PRUTPOT KERRIE

slow cooker kerrie
PRUTPOT KERRIE

HAHAHA….  ek het nie resep nie. Sit net in wat ek wil. Maar hier het ek in ‘n pot op die stoof my ui gebraai, toe sit ek my knoffel, sout, borrie, gemmer, 1 t tamatiepasta en kerrie poeier in, braai ek bietjie verder.
(Die kerriepoeier wat ek hier gebruik het is nog wat ek in Durban gekoop het). Toe dit als lekker saam gebraai het, het ek in ‘n bak gesit eenkant. Toe braai ek my vleis in selfde pot. As vleis lekker bruin (Kerrie) gebraai het, gooi ek die ui mengsel by + so 1/2 blik tamatie en ui en braai weer bietjie verder. Toe gooi ek als in slow cooker op high vir so 4 ure. Ek sit altyd my aartappels ook in, saam met wat ever groente, soos wortels of ertjies of groenbone.
Resep en foto:  Diane Roode Hancox



WENK VIR LEKKER DIK KERRIE SOUS

food lovers 3 ma ek is honger

As jy kerrie maak, en jy wil die sous n bietjie dikker he, gooi n koppie gerasperde butternut in wanneer jou uie amper klaar gesmoor is.
‘n eetlepel appelkoos konfyt aan die einde van die kookproses maak ook lekker.
Selene De Andrade



PAMPOENKOEKIES (POFFERTJIES)

pampoen poftested

PAMPOENKOEKIES (POFFERTJIES)
2 koppies meel
2 koppies gaar fyn pampoen
¼ teelepel sout
4 teelepels bakpoeier
Bietjie kaneel

Meng als tesame en roer goed deur. Bak telepels vol in diep olie en sit in n bak. Die deeg is lekker elasties en lyk soos slap chewing gum die deeg is great hy draai sommer homself om as die een kant gaar is.

Sous
1 ½ koppies suiker
1 koppie room
1 koppie kookwater
2 eetlepel botter of margarine
3 teelepels hoogvol maizena of mielieblom

Kook eerste 3 bestanddele saam en voeg die botter by verdik die stroop met die maizena wat met bietjie water aan gemaak is. Gooi warm stroop oor die poffertjies en geniet.
FOTO: Ronell Muller Boshoff

 




VINNIGE PEPPERMINT CRISP TERT

peppermint crisp tert
VINNIGE PEPPERMINT CRISP TERT
Bestanddele:
2 pk suurlemoen jellie
1 blikkie Ideal melk
1 blik Caramel kondensmelk
2 pk Marie beskuitjies
3 x Peppermint Crisp choc’s
Aanwysings:
1. Los jellie poeier op in helfte van water (helpfte van voorgeskrewe hoeveelheid op pakkie se gebruiksaanwysings)
2. Gebruik net kookwater
3. Laat afkoel tot kamertemperatuur
4. klits Ideal melk tot skuimerig
5. Klits die caramel goed, en meng dit dan met die jellie en die Ideal melk.
6. Pak in lae in bak, met marie beskuitjies onder elke laag.
7. Rasper Peppermint Crisp tussen-in en bo-op.
8. Laat oornag in yskas staan.

BRON: Karien Venter




HEERLIKE ROOMYS

ICE CREAM

HEERLIKE ROOMYS
1 blik Ideal Melk, verkoel
1 boksie Orley Whip
1 koppie strooisuiker
15 ml vanielje geursel
knippie sout

Voeg alles bymekaar en meng lank en baie goed met elektriese menger tot verdubbel in volume.
Skep uit in roomysbak of vorm en bêre in vrieskas.
Vir variasie gebruik verskillende geursels, sjokolde sprinkels ens.
BRON: Marlene Beyers




BOEBER

boeber

BOEBER
Boeber is ‘n tradisionele Maleise gereg wat veral heerlik is op ‘n koue aand. Nes melkkos kan dit as nagereg geeet word, of sommer ook as hoofmaaltyd omdat dit so ryk is.
(vir 6 porsies):
½ koppie botter
1 koppie rou lokshen-pasta
2 kaneelstokkies
2 kardemomsade
1 liter volroom-langlewemelk
½ koppie sago, vooraf vir ‘n uur geweek in
1 koppie melk
½ koppie witsuiker
1 koppie sultanas
1 koppie amandel-vlokkies
fyn kaneel (opsioneel)

Smelt die botter in ‘n kastrol.
Voeg die pasta, kaneelstokkies en kardemomsade by.
Roer dit vir 2 minute oor lae hitte.
Voeg die melk by en laat dit opkook (wees versigtig dat dit nie aanbrand nie).
Voeg die sago (en die melk waarin dit geweek het) by en kook tot die pasta sag is.
Voeg die suiker, sultanas en amandelvlokkies by en roer tot die suiker gesmelt het.
Verwyder die kardemomsade en kaneelstokkies sodra die suiker gesmelt is.
Giet die boeber in ‘n opdienbak, strooi fyn kaneel oor as jy
wil en sit warm voor.
WENK: Lokshen-pasta is ‘n dun, fyn pasta en word ook engelhaarpasta genoem. Dis beskikbaar by die meeste supermarkte, maar as jy sukkel om dit in die hande te kry, kan jy ook vermicelli gebruik.
Geplaas deur Zelda Fouche




WENK VIR TERMOFLES

LOVE FOOD HATE WASTE

WENK: los valstande-reiniger tablet op in termofles wat sleg ruik. Laat staan vir n uur of 2 en spoel uit. Moet ook nie die prop op skroef wanneer jy dit bêre. Of stoor met n teelepel suiker in die fles
Rene Truter Wessels



KITS VLATERT

vlatert
KITS VLATERT
Foto:  Marie Rheeder Troskie
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml melk
100 ml suiker
25 ml vlapoeier
10 ml botter
100 ml suurlemoensap
397 g (1 blik) kondensmelk
1¼ pak Tennisbeskuitjies

Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier.
Voeg die botter daarby en laat dit effens afkoel.
Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam.
Pak ‘n laag beskuitjies in’n reghoekige bak.
Gooi die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk.
Pak weer’n laag beskuitjies bo-op en gooi die louwarm vla daaroor.
Rasper van die beskuitjies bo-oor en versier soos verkies.
Laat dit goed afkoel.

 




HOENDERSOP

CHICKEN SOUP

HOENDERSOP
1 klein hoender
1 teelepel sout
1 teelepel gemengde droë kruie


1 ui, fyn gekap
1 eetlepel botter vir smoor
1 eetlepel olie vir smoor
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 wortel, fyn gesny
2 koppies grof gekapte seldery, stingels en blare
1 koppie botterskorsie, klein blokkies
vars pietersielie
roosmaryn, tiemie en lourierblare (min nie baie nie) omtrent 2 van elk in ‘n bondeltjie gebind
2 liter hoender aftreksel
250 ml wit wyn
knippie swart peper
Trek die vel van die hoender af, strooi sout en gemengde kruie oor (gebruik vel vir aftreksel).
Braai die hoender in die oond vir 40 minute by 180°C.
Sny die vleis van die karkas af (gebruik die karkas vir aftreksel). Gee omtrent 2 ½ – 3 koppies vleis.
Smoor die ui en knoffel in die botter en olie. Voeg wortel en skorsie by en roerbraai.
In ‘n groot kastrol:
2 liter warm hoenderaftreksel
hoendervleis blokkies/stukkies
groentemengsel en bossie vars kruie, swart peper
Bring tot kook punt, verlaag hitte en gooi wit wyn by.
Laat prut vir ongeveer 1 uur.
Gooi bossie kruie weg voor opdiening.
Vir hoenderroomsop voeg ‘n koppie room aan die einde by.
KORTPAD:
Braai ontvelde hoenderborsies stukkies tot gaar saam met gemengde kruie (soos vir roerbraai).
Gebruik blokkies hoenderaftreksel bv. Knorr, maak 2 liter soos aanwysings, as jy verkies om nie eie aftreksel te kook nie.
Aartappel kan ook bygevoeg word, sny in klein blokkies en kook saam in kastrol.
Oorspronklike resep uit My Vriendin se Keur Resepte: (was te koop by ‘n markstalletjie)
RENE TRUTER WESSELS



WORTEL-PIESANGKOEK

piesang wortel koek
WORTEL-PIESANGKOEK
3 groot eiers
250 ml suiker
250 ml olie
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
10 ml fyn kaneel
5 ml koeksoda
2 ml sout
250 ml piesangmoes (hoe swarter die piesang, hoe klammer die koek)
250 ml fyn gerasperde geelwortel
50 g peacan neute gekap (opsioneel)

Stel jou oond op 180ºC.
Klits jou eiers en gooi jou suiker bietjie vir bietjie by.
Klits nou jou kookolie by.
Sif al jou droe bestandele saam en meng in nat mengsel.
Vou laaste jou wortel, piesang en neute in
Gooi in gesmeerde ringpan en bak 35-40min of tot gaar.
Top met maaskaas versiersuiker wanneer afgekoel.

Tip: jy kan oorryp piesangs met skil en al vries en gebruik wanneer jy dit nodig het. Dit lyk glad nie lekker en is slymerig wanneer ontdooi is maar is reg so.

Resep en foto :  BEATRIX ERASMUS