HOW TO MAKE BAKING AN ABSOLUTE PLEASURE

baking ingredients

WORK IN AN ORGANIZED FASHION

Follow this routine WHENEVER you bake ANYTHING, no matter how small. It will soon become a habit and baking will be a pleasure for the rest of your life.

1) Read the recipe right through to the end, ingredients and method. Make sure that you understand each technique.

2) Check that you have all the ingredients AND all the equipment on hand, including the right size baking tins or dishes.

BEFORE you start mixing:

1) Switch on the oven to preheat. (Remember that once the baking powder or bicarbonate of soda is activated the product must be put into the oven without delay, thus add right at the end of mixing process).
2) Prepare your baking tins / dishes, grease, spray with non-stick spray, line, etc.
3) Weigh and measure out ALL the ingredients.

While the product is in the oven, do the following:

1) Put the oven gloves and skewer for testing near the stove.
2) Place the cooling rack in a draught free position.
3) Wash all the dishes, wipe down surfaces and equipment used and clean your kitchen.

Louise Groenewald




TUNA AND SPINACH LOAF

TUNA AND SPINACH LOAF
(Microwave)

2 tablespoons vegetable oil
1 onion, finely chopped
1 lemon
275 g frozen chopped spinach
2 x 200 g cans tuna, drained
4 slices white bread
120 ml soured cream
2 eggs
1/ 4 teaspoon salt
1/ 4 teaspoon Tabasco sauce
Parsley to garnish

Lightly grease 22.5 x 12.5 cm microwave- safe loaf dish.
In medium microwave-safe bowl, combine oil and onion. Cook, covered, on High (100% power) for 2-3 minutes, until onion softens; set aside.
Thinly slice half of lemon; cover and reserve. Squeeze juice from remaining lemon half.
Remove frozen spinach from packet and place on microwave-safe plate. Heat on Medium-Low ( 30 % power ) for 5-6 minutes, until thawed , turning spinach over once. Squeeze spinach to remove as much liquid as possible.
In large bowl, finely flake tuna. With hands, finely tear bread. Add bread to tuna with onion mixture, lemon juice, spinach, soured cream, eggs, salt and Tabasco; mix well. Spoon into prepared loaf dish.
Cook, covered with greaseproof paper, on Medium-High ( 70% power ) for 11-13 minutes, until knife inserted 2.5 cm from centre comes out clean, rotating dish halfway through cooking. ( If ends of loaf begin to overcook, shield with 7.5 cm wide smooth strips of foil. ) Allow loaf to stand, covered, on heatproof surface for 5 minutes.
Unmould loaf on to warmed serving platter. Garnish with reserved lemon slices and parsley sprigs, to serve.




VRIENDSKAPSKOEK

VRIENDSKAPSKOEK
(Uit my oorlede Skoomma se resepteboek)
Plantjie:
125 ml koekmeel
2 ml suiker
125 ml lou melk of water (of mengsel van die twee)
2 ml aktiewe droë suurdeeg of ¼ koekie saamgeperste suurdeeg

Meng al die bestanddele goed saam en laat 2-3 ure staan op ‘n warm plek tot skuimerig. Roer dit af en plaas dit in ‘n glasbottel met ‘n skroefdeksel.
Dit kan ook ‘n in ‘n mengbak gesit word wat met waspapier of kleefplastiek bedek is.

Begin die volgende proses as jy vir ‘n vriendin ‘n plantjie wil gee
By ontvangs voeg by:
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
1 koppie melk
½ teelepel sout
Bere in ‘n ligdigte houer, maar nie in die yskas nie.
Roer elke dag vir 5 dae lank.
Op die 5de dag voeg by:
1 koppie koekmeel
1 koppie melk
½ koppie suiker
Meng goed en bere vir nog 5 dae.
Roer elke dag.
Op die 10de dag dan skep jy 3 koppies uit. Hou 1 koppie vir jouself en gee 1 koppie elk aan vriendinne met die instruksies.

Voeg dan die volgende by die oorblywende mengsel in jou houer:
2 koppies koekmeel
2 teelepels vanilla geursel
1 koppie suiker
½ teelepel sout
160 ml olie
½ teelepel kaneel
2 eiers
½ teelepels bakpoeier
1½ teelepel koeksoda opgelos in ‘n bietjie kookwater of warm melk
Meng baie goed en voeg enige van die volgende by mengsel:
(Dit moet 2 koppies vol wees)
Rosyne, kersies, neute, klapper, dadels.
Smeer 2 broodpannetjies.
Bak vir 40 to 50 min. by 180°C.
VOEG BO-OOR DIE KLAAR GEBAKTE BRODE DIE VOLGENDE STROOP:
Kook alles eers saam:
¾ koppie melk
¼ koppie suiker
30 ml margarien
As jy nie wil voortgaan met die vriendskapskoek nie, gee dan net een vir ‘n vriendin.

Resep geplaas deur Rene Truter Wessels




FLORAINE SE HUMMUS

hummus floraine
FLORAINE SE HUMMUS

BESTANDELE
1blik chickpeas,
100ml olyfolie,
30 ml suurlemoensap,
1 vars knoffelhuisie,
1 peppadew,
100 ml kasjoeneute.
METODE
Room alles saam.
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter



OLIEBOLLE MET APPEL

OLIEBOLLEtested

OLIEBOLLE MET APPEL
90 ml suiker
30 ml botter
750 ml meel
15 ml bakpoeier
2,5 ml sout
knypie gemaalde kaneel
knypie neutmuskaat
250 ml melk
rasper ‘n halwe appel by (0psioneel )

olie vir diepbraai
Klits die suiker en botter saam tot dit ‘n room vorm.Sif al die bestanddele, behalwe die melk, saam.
Voeg die meelmengsel en melk om die beurt by die bottermengsel..Meng goed tot dit ‘n deeg vorm.
Rol die deeg uit tot ‘n dikte van ½ sentimeter. Druk groot, ronde vorms uit met ‘n koekiedrukker. Daarna druk jy klein ronde vorms uit die groottes met ‘n klein koekiedrukker. Laat hierdie ringe vir 15 minute staan. Diepbraai die ringe in olie. Draai die ringe net een keer om tydens die braaiproses. Dit moet bruin wees aan beide kante. Dreineer die oliebolle op bruinpapier en gooi strooisuiker oor.
My eie resep – Marie Rheeder Troskie




WASHIELAH SE HOENDERKERRIE

WASHIELAH SE HOENDERKERRIE
Resep geplaas deur Washielah Adams
FOOD LOVERS RECIPES
Ai ja kerrie, mens maak mos maar almal kerrie volgens jou smaak en styl. Tog is alle kerrie dieselfde, dis maar net die bestanddele wat dit verander. Hier is my weergawe van hoenderkerrie.

1 pak hoenderborsies, vel verwyder
1 pak hoender vlerkies
1 pak hoender dye
4 groot uie
1 huisie knoffel
‘n duim groote groengemmer met skil
1 bos danjah/selentro
175 ml plain yoghurt
30 ml chickenspice
30 ml sterk rajah kerrie
15 ml koriander poeier
15 ml tumeric, nie borrie nie10 ml sout
30 ml bruin suiker
1 koppie mix veg van jou keuse of dan net
1 koppie (garden peas) ertjies

Sny jou hoenderborsies en dye kleiner op en voeg die vlerke by, was dit goed af en sit in ‘n diep bak. Nou meng jy jou speserye met die plain joghurt asook die sout en suiker. O ja ek’t vergeet so 20 ml olie ook hierin. Meng die hoender hierdeur en laat dit solank rus terwyl jy na stap twee gaan.In ‘n lekker groot swaarboom pot (dis ok as jy nie het nie, ‘n gewone ou hart pot werk net so goed) sit jy jou uie wat lekker fyn opgesny is en sit op die plaat. Laat dit daar om te gesels met die hitte, roer net sodat dit nie brand nie. As dit begin bruin word, sit jy so bietjie water by, nie olie nie. Ek herhaal nie olie nie. Laat dit nou op lae hitte so braai tot dit glansend en mooi bruin is. Nou mag jy daai dhanjah en fyn knoffel byvoeg. Laat dit net so deurkook, as jou pot droog is, voeg net nog bietjie water by. Ja ek’t vergeet van my greenpeper, so sny dit op en sit by dis mos geur daai.Nou maar ja daai hoender kan nie vir ewig daar gesels nie, dit moet hitte kry, so sit dit in die pot en roer net goed deur. As jy van die gewaagdes is kan jy so 1 of 2 heel groen rissies op die staduim in die pot plaas. Onthou net om te roer en hier mag jy nou 1 tot 2 koppies louwarm water byvoeg, gehang van die dikte wat jy wil hê asook die sous.
Ek sal sê sit die deksel op die pot, die hitte laag en laat die hoender speserye en yoghurt met mekaar gesels vir nog so ‘n halfuur. Roer maar net so af en toe. Nou sit jy jou ertjies in of mix veggies en laat dit nog so 20 min prut.

Siedaar jou kerrie is klaar en reg om opgedis te word.Die rys gebruik basmatie rys en kook dit op soos die pakkie sê, dit vat net so 10 min. Strain jou rys sit terug in die pot met so ‘n paar klonte botter en bietjie suiker, sit die deksel op en laat dit deurstoom.
Skep ‘n lepel of twee rys met n lepel of twee kerrie. Sit n danjah blaar of twee vir afronding bo op.
Daar het jy dit n lekker hoender kerrie vir n lekker winters aand.
Let wel jy mag aartapels in jou pot sit, maar met hoenderkerrie is dit nie vir my nodig nie, want ek wil daai hoender proe.
Geniet en vra maar as jul vashak.
Ek gebruik nie baie olie nie en ook nie baie sout nie, so pas maar aan soos jou verlange is. Meeste van my kos word sonder olie gemaak.




MALEISE KOEKSISTERS

MALEISE KOEKSISTERS
Meng die volgende almal saam
1 kg koekmeel
1 pkie yeast
1 tlp sout
2 tlps mixed spice
1 tlp fyn kaneel
1 tlp fyn neut
125 ml suiker
sit dit eenkant….

Nou meng jy die volgende saam
3 kwart koppie olie
1 en ‘n half koppie louwarm water

Meng die twee bymekaar, maw water by meel, eers met ‘n slap lem mes en dan as als deur gemeng is strooi jy meel op jou tafel en keer die deeg uit en begind te knie. Moet nou nie die meel gaan dood knie nie net mooi egalig om n lekker elastiese deeg te maak. Jy vat dan nou jou bak smeer dit lekker olie en plaas daai lekker slap ma elastiese bol deeg da in. Draai hom toe soos n baba wat koud kry en sit in n warm plekkkie om te rys.
Stap twee terwyl daai deegie nou besag is om te gesels en te rys maak vir jou n lekker stroop deur 2 koppies suiker met 1 koppie water te meng tot suiker opgelos is. Sit jou pot op die stoof en laat dit kook op lae hitte tot jy n lekker dun ma kleefbare stroop het. Ek persoonlik sit altyd n stuk kaneel en gedroogde naartjie skil in my stroop vir extra geur.
Nou ja daai baba het nou lank genoeg gebroei en is seker nou al verdubbeld as nie meer. Jong as dit nie gerys het nie, is jou yeast oud. Dis al wat kan fout gaan as jy gevolg het wat ek se dan is daar niks anders logies verkeerd behalwe ou yeast nie.jy vat nou daai deeg en breek dan sal se golf bolle af dalk tiksie kleiner en rek dit so bietjie uit sodat dit bietjie langer is. Sit dit op n meelbestrooide tafel. So maak jy tot al jou deeg op is en jou tafel vol koeksisters is. Jy sal ook oplet soos jy aangaan daai eerste paar rye het alweer begin rys dis 100% reg so. So moet dit nie te groot maak nie want dit rys nog in die olie ook.
O gats ekt vergeet om te se as jy nie ‘n deepfryer het nie moes jy al lankal ‘n swaarboom pot eers baie belangrik eers warm laat raak het en as die stoom hom so loop en uitkom dan eers voeg jy jou olie in en crown visolie werk ma al te goed hier. Nou laat jy jou olie ook lekker warm word om dit te toets vat jy so n stukkie deeg en gooi dit in die olie. As hy borrels maak en van onder af opspring want sy gat brand dan is jou olie warm.
Nou ja nou kan jy begin afbak so 4 tot 5 op n slag in jou pot. Moet nie te veel op n slag insit nie want dan trek dit die olie in. En dan het jy drunken koeksisters en ons wil dit nie he nie ok.
Jy bak van jou eerste ry af tot by jou laaste ry tot als opgebak is. Ons verstaan mekaar mos nog hier ne.
Nou ja die harde werk is so te se klaar al wat jy nou doen is verhit weer jou stroop tot dit borrel en sit weer so 4 tot 5 koeksisters in jou pot en stroop hom somaar lekker. Kyk hier kan hy ma versuip ma oek nie te veel nie. Haal hom uit sit in n bak waat jy onder n laag fyn klapper gestrooi het sit die gesuikerde koeksisters da in en bestrooi milldelik met klapper, jah so gaan jy aan tot jy genoeg gesuiker het vir die ou teetjies wat jy nou vir 4oclock gaan geniet.
Dit wat oorbly mag jy opdeel en en sakkies sit vir die vrieskas, maar nie vir langer as n maand nie gehoor.
Laastens jou stroop as dit te taai word so na die tweede batch dan sit jy net bietjie warm water in en laat dit weer kook nou net nie n hele koppie water nie net ‘n bietjie ok.
Hoop van harte dat dit nou n verstaanbare en maklik genoeg gese is en dat ek nie weer hoef te verduidelik wat aangaan nie, ag ek speel maar alle vrae is welkom.
Geniet die resep kan jou so 50 dalk meer koeksister gee hang ma van jou grote af.
Lekker bak
Resep:  Washielah adams

 




LEKKER SJOKOLADE-VERSIERSEL

TERT SONDER NAAMtested
LEKKER SJOKOLADE-VERSIERSEL
halwe pak versiersuiker
3 eetlepels kakao
3 teelepels botter
sowat 30 ml kookwater

Meng als saam, as jy bietjie dikker wil maak gooi maar nog icing by!
ek gooi altyd hierdie oor my koeke ook wat so drup
RESEP EN FOTO: Riana Du Plessis




MICROWAVE MIELIE BREAD

mieliebrood 2

MICROWAVE MIELIE BREAD
Source: Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
This recipe is enough for one but you might aswell make 2, freezes well so there you go use other half of whole kernel corn for 2 nd batch.- heerlik !!
1 cup mieliemeel
1 cup cake flour
1 tin creamed mielies
½ tin whole kernel corn
½ cup milk
¼ cup sugar
3 teaspoons baking powder
3 eggs
¼ cup oil
1 teaspoon salt

Mix all together in single bowl. Spray microwaveable bread pan/ ring pan with spray and cook. Pour mixture in bowl. Place in microwave and bake for 14-15 min on high.
Turn out and smeer with real butter / or Butro while hot.
Enjoy , serve with real butter and golden syrup , tastes just as Grandma used to make it !
Ek het 2 x aangemaak vir hierdie hoor- geniet !

 

 

 




DIE VOLMAAKTE MERINGUE

meringue

DIE VOLMAAKTE MERINGUE

jy het nodig:
6 eierwitte
2 ml kremetart
320 ml strooisuiker
5 ml vanielje
die oondtemperatuur moet so laag as moontlik wees, 110°C, bietjie hoer as jy dit bruin wil he!
Klits die eierwitte in ‘n glasbak met ‘n elektriese klitser tot skuimerig
Sprinkel die kremetart oor en hou aan klits tot die eierwit net begin stywe punte vorm- dit moenie droog geklits wees nie
Voeg 250 ml van die suiker, 20 ml op ‘n keer, by en klits goed na elke byvoeging. Die mengsel moet styf, dik en glad wees. die meringue moet aan die klitser kleef as die klitser uitgelig word.
Voeg die res van die suiker en die vanielje op een slag met ‘n deegskraper in die meringue. MOENIE WEER KLITS NIE!
SIT IN VERSIERSAK EN SPUIT OP VOORBEREIDE BAK PLAAT. BAK VIR 90 MIN.
SKAKEL DIE OOND AF EN LAAT DIE MERINGUE IN DIE OOND HEELTEMAL AFKOEL.
DIE GEHEIM VAN ‘N GOEIE MERINGUE IS DAT DIE EIERS BY KAMERTEMPERATUUR IS, NIE HEELTEMAL VARS MOET WEES NIE EN DAT DAAR NIE ‘N DRUPPEL GEEL IN DIE WIT MOET BELAND NIE

Riana du Plessis