GESTOLDE WORTEL- EN PYNAPPELSLAAI

gestolde wortelslaaitested

GESTOLDE WORTEL- EN PYNAPPELSLAAI
Ek het granadilla ook ingesit net vir die kleur.
1 blik fyn gemaakte pynappels (410 g)
1 pak suurlemoenjellie
100 g wit suiker (125 ml)
1 ml sout
2 koppies fyn gerasperde wortels
125 ml room

Dreineer die pynappels en vul die sap aan met water tot by 250ml. Verhit tot kookpunt en los jellie daarin op.
Laat afkoel totdat dit dik is maar nie styf nie, klits die dik jellie en gooi die suiker bietjiegewys by.
Meng die wortels en pynappel en vou liggies in jellie in. Klits die room styf en vou dit ook in.
Spoel die jellievorm met koue water uit, gooi mengsel daarin, plaas in yskas om te stol .
Om te ontvorm, hou vorm paar tellings in warm water, keer uit op slaaibord en versier soos verkies.
Hou in koelkas tot opdien.
Foto:  Rina Kleinhans




GESTOLDE AARTAPPELSLAAI

tested
GESTOLDE AARTAPPELSLAAI
600 ml tamatiesop
15 g gelatien (25 ml) – geweek in
50 ml koue water
5 g sout (5 ml)
500 mg peper (1 ml)
12,5 ml druiweasyn
5 g bruinsuiker (5 ml)
400 g gaar aartappelblokkies (500 ml)
fyngekerfde slaaiblare
pietersielie

Verhit die tamatiesop tot kookpunt en voeg die gelatien by. Roer die sout, peper, asyn en suikr by totdat opgelos.
Skep die helfte van die gelatienmengsel in `n klam vorm en plaas in `n koelkas totdat dit begin stol.
Skep die aartappelblokkies hierop en giet die res van die gelatienmengsel oor. Laat in die koelkas totdat dit gestol het en keer uit op n bord gevoer met fyngekerfde blaarslaai. Garneer met pietersielie, 600ml tamatiesap of – moes, berei van vars tamaties, kan gebruik word ipv die tamatiesop.




KLAPPER-JELLIELEKKERS

KLAPPER-JELLIELEKKERS
3 pakkies jellie (2 van dieselfde kleur bv. aarbei en die derde een bv. Groenpruim of suurlemoen
1 blik kondensmelk
400 g klapper

Meng die klapper, 2 pakkies jellie van dieselfde kleur en kondensmelk baie goed met ‘n houtlepel totdat dit aanmekaar kleef.
Rol bolletjies in die palm van jou hand,en rol dan die bolletjie in die 3de pakkie jellie van ‘n ander kleur.
Pak op ‘n skinkbord. Laat ten minste 6 ure staan voor opdiening.

*Na jou smaak*




GESTOLDE BEETRING

gestolde beet met wit botested
GESTOLDE BEETRING

Meng saam:
1 blik kondensmelk
1 pakkie gladde maaskaas
Voeg by:
¼ koppie suurlemoensap
1 teelepel gelatien (los op in bietjie koue water tot geswel, sit in die mikrogolf vir rukkie)
Giet in ring en laat goed stol.

Meng saam:
1 groot bottel gerasperde beet (sorg dat dit leka beet is), kan ook 2 dosies Werda beet gebruik
1 pakkie jelly net so droog (ek het hier nog 1 teelepel gelatien aangemaak en bygesit)
Laat stol!!!! Dis heerlik en bietjie iets anders saam braai 😉

Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis

Arèn Serfontein
My resep
Witlaag:
15 ml gelatien
90 ml warm water
200 ml mayonnaise
125 g fyn maaskaas
Beetlaag:
425 g blik beet
15 ml gelatien
125 ml warm water
40 ml asyn
suiker na smaak
Die metode glo ek is seker maar dieselfde. Onthou net jy moet die beet en die sap verpulp.




KONDENSMELK BESKUIT

kondensmelk beskuittested

KONDENSMELK BESKUIT
1,5 kg bruismeel (SR)
250 g botter
200 g suiker
1 blik kondensmelk (397 g)
10 ml sout
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
2 kondensmelkblikkies met water (of bietjie meer)

Sif droë bestanddele saam.
Vryf sagte botter met vingers in tot soos broodkrummels lyk.
Maak holte in middel van mengsel en meng die kondensmelk, water en eier en gooi by.
Meng alles goed (met jou hande) om ‘n redelike stywe deeg te vorm.
Maak balletjie en trek langerig en pak in gesmeerde broodpanne.
Ek het sommer my hande met spray en cook gespuit, dan werk die deeg makliker.
Bak nou in voorverhitte oond van 180gr C vir 1 uur
Haal uit, laat bietjie afkoel en verdeel
Nou reg vir uitdroog
Voila… dit smaak lekker (ook nie te soet nie).
Bron: Beatrix Erasmus
aangepas en foto:  Louise Groenewald

 




LINDIE SE BOONTJIESOP

lindie se boontjiesop

LINDIE SE BOONTJIESOP
Lindie se resep, sy sallie omgee as ek dit met jou deel nie. Dis smaak tog te lekke;

1 pak boontjies
Geskikte skaapvleis vir sop
1 blokkie beef geurmiddel
Kook in slowcooker vir 6 ure op hoog.
Verbruin pak spek stukkies en 1 ui.
Voeg by die boontjies en vleis.
Voeg 4 gerasperde wortels en blik tamaties en origanum by.
Kook vir nog 1 tot 2 ure
Resep en foto: Claudette Solomons Opperman



BILTONGWIELIETJIES

biltongwielietjies

BILTONGWIELIETJIES

1 boks Bacon Kips
botter gemeng met Bovril
wit brood, uitgedruk so groot soos Bacon Kips (gebruik ‘n sjerrie glasie)

Smeer brood beide kant met die smeer.
Plak Bacon Kips weerskante van die brood.
Rol kante in fyn biltong.

Resep en foto: Marie Rheeder Troski




ERTJIESOP MET KLUITJIES

ERTJIESOP MET KLUITJIES
Kyk ek maar nie ‘n sop mens nie maar, die verkoue het my en moes toe sop maak. So dis hoe ek my sop maak.
Ek vat 1 pakkie splitpeas en kook dit tot naby sag is, dan rasper ek ‘n pakkie wortels, 3 medium aartapels, 2 medium uie, 3 tamaties en 3 knoffelhuisies saam en voeg by pot soma nog baie water ook. Kyk ek spoel nie nog daai splitpeas af nie want die krag is in daai water.

As jy sopbene het sit dit in maar ek het so n lekker vleisie opgesny en in gesit. So bietjie vetjies aan ne.
Nou vir die geur sout, swartpeper, allspice, naeltjies, en ook suiker vir smaak en om die suur van tamatie te vervang.Ja bietjie kerrie maar ek verkies om pepercorn fyn te kap en in te sit. Die sop kook so 3 ure onhou om die water aan te vul ok.
My kinders hou van pap aartapels in hul sop, beter bekend as kluitjies.
Ek vat so 2 koppies koekmeel, 1 teelepel suiker, 2 teelepels bakpoeier, sout na smaak en fyn gekapte peperkorrels, meng goed deur en voeg net genoeg water by om ‘n slap deeg te maak.
Terwyl sop prut lig deksel en plaas lepels vol deeg orals in pot. Sit deksel terug en laat dit ‘n halfuur prut voor jy enigsins die deksel lig of die sop roer.
Dit maak ‘n heerlike dik sop, dikte hang af van jou. Ek voeg ook ‘n pakkie Knorr dik groentesoppoeier in my pot net vir extra geur.
Geniet hoop my bydra kon ook help.
Resep: Washielah Adams



INGEMAAKTE GEMMER

INGEMAAKTE GEMMER
Hierdie is my weergawe, eenvoudig, maak dit gereeld en eet dit saam Sushi.
250 g vars gemmer, moet nog sappig wees
1 koppie kookwater
½ koppie rysasyn
2 eetlepels suiker
1 teelepel sout

Skil gemmer en sny in baie dun skyfies.
Giet kookwater oor en laat staan 10 min.
Giet water af.
Verhit rysasyn, sout en suiker.
Pak gemmer in flessie.
Giet die asyn mengsel oor.
Seël en bêre in yskas.
Hoe varser die gemmer, hoe pienker.
Gebruik ‘n goeie rysasyn.

Resep: Martie Fourie Moolman




INGELEGTE KOMKOMMERSLAAI


INGELEGTE KOMKOMMERSLAAI
6 groot komkommers in skywe gesny met skil aan
1/2 koppie sout
Laat komkommers oornag in die soutwater le
Volgende stap:
4 uie in skywe gesny
3 koppies wit asyn
3 koppies suiker
1 eetlepel droë mosterd
½ eetlepel borrie
2 ½ eetlepels Maizena (ek vat so 3 eetlepels aangemaak met water)

Kook uie saam met asyn, suiker, mosterd en borrie vir 10 minute.
Bind met Maizena.
Voeg komkommers by en laat kook tot dit vinnig borrel.
Bottel warm, en draai die bottles syf toe.
GENIET DIT, WANT HIERDIE RESEP IS MET LIEFDE GEGEE
Resep: Delene Mostert