MIELIE EN KAAS RYSSLAAI

MIELIE EN KAAS RYSSLAAI
Vir 4 persone.
1 koppie rou rys
½ rooi ui, fyngekap
25 ml vars suurlemoensap
1 blik heel mielies (nie geroom)
100 g Cheddar- of Goudakaas, in klein blokkies gesny
handvol vars, gekapte Italiaanse pietersielie
sout en varsgemaalde swartpeper

Vir die slaaisous:
125 ml jogurt
30 ml suurlemoensap
30 ml olyfolie

Maak die slaaisous deur al die slaaisousbestanddele te meng. Kook die rys met ‘n knippie sout tot gaar. Gooi dit uit in ‘n mengbak om af te koel.
Gooi die suurlemoensap oor die gekapte uie en laat dit eenkant staan terwyl die rys kook.Wanneer die rys afgekoel is, kan jy die mielies, uie, kaas, pietersielie, sout en swartpeper en die slaaisous byvoeg.
Meng alles deeglik en skep in ‘n opdienbak.
Bedek en plaas in die yskas totdat dit etenstyd is.
Resep geplaas deur Venita Bok Nolte




FLORAINE SE KAASKOEK

floraine se kaaskoektested

FLORAINE SE KAASKOEK
500 ml roommaaskaas
500 ml suurlemoensap
2 blikkies kondensmelk
4 koppies room
250 ml warm water
8 teelepels gelatien

Kors
1 pakkie fyn Tennisbeskuitjies
125 ml gesmelte botter
20 ml klapper

Meng kondensmelk en suurlemoensap saam. Klop room styf, meng gelatien in water. Meng roomkaas, room, kondensmelk en gelatien mengsel alles saam, sorg dat mengsel goed deurgeroer is.
Maak kors deur die kors bestanddele goed te meng en op die bodem van die pan vas te druk.
Gebruik 28 cm losboom pan.
Giet die vulsel op die kors en verkoel in yskas. Versier soos verkies.

AARBEI STROOP VIR KAAS KOEK
500 ml aarbeisap
5 ml maizena
15 ml vlapoeier
20 ml suiker
500 ml vars aarbeie

Verhit 400 ml sap tot kookpunt.
Neem 100 ml oorblywende sap en voeg die maizena, vlapoeier en suiker daarin, roer, voeg by warm stroop en laat 5 minute stadig prut.
Gooi dan die vars aarbeie in stroop, verwyder van hitte en laat afkoel.
Wanneer koud, skep op kaaskoek.
Variasie:
Fyngekapte vars mintblare en vars blomblare kan ook by stroop geroer word, sit dan versuikerde gemmer skyfies tussen in. Geniet! Ek het hierdie een mooi versier, want dit is vir ‘n verjaarsdagtee.
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter




DRIE BESTANDDELE BROOD

3 bestandele broodtested

DRIE BESTANDDELE BROOD
500 g bruismeel
500 ml karringmelk of amasi
sout na smaak

Meng alles goed saam en bak in oond by 180 ºC vir 1 uur, hou maar dop en toets vir gaarheid

VARIASIE
Kan gerasperde kaas insit indien verkies – Heidi Rowe
Resep: Riana du Plessis
Foto: Heidi Rowe

 




TUISGEMAAKTE HOENDERBURGERS

tested

TUISGEMAAKTE HOENDERBURGERS
Lizelle de jager se: Baie baie lekker rolletjies, ek kan dit aanbeveel
Dis ‘n lekker alternatief op biefburgers. En, natuurlik hoef jy nie jou eie rolletjies te maak as jy haastig is nie”.
Hoender “patties”
600 g hoendermaalvleis*
1½ koppie broodkrummels
1 ui, gerasper
1 soetrissie, gekap
‘n handvol gekapte pietersielie
sout en peper

Wit hamburgerrolletjies
500 g gewone koekmeel
1 sakkie kitsgis
½ teelepel sout
1 eetlepel strooisuiker
350 ml melk
25 g botter

Glaseer die rolletjies  met ‘n eier, knypie sout en 1 eetlepel melk

Patties:
Meng die bestanddele saam en vorm patties. Braai vier tot ses minute aan ‘n kant of bak tot albei kante mooi bruin is. Bedien met rolletjies en geurmiddels na jou smaak.
Rolletjies:
Meng die meel met die gis, sout en suiker in ‘n groot bak. Verhit die melk en botter totdat die botter begin smelt. Voeg dit by die droë bestanddele. Meng en voeg nog meel by as die deeg te nat is. Knie tot glad. Sit in ‘n gesmeerde bak, bedek en laat staan dit op ‘n warm plek vir ‘n uur om te rys (tot dubbelgrootte).
Druk die lug uit en sit op ‘n oppervlak wat met meel besprinkel is. Vorm ses burgergrootte rolletjies en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Bedek en laat staan 30 minute om te rys.
Meng die eier, sout en melk en smeer dit aan die bokante van die rolletjies.
Bak 15 minute by 220ºC.
*vra die slagter by die supermark om hoendervleis te maal as daar nie klaargemaaldes is nie.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto:  Izel van Zyl

 




VISKOEKIES VAN PILCHARDS

Image036renee se pilchard viskoekiestested

VISKOEKIES VAN PILCHARDS
WENNER!!!
(Met erkenning aan Ma San vanuit Niekerkshoop in die Karoo)
2 eiers
1 groot blik Pilchards (vis)
60 ml (¼ koppie) asyn
1 klein gekapte ui
sout en peper na smaak
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
250 ml (1 koppie) koekmeel

Klits die eiers. Voeg die vis, asyn, ui, sout en peper by. Druk vis fyn. Meng bakpoeier en meel. Voeg by vismengsel en meng tot ‘n stywe deeg. Skep eetlepels vol en bak in warm olie tot goudbruin.
Foto:  Rina Kleinhans  en Renee Craig

Variasie
Maria Oneale
1 koppie gevriede groente effens gekook met spices en ek deel my meel 2 koppies koekmeel en 1 koppies bruismeel ek vervang partykeer die groente met sweetcorn, die romerige een absoluut heerlik!




MAKLIKSTE HOENDERPASTEI OOIT

HOENDER EN MUSHROOM PIE
MAKLIKSTE HOENDERPASTEI OOIT
1 Medium ui fyngekerf
1 teelepel knoffel (vars)
4 ontbeende hoenderborsies repies gesny
4 jong wortels (so dik soos jou duim) dun skyfies gesny
1 pakkie sampioene opgekerf
250 ml room
2 teelepels Maizena
Sout en peper
Ina Paarman se Pasta Spice
Mayonnaise
Skilferkorsdeeg (ontdooi)
Rol deeg bietjie dunner op meelbestrooide oppervlakte uit en voer glasbak (tertbord) uit, hou res vir bo-oor. Braai ui en knoffel tot glaserig, voeg hoender en wortels by en kook tot gaar. Geur met bietjie sout en peper. Voeg sampioene by en maak gaar. Gooi room by en geur met Pasta Spice na smaak. Meng goed deur. Maak maizena met bietjie melk aan en voeg by. Kook tot verdik en skep in voorbereide bak wat uitgevoer is met skilferkorsdeeg. Plaas ‘n laag deeg bo-oor, knyp kante vas sodat deeg nie van mekaar lostrek nie en verf met mayonnaise. Bak vir 20-25min op 180°C.

Resep en foto:  Hannalie Kitshoff – EIE RESEP




JOGURTTERT IN 4 MINUTE (MIKROGOLF JOGURT TERT)

4 min kaaskoek elisabeth reggemaaktested

JOGURTTERT IN 4 MINUTE (MIKROGOLF JOGURT TERT)
1 liter jogurt van jou keuse
1 blikkie kondensmelk
Tenniskoekies en gesmelte botter om te meng
Opsioneel:  meng 10 ml gelatien aangemaak met bietjie warm water en afgekoel by jou mengsel in net om te verseker hy stol perfek… regtig jou keuse.

Krummel die koekies en meng met botter – druk vas onder in ‘n bak.
Meng die jogurt en kondensmelk (en gelatien indien jy dit gebruik). Gooi die mengsel op die koekies in die bak.
Sit in die mikrogolf vir 4 minute in siedaar!
Haal die kaaskoek uit die mikrogolf en sit in die yskas totdat dit lekker koud is en geniet.

NOG ‘N PAAR IDEES

Amanda Verster Vd Merwe:
Hier is die twee 4 minute terte wat ek vir vandag gemaak het:). Links granadilla met gemmerkoekie kors en regs aarbei met ‘n wilde bessie sousie oor. Heerlik!

Hettie Coetzee:
I have made 4 different flavours and have found that ‘double cream greek smooth yoghurt’ tastes the most like ‘cheese cake’ the flavoured yoghurt takes like yoghurt, I used a dish as big as my large supper plate (then 1L is good) and 2 pkt of biscuits give a nice thick crust! Also found 4 min not sufficient. Rather microwave for 6 min. It is so easy… that even I can manage.

Marietjie Nel:
Ek het Perske jelly aangemaak met halwe kop kookwater en halwe koppie kouewater en houertjie granadilla pulp ingemeng – dis heerlik – mens moet dit net oornag laat stol.

Foto: Rina Kleinhans
Foto: Chantèlle Saayman sonder jellie laag




LEMON YOGURT CAKE / SUURLEMOENKOEK

suurlemoenkoek louise 2tested
LEMON YOGURT CAKE / SUURLEMOENKOEK
Recipe posted and photo: Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES

Hierdie suurlemoenkoek is baie lekker. Vantevore het van die Food Lovers laat weet dat hulle het dit in daardie silikoon koek”panne” gemaak en gesê dat dit vasgesit het, gebruik dus ‘n gewone “blik” ringkoekpan wat goed gespuit of gesmeer is. Myne het nog nooit vasgesit nie. Dit is egter belangrik dat dit in ‘n ringkoekpan gebak moet word.
Die jogurt kan met gewone melk vervang word as jy nie jogurt in die huis het nie en die lus oorval jou, ek sny ook die suiker, een koppie is genoeg.

Serves 10
¾ cup (180 ml) vegetable oil
2 eggs
1 tablespoon finely grated lemon rind
2 tablespoons lemon juice
1 cup (280 g) thick natural yoghurt
1¾ cups (385 g) caster (superfine) sugar
2 cups (300 g) self-raising (self-rising) flour

Lemon frosting:
¾ cup (120 g) granulated sugar
¼ cup (60 ml) lemon juice
Preheat oven to 180°C (350°F).
Place the oil, eggs, rind, lemon juice, yoghurt and sugar in a bowl and whisk to combine.
Sift over the flour and stir until smooth.
Pour the mixture into a greased 24cm fluted ring tin and bake for 35 minutes or until cooked when tested with a skewer.
While the cake is still hot remove from the tin and place on a plate.
To make the lemon frosting, gently stir together the sugar and lemon juice.
Spoon over the cake and allow to set. Serve warm.

 

 

 

 




PEANUT BUTTER FUDGE

PEANUT BUTTER FUDGE
2 cups white sugar
½ cup milk
1 teaspoon vanilla essence
¾ cup peanut butter

Place sugar and milk in pot and bring to the boil – cook for 2 1/2 minutes after begins to boil.
Remove from stove and add peanut butter and vanilla.
Stir well and place in greased square pyrex dish.
I used bowl measuring 20 cm x 15 cm.
Photo:  Zelda Ellis




KERRIE AFVAL

afval

KERRIE AFVAL

Ek kook my afval sommer so uit die kop uit en gooi by lol!
Maar basies afval laat week in koppie asyn en kookwater, goed gespoel , dan vir 3 ure stadig gestowe in ‘n koppie asyn en water en swartpeper korrels en koppie aartappel blokkies! Uie gesnipper en gebraai met kerriemengsel wat ek bygegooi het, met staranys en lourierblare, gemeng met afval en bietjie verdik met maizena en suurlemoensap!
KERRIEMENGSEL
SOUS:
2 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel suiker
1 teelepel borrie
1 eetlepel Worcestersous
sout en peper

Resep en foto: Gigi Robinson