BEESSTERT IN BIER

beestert in bier

BEESSTERT IN BIER
1,5 kg beesstert, in stukke gesaag
Sout en vars gemaalde swartpeper
Olie en botter om in te braai
2 groot uie, in ringe gesny
500 g wortels. Skoongeskraap en in stukke gesny
2 ml droë tiemie
2 ml droë salie
60 ml koekmeelblom
1 blik (340 ml) bier
500ml beesvleisaftreksel
Voorverhit die oond tot 160°C (350°F). Bespuit n groot oondbak met kleefwerende kossproei.
Geur die beesstert met sout en peper en braai in verhitte olie en botter tot bruin. Skep in die voorbereide oondbak.
Sorteer die ui en wortels tot glansig en geur met die tiemie en salie. Strooi die koekmeelblom oor en meng goed tot sonder klonte. Giet die bier en beesvleisaftreksel by en verhit terwyl gedurig geroer word totdat die mengsel kook. Giet oor die beesstert en bedek. Bak 1 ½ tot 2 uur lank of tot vleis sag is en maklik van die bene af kom.
Dien op saam met stampkoring.
Genoeg vir 6 mense.
Foto en resep:  Marie Nieuwoudt




KAAPSE KERRIEVIS

kaapse kerrievis

KAAPSE KERRIEVIS
2 kg ferm visfilette (verkieslik geelstert of kabeljou)
sout en varsgemaalde witpeper
Kerriesous:
125 ml olie
3 uie, dun gesny
200 ml bruinasyn
20 ml suiker
5 ml borrie
10 ml kerrie
5 ml rissiepoeier
5 lourierblare
sout

Geur die vis met die sout en peper.
Verhit die olie in ‘n pan en braai die vis vir 5 minute aan ‘n kant.
Verwyder die vis uit die olie en dreineer om handdoekpapier.
Kook die uie, asyn, suiker en speserye saam in ‘n souspan vir 10 minute.
Geur met sout na smaak.
Plaas die vis in ‘n bak en gooi die sous oor.
Sorg dat die sous die vis bedek.
Plaas ‘n deksel op die bak en bêre in die yskas vir ten minste ‘n dag voor jy dit gebruik.
(6 persone)
Resep geplaas deur Henriette Wessels




MUSTARD PICKLES

mustard pickle

MUSTARD PICKLES
50 medium pickling cucumbers
2 large heads of cauliflower
3 pounds pickling (or pearl) onions (1.4 kg)
1 cup salt water for brine
1/2 gallon white vinegar (approx.) (2 liter)
4 oz. mustard (dried mustard) (113 g)
3 tablespoons salt
4 cups sugar
1 cup flour
1 tablespoon turmeric
1 tablespoon curry powder

1 tablespoon celery seed
1 tablespoon powdered ginger
2 whole red peppers

The night before, chop up pickling cucumbers into 1/2 slices. Peel onions by pouring boiling water over and letting stand for about 2 minutes. Drain and place in a ice water bath to stop the cooking. Using a sharp knife cut off the ends and peel. Chop up cauliflower into 1/2 -3/4 inch pieces. In a large pan or bowl, cover vegetables with cold water and add one cup of salt. Stir and set aside overnight. The next day, drain and rinse thoroughly. Pour vegetables into a large stock pot and cover with about 1/2 gallon vinegar. Bring to a boil. Add mustard, salt, sugar, and other spices. Add flour to thicken and return to a boil. Chop red peppers fine and add to sauce. Simmer for 1 hour. Sauce should thicken. Using safe canning methods, bottle in pint jars in a boiling water canner.
Makes 13 Pints

Recipe posted by Nicolette Walsh

 

 




GLUTEN FREE ZUCCHINI PATTIES WITH CURRY SAUCE

baby marrow patties

GLUTEN FREE ZUCCHINI PATTIES WITH CURRY SAUCE
These patties turned out to be a great way to use up the leftover zucchini from yesterday. You can easily double this recipe if desired.
I served these zucchini patties with the creamy curry sauce for lunch.
(2 servings)
2 packed cups grated zucchini, about 14oz
1 teaspoon salt
2 large eggs
2-3 tablespoons rice flour
2-3 tablepspoons coconut flour
1 green onion, sliced
1 small clove garlic, minced
1 teaspoon minced ginger
freshly cracked pepper

2 tablespoons sour cream
2 tablespoons plain yoghurt
1 teaspoon curry powder, or to taste
1 tablespoon olive or coconut oil

Toss together the zucchini and salt and set aside for about an hour.
Wring out as much liquid as you can from the zucchini.

Whisk together the eggs and 2 tablespoons each of the rice flour and coconut flour. Add the zucchini, green onion, garlic, ginger and cracked pepper. Stir until well combined. If the mixture seems too wet then sprinkle the remaining rice and coconut flour over the mixture and stir again. I used all six tablespoons of the combined flour. The mixture should have some substance but it will still be on the wet side. Set aside.

Heat the oil in a large skillet over medium heat.
While the oil is heating up stir together the sour cream, yogurt and curry powder. Set aside.
Divide the zucchini mixture to form 4 patties, scoop up and drop onto the hot skillet. Use a spoon to shape them, if needed. Fry for about 2 minutes on each side until they are golden brown.

Serve with the curry sauce.
Posted by Heiner Lange

 

 




HOENDERPASTEITJIES MET TUISGEMAAKTE SKILFERKORS

hoenderpasteitjies tracey

HOENDERPASTEITJIES MET TUISGEMAAKTE SKILFERKORS
2 kg hoender borsies met been en vel (ek gebruik dit, maar jul kan ander hoender ook gebruik)
Kook hoender gaar en sag in ‘n bietjie water en bietjie sout, met een hoender blokkie en bietjie hoender speserye.
Sodra gaar, skep onmiddelik uit die sous en laat afkoel en snipper. Skep gesnipperde hoender terug in die sous en verdik met cream of chicken soppoeier. Jy kan ook sampioen soppoeier gebruik of die 2 meng.
Pasop om die hoender met te veel sout te kook, aangesien die soppoeier en die hoender blokkie sout bevat.
Ek gebruik nie die hoendervelle in die pasteie nie, maar kook wel die hoender daarmee.

SKILFERKORS DEEG:
900 g koekmeel
400 ml water (yskoud)
15 ml asyn
3 eiergele (ek hou die eiers ook in die yskas, sodat dit lekker koud is)
500 g margarien( koud)
250 g margarien ( koud)

Meng die meel en die margarien. Ek rasper die koue 500 g margarien bo-op die meel en vryf dit met die vingers in tot dit soos growwe mieliemeel lyk.  As ek lui is, gooi ek dit in die klitser en laat hy die werk doen.
Meng die water, eiergele en asyn en voeg by die meelmengsel. Knie tot dit van jou hande loskom.
Ek hou gewoonlik ‘n bak yswater langs my en as ek voel dat my hande te warm word, druk ek dit daarin.
As dit klaar geknie is, sit in ‘n plastiek sak en sit in die vrieskas vir ‘n halfuur.

Dan kom die smeer proses. Strooi klein bietjie meel op werksoppervlak en rol die deeg ongeveer tot 1 cm dik uit
Gebruik nou die 250 g margarien en rasper die helfte daarvan op 2/3 van die deeg.
Hou die boonstste 1/3 oop. Vou nou die boonste gedeelte tot in die helfte van die deeg en dan die onderste helfte bo-oor die boonste gedeelte. Rol deeg effe plat en draai dit, sodat die naat wat oop was, teen die kant is.
Rasper die res van die margarien weer op 2/3 van die deeg en herhaal die vou proses.
Rol effe platter en laat die deeg oornag rus in die yskas of ongeveer ‘n uur en ‘n half in die vrieskas.
Daarna is deeg reg om gebruik te word.

Hoop jul kom reg.
Se maar as ek stap vir stap se fotos van die deeg moet opsit. Dit is nogal ‘n werk.

VARIASIE OP HOENDERPASTEI
Ek gebruik die hoendervulsel en voeg gerasperde kaas by en bak soos gewoon weg of ek maak ‘n hoender mayo vulsel aan en bak dit daarmee

Foto en resep: Tracey van Zyl




CHOCOLATE MUD CAKE WITH MERINGUE CRUNCH

meringue mud caketested

CHOCOLATE MUD CAKE WITH MERINGUE CRUNCH
Recipe tested and photo:  Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
The chocolate mud cake is really one of the best cakes I have ever baked or tasted.  If you want to impress your friend, go for this one 🙂
150 ml butter
¾ cup light brown sugar
6 eggs, separated
360g dark chocolate, melted and cooled
120g dark chocolate, roughly chopped
1 tablespoon vanilla essence
1 cup hazelnuts, toasted and chopped
1 tablespoon cornflour
4 egg whites
¼ teaspoon cream of tartar
1 cup castor sugar

Line a 20 cm springform tin. Cream butter and sugar until fluffy. Add yolks one at a time, beating well after each addition. Add melted chocolate and vanilla. Set aside. Whip 6 egg whites until soft peaks form, stir 1/3 into the chocolate mixture and fold in the rest. Pour into tin and bake for 25min. at 180°C.
Mix nuts, chopped chocolate and cornflour. Whisk 4 egg whites with cream of tartar until soft peaks, add the sugar gradually until stiff. Fold in hazelnut mixture.
Remove cake from the oven, spread meringue on top and return to oven, bake 25 min or until meringue is crisp.

 




MISSISSIPI MUD PIE

MISSISSIPI MUD PIE
250 g botter
15 ml brandewyn of whiskey
180 ml suiker
250 g donker sjokolade, fyn gekap
375 ml warm water
375 ml bruismeel
60 ml kakao
2 ekstra groot eiers
5 ml vanielje geursel

Voorverhit die oond tot 180ºC. Bespuit ‘n 22cm koekpan met kleefwerende kossproei. Smelt die botter oor lae hitte in ‘n kastrol. Voeg die brandewyn, suiker , sjokoladestukkies en water by. Roer totdat die sjokolade net gesmelt en die mengsel glad is. Sif die bruismeel en kakao saam en klits dit stadig by die sjokolade-mengsel in. Voeg die eiers en vanielje geursel by en klits tot gemeng. Skep in voorbereide koekpan en bak 40-45 minute lank of tot die toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat 15 minute in pan en keer uit. Sit warm of koud voor saam met room en bessies. Lewer 1 medium koek.;-)
Nota: Indien verkies kan dit met ganache versier word, maar dit is heerlik net so met versiersuiker gesprinkel of styf geklopte room

Bron:  Rentia van der Merwe




ROGMEELVINGERS

ROGMEELVINGERS
42 Stukke
3 eiers geskei
100 ml witsuiker
35 ml sonneblomolie
75 ml water
25 ml gouestroop
knippie sout
200 ml rogmeel (100 g)

Smeer en voer ‘n rolkoekpan met twee lae waspapier.
Klits die eierwitte tot styf.  Klits die suiker baie geleidelik by om ‘n stabile meringue te vorm.  Klits die eiergele geleidelik by. Meng die olie, water en stroop en voeg dit geleidelik teen lae spoed by die eiermengsel. Sif die rogmeel en sout saam. Voeg die meel in drie dele, by die eiermengsel terwyl teen lae spoed geklits word.
Giet die beslag in die voorbereide pan, maak die deeg versigtig gelyk en bak vir 40 – 45 min in ‘n voorverhitte oond by 160ºC tot goudbruin en ferm wanneer met die vingerpunt getoets word.  Laat staan die gebak vir 5 min in die pan om af te koel.
Keer dit uit op ‘n draadrakkie om heeltemal af te koel.  Sny die koek in 3 stroke en 14 vingers per strook.  Droog vir 4 – 5 ure uit in die oond by 80ºC.
Nota –  Hierdie beskuit is iets tussen ‘n baie ligte beskuit en ‘n sponskoekie, dit kan ook gebruik word as basis vir ‘n tert.
Resep: Rina Kleinhans

 




ROGMEEL-EN-SADE-BESKUIT

ROGMEEL-EN-SADE-BESKUIT
Lewer 84 stukke (vry van koring, eiers en melk)
750 g rogmeel
100 ml glutenpoeier
30 ml bakpoeier
10 ml sout
150 ml klam bruinsuiker
60 ml sonneblomsaad
60 ml lynsaad
60 ml sesamesaad
30 ml papawersaad
270 ml margarien gesmelt (250 g)
650-750 ml water

Sif die meel, glutenpoeier, bakpoeier en sout saam om goed te meng.  Voeg die suiker by en meng goed.
Meng margarien en water en voeg by die droe bestandele, meng tot ‘n sagte, klewerige deeg. Voeg meer water by indien nodig.  Skep die deeg in 2 gesmeerde rolkoekpanne en maak gelyk bo-op.
Bak 45-50min by 180ºC tot goudbruin en gaar.
Laat afkoel, sny die beskuit en droog 8 uur lank by 80ºC

VARIASIE:  Vervang die water met melk, dan is die beskuit nie melkvry nie.
Voeg 2 geklitste eiers by die bottermengsel, dan is die beskuit ligter maar nie eiers vry nie
Die beskuit is redelik hard, die margarien kan vermeerder word tot 400 g, maar dan is die beskuit baie ryk.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans




HEERLIKE MALVA POEDING

malvalekker poeding

HEERLIKE MALVA POEDING
Resep en foto:  Ronel de Villiers
FOOD LOVERS RECIPES
2 ekstra groot eiers
250 ml suiker
500 ml koekmeel
10 ml koeksoda
10 ml bakpoeier
knippie sout
10 malvalekkers, in kwarte gesny (ek gebruik die klein malvalekkers 40 van hulle)
250 ml melk
25 ml asyn 
10 ml vanilla
Sous:
200 ml suiker
500 ml melk
125 ml botter
10 ml vanilla

Klop eiers en suiker tot lig en donsig. Sif droë bestanddele, voeg malvalekkers by vou in mengsel in, voeg asyn, melk en geursel by en meng goed.
Skep in oondvaste bak en bak vir 30 min by 180ºC.

Sous – verhit alles saam in kastrol oor matige hitte tot suiker opgelos is tot kookpunt, kook 3 min. Skep oor poeding wanneer dit uit oond kom.
Vingerlek lekker.