PEPPADEW KONFYT
Sommer eie resep uit kop.
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter
Sommer eie resep uit kop.
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter
Annette Swanepoel
(tannie Ria Myburgh, Kanoneiland)
Foto: Johan Coetzee
6 – 8 koppies gaar beet, in blokkies gesny of gerasper
2 uie, gekap
2 koppies suiker
2 koppies asyn
3 eetlepels Maizena (maak aan met bietjie lou water)
1 eetlepel matige kerriepoeier
1 teelepel sout
Meng suiker en asyn, kook matig en roer tot suiker opgelos het. Voeg uie en beet by en kook vir 10 minute. Sit kerrie en sout by en kook 5 min, sit die aangemaakte Maizena by en kook net deur.
Bottel warm in gesteriliseerde potjies.
nota: ek gooi so halwe koppie sweet chilli sous in vir ‘n lekker ekstra smakie.
Nota: Louise Groenewald
Ek het dit ook gister gemaak. Ek het ook die sweet chilli bygesit. Ek het 4 groot potte en 3 kleintjies op 3 kg beet uitgekry. Dalk kan jy dit by die resep sit as ‘n riglyn Rina? Mens wonder mos altyd “hoeveel gaan jy uitkry”.
1ste FOTO: Louise Groenewald
2de FOTO: Marié Fourie
BRON: (Tannie Sarie Kleu Kareedouw)
Resep aangepas deur Rina Kleinhans
BEET BLATJANG
10 Groterige Beet. Dit maak omtrent 6 koppies gaar blokkies.
kook tot sag, trek skilletjie af, en sny in klein blokkies, en hou eenkant.
Kerf 3 uie nie te fyn nie, maar ook nie te grof nie.
Plaas beet, uie en 250 gram sultanas in pot saam met
2 koppies asyn
3 koppies suiker
Bring tot kookpunt
Voeg 3 eetlepel kerriepoeier, 1 teelepel sout en 1/2 teelepel Peper by.
Kook dit saam vir so 10 min.
Maak 45 ml Maizena aan met n bietjie water, voeg by, kook deur,
En bottel in gesteriliseerde flesse.
Sarel Swart by Marietha Meynhardt
Foto: Karin Klinck Pitout


KERRIEBONE
Het toe my kerrie bone gemaak, en moet se dit is die lekkerste wat ek nog geproe het. Het die resep by my man se vriend gekry, was sy oume sin!
Kook saam tot sag:
2 diepborde gekerfde bone
2 diepborde gekerfde ui
1 desertlepel sout (10 ml)
Meng saam:
1 teelepel mosterdpoeier
2 desertlepels kerrie (10 ml)
2 teelepels borrie
2 eetlepels maizena
3 koppies suiker
3 koppies asyn
2 desertlepels stroop (10 ml)
Voeg by sag gekookte bone en prut vir 20 min.
Bottel in skoon flesse en seel dadelik.
Dit is heerlik
Resep: Janine Opperman
SOET GEPEKELDE UIE
Ek gebruik net bloot 1 koppie suiker op ‘n bottel asyn (ek gebruik net swart druiwe-asyn, maak nie saak wat die resep sê nie). Dit kook ek saam tot die suiker opgelos is, pak die bottels vol klein piekeluitjies (het ook-al uieringe gebruik by gebrek aan piekels) giet die kokende asyn oor en bottel. Ek maak ook ander groente so in, blomkool en wortelrepies is besonder lekker.
RESEP: Riana Viljoen
Heidi Minnaar Serfontein se resep:
Hier is ‘n baie maklike een vir jou.
2 kg uie
½ bottel witasyn
2 eetlepel kerriepoeier
1 teelepel sout
3 koppies suiker
Kook tot uie begin sag word, nie pap, voeg 4 eetlepels maizena by.
Kook 1 min en bottel warm.
Geniet
GEDROOGTE MANGO’S (SMEER MANGO’S)
Resep: Lekker vir later
FOOD LOVERS RECIPES
Skil die mango’s en sny die vleis van die pitte af. Verulp die vleis en smeer dit op bakplate wat met waspapier gevoer is. Plaas dit in die son om te droog. Namate die pulp droog word, word vars mango pulp bo-oor gesmeer totdat dit ongeveer 1cm dik is. Wanneer die pulp droog is, word dit opgerol en in stukke gesny.
SMEERPERSKES , ONGEKOOK
Halveer en ontpit ryp perskes. Maal die vrugte en voeg ‘n bietjie heuning en ‘n knippie sout by. Smeer die mengsel 5mm dik op gesmeerde botterpapier en laat in die son droog word. Beskerm teen vliee en sand. Smeer ‘n dun lagie heuning oor die droë smeer en rol dit Op. Strooi wit suiker oor die rolle, draai dit in waspapier toe en berê dit in lugdigte flesse of blikke.
GEKOOKTE SMEERPERSKES
Halveer en ontpit ryp perskes en sny in stukke. Verpulp die stukke en verhit tot kookpunt, roer net af en toe. Of kook die stukke in klein bietjie water tot sag, dreineer en vryf die warm vrugte deur ‘n sif. Meet die hoeveelheid puree. Voeg by elke 250 ml puree 50 g wit suiker. Verhit dit stadig tot kookpunt en roer aan die begin tot die suiker opgelos is. Kook mengsel ‘n minuut of twee. Smeer mengsel dun op bakplate wat met botterpapier uitgele is. Beskerm teen vliee en sand en plaas dit bedags in die son om droog te word, maar hou snags in die huis.
Dit kan ook in die oond by 60 °C gedroog word. Rol die perskesmeer op sodra dit droog is en strooi wit suiker oor. Draai elke rol in waspapier toe.
PICKLED CHILLIES – GEPEKELDE RISSIES
Ek pickle gereeld my eie chillies:
Koop vars Jalapenos chillies spoel af, pak in bottels saam met die volgende:
1 knoffelhuisie (gekeneus)
1 eetlepel Roberson se pickling spice (boksie)
1 eetlepel suiker
1 teelepel sout
1 lourier blaar
Bring bruinasyn tot amper koopunt en giet oor die chillies! Verseël en berê vir ‘n maand voor jy dit gebruik! (Top asyn weekliks op todat die chillies dit nie meer ”opdrink” nie)
Resep: Christabel Garisch
Foto: Ellen Minnie
MURGPAMPOENTJIE PIEKELS
1,6 kg murgpampoentjies, ringe gesny (baby marrow)
5 knoffel huisies, gekneus
3-4 rissies, fyngesny
2 koppies suiker
2 koppies asyn
1 teelepel pickling spice
1 teelepel sout
Laat gesnyde myrgpampoentjies oornag in soutwater lê. Spoel volgende oggend goed af. Sit in kastrol en voeg res van bestanddele by. Kook tot deurskynend. Bottel warm.
Resep: Marthie Grobler
Foto: Marietjie Meraai Prinsloo – Net meer Rissie ingesit en my knoffel net kleiner gesny
GEDROOGTE APPELKOOSBLATJANG
250 g gedroogde appelkose, rof gekap
1 handvol ontpitte rosyne
½ ui, fyn gekap
125 ml bruinsuiker
1 teelepel sout
1 teelepel gemaalde gemmer
½ teelepelgemaalde koljander
1 teelepel rooipeper
¼ koppie asyn
Braai die ui in ‘n bietjie olie tot deurskynened. Voeg die speserye by en braai vir ‘n paar minute. Voeg die res van die bestanddele by en prut totdat die appelkose sag is Bedien met die vetkoek en bobotiemaalvleis of skep in gesteriliseerde flesse.
RESEP: Lynette Knoetzen