LAMSBLAD IN DIE OOND GEBAK

lamsblad gesny

LAMSBLAD IN DIE OOND GEBAK
Neem ‘n lamsblad en besprinkel goed met sout, swart peper  en kruie van jou keuse soos roosmaryn ens.
Neem ‘n ½ bottel Ina Paarman  “creamy salad dressing” en meng dit met ongeveer 30ml balsamiese asyn.
Sny ‘n groot ui fyn. Plaas die vleis in ‘n kasserol met deksel, sprinkel die fyn ui en sous oor die vleis, sit die deksel op en bak in die oond teen 160 ºC vir ongeveer 2.5 ure.
Draai gereeld om en so uur voor die einde van die bak tyd kan jy aartappels bysit indien verkies.

Resep en foto:  Rina Kleinhans




PETIT FOURS 2

petit fours 2
PETIT FOURS 2

Mens kan ‘n verskeidenheid gebak gebruik vir die maak van Petits Fours. As mens ‘n spoggerige tee hou is Petitsfours in enige van sy vorms ‘n moet.
Meingue is eerste op die lys. Die resepte is in Engels en ek gaan dit so los netnou maak ek ‘n blaps met die vertaling.
Daar is drie soorte meringue’s nl Franse Meringue, Italiaanse Meringue en laaste Swiss Meringue. Die maklikste en eenvoudigste is die Franse Meringue. Ons gaan hom gebruik.French Meringue
Make 300g or 20 individuel meringues
4 egg whites
250 g caster sugar

Beat the egg whites until they form stiff peaks.
Sprinkle on a little sugar and beat well.
Continue to add small quantities of sugar, beating well after each addition, until all the sugar has been added and the mixture holds stiff peaks.
Bake at 120 º C for three hours.

Butter Cream
(600g buttercream)
5 egg yolks
125 g sugar
10 cl water
250 g butter softened

To flavour the buttercream you can add strong black coffee liqure lemon juice vanilje 90 g melted choclate or anything you desire
Wisks the egg yolks until they are thick and foamy and light in calour.
Over meduim heat,dissolve the sugar in the water and cook the surub to the thread stage.
pour the hot syrup into the wisked egg yolks in a thin stream,beating all the time and continue to beat until the mixture is cool . It will be pale,thick and fluffy
Cream the butter in a bowl with a wooden spoon then stir in the egg mixture and beat it with the wooden spoon until all the egg is incorporated and the buttercream is smooth,light in texture and shiny Stir in the flafouring.

(Ek klits die eirgeel en suiker met ‘n elektriese klitser) Buttercream kan tot 1 week in yskas geberg word voor gebruik.
Volg die foto’ om die meringue te voltooi.

Geplaas deur Tim En Elsie Slabbert



MOROKAANSE HOENDERGEREG

marokaanse hoender
MOROKAANSE HOENDERGEREG

BESTANDELE
16 hoenderdye en ‘boudjies
sout en varsgemaalde swartpeper
10 ml paprika
7.5 ml fyn koljander
7.5 ml fyn komyn
½ ml kaneel
5 ml gedroogde tiemie
10 ml bruinsuiker
30 ml olyfolie

Metode:
Meng die speserye, tiemie en bruinsuiker met die olyfolie.
Besprinkel die hoender mildelik met sout en swartpeper. Gooi die spesery-oliemengsel oor en meng goed deur sodat al die hoender met die mengsel bedek is.
Laat dit minstens ‘n halfuur alleen om te marineer, dit kan egter oornag ook marineer.
Dan kan jy dit buite op die vuur braai, of bak dit in die oond teen ‘n hoë temperatuur (200 – 220 °C) vir ‘n uur, afhangend van die grootte en dikte daarvan.



RIVERSIDE SE MOUSAKA

mousaka renetested

RIVERSIDE SE MOUSAKA
Riverside se manier
750 g bees maalvleis
3 eiervrug [so gemiddelde grootte]
6 middel/groot aartappels
2 uie baie fyn gekap
2 fyn gekapte huisies knoffel
125 ml goeie rooiwyn
¼ koppie vars gekapte pietersielie
1 koppie tamatie puree / of fyn gesnipperde tamaties [ se die resep] ek het my tamatiesous resep gebruik wat ek vir krummelpap maak,gebruik]
2 eetlepels tamatie paste
1 eetlepel fyn kaneel

1 teelepel all spice
1 eetlepel bruin suiker
Sout en peper na smaak
2 koppies broodkrummels
6 eierwit, geklits [ gebruik geel by Bechamel sous]1 koppie kefalotyri of parmesan kaas[wat jy nie op die dorp kry nie, cheddar gebruik]
Bechamel sous
1 koppie gesoute botter [ dis omtrent 250 g]
1 koppie koekmeelblom
4 koppies warm melk
6 eiergele
Knippie nutmeg

Met groenteskiller skil eiervrug, los strepies skil aan vir mooigeid- sny die eiervrug in skywe van omtrent 5cm dik. Plaas op n bakplaat en strooi beide kante sout – nie minder 20 minute, verkieslik n uur, die sout help om die bitter vd eiervrug minder te maak en onttrek die vog.
Skil die aartappels en kook tot amper gaar, moet nog ferm wees. Dreineer en laat afkoel. Sny in 5cm dik skywe
Klits die eierwit met n klein bietjie water tot lig
Spoel die eiervrug af met water en maak droog met papierhanddoekie. Dip in die eierwit en dan in die broodkrummels. Pak op n bakplaat en bak tot gaar[ die AGA het nie Celsius stelling nie, in redelike matige oond gebak]
Vleisvulsel
Roerbraai die beesmaalvleis tot pienk, voeg uie by en roerbraai tot uie deurskynend is ± 5 minute.
Voeg die knoffel by en braai 1 minuut lank.
Voeg die wyn by en prut tot die vloeistof effens afgekook is, voeg dan eers die pietersielie, kaneel en all spice by. Dan die tamatiepaste en die fyn gaar tamatiesen suiker. Prut vir 15 minute sonder deksel, moet redelik droog wees, nie te souserig nie.
Maak die béchamel sous
Smelt botter oor lae temperatuur. Met n balklitser voeg die meel by om n sagte paste te verkry- moenie laat bruin word nie
Voeg die warm melk by en klits voortdurend. Prut oor lae hitte tot sous verdik.
Verwyder van die hitte af en voeg die eiergeel een vir een by, klits aanhoudend, voeg nutmeg by.
Sit terug op die plaat en kook tot sous dik is.
Samestelling.
Smeer in lasagne oondpan liggies; strooi liggies broodkrummels
Pak nou die lae, begin met die aartappelskywe, laat n effense opening vd rand, sodat sous later kan inloop
Lae: aartappel; eiervrug; beesmaalvleis; kaas; béchamel sous en dan die res van die kaas.
In die Aga se boonste oond gebak vir 30 minute [ sterk warm] toe vir verdure 15 minute in die koeler onderste oond. [Elektrise stoof 180°C]
Rus vir 15-20 minute voor jy bedien. Dan sien jy die lae mooi. Maar as jy honger is eet maar dadelik, hehe.
Sit voor saam met n mengelslaai en die res van die goeie rooiwyn.

Bron: Rene Truter Wessels

 




KRUMMEL VARKTJOPS

krummel varktop marie
KRUMMEL VARKTJOPS
5-6 Loin varktjops
150 ml sonneblom olie
1 groot pak kaas en uie skyfies fyngedruk
foelie
Voorbereide oond van 180 ºC.
Verf die varktjops liggies met olie aan beide kante.
Sny die vetjie liggies af.
Rol tjops in kaas en uie skyfies tot goed bedek.
Pak in oondvaste bak en bedek met foelie. Bak vir 45 min.
Verwyder foelie en bak verder tot mooi bruin.
Geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Geskryf deur: jpetro




PLAASVERVANGERS 2

PLAASVERVANGERS 2
250 ml bruismeel = 250 ml koekmeel en 7.5 ml bakpoeier
15 ml mielieblom = 30 ml koekmeel (as bindmiddel)
5 ml bakpoeier = 1 ml koeksoda en 2.5 ml kremetart|
250 ml melk = 250 ml kookwater en 90 ml melkpoeier

1 blokkie sjokolade = 45 ml kakao en 7.5 ml botter of vet
250 ml suurmelk = 250 ml melk en 15 ml suurlemoensap of witasyn
250 ml botter = 220 ml kookolie of 220 ml varkvet met sout
1 eier = 30 ml water en 3ml bakpoeier
250 ml joghurt = 250 ml karringmelk of 250 ml suur room
5 ml suurlemoensap = 3 ml asyn




FLATERVRYE SKONS

flatervrye skons
FLATERVRYE SKONS

Ek het hierdie skons (resep van skoonma) nou al vir derde keer gemaak. Dit is regtig flatervry. Boonop is ek (of was ek) nog nooit mal oor skons nie want as die bakpoeiersmaak nie my tong en verhemelte irriteer nie, gee dit myon gelooflike sooibrand. Hierdie is alles wat bostaande nie is nie.
Die deeg is maar aan die papperige kant as jy dit uitdruk maar ek was slim, het dit sommer in my muffinpannetjies gegooi. Dit is lekker net soos die resep se maar vir hierdie klompie het ek ‘n handvol kaas, ‘n eetlepel fyn peppadews (in die botteltjies) en ‘n paar snysels chives bygesit om dit ‘n meer savoury skon te maak.(12 skons – muffingroottes)

1 x 500 g pakkie bruismeel
1 houer room (250 ml) (het al die room ook vervang met joghurt, gooi net bietjie melk by)
1 klein blikkie sodawater of limonade (200 ml)
knippie sout
Gooi alles in ‘n mengbak en meng goed.
Druk uit in eweredige groottes (of skep dit soos ek in ‘n muffinpannetjie)
Bak vir plus/minus by 180 ºC of 350 ºF vir ongeveer 20 min.

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand

 




PORK BELLY IN DIE PRUTPOT

PORK BELLY IN DIE PRUTPOT
Hier is n heerlike resep vir die pork belly in die slow cooker. Maak ‘n marinade van:
4 eetlepels sojasous
2 eetlepels bruin suiker
2 koppie Chardonnay
1 groot ui gekap
3 knoffelvingers gekap
1 blikke tamatie pasta
1 lourierblaar
1 takkie vars tiemie
Hand vol gekapte ” flat leaf parsley”

Meng alles en plaas in die slow cooker. Plaas pork belly op sous en maak gaar vir 6 tot 8 urge. Haal pork belly uit en verdik sous met bietjie maizina. Plaas pork belly terug vir nog so 30 min.
Resep:  The-Bald Chef



GEVULDE HOENDERBORSIE

gevulde hoenderborsie - konveksie

GEVULDE HOENDERBORSIE
Convection oven resep
4 hoender borsies
15 peppadews
1 ring Feta kaas

Kap peppadews fyn. Krummel feta kaas. Meng.
Sny op lengte ± opening in hoender borsies.
Sit peppadews/Feta kaas mengsel in hoender borsies.
Vat ‘n hoender speserye of rub, strooi onder in vlakkerige glas bak. Pak hoender borsies in en strooi nog speserye/rub bo oor. Sprinkel ook peppadews/Feta op.
Stel convection oond op 170°C en 35 minute.
Bedien op gestoomde spinasie en saam met gestoomde aartappels.
Sout en rooi of swart peper na smaak.
Resep en foto:  Juanita Andre De Vries –




AIOLI – FRENCH MAYO

AIOLI
AIOLI – FRENCH MAYO

2 medium garlic cloves
1 teaspoon Dijon mustard
1 large egg
1/2 cup extra-virgin olive oil
1/2 cup grapeseed or vegetable oil
2 teaspoons freshly squeezed lemon juice
Salt
Place the garlic, mustard, and egg in the bowl of a food processor fitted with a blade attachment. Process until evenly combined, about 10 seconds.
With the motor running, slowly add the olive oil in a thin stream, followed by the grapeseed or vegetable oil, until completely combined, about 2 minutes. Stop the processor, add the lemon juice, season with salt, and pulse until thoroughly mixed. Stop and scrape down the sides of the bowl with a rubber spatula, then pulse until all ingredients are evenly incorporated.
Let sit for at least 30 minutes before using. Refrigerate in a container with a tight fitting lid
Recipe: The-Bald Chef