SJOKOLADE-GANACHE

ganache
SJOKOLADE-GANACHE

Smelt 100 g donkersjokolade en 80ml room in ‘n klein potjie.
Roer oor lae hitte tot gesmelt.
Bedek en sit in die yskas vir ‘n uur tot dik, haal uit en drup oor die koek.

 




MAAK VAN SALAMI EN RUSSIANS

salami jantjietested

MAAK VAN SALAMI EN RUSSIANS

SALAMI KURSUS: [ALLES OOR VLEIS]
[Kos vir kampeerders met idees vir kampering.]
Die Speserye wat beskikbaar is in die mark om salami, cheesegriller en cabanossi mee te maak, is almal gebasseer op bees- en varkvleis.
Speserye beskikbaar by Crown National, Freddy Hirsch en Salamus, om net ‘n paar verskaffers te noem.
Ons gaan wildsvleis gebruik. Nou ontstaan die vraag watter wildsvleis kan gebruik word. Ja, enige wildsvleis, veral vlakvark en sebra word redelik gereeld gebruik om salami mee te maak. Wat belangrik is, hoe beter die snitte, hoe beter die eindproduk
Die aanwysings op die Speserypak gee jou hoeveelhede van vleis en spek wat gebruik moet word. Kry die totaal van al die vleis en spek om jou verhouding tussen wildsvleis en varkvleis te bepaal.
Onmiddelik ontstaan die vraag: wat is die verskil tussen russian en salami?
Al verskil tussen hierdie twee produkte is die tipe derm waarin jy die eindproduk gaan stop.
Crown National se Russian Cooked Salami Spesery pak:
Die totale hoeveelheid vleis is 15 kg
Afhangennde van die beskikbare varkvleis-spek verhouding, asook jou eie keuse van hoeveel vet jy in jou salami van hou, word die verhouding soos volg bepaal:
Indien jy helfte wildsvleis en helfte varkvleis 70:30 gebruik (7.5 kg en 7.5kg) gaan jou salami effens aan die vetkant wees. Gewilde keuses is 9kg wildsvleis en 6 kg 70:30 varkvleis. Persoonlik sal ek nie ‘n laer verhouding gebruik as 9:6 nie. Die wildsvleis wat ons gebruik staan bekend “Basisvleis”
In die speserye pak is daar ‘n kleiner sakkie met Praaksout.
NOTA: Gebruik ALTYD plastiek handskoene.

SALAMI
Voorgestelde resep:
8.5 kg koue wildsvleis
6.5 kg 70:30 varkvleis
Yswater (2.5 kg ys en 2 liter water)
1 Pak Russian Cooked Salami speserye
50g Geel mosterdsaad
50g grofgemaalde swartpeper
15 tot 18 Salami casings
Plastiese handskoene
Weeg die hoeveelhede vleis af en maal deur ‘n 13 mm sif.
Meng die Praaksout met die gemaalde vleis. Dra jou handskoene!
Voeg die res van die pak speserye by.
Voeg ys en water by.
Voeg 50g geel mosterdsaad en 50g grofgemaalde swartpeper by en meng deeglik.
Maal dan weer deur ‘n 4mm sif.
Plaas mengsel in worsstopper en stop in salami casings.
Bind opening stewig vas met toutjies.
Hang in koel area vir 12 ure om af te droog.
Verhit kookpot tot 70 grade C en hang salamis daarin
Beheer die temperatuuur tussen 70 en 72 Grade C.
Die tydperk van kook word soos volg bepaal 1 minuut per 1 mm dikte van die salami wors.
NOTA: Die belang van die temperatuur is soos volg. Vet smelt sodra die temperatuur 72 ºC oorskry en dit moet jy te alle tye verhoed, spesifiek by die maak van Salami.

Russians en Cheese grillers
Pekelwenk: Die varkvleis kom gewoondelik in gesnyde stroke. Pekel die stroke deur gebruik te maak van Crown National se Instant Cure. Los dit op in water en plaas 6.5 kg van die stroke varkvleis in die pekel vir 6 ure. Haal uit en laat winddroog word. Eintlik is dit nou bacon. Indien jy ‘n roker het, koud-rook dit vir 12 ure.
Die worsderms wat gebruik word om Russians en Cheese grillers mee te stop, staan bekend as “Russian Long” (die dikke) en die dun derm wat gebruik word, as CAM22.

Russians:
8.5 kg koue wildsvleis.
6.5 kg gepekelde varkvleis, in blokkies gesny.
Yswater (2.5 kg ys en 2 liter water).
1 Pak Russian Cooked Salami speserye.
Metode
Maal die basis vleis deur ‘n 4 mm sif – hoe kouer, hoe mooier maal die vleis.
Voeg gepekelde vark wat in blokkies gesny is, by, saam met Praaksout en meng deeglik.
Voeg res van die pak speserye by en meng.
Voeg yswater by, meng en maal weer, maar hierdie keer met ‘n 6mm sif.
Stop in derms, vleg worsies en kook teen 70 grade C vir 30 min.

Cabanossi:
9 kg koue wildsvleis.
5.5 kg 70:30 varkvleis.
1 pak Gold Crown Cabanossi spesery.
1 Liter yswater
Maal basisvleis en varkvleis saam deur ‘n 12 mm sif
Voeg Praaksout by die gemaalde vleis soos dit uit die meule kom.
Voeg die res van die speserye by meng goed.
Voeg dan die ys water by en meng.
Maal weer deur ‘n 4 mm sif en stop in dun derms.
CAM 22 is die beste derms om te gebruik
Hang op om te droog. Plaas in vrieskas sodra dit droog is.

Cheese Grillers:
7.5 kg koue wildsvleis as basisvleis
3.5 kg koue 70:30 varkvleis in blokkies gesny. Gepekelde vark smaak heerlik!
1 kg bees-lyfvet of brisketvet, in blokkies gesny.
2 kg cheddarkaas, in blokkies gesny.
I pak Crown National Cheese Griller Speserye.
Maal die basisvleis deur ‘n 4 mm sif.
Meng die res van die vleis en kaas.
Meng Praaksout en dan die res van die speserye.
Voeg dan die yswater by meng en maal deur ‘n 6mm sif.
Stop in Russian Long derms, vleg en kook vir 30 min teen 70 Grade C. Indien jy gepekelde vark gebruik kan jy dit selfs deur ‘n 8 mm sif maak

Bron: Berie Smith
Foto: Jantjie Liebenberg

WAT IS PRAAKSOUT?
Salt of Prague, of Pienksout, of red cure, of Quick Red cure is al die name waaronder dit bekend staan, dit is n mengsel van salpeter, en ander nitrate, wat help met die fermentasie van die salamis, dat dit nie sleg word nie.. – Stefaans Blaauw




KORSLOSE KLAPPER-MELKTERT

klapper melktert Yvettetested
KORSLOSE KLAPPER-MELKTERT
Absoluut heerlik, so maklik om te maak, altyd ‘n treffer.
160 ml Snowflake-koekmeel (90 g)
2 ml bakpoeier
1 ml sout
450 ml melk
200 ml suiker (150 g)
200 ml droë klapper (60 g)
50 g botter, gesmelt
3 ekstragroot eiers
5 ml vanieljegeursel

Sif meel en bakpoeier en voeg by res van bestanddele. Meng goed. Skep uit in ‘n gesmeerde 23 cm-tertbak.
Bak 40-45 minute in voorverhitte oond by 180°C tot gestol en ligbruin. Laat afkoel.
Lewer 1 tert.
BRON: Antonette Havenga
FOTO: Yvette Cilliers

 




KEURIGE KAASKOEK

 

tested
KEURIGE KAASKOEK
Kors:
1 pak (200 g) volkoring-beskuitjies, fyn gemaak
60 ml gesmelte botter
5 ml fyn kaneel
Vulsel:
500 g Tusser’s-kaas, fyn gerasper
200 ml suiker
250 ml koekmeel
Knippie sout
1 ekstra groot eier
6 ekstra-groot eiers, geskei
180 ml suurroom
sap en skil van 1 suurlemoen
100 ml strooisuiker

Voorverhit die oond tot 160 ºC. Spruit ‘n 23cm losboompan met kleefwerende middel.
Meng al die bestanddele vir die kors goed saam en druk op die bodem van die voorbereide pan vas. Hou in die yskas tot benodig.
Klits die kaas en suiker saam tot goed gemeng (ons het dit sommer in die voedselverwerker gedoen).
Sif die koekmeel en sout by en klits goed.
Voeg die eier, asook 6 eiergele by en klits goed.
Voeg die suurroom en sap en skil van die suurlemoen by en meng deur.
Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en voeg die strooisuiker bietjies-bietjies by terwyl dit aanhoudend geklits word.
Vou in by die kaasmengsel en giet in die voorbereide kors.
Bak 1 uur lank tot die kaaskoek stewig is.
Skakel dan die oond af en laat die koek in die oond afkoel.
Verwyder uit die pan en plaas op ‘n mooi dienbord.
Lewer ‘n groot kaaskoek.

Geplaas deur Katie Heine




BAR ONE PANNEKOEK

BAR ONE PANNEKOEK

BAR ONE PANNEKOEK
Vier pannekoeke
1 blikkie karamel kondensmelk
250 ml room
2 piesangs
1 groot Bar One
250 ml vanilla roomys

Sny Bar One en piesangs in skyfies.
Smelt Bar One in ‘n pot en voeg die room by.
Vou die kondesmelk in.
Plaas skyfies piesang in die middel van die pannekoek en skep die sous oor.
Vou toe en geniet.
Resep geplaas deur Linda Venter




GARNALE, AVOKADO EN MANGO SLAAI

shrimp avo and mango salad
GARNALE, AVOKADO EN MANGO SLAAI
2 ryp avokado’s
2 ryp mango’s
250 g gaar klein garnaaltjies
3 of 4 eetlepels suurlemoensap
2 of 3 lepels canola olie of olyf
1 lepel suiker
1 lepel jalapeno sonder saad (ek het rooi rissie gebruik)
½ lepel gemaalde peper
2 lepels growe sout gemaal
3 green onions
klein bossie koriander
bossie pietersielie
vars groenslaai
tamatie
komkommer
denneboom pitte, gerooster

Meng in ‘n groot slaaibak die suurlemoensap, olie, suiker, fyn gesnyde rissie en peper.
Sny die mango en avo in blokkies, kap die pietersielie, uitjies, en koriander en meng by die sousie. Sit nou die garnale by.
Sny die slaai grofweg, sny die tamatie in halwe skyfies en die komkommer in ringe.
Voer die opdien bakkies met ‘n bed van slaai en sit

om die kante van die bakkies die tamatie en komkommer ringe, sit die garnaal mengsel in die bakkies en sprinkel die denneboom pitte bo-oor!
Kan ook stukkies feta kaas by sit.

RESEP EN FOTO: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




3 BONE SLAAI MET EN SONDER KERRIE

3 bone slaaitested

3 BONE SLAAI MET EN SONDER KERRIE

410 g (1 blikkie) groenbone
410 g (1 blikkie) botterbone
410 g (1 blikkie) bone in tamatiesous
1 ui fyn gekap
1 groen soetrissie
Sous:
125 ml asyn
125 ml olie
80 ml suiker
peper
5 ml droë basiliekruid
Dreineer die water af van die bone, meng alles saam en verkoel oornag. ( Ek sit bietjie rooi en geel soetrissie in vir die kleur daarvan.
Sit dan net bietjie minder groen soetrissie in.)
Resep:Diana Earle Maartens

Carien van Eck
Ek gebruik die gewone resep van botter-, rooi- en groenbone met uie en groen soetrissie en sous van:
¼ kop elk van suiker, kookolie en wit asyn
1 teelepels aromat
1 teelepel kerriepoeier
Meng saam kook 1 min op hoog mikrogolf. Meng deur die bone en plaas in die yskas tot bedien.
Dis baie lekker




SPINASIE EN TUNA LASAGNE

SPINASIE EN TUNA LASAGNE
375 g spinasiesnysels
15 ml kookolie
30 ml margarien
1 groot ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekneus
410 g tamatiesop (blik)
125 ml water
10 ml suiker
5 ml sout
1 ml peper
200 g tuna

Kaassous:
250 g fyn maaskaas
250 ml room
250 ml gerasperde Cheddar

Kook die spinasiesnysels volgens die aanwysings op die pakkie. (of net soos jy wil) Dreineer goed en meng met die kookolie.
Braai die uie en knoffel liggies in maragrien en voeg dan die tamatiesop, water, suiker, sout en peper by.
Verhit tot kookpunt en kook vir 10 min op lae hitte. Vlok die vis net effens (belangrik) en roer dit by die sopmengsel. Hou eenkant tot nodig.
Klits die maaskaas, room, en Cheddarkaas saam. Meng goed, hou eenkant tot nodig.
Smeer ‘n oondvaste bak. Skep helfte van die spinasiesnysels in die bak. Dan die helfte van die vismengsel bo-op en die helfte van die kaassous dan daar bo-op.
Herhaal die proses met die ander helfte.
Gooi ‘n bietjie gerasperde kaas en paprika bo-oor.
Bak die lasagne vir 30-40 minute.
Bedien warm met ‘n lekker groen slaai en ‘n lang knoffelbrood.

Katie Heine
Ek wil net byvoeg dat die gereg heerlik is. Ek vervang soms die spinasie met macaroni.

 

 




ERTJIESOP MET SPEKVLEIS

ertjiesoptested

ERTJIESOP MET SPEKVLEIS
12,5 ml botter of margarien
2 uie, gerasper
4 spekvleisrepe, gekap
2 beesvleisekstrakblokkies, opgelos in
2,5 liter warm water
450 g splitertjies (500 ml)
1 aartappel, gerasper
2,5 ml gedroogde tiemie
sout en swartpeper na smaak

Verhit die botter of margarien en braai die uie en spekvleis tot sag.
Voeg die aftreksel, splitertjies, aartappel, tiemie, sout en swartpeper by.
Laat prut die sop oor lae hitte totdat die ertjies sag is – ongeveer 1½ uur lank.
Druk dit deur sif, of versap dit indien gladde tekstuur verlang word.
Voeg suurlemoensap na smaak by en herverhit die sop tot deurwarm.
Bedien dit met croutons (gebraaide brood-blokkies) en bros gebraaide spek-
vleiskrummels bo-op.
Wenk:
Verdik die sop met 12,5 ml ertjiemeel of mielieblom, wat aangemaak is met 25 ml water

Bron:  Afrikaanse resepte




BENHET SE SJOKOLADE KOEK

benhet se sjoklit koektested
BENHET SE SJOKOLADE KOEK
Altyd ‘n wenner! Lekker klam!!
7 eiers
2 koppies suiker
¾ koppie water
3 eetlepels kakao
1 koppie olie
2 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
2 teelepels sout

Skei die eiers.
Klits die eiergeel tot lig en voeg die suiker geleidelik by!
Meng die water en kakao en voeg by eiergele.
Voeg dan die olie by en meng goed.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng bietjie bietjie by die eiergele!
Klits eierwitte styf en vou in!
Bak by 180°C vir 35 min. Heerlik!

Nota:
Voeg 2.5 ml kremetart by vir nog ‘n lekkerder tekstuur.

Riana: Hierdie is ‘n groot beslag en kan in twee ring panne gebak word.

Benhet Nieuwenhuis
Foto: Riana du Plessis