ADRIAAN SE SKROEF PASTA

tested

ADRIAAN SE SKROEF PASTA

Dankie, dames ek gaan ‘n resep met jul deel en ek neem geen verantwoordelikheid vir die vet nie:
1 x 500 gr pasta skroewe gekook tot al dente, hou eenkant in ‘n groot pot.

Die bestanddele wat volg se hoeveelhede hang van jouself af.

In ‘n aparte pan braai hoender repies tot gaar, in dieselfde pan braai (alles word apart gebraai in dieselfde pan) ‘n pakkie bacon tot lekker crispy, asook enige worsies van jou keuse, mushrooms wat in skyfies gesny is, uie, en green pepper.
Meng dan alles saam en braai saam met knoffel vir ‘n minuut.
Voeg by pasta en meng deur.
Voeg by 250 ml room, asook fetakaas, cheddarkaas en mozerella.
Laat dit prut vir 20 min en bedien saam met vars gebakte caibatas!

RESEP:   Adriaan du Preez



HILDA SE DADELVINGERS

dadelvingers wilnatesteddadelvingers

HILDA SE DADELVINGERS
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES

Hilda vertel: Dis trooskos vir mense wat moeg is na liggaam, siel en gees. Wees maar gereed om met die tweede bakslag die bestanddele te verdubbel. Twintig hou skaars ‘n paar dae tussen my en Oubaas.
250 g botter of margarien
250 ml suiker
500 g dadels, fyn gekap
1 eier, goed geklits
100 g (125 ml) groen glanskersies
100 g (125 ml) rooi glanskersies
1 x 200 g pakkie Mariebeskuitjies, in klein stukkies gebreek
Klapper, om oor te strooi
Smeer ‘n koekpan van 26 cm x 16 cm. Verhit botter of margarien en suiker oor matige hitte en roer tot suiker gesmelt is. Verlaag hitte, voeg dadels en eier by en meng vinnig en deeglik om eier egalig te versprei.Voeg kersies en koekiestukkies by, meng en haal van die stoof af. Giet mengsel in voorbereide pan en druk dit stewig met die agterkant van ‘n glas vas. Strooi klapper oor en laat heeltemal afkoel. Sny in vingers van 3 cm x 6 cm.
Lewer 20 vingers.

VARIASIE FOTO 2 – Nathalie Jessica Koekemoer- Groot
Dadel vinngers resep van die blog, weer met n twist!!
Ek het die kersies vervang met neute, gedroogde mango en papaja stukkies!!




BILTONG BLOKKIES

biltong blokies
BILTONG BLOKKIES
250 ml geurige witsous
200 ml gerasperde kaas
250 ml fyn biltong
2 eiers

Klop warm witsous by eiergele. Vou kaas en biltong in mengsel. Vou styf geklopte eierwitte in mengsel. Skep in vierkantige bak, bak 15 of tot goudbruin by 180°C. Sny in blokkies en geniet.




HOW TO CLEAN YOUR COOKIE SHEETS

how to clean

HOW TO CLEAN YOUR COOKIE SHEETS

Kitchen “Miracle” Cleaner!
You put about ¼ cup of baking soda in a small glass bowl and squirt in hydrogen peroxide until it makes a nice paste.
Then you rub it on the offending dirt/stain/grease…whatever!
You can usually just use your fingers…but you can also use a small sponge as well.
Nicolette Walsh



MAKLIKE AARTAPPELGEREG

MAKLIKE AARTAPPELGEREG
8 medium aartappels
1 blik ingedampte melk
1 pakkie soppoeier [Hoenderroom, sampioen of aspersieroomsop]
2 groot uie
1 knoffelhuisie
250 g spek
Gerasperde kaas
Stoofplaat en Oond

Kook die aartappels in hulle skille tot dat dit gaar is en laat dit dan afkoel. Verwyder dan die skille en sny die aartappels in plat skywe.
Kook die melk en soppoeier saam tot dit dik is.
Braai die ui, die knoffel en die spek saam.
Voeg die bo-genoemde by die sop.
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Pak nou lae aartappel in ‘n oondvaste bak  ( pak die skywe oor mekaar regop, soos domino’s wat om geval het)  en gooi die sop mengsel oor.
Laastens strooi kaas bo-oor aartappelgereg.
Plaas in die oond tot die kaas smelt en gereg deur warm is.
Geskryf deur Tiaan Louw

 




SLOW COOKER GOULASH


SLOW COOKER GOULASH
4 to 5 medium potatoes, peeled and diced large
splash vegetable or olive oil
250 g lean beef stewing steak
5 medium onions, sliced
1 clove garlic, crushed
salt and pepper to taste
1 good squirt tomato puree
20 g paprika
450 ml (3/4 pint) hot water to cover ingredients in pot
200 g pasta of your choice
Begin by turning slow cooker onto the ‘low setting’. Place the potatoes in the bottom and replace the lid whilst preparing the rest of the ingredients.
Heat oil in a frying pan and sear the beef. When browned well add to the slow cooker.
In the same pan, add the onions and add more oil if necessary. Sweat down the onions until they take on some colour, add the garlic and stir for a few seconds then add to the slow cooker to join the meat and potatoes.
Add the tomato puree, seasoning and paprika to the slow cooker. Boil the kettle and pour into the frying pan to scrape up any meat and onion juices. Pour into the slow cooker. Stir well and cook on low for a minimum of 6 hours – have cooked this for 10 hours and has been wonderful. Stir occasionally.

SOURCE:  Samanthas-supper




COFFEE BISCUIT FILLING

COFFEE BISCUIT FILLING
COFFEE BISCUIT FILLING
¼ packet margarine
½ cup sugar
3 tablespoons milk
1½ teaspoons coffee essense
½ teaspoon vanilla essense

Mix everything together in a saucepan and stir over moderate heat until sugar has dissolved. Boil for 5 minutes. Remove from heat and beat with a wooden spoon until creamy
Recipe: Flop proof cooking



LEKKER PEPERSOUS

PEPPER SAUSE

LEKKER PEPERSOUS
Hier is ‘n maklike heerlike een.
2 eetlepel margarien
1 eetlepel grofgemaalde peper, of minder, want dit is te sterk vi my.
Smelt saam en voeg een bakkie 250 ml room by.
Kook en verdik met bisto. HEERLIK.
Dieselfde kan gedoen word met sampioensous. Net baie minder peper.
Braai bietjie uie saam met die margarien, voeg gesnyde sampioene by, dan room, kook deur en verdik met bisto.

Resep: Elsabe de Waal




“MONKEYGLAND” SOUS

MONKEYGLAN SAUSE
“MONKEYGLAND” SOUS
2 ui opgekap
1 koppie blatjang
1 koppie tamatiesous
2 eetlepels worcestersous
2 eetlepels bruinsuiker
2 eetlepels asyn
Braai uie tot bruin. Voeg ander bestanddele by en prut vir 10 minute.
Baie baie lekker,

Resep: Christo Houghten




SKAAPTJOPS MIGNON

skaaptjop mignon2skaaptjop mignontested

SKAAPTJOPS MIGNON
skaap lende tjops
sout
peper
swoerdlose streepspekvleis
Worcestersous
tamatiesous

Verhit die oond tot 180°C. Ontbeen die tjoppies. Geur liggies met sout en peper en draai ‘n reep spek om elk, steek die spek met ‘n tandestokkie vas. Sprinkel bietjie Worcestersous oor en ‘n skeppie tamatiesous. Gebruik ‘n oondpan met ‘n rakkie, en bak dit onbedek vir ongeveer ‘n halfuur tot gaar.
Geniet hom. dis heerlik!!
Resep geplaas deur Lizelle De Jager
Foto’s: Hennie van Deventer