GEVULDE VARKRIBBETJIE

GEVULDE VARKRIBBETJIE

Verras u gesin of gaste met die smaaklike, ekonomiese gereg. Die varkribbetjie word ontbeen (vra die slagter om dit vir u te doen), gevul en in die oond gaargemaak.
As u vooraf met ‘n baie skerp mes skywe 1/2 cm uitmekaar in die vel afmerk, sal die oortollige vet tydens die gaarmaak dreineer en die voorsny sal aansienlik vergemaklik word.
1 kg varkrib, ontbeen en die vel ingesny
growwe seesout
vars gemaalde swartpeper

VULSEL:
1 groot ui, gekap
½ koppie (125 ml) gekapte selderystingels
1 teelepel (5 ml) droë salie of 1 eetlepel (15 ml) vars salie
2 Granny Smith-appels, ongeskil en grof gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
1 eetlepel (15 ml) botter
1 eetlepel (15 ml) olie
1 eetlepel (15 ml) suurlemoensap
1 teelepel (5 ml) suiker
½ teelepel (2,5 ml) sout
knippie vars gemaalde swartpeper
3 – 4 snytjies roosterbrood, in klein blokkies gesny

Gebruik die punt van ‘n skerp mes om ‘n lekker diep sak in die ribbetjie te sny sodat dit soos ‘n klein kussingslopie lyk.
Geur die vleis binne en buite met sout en peper.
Braai die gekapte groente en kruie in ‘n olie/botter-mengsel tot sag en glansend.
Geur met suurlemoensap, suiker, sout en peper. Voeg die roosterbroodblokkies by.
Stop die ribbetjie met die vulsel. Werk die opening toe.
Oondrooster 1½ uur lank by 180°C. Laat rus vir 10 minute terwyl u die sous maak.
Sny voor in skywe. Sit voor met gebakte aartappels, ‘n bruin uiesous en beskikbare groentes.




TUNA EN LENSIE BOBOTIE

TUNA EN LENSIE BOBOTIE
4 snye brood, korsies verwyder
250 ml melk
45 ml olie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
10 ml sout
10 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
5 ml droë brandrissies
5 ml masala
5 ml koljander
5 ml komyn
3 x 170 g blikkies tuna
500 ml gaar lensies (sien wenk)
45 ml suurlemoensap
Vars gemaalde swartpeper na smaak
Bolaag
Lourierblare
2 eiers
80 ml melk

Voorverhit die oond tot 180 °C. Breek die brood in stukke en giet die melk bo-oor. Laat staan tot heeltemal geabsorbeer. Verhit intussen die olie in ‘n groot pan en braai die ui en knoffel daarin tot sag.
Voeg die sout en speserye by en braai vir twee minute, tot geurig. Voeg die tuna en lensies by en braai tot geurig en deurwarm. Voeg die suurlemoensap, brood-en-melkmengsel, asook swartpeper na smaak by en braai tot goed gemeng en deurwarm. Skep in ‘n gesmeerde oondbak.
Bak vir 30 minute. Verwyder uit die oond en druk ‘n paar lourierblare in die bobotie. Klits die eiers en melk saam en giet bo-oor die bobotie. Bak vir ‘n verdere 10 minute, tot ferm en goudbruin. Sit voor met rys. Lewer agt porsies.

Wenk: Om tyd te bespaar, gebruik 2 x 410 g blikke gaar lensies vir die resep. Spoel dit net vooraf baie goed af en dreineer goed.

Foto: Sandra Schreuder-de Klerk




ROYAL ICING VIR DIERTJIES (beproef)

diertjies

daar is behoorlik soveel royal icing resepte soos wat daar bakkers is
Die reseppie werk ook baie lekker:


500g Versiersuiker
2 Eierwitte
1 tl suurlemoensap
Klits jou eierwitte en versiersuiker baie goed saam en voeg dan jou suurlemoensap by. Klits weer goed.
Om te keer dat die royal icing te hard droogword kan jy 1 tl gliserien inroer, veral kleiner kindertjies sukkel dan nie so om die koekies te eet nie.

Resep:  Charlotte Verwey da Silva
Foto: Liz Kitching




SULTANA – CHUTNEY

sultana chutney

SULTANA – CHUTNEY
Kook 2 koppies asyn, 2 en halwe koppie suiker en 1 teelepel sout saam.
Voeg 4 groot gesnyde uie by en kook saggies vir 10 minute.
Voeg by:
1 Eetlepel kerriepoeier
1 teelepel borrie, gemeng met 2 Eetlepels soetwyn.
Voeg dan 1 kg sultana korrels by en kook vir 20 minute.
Roer 5 teelepels maizena, aangemaak met bietjie water by.
Kook goed deur en bottel warm




3 BESTANDDELE MUFFINS

3 BESTANDELE MUFFINStested

3 BESTANDDELE MUFFINS
2 koppies self raising meel
1 koppie melk
4 eetlepels mayonaise

Meng alles saam en bak by 200 grade C vir 20 min
Ek het 6 groot muffins uit die beslag gekry!
Smaak nogal lekker ook
Nota: mens kan ook in die plek van die melk, yogurt gebruik vir ‘n lekker geur
Resep:Riana Du Plessis




JOLETTA SE KERRIEHOENDER

JOLETTA SE KERRIEHOENDER
Hierdie resep het ek by my vriendin Joletta gekry. Een van haar Indier vriende maak sy kerrie so. Dit is ongelooflik geurig en lok altyd komplimente uit
1 groot ui fyngekap
Olyfolie
5 knoffelhuisies – gesnipper
Klein stukkie vars gemmer gerasper
1 eetlepel Mehran Chicken Masala of enige lekker SA Kerriepoeier
bietjie borrie vir kleur
¼ koppie asyn
Aartappel blokkies
Sout na smaak
1 blokkie groente/hoender ekstrak
½ koppie kookwater
Mespunt rissie pasta (opsioneel)
500 g hoenderfilette in stroke gesny
Maizena (indien nodig)
½ blik heel tamaties met sous
½ koppie klappermelk/room
Vars koljanderblare na smaak opgekap
Dik room – opsioneel
Sampioene, gesny – opsioneel

Braai die opgekapte ui in genoeg olyfolie. Voeg knoffel en gemmer by en braai tot ligbruin.
Meng Masala, borrie en asyn goed met uiemengsel in pan. Voeg aartappel blokkies by en kook halfgaar.
Voeg hoender/groente blokkie by ½ kop kookwater en roer by hoendermengsel. Nou kan `n mespunt rissiepasta deurgemeng word. Sny ½ blik heel tamaties met sous daarby en prut tot sag.
Voeg nou die hoenderstukkies by. Maak toe en laat liggies kook tot hoender gaar. Moenie laat droogkook, hou sappig.
Maizena kan met sous gemeng word indien verkies.
Gesnipperde sampioene kan bygevoeg word.
Meng klappermelk/room by bg in `n rukkie voor opdiening.
Kap vars koljanderblare na smaak by en dien op met Basmati rys.
`n Paar lepels dik room kan ingeroer word vir gladde tekstuur.

Resep: Adri Malan
Foto:  Rina Kleinhans




GEKRUMMELDE HOENDERGEBAK

GEKRUMMELDE HOENDERGEBAK
8 hoenderstukke
1 eier
¼ pakkie Bacon Kips, gekrummel
250 ml mayonnaise
5-10 ml kerriepoeier
1 ui
1 pakkie sampioenroom soppoeier
600 ml water

Voorverhit oond tot 180°C.
Doop die hoender in die eier en dan in die gekrummelde koekies, pak in oondbak en bak 30 minute.
Meng die mayonnaise, kerriepoeier, soppoeier en ui, en roer die water geleidelik by.
Gooi die sous oor die hoender en bak verder vir 35 minute.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans




HOENDERLASAGNE

HOENDERLASAGNE
(12 ruim porsies)
Hierdie gereg vries baie goed, en is eers lekker na ‘n dag of 2 in die koelkas.
2 gaar hoenders, ontbeen en in stukke gesny
½ pak groen lintnoedels
2 gekapte uie
350 g knopies sampioene, gekerf
2 gekapte groen soetrissies
2 geskilde gekapte tamaties
250 g gerasperde kaas
250 g streepspek, gesnipper
2 pakkies room van hoendersop, aangemaak met 3 – 4 koppies hoenderaftreksel
2 vingers knoffel, gekap
sout, peper, kruie en mostert na smaak

Kook noedels gaar in kookwater.
Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies.
Roer aangemaakte sop by en kook goed deur. Geur na smaak.
Meng die vloeistof met die vleis en noedels.
Skep in plat gesmeerde oondskottel en strooi kaas bo-oor.
Bak by 180°C vir 45 min.
Bedien saam met slaai en lekker vars broodjies.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans




OM KOEK VARS TE HOU

brood op koek
OM KOEK VARS TE HOU

Indien jy koek wil vars en sag hou, plaas ‘n sny bruin brood bo-op die koek, dit sal sorg dat die koek heerlik vogtig bly.

Indien jy ‘n koek bietjie te lank gebak het en die kante is hard, pak bruinbrood snytjies reg om die koek, maak vas met lint en bere oor nag, more sal hy heerli sag wees.

Wanneer droe wors te droog geword het en hard is, pak dit sam met ‘n sny bruin brood in ‘n bakkie, en die volgende dag sal die wors heerlik klam wees

Dries Von Weidtz




LEMOEN HOENDERGEREG

Lemoen Hoendergeregtested|
LEMOEN HOENDERGEREG
Resep en foto geplaas deur Charmaine Du Toit Meldrum
FOOD LOVERS RECIPES
12 hoenderporsies, gegeur met sout, peper en hoenderspeserye
Braai in warm olie tot bruin.
Pak in oondskottel en sprinkel ‘n ½ koppie sultanas bo-oor.
Meng die volgende saam:
1 ½ koppie lemoensap
1 koppie blatjang
1 teelepel bisto

Skep die mengsel oor die hoender.
Bedek met foelie of deksel en bak vir 1 uur teen 180ºC.
Verwyder die deksel en bak nog 30-45 min.
Bedien met rys en mengelslaai.