DRYWENDE EILANDE

drywende eilandjies
DRYWENDE EILANDE
sowat 1 liter vla
Eilande
150 ml melk
3 eierwitte
200 ml strooisuiker
donker sjokolade

Vul die helfte van ‘n groot, diep pan met water. Voeg die melk hierby en verhit tot dit begin prut. Klits die eierwitte saam met sout tot styf. Klits die suiker geleidelik by tot ‘n gladde en blink meringue. Skep ‘n eetlepel hoogvol van die meringue uit en laat sak dit met behulp van ‘n tweede lepel in die pruttende melk-water-mengsel. Plaas nog sowat 3 lepelsvol van die meringue in die pan. Kook sowat 30 sekondes, draai die meringues om en kook ‘n verdere 30 sekondes. Meringues behoort dubbel in grootte te wees. Wees versigtig om dit nie te lank te kook nie. Lig uit met gaatjieslepel op ‘n draadrak om te dreineer. Kook res van meringues op dieselfde wyse. Rangskik die meringues op die vla (sien foto). Rasper sjokolade bo-oor indien verkies.
Wenk: Maak seker dat dit groot lepelsvol meringue is wat gebruik word vir die eilande.

FOTO:  Chantel Vorster




ELSA SE KARRINGMELKBESKUIT

riana se all bran beskuit

ELSA SE KARRINGMELKBESKUIT
Ek het gemerk hier is ‘n paar diabetiese lede ook onder ons, en omdat my liefie een is, bak ek graag vir hom hierdie beskuit wat ek by Elsa Eksteen van Roodepoort gekry het.

1,5 kg bruismeel
8 teelepels Natreen versoetter
2 eiers
500 ml karringmelk (Amasi)
250 ml melk (ek gebruik die kartonnetjie van die amaas en spoel dit sommer met die melk)
5 ml sout
500 g Stork Bake margarien

Maak so:
Smelt die botter en roer die Natreen in. Voeg die karringmelk en melk by. Voeg die eiers en sout by. Meng alles goed. Gooi bruismeel by en meng goed. Druk in bakpan. (ek gebruik my rolkoekpan). Bak teen 180ºC vir 30-40 min. Droog uit oornag in ‘n lou oond van 50º C.
(Sny in skywe voor jy dit bak dan breek dit makliker)

Resep en foto:  Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

 




SPUR SE GESONDHEIDSBROODJIE

SPUR SE GESONDHEIDSBROODJIE
Resep: Wilma Josey Venter
Foto:  Joey Kemp
FOOD LOVERS RECIPES
Onthou julle die lekker volkoringbroodjies wat ons toenterjare by die Spur se “Salad Valley” gekry het om te eet? Ek het vriende gemaak met die kok van die Spur in Table View, Kaapstad doer in 1998 en hy het sy resep met my gedeel.. Ek deel dit weer met julle… Dit is so lekker…

4 x 250 ml Nutty wheat
250 ml gerolde koring
125 ml sonneblomsaad
125 ml pitlose rosyne
15 ml bruinsuiker
10 ml sout
15 ml kitsgis
625 ml louwarm water
45 ml olie
15 ml elk papawer- en sesamsaad om oor te strooi.

Verhit die oond tot 200°C en smeer twee broodpanne met botter en spuit met kleefwerende middel.
Meng al die droe bestanddele saam in ‘n groot skottel met ‘n houtlepel.
Voeg water en olie by en meng deeglik.
Skep die mengsel in die panne en sprinkel sade oor.
Bedek die skottel met kleefplasiek, maak toe met ‘n kombers en Plaas in ‘n warm plek tot dubbel die grootte gerys.
Bak vir 45min en keer dadelik uit nadat dit gebak is en laat afkoel op ‘n draadrak voordat dit gesny word.
Lekker eet!

 

 

 




MAKLIKE BROSBROOD KOEKIES

SHORTBREAD 2
MAKLIKE BROSBROOD KOEKIES
225 g Maizena
225 g koekmeel
110 g strooisuiker
250 g botter

Meng alles saam, druk vas in ‘n gesmeerde pan, sny in blokkies en pruk met ‘n vurk.
Bak by 160ºC vir ongeveer 40 min.

RESEP van af die Maizena karton

 




VRYHAND MAKLIKE PANNEKOEK

pannekoek van dine

VRYHAND MAKLIKE PANNEKOEK
Ek maak so:
Vir elke koppie koekmeel gebruik ek ‘n 1 eier, 1 eetlepel kookolie en ‘n knippie sout. Ek meng eers die meel en die sout, klits die eier en die kookolie saam en hou die meng beker (‘n groot beker met ‘n tuit) ONDER die LOPENDE koue kraan en meng dan my deeg met my groot whisk totdat ek “voel” dit voel soos dikroom.
DAN WEET EK DIS REG!

Ek smeer my SPESIALE pannekoek pan net een keer met ‘n olieservet en bak dan my pannekoek op ‘n MEDIUM hitte.
Probeer dit en sê of jy daarvan hou of nie asb?
Ek het al STAPELS pannekoeke op die manier gebak en dis NOOIT ‘n flop nie – nie eers die eerste een nie!
Resep en foto:  Wilma Josey Venter




KONDENSMELK KOEKIES

tested

KONDENSMELK KOEKIES
250 g sagte margarine
150 g suiker
10 ml vanilla
Blik kondensmelk
4 koppies gesifte koekmeel
10 ml bakpoeier

Room margarien en suiker
Voeg vanilla en kondensmelk by en meng.
Sif meel en bakpoeier saam en voeg bietjie vir bietjie by, deeg moet nie te styf wees nie, maar moet hanteer kan word om bolletjies te rol.
(ek het nie al die meel gebruik nie)
Rol Balletjies. Druk plat op gesmeerde plaat.
Bak @ 180º C vir 10-12min
Variasie: Cherries, Choc Chips , Rosyntjies kan beygevoeg word
RESEP: Heidi Rowe: :(Bron Onbekend) (Dit kom uit my fool proof resepte leer)

=




PEPPADEWS INLE

peppadwes ingele
PEPPADEWS INLE

Kook stroop van gelyke dele suiker, water en asyn.
Geur met sout, rooipeper en bietjie kaneel na smaak.
Maak peppadews skoon(haal pitte uit).
Gooi in kokende stroop en kook net so 1min. (Anders word dit pap)
Bottel warm.
Henrieta Bester



KAREN’S CHOCOLATE BROWNIES

chocolate brownie fudge

KAREN’S CHOCOLATE BROWNIES
Pre-heat oven to 180ºC
1 cup butter/margarine (half of 500 g brick) – melted
1 ½ cup sugar (I use brown)
¾ cup cocoa
2 small eggs
1 teaspoon baking powder
Pinch of salt
1 teaspoon vanilla essence
1 ¼ cup cake flour
Optional:
¾ cup choc chips / M&M’s / Oreo’s / pecan nuts

Stir together (melted) margarine, sugar, cocoa, eggs, baking powder, salt, vanilla essence.
Add flour and stir until well blended. Add chocolate or other optional ingredients.
Grease pan, pour mixture in and bake at 180ºC for 15-20 minutes.
I once substituted half the flower with uncooked oats for a “low GI” version and really enjoyed it.
The brownies are delicious as they are, but there are some sauce variations too.

Sauce Variations:

American Chocolate Fudge Sauce for on top:
200 g Cadbury’s Milk chocolate (broken into blocks)
½ to 1 tin condensed milk (to taste)

Melt together in the microwave on the lowest heat setting. Stir once every minute. Cook until well combined (all chocolate melted and no sugary partucles left). It takes between 5 and 10 minutes to get a smooth consistency.

Chocolate Yoghurt Sauce
200 g Cadbury’s Milk chocolate (broken into blocks)
60 ml condensed milk (to taste)
100 ml milk
2 heaped spoons Greek or plain yoghurt

Melt together chocolate, condensed milk and milk in the microwave on the lowest heat setting. Stir once every minute. Cook until well combined (all chocolate melted and no sugary partucles left). It takes between 5 and 10 minutes to get a smooth consistency. When cooked, add 2 heaped spoons of Greek (or Plain) yoghurt.

I use this recipe as the brownies for chocolate fudge brownie ice cream. For this you’ll need:
2 litre tub Ola Rich’n Creamy chocolate ice cream
1 batch of brownies
American Chocolate Fudge Sauce

Cut the brownies in small pieces (about 1 cm x 2 cm). Cover with the American chocolate fudge sauce and allow the sauce to seep into the brownies. Either mix the fudge brownies into slightly softened ice cream OR layer the brownies and the ice cream in an ice cream container. Freeze again. Allow to soften slightly before serving.
Recipe posted and photo:  Elize Herholdt

 




SEEKOS PAELLA POT

seekos paella pot
SEEKOS PAELLA POT
bietjie olie om in te braai
2 medium groot uie, efffens grof gekap
1 groot green pepper, effens grof gekap
250 g wit sampioene, gesny
1 blik Italiaanse heel tamaties
2 ½ koppies rou rys
5 koppies water
1 blokkie hoenderekstrak
500g gerookte skelvis
750g – 1 kg garnale
2 blikkies gerookte mossels
Sout en peper  na smaak

Braai uie en green pepper in olie tot uie ligbruin is
Haal dit uit pot
Braai 500 g haddock (in stukkies gesny) in dieselfde olie tot gaar
Haal uit olie
Gooi rou rys in pot, asook 5 koppies water waarin die hoender-ekstrak opgelos is asook die blik tamaties en die sampioene
Sit deksel op en kook oor stadige hitte tot die rysmengsel gaar is
Sout na smaak
Gooi 2 eetlepels botter in pannetjie
Braai 750- 1 kg garnale in botter tot ligoranje
Haal garnale uit dop as jy die in doppe gebruik het, gooi vis, garnale, uie en green pepper alles terug in pot
Voeg ook 2 blikke gerookte mossels by (kan ook vars gaar mossels gebruik)
Sit deksel op vir 10 min en roer deur
Bedien met lekker vars brood en ‘n bottel wyn
Genoeg vir 6 ruim porsies
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand

 




BLOMKOOL MASH

BLOMKOOL MASH
BLOMKOOL MASH
Kook die blomkool sag in sout water, gooi water af en sit bietjie margarine by, mash en strooi bietjie kaneel oor.

Toets vir sout en pas aan indien nodig

resep en foto:  Heidi Rowe