ADRI SE BROODDEEG ETE
Vulsel:
Braai die gesnyde uie, sampioene en groen soetrissie saam, maak sous lekker dik met bietjie meel aangemaak met water.
Voeg sout/peper en smaak middels by. Roer die tuna by en bedien op die heerlike broodjie
HIERDIE IS ‘N WENNER, MAAK SEKER JY HET ‘N LEKKER GROOT FLAN PAN
4 eiers
1 koppie koekmeel
2 ½ teelepels bakpoeier
½ koppie warmwater
3 eetlepels botter, gesmelt
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
Klits eiers en suiker tot romerig.
Sif tesame meel en bakpoeier en skep bo-op die eiers en suiker mengsel.
Meng die botter, warm water en vanilla. Giet die bottermengel bo-op die meelmengsel in die bak. Roer goed deur.
Skep in gesmeerde flan panne. Bak by 180 ºC vir 15 minute.
Hierdie randkoek kan gevul word met verskillende vulsels, die oumense was baie lief vir flans bak, en dit is regtig ‘n treffer.
Dit was my oorlede mammie se resep!!!
Resep: Esther Mocke Mouton
2 cups grated carrots
¾ cup coarsely chopped walnuts
Just mix it all together in one bowl, mix well thru. Use a prepared cake tin.
Bake at 180ºC for 30 to 35 minutes or until tester comes out clean.
This is great with a cream cheese frosting:
1 cup cream cheese
1 ½ cups powdered sugar
1 teaspoon vanilla essence
Mix together and frost the cake when completely cooled down.
Recipe and photo: Karin Van Coller Minnaar
LEKKER KARAMEL BROODJIES
1 pak gekoopte brooddeeg
bruinsuiker
1 houertjie room (250 ml)
Neem ‘n glas bak wat so ongeveer 9 bolletjies in pas, strooi ‘n lekker dik laag bruinsuiker onder in die bak.
Neem die gekoopte brooddeeg en maak bolletjies.
Pak die bolletjies deeg bo-op die suiker, strooi weer ‘n lekker dik suiker bo-oor die bolletjies.
Giet ‘n houertjie room bo-oor en bak in die oond teen 180 ºC vir ongeveer 45 min, toets dat jou bolletjies gaar is.
Nota:
Hierdie is vingerlek lekker, maak maar twee bakke vol.
Resep en foto: Rina Kleinhans


GEMMER VULSEL VIR RANDKOEK-FLAN
Kook saam:
1 koppie stroop
1 koppie water
1 teelepel fyn gemmer
2 eetlepels vlapoeier aangemaak met bietjie water
Kook tot dit begin dik word.
Sit in tertdop wanneer dit ‘n bietjie afgekoel het.
Bedien met room.
Sylvia Carstens
Flan resep
http://www.foodloversrecipes.com/2013/06/flan-randkoek/
Jaco Bester
Ek maak altyd snye in die boud en dan vul ek die boud met skaapstert wat ek opsny. Sit op ‘n paar plekke knoffel in en gebruik die olyf olie. Dit werk.
TUNA GEVULDE ROLLETJIES
Bid dat jy mayonnaise, origanum, uie en geblikte tuna in die huis het.
Lekker vir kosblik ook.
So nie, draf maar weer kafee toe of stuur die kids.
Maak die blikkies tuna oop, dreineer die water/olie af.
Skep in mengbak.
Kap uie fyn, of vra die kids of man om dit te doen as jy bang is jou ogies gaan traan.
Meng die mayonnaise, origanum en ui daarby.
Maak ‘n gatjie in die rolletjie en hol die broodrolletjies uit. Moet nou nie te wild tekere gaan nie, want anders breek jy die rolletjie.
Vul die uitgeholde broodrolletjie met die gemengde tuna en rasper kaas oor die gatjie.
Gee die res van die uitgeholde brood vir die kids om te eet as hulle vreeslik honger is of gee dit vir die voeltjies wat ook honger is of die hond.
Idee Marie Rheeder Troskie
MIKROGOLF SOUSKLUITJIES
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoer
¼ teelepel sout
2 eetlepels margarine
1 eier
¼ koppie melk
Die twee eetlepels botter is vir die sous later.
Maak deeg aan nie te styf nie.
Maak 3 koppies kookwater en 5 eetlepels suiker aan.
Maak warm in mikrogolf, dit is vir die sous so ±3 tot 4 minute.
Skep lepels vol deeg in die die sous en bak vir so 3 tot 4 minute met deksel op in mikrogolf.
Skep kluitjies uit en verdik die sousie met 2 eetlepels botter en kaneel vir ‘n verdere paar minute, skep oor die kluitjies.
Foto en resep: Marie Rheeder Troskie