VLEIS PASTEITJIES

benhet se pasteitjies wiildvleis

VLEIS PASTEITJIES
Ekke het wildvleis afgekook in sout en peper en worchersous en naaldjies en dit fyn gemaak!! En toe maak ekke my eie deeg (dis n eerste)
Deeg is 2koppies koekmeel
1 tl Bakpoeier hoog vol
500 gm margarin wat jy rasper in meel
gooi 1 kop kookwater oor en bietjie sout. Meng als goed en sit in vrieskas so 15 min.
Rol uit en sit jou vleis in en bak 180 grade C tot gaar ligbruin.

NOTA
Deegie is baie pap! Maar word styf in die vrieskas!!!
Ek het hom gemeng gevries en gemeng toe in di yskas gesit tot ek by hom uitgekom het!!! Werk vinnig want sodra deeg warm word, raak hy pap!!! Maar baie lekker!!!!
VIR DIE VLEIS
ekke is baie vol strooi so as die bokke in kom en ons sny bv blokkies vleis of saag die bene op! was ek dit in asyn water! Dit trek baie bloed en ook van die wildsmaak uit! Ek los dit sommer so 5 min in die water! So koppie asyn in n wasbak vol water!! En wanneer ek dit wil gebruik dan gooi ekke die bene vleis in die stoompot! Kook ‘n ruk en dan vervang ek my water met vars water!! Dan sout, peper en lekker spice en so koppie hanepoot!!!! Stoom tot van di been afval!! Dan braai ekke bacon en uie apart en meng met die vleis wat van die beentjies af is! Dan maak ek pies van dit! Sal bietjie van jou ons blesbok skenkel pot resep stuur!!!! Jy eet jou vingers af!!!!! Leka daggie
Benhet Nieuwenhuis



OM PITTE IN DRUIWEKONFYT TE LAAT OPKOM

OM PITTE IN DRUIWEKONFYT TE LAAT OPKOM
En ook wenke vir geur.
Sit 15 ml asyn vir elke 500 g druiwe by, maar volgens my resep moet jy dit bygooi terwyl die konfyt kook, dan kom die pitte boontoe. Wanneer die konfyt klaar gekook het, kan jy die pot in ‘n bak koue water plaas, dan kom die pitte ook op na ‘n paar minute. Nog ‘n paar wenke, gooi 3-4 vye blare by, dit maak die geur baie baie lekker, en jy kan ook bietjie anys bysit vir ‘n lekker geur.

Annerise Augustyn –  Plaas warm kastrol op ‘n nat lap, dan spring pitte almal na oppervlak en kan afgeskep word met ‘n skuimspaan.
Foto:  Sonja du Toit – baie dankie die metode het gewerk… met sif geskep met water onder pot in wasbak!




GLIPPERTJIE DRUIWEKONFYT


GLIPPERTJIE DRUIWEKONFYT
Ek kook al my konfyt basies op dieselfde manier:

Vir elke 1 kg vrugte gebruik jy n driekwart kg suiker
Bietjie suurlemoensap en 1 teelepel Kremetart

Jellie vir skou:
Gebruik 1kg druiwe korrels sonder stammetjies afgeweeg (was skoon). Druk die druiwe stukkend met n masher.
Voeg 1k water by. Moenie nou die pitte en skille verwyder nie.
Plaas op lae hitte, wanneer dit prut roer aanhoedend, dit moenie brand nie.
Suig die sap deur n doek sodat daar nie pitte en skille in die jellie kom nie.
Voeg nou suiker by die sap en plaas op lae hitte tot suiker gesmelt het.
Kook vinnig en skep skuim af.
Toets gereeld of die jellie die regte struktuur bereik het.
Bottel warm in skoon gesteriliseerde bottels.

Konfyt – ek maak myne altyd op die manier:
1kg druiwe korrels skoon gewas
‘n Driekwart kg suiker
1 teelepel kremetart en bietjie suurlemoensap.
Voeg 1k water onder op die bodem van die pot.
Voeg nou suiker en vrugte in lae in die kastrol.
Voeg die ander bestanddele by.
Plaas op lae hitte tot suiker gesmelt het.
Wanneer begin kook, kook lekker vinnig, roer aanhoudend sodat dit nie brand nie. Skep skuim af.
Terwyl dit kook kom die pitte en skilletjies na bo, ek gebruik n growwe sif en druk die konfyt daardeur.
Ek wil die vleis van die druiwe in my konfyt he en net die pitte en doppies bly agter.
Sorg dat die konfyt warm is wanneer jy dit bottel.

Indien jy die pitte en skilletjies net wil afskep is dit ook reg.
Indien daar n paar pitte en skilletjies in die konfyt is, maak dit nie saak nie, dit gee karakter aan die konfyt.
Plaas in gesteriliseerde bottels.

Baie mense verkies ook die skilletjies maar skep net die pitte af.
Indien druiwe te suur is gebruik dan 1kg suiker
Ek neem n plastiese melkbottel of enige ander plastiese bottel, sny die onderste gedeelte af en gebruik die boonste deel en giet my konfyt daardeur in die bottels in. Dit werk wonderlik

FOTO: Alida Nortje
BRON: Ouma Sannie Jonck se resep




3 BESTANDDELE SPONSKOEK IN DIE MIKROGOLF

3 best koek mikrogolftested

3 BESTANDDELE SPONSKOEK IN DIE MIKROGOLF

6 eiers geskei
1 kop self raising meel
1 kop suiker ( ek het castor sugar gebruik)

Skei eiers, gooi 1/2 kop suiker by wit en 1/2 kop suiker by geel.
Klits wit van eiers baie goed, (amper tot styf) en klits dan geel baie goed.
Gooi bymekaar en voeg meel bietjies gewys by.
Gewone mikrogolf oond gebak, 6 min op med high en 2 min op high.

Foto: Alida Nortje




GESTOPTE SKAAPBOUD

GESTOPTE SKAAPBOUD

Maak genoeg knoffelhuisies skoon, sny genoeg lekker stukke ui, hou die swartpeperkorrels by der hand, en sny so 2 repe spek in stukkies, Maak nou lekker gate in die boud met ‘n skerp mes, en steek in elke gat een van elk van die bogenoemde.
Draai die boud om en doen dieselfde aan die agterkant. Sprinkle nou lekker genoeg speserye van jou keuse oral oor die boud, sit bietjie vars kruie bo-op en daar is hy reg vir die oond. (roosmaryn takkie en tiemie ens)

Bak in die oond teen 120 º C deur die nag, of so 3-4 ure in die oond teen 180ºC. tot die been los voel binne, met ‘n deksel op. Draai gereeld. Haal uit, laat rus so rukkie en sny op en bedien met lekker gegeurde rys, en groente.
Nota:
Jy kan hom ook in ‘n bak sakkie sit en ‘n botteltjie Franse slaaisous oorsit voor jy hom gaarmaak..
Heerlik heerlik
Resep en foto:  Rina Kleinhans




SKAAPSKENKELS IN DIE OOND GEBAK

SKAAPSKENKELS IN DIE OOND GEBAK
6 skaapskenkels
Marinade:
3 groot uie fyn gesny
½ koppie blatjang
½ teelepel fyn gemmer
2 huisies knoffel, fyn gekap
12.5 ml heuning
½ koppie bruin asyn
½ koppie tamatiesous
25 ml appelkooskonfyt
1 blokkie biefekstrak
5 ml mosterdpoeier
‘n Knypie fyn naeltjies, neutmuskaat en tiemie
Sout en peper na smaak
25 ml sjerrie

Braai die uie en knoffel in ‘n klein bietjie olie tot sag en voeg die ander bestanddele by. Prut stadig vir sowat ‘n halfuur en roer. Plaas die skenkels in ‘n oondbak en giet die marinade bo-oor. Maak die bak toe en los oornag in ‘n oond gestel op 100ºC. Voor opdiening, bedruip weer en plaas vir 20 minute oop in ‘n baie warm oond 220ºC. Draai na tien minute en bedruip weer.

Foto en resep: Nellie van den Berg




PORK DIJONNAISE

PORK DIJONNAISE
(6 servings)
6 pork chops
30 ml butter
5 ml oil
2 green onions chopped
2 garlic cloves minced
12 gherkins julienned
125 ml sherry
125 ml heavy cream
30 ml Dijon mustard
Sauté the pork chops in half the butter and oil about 8-10min on each side.
In a saucepan, heat the rest of the butter. Sauté the onions and garlic until tender. Add the gherkins and sherry. Simmer until most of liquid has evaporated. Mix the mustard with the cream, add to sauce, simmer 2 min. Pour over pork chops and serve.

 




BEESSTERT IN KOFFIE GEKOOK

tested

BEESSTERT IN KOFFIE GEKOOK
1 kg beesstert
2  eetlepels olyfolie
100 g wortel, blokkies gesny
50 g uie , blokkies gesny
50 g seldery, gekap
2 koppies rooiwyn
1 koppie port
1 koppie sterk swart filterkoffie
6 koppies beesvleisaftreksel (4 – 6 blokkies)
sout en peper
1 elk lourierblaar, tiemie, pietersielie takkies of bouquet garni

Verbruin vleis in olie, haal dan uit en verbruin wortels, uie en seldery. Gooi rooiwyn in pot en kook vinnig vir 10 minute. Voeg dan aftreksel, koffie, port en beesstert by. Geur met sout, peper, en kruie. Verlaag temperatuur en kook stadig vir 4-5 ure tot sag en van bene afval. Bedien met kapokaartappels.
Heerlik verby!

Resep: Carol Elliott Claassen
Foto:  Rina Kleinhans
Nota:  Dit is vingerlek lekker, ek sal dit beslis weer maak.
Ek het net bietjie knoffel en rooi peppers bygesit, en het maskadel in die plek van die port gebruik. Ek sal dalk volgende keer my wortels eers bietjie eenkant kook en dit later bysit by die beesstert, net omdat hulle vir my baie donker raak in die sous, maar regtig ‘n resep om te probeer. Ek het klein mielietjies vir die laaste rukkie saam gekook. Ek het The Wolftrap Syrah rooiwyn gebruik.

Foto: Frances Smith
Het hierdie resep gister gemaak.
PS:
Het resep bietjie aangepas.
Was 2.5 kg vleis en ongeveer 500ml minder water.
Bietjie meer seldery, wortels en het klein mielies bygesit en opgedien met samp.
Vleis en groente aan bokant kom donker uit, miskien oor die koffie, het Douw Egberts gebruik.
Het in oond gebak op so 80°C vir omtrent 8-10 ure.




ANYSBESKUIT

anys beskuit

ANYSBESKUIT
4 koppies koekmeel
1 koppie suiker
sout
2 pakkies anys
20 ml bakpoeier
200 ml botter
2 eiers
150 ml melk

Sif al die droë bestanddele saam en voeg die anys by.
Vryf botter in.
Klits eiers en melk goed en vou in by meelmengsel.
Maak bolletjies en sit in gesmeerde pan.
Bak 40 min by 180°C
Ek maak myne sommer in ‘n vierkantige pannetjie en as dit klaar gebak is sny ek dit!

Foto en resep:  Benhet Nieuwenhuis




WORCESTERSHIRE SOUS

food lovers 5 midnight snack

BESTANDELE
1 l Bruin asyn
1 k Molasse
100 g Knoffel, gekneus
4 cm Gemmerwortel gekneus
1 t. Heel naeltjies
1 t. Heel peper
1 t. Heel allspice
3 t. Sout
1 t. Rooipeper
Metode
Plaas asyn en molasse in pot. Bind knoffel, gemmer en allspice in ‘n moseliensakkie toe, en voeg by. Meng sout en rooipeper. Kook en prut vir 1 uur. Maak 750 ml. Gebruik na 2 weke.

Ann Belling