LOVELY BBQ SAUSE

12 tablespoons tomato sauce
6 tablespoons HP sauce
2 tablespoons light soya sauce
6 tablespoons golden syrup
4 tablespoons oil

Mix all the sauces together. That’s your sauce. Juice can be used for marinades, dipping, and barbecues. I use ½ of the mixture for a family of 4.
Can be made and bottled.
Dit is heerlik , ek gooi bietjie knoffel ook by en swartpeper.

Carol Elliott Claassen



BBQ SAUSE

BBQ SAUSE


Basic Vinegar BBQ Sauce
1 1/2 cups apple cider vinegar, 1/2 cup hot water, 2 tablespoons brown sugar, 1 tablespoon paprika, 1 teaspoon cayenne, 1 teaspoon salt, 1 teaspoon black pepper. Stir the brown sugar into the hot water. Continue stirring until the sugar is completely dissolved. Add the remaining ingredients and heat on low for… a few minutes. This perfect to coat pulled pork, but don’t add so much that it gets soupy.

Basic Mustard BBQ Sauce
1 cup prepared yellow mustard
1/3 cup brown sugar
1/2 cup balsamic vinegar
2 tablespoons butter
1 tablespoon Worcestershire sauce
1 tablespoon lemon juice
1 teaspoon cayenne
Mix all the ingredients in a saucepan and simmer on low for at least thirty minutes. This is great for southern pork style barbecue.
Once you’ve tried each of these BBQ sauce recipes, you can choose which is closest to what you want and begin modifying. Add or subtract ingredients, or change the amounts of different spices.
Finding the perfect barbecue sauce just takes time! Then you just have to decide whether to share your personal BBQ sauce recipe, or keep them begging!


BBQ Sauce recipe
I have included three basic BBQ sauce recipes – one for each type of main ingredient. Make the basic barbecue sauce by following the recipe, then start experimenting to develop your own signature sauce.
Basic Tomato BBQ Sauce
1 regular can of tomato sauce
1 can of tomato paste
2 tablespoons vinegar
2 tablespoons olive oil
2 tablespoons brown sugar
3 cloves garlic, crushed
4 tablespoons onion, minced
1 tablespoon Worcestershire sauce
1 teaspoon dry mustard
1 teaspoon cayenne
fresh ground pepper to taste
Cook the garlic and onion until it’s soft, and then add all the rest of the ingredients. Simmer on low for 20-30 minutes. Keep stirring it often so it doesn’t burn, then refrigerate for a few days before you use it. This allows the flavors to blend and mellow.

Dez Milligan




TAAI HOENDER VLERKIES EN NEKKIES

taai hoendervlerkiestested
TAAI HOENDER VLERKIES EN NEKKIES
125 ml sojasous
45 ml heuning
2 knoffelhuisies, gekneus
60 ml soet brandrissiesous
80 ml suurlemoensap
30 ml gekapte vars koljander
12 – 16 hoendervlerkies

Meng alles behalwe die hoender in ‘n groot pan of ‘n plat kastrol.
Plaas die hoendervlerkies in die mengsel en verhit oor matige hitte tot die mengsel begin kook.
Verlaag die hitte en laat prut sowat 20 minute tot die hoender gaar en gekaramelliseer is.
Draai die vlerkies een of meer keer tydens die gaarmaakproses om sodat dit egalig karamelliseer.
Garneer met gekapte pietersielie en sit dit voor met gebraaide aartappelwiggies.

Foto:  Adam Cloete
Adam Cloete
Arm mans garnale. Ek het die hoendernekkies met die taai sousie gaargemaak en toe met sous en al in die oond geplaas vir ‘n ruk om bietjie te braai.




SPINASIE SPAGETTI GEREG

spinasie spagetti
SPINASIE SPAGETTI GEREG

Gemaak met ‘n paar goed wat ek nog in my koelkas gehad het!!
1 pak spaghetti
1 pak bacon bits
2 medium knoffelhuisies, gepers
1 ui, gekap
1 groot pak jong spinasie
1 suurlemoen
handvol pynboompitte of sonnebloem saadjies, gerooster
‘n paar blaadjies vars basil, gekap
‘n redelike bossie pietersielie, gekap
sout en pepper
Parmasaanse kaas, gerasper of geskaaf

Kook pasta tot net gaar!
Giet water af maar hou so koppie daarvan. Sprinkel olyfolie oor sodat dit nie gaan plak nie.
Sorteer ui, knoffel, bacon, basil en pietersielie. Was en dreineer spinasie maak evens kleiner, sorteer saam met bacon enso vir so 5 min, bly roer!
Gooi bietjie van die pasta water by en gooi by pasta meng goed!! Strooi met sout en peper na smaak soos jy meng.
Rasper so halwe suurlemoen skil en pers die suurlemoen meng en proe soos jy vind dis genoeg suurlemoen maar jy moet hom proe!! Maak alles weer warm en meng kaas by tot gesmelt. Hou bietjie kaas vir bo op as jy gaan serveer.
As jy hom droog vind maak sous van die pasta water en ‘n bietjie olyfolie en weer suurlemoensap.



VINNIGE MOSSELSOP

mosselsoptested

VINNIGE MOSSELSOP
1 pak hoenderroomsop
2 koppies melk
1 koppie water
1 blikkie mossels fyn gemaak.
Het myne met ‘n vurk in die blikkie fyn gemaak.

Plaas al die bestanddele in kastrol roer goed en kook deur.
Bedien soos verkies.
Resep: Sylvia Carstens
Foto: Charmaine Amery Kirsten




SPANAKOPITA IDEES

FOOD IS ESSENSIALtested
SPANAKOPITA IDEES

Ek doen dit sommer so uit die kop julle
Die enigste vereiste met filodeeg is dat jou filling nie te souserig moet wees nie. Ek braai gekapte uie of leeks in botter tot sag, dan stoom ek net die gekapte spinasie vinnig, meng met die uie, sout en peper en ook knippie fyn neut asook gekapte vars fennel (dit gee daai wow smaak), dan klam ek dit aan met geklitste eier, jy hoef nie al die eier te gebruik nie en meng met fyngemaakte Fetakaas. Nou kan jy jou filo vul of dit tussen lae filo sit.
Louise Groenewald
NOG ‘N RESEPPIE
Vir my vulsel kook ek my spanasie gaar en dryneer en laat afkoel. Neem dan sommer n lekker klomp Feta kaas en krummel dit by die spinasie wat jy fyn gekerf het. Braai jou fyn uie in n pan en neem soveel Bacon soos jy van hou as jy van bie vleis hou kan jy meer bacon in sit. Braai dit lekker gaar en sag. Die vleisies moet lekker fyn gesnipper wees want die pakkies is klein wat jy dit mee vul. Snipper n paar soet suur peperdews in en neem n teelepel of twee garlic daarby. en geur met sout en peper en Italian herbs. Neem n paar lepels gedroogde parmisaan kaas en roer al die bestandele deurmekaar. Neem nou jou Philo wat jy in lang repe gesny het en smeer gesmelte botter met jou kwassie mooi oor 3 stroke philo wat op mekaar pas om die bros laagies te vorm. Sit n groot tl vol op die deeg se punt neet en begin vou soos vir n samosa. Die geheim van die spinekopita is om die vulsel droog te hou daarom gebruik ons n harde kaas soos Feta want dit gaan nie so maklik smelt en in die olie mors waneer jy dit braai nie. Deep fry in diep olie tot mooi goud bruin. As jy dalk kaas met n laer smelt punt wil by sit gebruik net min want dit kan maar n ergernis met die olie af gee
Emelia Lans-Brown



RED BEAN SEAFOOD JUMBO

RED BEAN SEAFOOD JUMBO
This is a down south recipe, the way we cook, an American southern dish!
1 lb red kidney beans
1 lb jumbo shrimp shelled
1 lb chicken cooked and pulled apart
1 lb sausage
1 lb crab legs, or crawfish tails
Total lbs meat (4 lbs)
1 LG can tomatoes
1 LG chopped onion
1 LG chopped bell pepper
5 LG garlic cloves roasted
2 stalks celery sticks chopped
3 Tbs Cajun seasons
3 Tbs herbs & garlic power
1 Tbs red pepper flakes
2 LG whole bay leafs
1 Tbs sage flakes
2 Tbs file gumbo powder
3 Tbs liquid crab boil

Cook beans with bay leafs, and the liquid crab boil, in separate pan add sausage all veggies, tomatoes cook high 15 minutes, pour in red beans, add all the other seasons except file and hold back, bring to boil, add seafood last, let cook let boil 10 minutes lightly stirring, when done, turn off before adding the file gumbo powder stir in lightly, then let stand 30 minutes, because if you let it boil, it will get gummy!
We server over rice!
Recipe and photo:  Janet Anderson




MILLIONERS CUPCAKES

lemon meringue cupcakes
MILLIONERS CUPCAKES
Bak sjokolade kolwyntjies en skep hulle magies met ‘n telepel uit en sit die proppies wat uit geskep is, langs elke koekie. Hoe dieper jy skep hoe lekkerder vul jy hom.
50 ml brandewyn, of koffie liquer, of sterk swart koffie
1 koppie suiker
250 ml kookwater
karamel kondensmelk
Plaas die  brandewyn of lekker koffie liquer of selfs sterk swart koffie en suiker saam in ‘n kastrolletjie.
Voeg kookwater by en bring tot kookpunt.
NOTA: Indien brandewyn gebruik word, bring eers die suiker en water tot ‘n kokende stroop en roer dan die brandewyn in.
Skep nou so ‘n goeie eetlepel vol van die stroop oor die rante van elke kolwyntjie met die gaatjie in.
Skep dan die magie vol met so ‘n hoogvol teelepel Caramel kondensmelk en plaas die proppie terug op die koekie.

Die Ganash wat bo-op kom word so gemaak:
1 deel room by 4 dele sjokolade (bv 100 ml room by 400 g sjokolade)
blok sjokolade, gekerf
Laat die room opkook in ‘n potjie en verwyder van hitte.
Neem die sjokolade wat gekerf is en roer dit deur die room tot alles opgelos is. Laat eenkant om af te koel.
Hierdie “ratio” maak ‘n lekker stywe ganash wat vorm behou en goed smeer as dit afgekoel is.
Wanneer die ganash koud is, smeer ‘n bal oor die kop van elke kolwyntjie en vorm met ‘n mes om soos in die foto te vertoon.
Sit dan ‘n mooi rooi of groen kersie op en siedaar ‘n ongelooklik lekker alleen opvreet “millionaires cupcake”.

Bron:  Emelia Lans-Brown




4 BESTANDDELE KOEK MET BUTTERSCOTCH

tested

4 BESTANDELE KOEK MET BUTTERSCOTCH
Alweer terug by ons veelbesproke koek….
Maak gate met ‘n appel “corer”, kits “butterscotch” pudding gemaak met helfte van die vloeistof en vul die gate daarmee. Bo-op het ek tiramiso gesmeer, en kakao oorgesif, en afgerond met sjokolate “chips” Ons gaste het hierdie nagereg baie geniet !
Maklik, lekker, vinnig!

4 Bestanddele sponskoek:
6 eiers geskei
1 koppie bruismeel
1 koppie suiker ( ek het strooisuiker gebruik)
60 ml kakao

Skei die eiers, voeg ½ kop suiker by die witte en ½ koppie suiker by gele.
Sif die meel en kakao saam.
Klits die witte baie goed, (amper tot styf) en klits dan gele baie goed.
Meng die twee mengsels bymekaar en voeg die meelmengsel bietjies gewys by, tot goed gemeng.
Bak in voorverhitte oond by 180º C vir 30 min.
Resep aanpassing en foto:  Retha-Jane Duvenhage Buys

 




LEMON MERINGUE CUPCAKES

lemon meringue cupcakes

LEMON MERINGUE CUPCAKES
Bak vanilla kolwyntjies en skep met ‘n lepel die magie van elkeen uit en sit die proppies wat uitgeskep is, langs elke koekie.
Meringue vulsel:
1 blikkie kondensmelk
lemon curd
Neem die blikkie kondensmelk en roer die lemon curd teelepeltjies gewys by totdat die kondensmelk mooi styf en suur is.
Skep ‘n lekker lepel vol in die gaatjie van elke kolwyntjie en plaas die proppie koek wat uit geskep is, terug daarop.

Feestelike versiersel:
Hier moet julle my vergewe ek is Afrikaans en Engels getroud en nou dink en praat ek deurmekaar met die tale.
300 g strooisuiker
75 ml water
2 eierwitte
1 ml kremetart
paar druppels kleursel, indien dit verlang sou word

Berei ‘n double boiler potjie voor om die mengsel op te klop.
Klits die eierwitte, water en kremetart styf.
Voeg suiker bietjies gewys by terwyl jy dit klop vir 7 minute lank om ‘n lekker sponserige room te verkry.
Klits dan voedsel kleursel by indien jy dit nie wit wil hê nie.
Skep nou die skuimmengsel op die kolwyntjies en neem jou burner om die punte van die skuim ‘n goue bruin voorkoms te gee.
En so lyk dit eg soos die ware jakob.
Die mengsel is gaar en hoef nie weer te bak nie, want die kolwyntjie gaan te hard wees as dit terug oond toe gaan.

Resep en foto: Emelia Lans-Brown