en sit die ander koek bo-op, smeer die res van die room bo-op en versier met okkerneute. Kan bietjie kakao oor sprinkel vir versiering

Geniet hom, dit is ‘n treffer.

 




TROPIESE VLASKYWE

TROPIESE VLASKYWE
1 x 200 g Cream Crackers
5 x 250ml melk
50 ml botter of margarien
250 ml suiker
125 ml koekmeel
125 ml mielieblom (maizena)
50 ml vlapoeier
knippie sout
3 eiers geskei
125 ml koue water
vanilla geursel
Pynappellaag:
250 ml suiker
25 ml vars suurlemoensap
440 g fyn pynappel, gedreineer en deur sif gevryf
Glansversiersel:
300 ml versiersuiker, gesif
50 ml kookwater

Rangskik die helfte van die beskuitjies in ‘n gesmeerde vierkantige tertbak. Verhit melk, botter en suiker oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Verhoog die hitte en roer tot die mengsel kookpunt bereik. Meng meel, mielieblom, vlapoeier en sout. Klop eiergele en water, roer by die droë bestanddele en meng goed. Roer ‘n bietjie van die melkmengsel daarby, meng goed en skep die eiermengsel by die res van die melkmengsel. Verhit oor matige hitte en klop tot die mengsel verdik. Verwyder van hitte en geur met vanielje geursel. Laat effens afkoel, klits eierwitte styf en vou liggies by die vlamengsel in. Skep die mengsel oor die beskuitjies, smeer gelyk en pak die orige beskuitjies bo-op die vla mengsel sodat die boonste laag beskuitjies oor die onderste laag pas. Laat in yskas om heeltemal styf te word.

Pynappellaag:
Verhit die suiker, 25 ml water en die suurlemoensap, roer tot al die suikerkristalle opgelos is en kook tot sagtebal stadium. Roer pynappel by en kook 5 minute. Vryf die mengsel deur ‘n sif en smeer oor die beskuitjies. Laat in yskas tot gestol.
Glansversiersel:
Meng versiersuiker en kookwater en smeer oor pynappellaag. Laat in koelkas totdat die glansversiersel geset het. Sny in skywe.
Foto:  Lea Drieselmann

 




BEETKOEK MET APPEL EN BOSBESSIES

 

Beetkoek versier met roomkaas en neutetested

BEETKOEK MET APPEL EN BOSBESSIES
Resep geplaas en foto:  Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie beet koek is baie baie lekker, baie dieselfde tekstuur as ‘n wortelkoek, maar heerlik klam, julle kan hom maar bak..Yummies!!!
625 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
7.5 ml koeksoda
15 ml gemengde speserye
5 ml sout
375 ml ligte bruinsuiker
300 ml olie
4 eiers
Gerasperde skil van een lemoen
5 ml vanilla geursel
250 ml granny smith appel gerasper
500 ml rou beet gerasper
100 g pekanneute of okkerneute gekap
60 ml bosbessies (cranberries)

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n losboomkoekpan en voer die bodem met gesmeerde bakpapier uit. Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, speserye en sout saam. Klits die suiker, olie, eiers, lemoenskil en vanilla saam totdat dit deeglik gemeng is. Voeg die res van die bestanddele by en vou laastens die droë bestanddele met ‘n groot metaallepel in. Giet die mengsel in die voorbereide koekpan en bak vir sowat 45 min of totdat die toetspen skoon uitkom. Laat die koek afkoel en keer dit uit.
Versier met roomkaasversiersel of sit bloot versiersuiker bo-oor.
ROOMKAASVERSIERSEL
Maak ‘n basiese botterversiersel met botter en versiersuiker en voeg dan 250 g roomkaas daarby. Klop tot glad.