TONG IN APPELKOOSSOUS

TONG IN APPELKOOSSOUS
2 sout beestonge
Wortelskyfies
1 lourierblaar
1 groot ui in skywe gesny

SOUS:
1 groot blik ingelegde appelkose
190 ml bruinsuiker
5 ml droë mosterd
125 ml wit druiwe asyn
3 ml sout
1 blokkie beesboeljon
85 ml sultanas
Aromat
15 ml meel en water om pasta te vorm.

Laat prut tong vir 1 uur lank. Voeg ui lourier blaar en wortels by en prut vir nog 1 uur. Doop tonge in koue water en trek vel af. Sit eenkant. Sit appelkose met stroop in pot. Voeg suiker, mosterd, sultanas asyn en sout by. Verhit en roer aanhoudend.. As dit te soet is voeg 1 boeljonblokkie by. Voeg meel wat tot pasta gemaak is, by en roer sodat die sous nie vasbrand nie. Sny tong in skywe en voeg by sous. Verhit dwarsdeur voor opdiening.
Bedien 10 tot 12 persone.
Resep geplaas deur Pieter Van Vuuren



DAWIE SE APPEL NAGEREG

DAWIE SE APPEL NAGEREG

Iets wat ons kinders gek is oor, is die volgende.
Jy haal die appel se stronk uit en sny die appel in blokkies.
Dan kook jy dit in genoeg water en suiker tot hy sag is.
Sit net so 3 steranysse en bietjie sout in die pot terwyl hy kook.
As jy dit nou vir klomp mense maak, kan jy mos die steranys aanpas.(Ek sal 1 steranys vir elke appel gebruik.)
Die appel raak baie mooi goudbruin gaar.
Verdik met vlapoeier.
Dit is baie lekker. Probeer dit gerus.
Ek hoop jy kry steranys,want mens kry dit nie so oral nie.
Dit gee so ‘n liqurise smaak.
Bron: Dawie Vd Heever



HEERLIKE AARTAPPELKOEKIES

submitrecipemyresepbydraetested
HEERLIKE AARTAPPELKOEKIES
4 of 6 gaar aartappels in skil gekook en grof ‘gemash’
Soet rissie fyn gesny
2 of 3 bosuitjies fyn gesny
Hand vol pietersielie gekap
Bacon bits gebak en kleiner gesny
1 of 2 eiers geklits
Sout en peper na smaak
Bietjie chilli na smaak
Bietjie meel om jou hande in te smeer sodat die mengsel handteerbaarder word

Meng alles saam, rol bietjies in balletjies stewig en druk plat.
Bak in botter en/of olie
Nathalie Jessica Koekemoer- Groot



QUICK AND EASY TUNA SPINACH BAKE

tuna and spinash bake

QUICK AND EASY TUNA SPINACH BAKE
For the ladies on the go who have very little time but also trying to lose weight:
1 tin tuna (in brine)
1 handful spinach
3 cherry tomatoes (cut up)
1 teaspoon Cream cheese (low fat)
1 egg
In a bowl add all the ingredients with a little salt and mix. Pour into small oven-dish and bake in oven for 30 minutes. Serve with salad.
Servings (2) or 1 serving if you skip the salad.
Recipe and Picture:  Jacqui Landsberg Botma



KANEELTORTE MET SJOKOLADE VULSEL

 kaneeltorte
KANEELTORTE MET SJOKOLADE VULSEL
Koeklae :
330 g (690 ml) koekmeel
30 ml fyn kaneel
435 g botter
400 g(500 ml) suiker
2 eiers
Vulsel en Versiersel:
25 g donker sjokolade
50 g melksjokolade
1 liter dik room
30 ml kakao
kersies en okkerneut halwes vir bo-op
swaargewigfoelie

Berei koeklae:
Dit kan vooraf berei en in ‘n lugdigte houer bewaar word. Gebruik ‘n 22cm koekpan om 6 swaargewig aluminium foelie rondings na te trek. Knip uit. Smeer blink kant van sirkels liggies met olie en plaas eenkant. Sif meel en kaneel saam. Klits botter tot sag en voeg suiker geleidelik by terwyl voortdurend geklits word. Klits tot romerig.
Voeg eiers een vir een by en klits tot lig en romerig. Sit meelmengsel by en meng liggies.
Gebruik ‘n slaplemmes om dun lagies van die mensel op die foeliesirkels te smeer. Plaas op bakplaat en bak in voorverhitte oond by 190ºC, sowat 12 min of tot goudbruin.
Verwyder uit oond, plaas op draadrak en trek foelie af. Bewaar vir hergebruik. Strooi 1,5 ml strooisuiker op elk van die koeklagies sodra dit uit oond kom. Herhaal tot mengsel opgebruik en daar 12-14 koeklagies is.
Berei vulsel:
Rasper donker sjokolade baie fyn en plaas eenkant. Gebruik ‘n groenteskiller en maak krulle van melksjokolade. Plaas eenkant. Klop die room styf.
Plaas een van die lagies op ‘n opdienbord en smeer laag room oor. Herhaal tot alle lae opgebruik is. Vou gerasperde sjokolade en kakao by oorblywende room in en smeer bo-op.
Sit die sjokolade krulle bo-op en versier met heel kersies.

Resep: Carien Delport
Foto: Judy Bester




PYNAPPEL-EN-PEKANNEUTTERT

pynappel en pecan neut tert
PYNAPPEL-EN-PEKANNEUTTERT
Klits 500 ml room tot styf
Voeg die volgende by:
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie fyn pynappel gedreineer
4 eetlepel suurlemoensap
¾ koppie gekapte pekanneute
Meng goed en skep op ‘n gemmerkoekie kors.
Laat oornag in die yskas.

Resep en foto: Judy Bester

 




MERINGUE VLA KOEK

meringue vla koek rethatested

MERINGUE VLA KOEK
Beslag:
115 g(125 ml) botter/margarien
100 g(125 ml) strooisuiker
3 ekstra groot eiers, geskei
2 ml vanilla
140 g(250 ml) koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
60 ml melk
160 g(200 ml) witsuiker
sprinkelneute

Vulsel:
25 g(50 ml) vlapoeier
250 ml melk
250 ml room
100 g(125 ml) witsuiker
1 ekstra groot eier
knypie sout

Voorverhit oond tot 180ºC. Smeer, of bespuit met kleefwerende kossproei, twee laagkoekpanne van 20 cm in deursnee. Bedek die boom van elke pan met ‘n sirkel waspapier.
Verroom die botter en strooisuiker saam. Voeg die eiergele een vir een by en klop goed na elke byvoeging. Voeg die vanilla by en meng.
Sit die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer die gesefte bestanddele en melk beurtelings by die eiergeelmengsel en begin en eindig met gesifte bestanddele. Skep die beslag in die twee panne en maak dit gelyk.
Klits die eierwitte tot skuimerig. Klits die suiker geleidelik by en klits totdat ‘n dik, glansende meringue gevorm het. Skep lepelsvol meringue op die beslag (moenie dit gelyk maak nie) en strooi sprinkelneute bo-oor.
Bak die koeklae 20 tot 25 minute tot gaar en effens bruin. Laat hulle ‘n rukkie in die panne afkoel. Sny die kant los, indien nodig en keer hulle versigtig uit – probeer om die meringue nie te veel te breek nie. Verwyder die waspapier en laat die koeklae op ‘n draadrak heeltemal afkoel.
Meng die vlapoeier met die helfte van die melk tot glad. Verhit die res van die melk saam met die room en suiker tot kookpunt. Klits die vlamelk, eier en sout saam en klits ‘n klompie van die kookmelkmengsel geleidelik hierby. Roer die vlamengsel by die oorblywende kookmelkmengsel en roerkook oor matige hitte tot dik – oppas vir aanbrand.
Bedek die gaar vla met nat waspapier – dit voorkom ‘n vel bo-op – en laat dit afkoel.
Net voor opdiening: Keer een koeklaag op ‘n opdienbord om sodat die meringurlaag onder is. Skep die koue vlavulsel daarop. Plaas die tweede koeklaag liggies bo-op en sit voor. Lekker eet!

Foto : Retha Collett




VARKBOUD IN DIE WEBER BRAAIKETEL

varkboud op weber

VARKBOUD IN DIE WEBER BRAAIKETEL

(kan ook in ‘n gewone oond gaargemaak word)Hierdie is een van Ina Paarman se gunsteling-resepte en is baie gewild by fynproewers wat daarvan hou om in die buitelug te onthaal. Dis ‘n staatmaker wat ook maklik in ‘n elektriese oond gaargemaak word vir enige kuier-geleentheid.1 heel (kleinerige) varkboud van ongeveer 3,5 kg
olyfolie
Ina Paarman’s Lemon & Black Pepper Seasoning
1 x pakkie Ina Paarman’s Lemon & Herb Coat & Cook Sauce
appelsous of kweperpuree vir bedieningVra die slagter om die varkboud se vel in een stuk af te haal sodat daar nog ‘n dun lagie vet op die varkboud agterbly. Hou die vel eenkant tot omtrent 30 minute voordat die boud bedien word. Sit die vel op kombuispapier op ‘n bord en sit dit oop sonder enige bedekking in die yskas.Vryf die boud reg rondom in met die Lemon & Black Pepper geurmiddel. Vryf nou in met olyfolie. As jy tyd het, laat hierdie gegeurde boud nou oornag in die yskas rus.(Bedek liggies met kleefplastiek).Bereken vooraf die totale gaarmaaktyd van die boud. ‘n Veilige formule is om die boud 1 uur vir elke kg wat dit weeg, teen 170°C te bak, met ‘n pro-rata hoeveelheid tyd bygereken vir die hoeveelheid gram meer as ‘n kilogram. ‘n Varkboud van 3,5 kg sal dus 3 uur en 30 minute bak. Aan die einde van die gaarmaakperiode voeg jy altyd 20- 25 minute ekstra gaarmaaktyd by.

Indien jy ‘n gas-braaiketel het, stel die hitte op medium-warm (170°C) of verhit jou elektriese oond vooraf to 170°C. Indien jy met brikette braai, sorg vir matige (nie baie warm nie) kole.

Sit die boud oop op die draadrakkie van die ketelbraai of in die gewone oond. Maak die Weber se deksel toe. Sit ‘n bak of foeliehouer onder die rakkie waarop die boud is, om die souserigheid wat afdrup op te vang.

Bak die boud vir ongeveer 2 ure en moenie die oond of die braaiketel onnodig oopmaak nie.

Sny nou met ‘n sker ‘n klein hoekie van die Lemon & Herb sous se pakkie af, en gebruik die pakkie soos ‘n spuitbuis. Spuit ‘n dun lagie sous bo-oor die varkboud, maak die oond of braaiketel weer toe en bak verder. Bespuit elke 20 minute, totdat al die sous opgebruik is.

Verwyder die boud en plaas in die lou-oond, of toegemaak onder foelie op ‘n dienbord op ‘n warmskinkbord om vir 15 – 20 minute te “rus”. Die rusperiode sal ‘n sappige eindproduk verseker.

Vryf die vel in met sout en ‘n bietjie olyfolie, en sny in 2 cm repe vir individuele porsies. Sit oop op ‘n bakplaatjie en bak in ‘n warm oond (200°C) of selfs onder die oondrooster totdat die velkant goudbruin en bros is. Dit kan halfpad omgedraai word om die vetkantjie ook bros te bak.

Sny die varkboud in dun skyfies en sit voor saam met die repe bros varkvel (crackling) en warm appelsous of kweperpuree.

Korrelmosterd is ook heerlik saam met die skyfies varkboud.

Opdieningswenke:

Polenta of aartappels in enige vorm is heerlik by die boud. Sit ook voor met ‘n helderkleurige verskeidenheid groente.

Koue skywe varkboud is veral heerlik saam met mosterd, blatjang of “chilli jam” op toebroodjies die volgende dag.

Om die aantal porsies uit ‘n varkboud maklik te bereken, werk op 220g rou vleis per persoon.

Dis altyd ‘n goeie idee om jou varkboud vooraf by jou slagter te bestel. Vra spesiaal vir ‘n boud van ‘n kleinerige varkie, dan sal jy verseker wees dat die boudjie ‘n mooi “ronde” vorm het. As daar nie ‘n kleinerige varkboud beskikbaar is nie, gebruik ‘n deel van ‘n groter varkboud, maar vra jou slagter om dit vir jou te ontbeen en vas te bind vir ‘n netjiese vorm.

Heiner Lange
Foto: Zelda Fouche




BOTTERSKORSIESOP

GOOD FOOD 2

BOTTERSKORSIESOP
Ek maak die een al vir jare-
Skil, verwyder pitte en cube n groot of 2 medium grootte botterskorsies. In ‘n sop pot of groot kastrol braai ‘n opgesnyde ui in twee eetlepels olie vir so 2 minute, voeg ‘n teelepel kerriepoeier by en braai nog so minuut of twee.

Voeg die botterskorsie blokkies by en roerbraai n paar minute.
Los ‘n “chicken of vegetable stock cube” op in ‘n liter kookwater en voeg by die botterskorsies. Laat kook stadig vir so halfuur of dalk meer.
Voeg twee groen appels wat jy geskil en stronke verwyder het en in blokkies gesny het by, en kook vir ‘n verdere 12 minute.
Voel met ‘n vurk of die appel sag is. Versap (blend) die sop.
Voeg nog kookwater by as jy die sop dunner verkies. Voeg peper en sout na smaak by. Roer so vier eetlepels room by of na smaak.
Bedien met vars gebotterde brood en garneer met ‘n gekapte pietersielie (opsioneel).
Geniet dit!
Resep: Yolande Potgieter



HAASTIGE HUISVROU PASTEI

haastige-huisvrou-pasteitested

HAASTIGE HUISVROU PASTEI
6 snye brood
1 blikkie rooiworsies of enige koue vleis
gaar aartappel klein blokkies gesny (opsioneel)
1 blikkie gemengde groente of vars groente van jou keuse, in klein blokkies gesny
2 eiers
2 eetlepels gerasperde ui
2 koppies melk
1 koppie gerasperde kaas
1 teelepel aangemaakte mosterd
knippie neut
sout en peper

Smeer skottel met margarien. Rangskik brood met botterkant bo.Kap rooiworsie (of koue vleis) fyn, meng met uie en mosterd. Skep oor brood. Klits eiers met melk en geursel. Giet oor. Sprinkel kaas oor. Laat 1 uur staan. Bak in matige oond vir ‘n ½ uur.
Foto:  Frances Smith
Het vir ons vanaand gemaak met aanpassings:
Het 3 snye brood gebruik, Country viennas, ‘n blik gemengde groente en 1 koppie melk.
Proe amper soos pizza, hehe.