VLAKVARKBREDIE

vlakvarkbredietested

VLAKVARKBREDIE
2 kg vlakvark, in blokkies gesny
250 ml koekmeel (gegeur met sout, peper en gemengde, droë kruie)
45 ml olie
45 ml botter
1 pak (250 g) repiespekvleis, gesnipper
2 groot uie, in wiggies gesny
4 knoffelhuisies, in stukkies gesny
500 ml wildsaftreksel
10 middelslag baba-aartappels, gehalveer
250 ml port
2 lourierblare
2 takkies vars roosmaryn
1 pak (250 g) knopiesampioene, grof gesnipper
125 ml – 250 ml suurroom
Vars pietersielie,
vars gerasperde suurlemoenskil,
sout en peper na smaak.

Druk die vlakvarkblokkies deeglik droog en bestuif dan met die gegeurde meel.Verhit die botter en olie saam in ‘n pot en braai die vleis in lotte tot goed bruin. Skep uit met ‘n gaatjieslepel en hou eenkant.
Braai die spek, uie en knoffel in die orige botter-en-olie-mengsel tot die uie sag is. Sit die vlakvarkblokkies terug, voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Bedek en prut vir ongeveer 1 ½ uur of tot die vleis sag is.Voeg die aartappels, port, lourierblare en roosmaryn by en prut oop vir nog 30 -45 minute. Voeg die sampioene by en prut tot gaar.
Roer die suurroom, pietersielie, suurlemoenskil, sout en peper by.
Sit voor op krummelpap.

Foto:  Martie Fourie Moolman
Resep geplaas deur Martie Fourie Moolman

Dit was heerlik, glad nie na wild geproe nie, ek het net ‘n paar kruie naeltjies ingegooi en saam met maroela jellie en pere voorgesit. Almal hier eet nie pap nie en die koring daarmee saam was baie lekker! Was heerlik sag en romerig!




VLAKVARKFILLET

FOOD IS ESSENSIAL

VLAKVARKFILLET
400 g vlakvarkfillet
50 g growwe swart peper
1 cm vars gemmer
40 g gemengde kruie
12 baba aartappels
40 ml heuning
200 g vars pruime
150 g gedroogte appelkose en perskes
100 g wortels
100 g murgpampoentjies
200 ml vars room
40 g Dijon heelgraan mosterd
100 ml asyn
150 g bruin suiker
100 g bokmelk kaas
portwyn
olyfolie
vars kruie
250 ml gekapte uie

Maak die vlakvarkfillet skoon deur al die sigbare senings te verwyder.
Marineer in portwyn, olyfolie, gemmer en vars kruie.
Rol oor gekapte kruie en growwe swart peper.
Rol styf op in kleefplastiek en plaas in die yskas vir ± 30 minute

GAARMAAK VAN DIE VARK
In ‘n baie warm pan, voeg bietjie olyfolie by.
Sny die fillet in ± 5 cm skywe en plaas met plastiek in die warm pan.
Draai om sodra die bodem maklik los kom en goed bruin is.
Laat rus met die plastiek vir ± 20 minute, haal uit plastiek en plaas op bakplaat in die oond vir ± 20 minute op 180º C

Resep: Carol Elliott Claassen



VLAKVARKBOUD

vlakvark boudvlakvark boud 2tested

VLAKVARKBOUD
1 vlakvarkboud
210 g repies spek
3 eetlepels swartpeper
110 ml bruinasyn
130 ml rooiwyn
12 ml bruin suiker
70 g glanskersies
3 knoffelhuisies gekap
2 uie – in skywe gesny
10 ml appelkooskonfyt
20 ml worcestersous
8 naeltjies
Maak gate in boud en steek knoffel glanskersies en stukkies spek in elke gat. Sprinkel die uie bo op die boud en plaas vir twee dae in mengsel van coke en melk. Net voor jy braai haal die boud uit, smeer appelkooskonfyt en worcestersousmengsel op boud.
Plaas boud in ‘n groot pot en voeg die asynmengsel by saam met ongeveer 350 ml water. Kook stadig tot vleis sag is.
Braai die boud bruin  in die pot nadat die sous eenkant gedreineer is om later oor vleis te gebruik as sous.

Resep:Frans Fouche
Foto en resep van Andeline De Abreu
Ek het nie met mates gewerk nie. Het boud gestop met knoffel. Dit in stoompot geplaas. Daarby rosemary, oregan, rooiwyn, stock, barbeque spice, mixed herbs, paprika en lourierblaai. Het gepressure cook vir 70 min. Daarna bietjie in die oond gebak. Opgesny met elektriese mes. Uie gekook in die sous op die stoof en toe verdik met n bietjie maizena. Bo-oor vleis geskep en versier met pynappelstukkies.




GESTOLDE KOMKOMMERSLAAI

GESTOLDE KOMKOMMERSLAAItested

GESTOLDE KOMKOMMERSLAAI
Dit is heerlik en so lekker lig en koel saam met die vleise gewees.
1 pak groenpruimjellie
125 ml kookwater
250 ml mayonnaise
250 g gladde maaskaas
2 gewone komkommers, grof gerasper en gedreineer
1 uitjie, gerasper
10 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak

Los die jellie in die kookwater op en laat afkoel. Voeg res van bestandele by en meng.
Gooi in ‘n vorm wat met koue water uitgespoel of met kookolie gesmeer is en laat stol in die yskas.
Keer uit op slaaibord en garner met blaarslaai, beetblokkies, soetrissierepies, tamatiewiggies of wat ook al beskikbaar is.
Resep geplaas deur en foto:  Elsa Van Antwerpen Kleinhans




2 BESTANDDEEL KOEKIES OF KLAPPERYS

2 bestandele koekies
2 BESTANDDEEL KOEKIES OF KLAPPERYS

1 blikkie kondensmelk en klapper gemeng, soveel dat dit ‘n stywe mengsel maak.
Jy kan kersies opsit of 100’s en 1000’s of niks.
Bak in 180ºC tot ligbruin.
OF
1 blikkie kondensmelk en genoeg klapper gemeng om stywerige mengsel te vorm, rol balletjies en sit in yskas, die lekkerste en maklikste klapperys.
Jy kan die helfte van die mengsel kleur ook.

Resep en foto:  Petra Pretorius




GEKARAMALISEERDE UIE

gekaramaliseerde uietested

GEKARAMALISEERDE UIE
Hier is my resep:
15 ml olyfolie
3 uie fyn gesny
45 ml bruin suiker
45 ml balsamiese asyn
5 ml fyn tiemie (opsioneel)
sout en peper

Verhit olie in pan en braai uie tot bruin. Draai na meduim lae hitte gooi asyn en suiker by. Prut tot vloeistof verdamp het.
Eet lekker.
NOTA: Jy kan natuurlik die resep dubbel en drie dubbel. Dit hou lekker in die yskas en dan maak ek dit sommer gou warm in die mikrogolf.

Resep en foto:  Karin Van Coller Minnaar




PILCHARDS DOOPSOUS

pilchards doopsous
PILCHARDS DOOPSOUS
My gewilde Pilchards doopsous.
1 blikkie chillie pilchards( graatjies verwyder)
5 tot 10 skutte Tabassco sous
Tamatie sous
Mrs Balls blatjang
Mayonnaisse

Maak die pilchards fyn, voeg al die ander souse by en meng deeglik.
Bedien saam met Chipnicks (ons noem dit sommer bakkie chips) of saltycracks
Nota: Hoe meer Tabassco sous, hoe “warmer” die doopsous, maar hoe warmer, hoe lekkerder. haha. Probeer dit gerus.
Heerlik verby
Resep en foto:  Amanda Verster Vd Merwe




MARIE SE BRUINPOEDING

bruin poeding marie

MARIE SE BRUINPOEDING
2 eetlepels botter
½ teelepel fyn gemmer
knippie sout
1 koppie koekmeel
2 eetlepels appelkooskonfyt (ek het mix fruit konfyt gebruik)
1 teelepel koeksoda

Meng botter en konfyt met klitser en voeg meel, sout, gemmer en koeksoda wat in bietjie warm water opgelos is by. Meng goed.

Sous:
Meng die volgende:
1 koppie suiker
2 ½ koppies warmwater

Sit sous in ‘n oondbak met ‘n deksels.
Skep lepelsvol deeg in die stroop in bak en sit die deksel op.
Bak ongeveeer 40 minute of tot gaar by 180 ºC.
Ek voel met mes of dit gaar is, onthou oond moet eers sy grade bereik voor jy die poeding insit.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie




KERRIE SNOEKSOP ALA HANNALIE

snoek soptested
KERRIE SNOEKSOP ALA HANNALIE
Stert en ruggraat van snoek met alle ekstra stukkies vis
1½ liter koue water
3 lourierblare
4 peperkorrels
1 groot geelwortel, grof gerasper
2 groot uie, fyngekerf
1 groot aartappel gerasper
1 eetlepel botter
1 eetlepel olie
2 teelepels kerriepoeier

1 teelepel borrie
2 eetlepels suurlemoensap
¼ koppie fyngekapte peitersielie
Sout en peper

Gebruik stert en ruggraat van die snoek saam met ander orige stukkies vis (Ek het 1 kleinerige snoek gebruik)
(Indien dit soutsnoek is wat gebruik word, week oornag in water en spoel af) Bedek vis met water, voeg lourierblare en peperkorrels by en laat kook vir ± 25 minute. Skep skuim af. Verwyder van stoof en laat afkoel. Verwyder grate en pluis vis. Braai intussen die uie, Kerrie en borrie in olie en botter tot goed gaar, voeg geelwortel en aartappel by en roer goed deur. Voeg nou die geelwortel mengsel by die vismengsel en kook tot groente goed gaar is, ± 30 minute. Voeg nou suurlemoensap, sout en peper na smaak by. Voeg net voor opdien die pietersielie by en meng deur. Bedien met vars volgraanbrood of croutons.Het jare terug hierdie resep by die Chef van De Oude Libertas Restaurant gekry.
Resep:  Hannalie Kitshoff
Foto: Gideon Louw

 




HOE OM OLYWE IN TE LE

olywetested
HOE OM OLYWE IN TE LE
Oraait jul vra so mooi hier kom my olywe resep
Gee n snytjie oor die eenkant van olyf[van bo na onder]
Sit die olywe in n groot emmer met deksel en tap water in tot olywe bedek is gooi elke dag water af en tap weer skoon water op doendit vir 3 weke.
Jy sal sien hoe die olie uit kom.
Maak dan n oplossing van 250 g sout op 5 liter water.
Sit olywe in die sout oplossing vir 1 week[gebruik weer die emmer]
Spoel die olywe af in skoon water.
Sit die olywe dan in skoon bruin asyn vir 24 uur.
Maak dan weer n sout oplossing soos bo.
Sterliseer bottels.
Neem nou ¾ sout oplossing en ‘n ¼ bruinasyn.
Pak olywe in bottels [oppas vir te vol]en voeg die mengsel van sout en asyn in.
Draai deksel lekker styf toe.
Resep: Tinkie van Deventer – Angelique Roux
Foto: Johan Coetzee