BROKKOLI / BLOMKOOL / BUTTERNUT / SPINASIESOP

tested
BROKKOLI / BLOMKOOL / BUTTERNUT / SPINASIESOP

Dit is amper weer winter en tyd vir sop voor die kaggelvuur. Probeer hierdie basiese resep en gebruik dit om 4 verskillende soppe te maak.
(4 porsies)

Puree:
1 kg brokkolie, blomkool, butternut of spinasie(gekap)
4 aartappels,geskil en grof gekap
2 medium uie, geskil en grof gekap
1.2 liter hoenderaftreksel(gebruik 3 blokkies aftreksel)
Witsous:
200 ml margarien of botter
250 ml meel
750 ml melk
500 ml hoenderekstrak (2-3 blokkies aftreksel)

neutmuskaat
sout
grofgemaalde peper na smaak (‘n moet)
gemengde kruie
knoffel (werk by butternut)
250 ml room (of melk)
Kook groente in aftreksel tot sag en gaar. Maak seker dat die water(ekstrak) nie wegkook nie. Moet souserig wees.(sit deksel op-anders verdamp vloeistof)
Verpulp tot baie glad saam met vloeistof waarin dit gekook het.
Smelt botter in skoon kastrol en voeg meel by.Voeg melk en hoenderekstrak bietjie vir bietjie by en roer aanhoudend. ‘n Whisk werk goed.Kook tot gaar en verdik.
Voeg groentepuree by en geur. Die smaak van neutmuskaat werk goed saam met al hierdie soppe.
Voeg room by.
WENKE/IDEES:
Soms proe dit nog nie geurig genoeg nie en daar is daar heel moontlik te min sout in. Sout laat al die geure in ‘n gereg bymekaar kom. Moet egter nie sout byvoeg voor jy nie geproe het nie, want die hoenderekstrak is alreeds sout.
Bedien die brokkolie en blomkoolsop met bietjie gekrummelde feta/bloukaas en geroosterde amandelvlokkies as jy gaste wil beïndruk.
Vir ‘n bietjie van ‘n byt by die butternutsop, kan jy ‘n knippie kerriepoeier/cayenne peper byvoeg.
Pulp kan gevries word, maar die witsous vries nie goed nie.
As jou mense op ‘n dieet is of as jy dit goedkoper wil maak vir bv. jou selgroep, kan die room verminder word.
Die neutmuskaat gee ‘n heerlike geur aan die sop.
Jy kan klaar butternutblokkies by die meeste plekke koop,as jy tyd wil spaar.
Gebruik bulgaarse joghurt as jy individuele porsies wil garneer-dit werk beter as room bo-op sop,want dit is dikker.
Resep: Hannalie Kitshoff
Foto:  Martie Fourie Moolman




GEBAKTE KAASKOEK


GEBAKTE KAASKOEK
FOOD LOVERS RECIPES
1 pk mariebeskuitjies fyngedruk
12,5 ml suiker
100 g botter
2 ml kaneel
Meng suiker, kaneel, beskuitjies en botter saam. Voeg  2 druppels Rum geursel by en meng deur. Voer pan uit met mengsel.
Vulsel:
2 x 250 g maaskaas
2 eiers
250 ml suurroom
25 ml koekmeel
10 ml vlapoeier
1 ml sout
125 ml suiker
Meng maaskaas en eiers. Meng vlapoeier, sout en meel by maaskaasmengsel. Voeg suurroom by en klits goed. Voeg nou suiker by en klits weer. Skep die mengsel in die kors.
Bak vir 30min by 180°C en 20min by 150°C

Kan ook in muffin panne gebak word en versier word met sjokolade ganache




EASY LEMON MERINGUE PIE

lemon meringue pie
EASY LEMON MERINGUE PIE
Preheat oven to 180°C
1 packet tennis biscuits
50 g butter or marg
1 tin condense milk
2 eggs (separate yellow and egg white)
2 teaspoons sugar
Lemon juice ¾ cup


Crush tennis biscuits, melt marg in microwave and add to biscuits mix and press down in tart dish, leave in fridge. In a bowl hand mix condensemilk, egg yellows and lemon juice, mixture must become thicker if not add a bit more lemon juice. Pour that into dish over biscuits. In a mixer or using a hand mixer beat egg whites and sugar together till soft peaks, add that on top of tart. Bake for 5 minutes or till meringue is golden. Let it cool. Enjoy 🙂

Recipe: Kandice Trollip
2de foto:  Karin Pitout
Ek het toe die Easy Lemon Meringue Pie op blog gemaak vandag.
3 voorstelle: moenie meer as die ¾ koppie suurlemoensap gebruik. Al is dit bietjie dun, aangesien hy in die oond bly om af te koel, word hy tog lekker styf.
En dan sou ek 4 eiers se eierwitte gebruik. Die meringue is bietjie min vir die pastei.
Die koekies is ook te veel en kan ¾ van pakkie koekies gebruik. Andersins is die tert vir min moeite regtig lekker. Ek’t net vergeet om die maizena tussen meringue en pie te sit.




OUTYDSE KARRINGMELK BESKUIT

karringmelk beskuittested

OUTYDSE KARRINGMELK BESKUIT
1.5 kg bruismeel
500 ml suiker
500 ml karringmelk
10 ml sout
500 g margarien
3 eiers, geklits

Meng die droë bestanddele saam en voeg die suiker by.
Smelt margarien en voeg karringmelk by.
Voeg die eiers by en klits tot goed gemeng.
Voeg die droë bestanddele by en meng tot sagte deeg.
Maak balletjies, sit in panne en bak.
Wenk:
Die beskuit kan ‘n rukkie op die tafel gelos word sodat dit effens kan rys voordat dit gebak word, dan is dit eers lekker.

Resep geplaas deur Pieter Velthuizen
Foto:  Liezel Van der Merwe
Olga Jacqueline Seaward:
Vir beter tekstuur kan die botter gesmelt word tot kookpunt. Voeg die suiker daarby en klits met elektriese klitser totdat die suiker opgelos is. Voeg dan die karringmelk by en klits weer goed en dan die eiers. Klits tot lekker romerig en meng dit dan met die meel.




GESONDE BESKUIT

GESONDE BESKUIT
Njummies gesonde beskuite
1 kg bruismeel
0.75 koppie neute (178 ml)
0.75 koppie sonneblomsade (178 ml)
3 plat teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
300 g All Bran fyn gemaak
2 koppies suiker
3 eiers geklits
750 g botter gesmelt
1 boksie karringmelk (500 ml)
1 teelepel vanilla geursel
Meng nat bestanddele saam, en meng droë bestanddele saam.
Meng die nat bestanddele by die droë bestanddele in.  Moet nie knie nie!
Versprei egalig in ‘n gespuite beskuit pan.
Bak by 180°C tot gaar.  Haal uit die pan, breek in beskuite en droog.
Ek belowe dis lekker!!!!
Resep en foto: Liezel Van der Merwe



RYK BOTTERLAAG KOEK

RYK BOTTERLAAG KOEK
RYK BOTTERLAAG KOEK
Dit is ‘n baie lekker klam koek.
160 g botter
187 ml suiker
3 eiers
125 ml melk
437 ml koekmeel
1 ml sout
12,5 ml bakpoeier
5 ml vanilla geursel

Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg geursel by. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Sif meel, sout en bakpoeier saam. Voeg om die beurt met die melk by bottermengsel. Klits tot dit ‘n fluweelagtige voorkoms het. Skep die mengsel in 2 gesmeerde laagkoekpanne en bak by 180 °C vir 25 – 35 minute. (Kan ook 1 laag bak en in die pan versier soos op die foto)
Versier soos verkies.
Ek gebruik gewoonlik ‘n 500 g pak versiersuiker, dan sit ek botter by en klits tot dit lekker romerig is en natuurlik ‘n 1 teelepel vanilla.
Foto en resep: Cornelia Myburgh



HEERLIKE KAPOKAARTAPPELS

kapokaartappels met spektested

HEERLIKE KAPOKAARTAPPELS
Maak genoeg kapoaartappels soos benodig vir jou mense, sit onder in ‘n groot bak. Sit gebraaide blokkies spek bo- oor en genoeg gerasperde kaas, maak toe met foelie en sit in die oond teen 180 ºC tot die kaas lekker gesmelt het.
Bedien –  dit is heerlik
Resep: Karena Profe Bosdorf




IDEES VIR RUGBY SNACKS

braai snacks
IDEES VIR RUGBY SNACKS

Steak gebraai en skyfies gesny, droëwors, cheese grillers, salami, mossels en hoender en ham pate dun gesny.
Kaas, simonsberg cream cheese, olywe met peppadew, tamaties, gurkens en rocket.
Krit bacon flavour koekie.

Foto: Marian van Deventer

 




WONDERKOEK

3 bestandele koek 2
WONDERKOEK
4 eiers geskei
1 eetlepel water
150 g suiker (¾ koppie)
115 g koekmeel (1 koppie)
500 ml melk (lou warm)
2 ml vanilla geursel

Klits eierwitte styf. Klits eiergele, suiker, water en vanilla saam.
Voeg meel by en meng. Voeg melk by. (Louwarm) en meng goed.
Vou styf geklitste eierwitte in.
Skep in ‘n gespuite 9″ ringpan. Bak ongeveer 50 min. Toets vir gaarheid.
Keer uit, laat afkoel en sif versiersuiker oor of versier soos verkies.
Resep en foto:  Martie Fourie Moolman




LOUISE SE BOONTJIESOP

boontjie sop wanda
LOUISE SE BOONTJIESOP
Ek moes net… dit reën kliphard en die windjie is soos ys… sneeu op die berge.
Groot soppot
1 pakkie suikerboontjies (laslappie)
1 pakkie klein wit boontjies
sopvleis (shin, stewing beef met vet verwyder, ens.)
2 uie of 1 bossie leeks
1 – 2 bossies wortels, gerasper (of die soort wat in repies gesny is, kap dit net fyner)
1 blikkie tamatiepasta
1 pakkie soppoeier (enige vleis geur)
Aromat
wit peper

Plaas die boontjies in twee aparte bakke en bedek met water. Doen dit reeds die vorige aand. Vervang die water voor jy gaan slaap, week die boontjies oornag. Spoel die boontjies die volgende dag af en plaas die boontjies, vleis en uie of leeks in die drukkoker.
Bedek met 1,7 liter kookwater.
Laat stoom opkom en kook vir 20 minute.
Verwyder van plaat en laat stoom afloop.

Voeg die drukkoker se inhoud in ‘n groot soppot. Voeg res van bestanddele by plus 1 Liter kookwater. Bring tot kookpunt en prut dan baie stadig vir 1 – 2 ure. Roer gereeld.

Resep:  Louise Groenwald
Proe en voeg nog sout by. Sop van hierdie hoeveelheid sal ten minste 10 – 15 ml sout nodig hê. Die rou groente absorbeer heelwat sout.

Foto:  Wanda Botha