MIELIEPAPTERT

mieliepap tert

MIELIEPAPTERT
1 liter kookwater
3 ml sout
420 ml mieliemeel
Vulsel:
250 g spekvleis
150g (300ml) gekapte sampioene
25 ml olie
125 ml Cheddarkaas, gerasper
50 ml room
3 ml varsgemaalde swartpeper
knippie sout
50 ml olie

Gooi water en sout in kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg mieliemeel by, roer en laat dit met die deksel op prut tot ‘n matige stywe pap verkry word. Skep pap in gesmeerde losboompan of vorm dit en laat dit koud word.

Vulsel:
Braai spekvleis tot bros, laat afkoel en verkrummel dit. Soteer die sampioene in die uitgebraaide vet. Voeg die olie by indien nodig. Sny die koue pap horisontaal in 2 of 4 ewe dik stukke. Smeer dieselfde pan of vorm weer met olie en plaas die eerste laag pap onderin. Strooi een derde van die spekvleis, sampioene en kaas oor. Sprinkel ‘n bietjie room, olie en geurmiddels oor. Plaas volgende paplaag bo-op en herhaal die lae totdat die vulsel opgebruik is. Hou bietjie kaas oor om bo-oor te strooi nadat die tert gebak is. Bak die tert 1 uur by 160ºC. Strooi res van kaas oor wanneer die tert uit die oond kom




BLATJANG MAYONNAISE HOENDER

blatjang mayo hoendertested

BLATJANG MAYONNAISE HOENDER
Vir elke hoender of agt stukkies wat jy gebruik maak die volgende sous:
½ koppie mayonnaise
1 koppie chutney
1 pakkie bruin uie soppoeier
2 koppies kookwater

Meng al die bestandele hierbo saam en gooi oor die hoender wat gespice is met Aromat, sout en peper. Sit ook stukkies aartappels en ui in vir die smaak. Indien jy meer hoender neem, maak jy elke keer die sousresep net meer. Dit hang natuurlik af hoeveel sous jy vir jou hoendergereg wil he. Sit die hoender in die oond en bak vir 1uur en 30 minute op 180 °C. Haal die deksel af en braai totdat dit mooi goudbruin is.
Sit voor met basmati rys en garneer

 




3 BESTANDELE BROWNIES MET NUTELLA

3 bestandele brownies 2tested

3 BESTANDELE BROWNIES MET NUTELLA

600 g sjokoladesmeer bv nutella
4 eiers
120 g koekmeel

Verhit oond op 180ºC. Meng die sjokoladesmeer, eiers en koekmeel tot gladde beslag.
Voer ‘n losboompan van 30cm met bakpapier uit en spuit dit met kleefwerende kossproei. Gooi die beslag in die pan en skep bessies of sjokolade oor of neute en bak vir 20-30 minute tot gestol. Laat heeltemal afkoel voor jy dit uit die pan haal en sny in blokkies om voor te sit.

Foto: Heloise De Beer 




MARIE SE SOUTTERT

marie se soutterttested
MARIE SE SOUTTERT

My ligte aandete. Souttert met n verskil wat ek gemaak het, ingelegte kerrie beet, tamatjies, komkommer en kiewievrug, en dit is al.

My eie souttert resep. In plaas van kaas het ek 2 minute noedels gebruik.
400 ml melk
1 blik soutbeesvleis
3 of 4 geklitste eiers
2 x 2 minute noedles ek dit gebruik in plaas van die 500 ml gerasperde kaas

1 uie gekap
125 ml koekmeel
5 ml elk van sout, mostertpoeier, as jy wil pietersielie
1 ml knoffelvlokkies

Meng alles saam, skep in ‘n gesmeerde bak en bak by 180ºC tot gestol, en ligbruin.
Dit is lekker, gou en maklik.

Resep en foto:  Marie Rheeder Troskie



NADIA SE ROKET EN HEUNING SLAAI

roket en heuning slaai
NADIA SE ROKET EN HEUNING SLAAI

Ek is mal oor Rocket, so ek koop die skoon Rocket, maar vir die wat nie mal is oor die skoon Rocket smaak nie verkoop Checkers i geel pak slaai met Rocket,baba spinasie en watercress wat net so lekker werk… dan koop ek gewoonlik die 70% cacoa lindt chocolate en rasper hom grof oor die slaai… dan breek ek die danish feta so effe oor dit en gooi dan die heuning oor…. so ja…dis soo eenvoudig…

Nadia Prinsloo

 




SOUSKLUITJIES (MIKROGOLF)

SOUSKLUITJIES (MIKROGOLF)
Foto:  Louise Groenewald
Stroop:
500 ml kookwater
5 ml kaneel
15 ml botter (1 eetlepel)
15 ml suurlemoensap (1 eetlepel)
5 ml karamelgeursel (vanilla)
375 ml bruin suiker
5 ml gemmer
Plaas in mikrogolfoond ±8-minute op hoog en kook tot suiker opgelos het. (Moenie deksel op sit nie, stoom sal stroop verdun).

Beslag:
140 ml appelkooskonfyt (½ koppie + 1 eetlepel)
10 ml koeksoda (2 teelepels)
125 ml botter (½ koppie)
375 ml koekmeel (1 ½ koppies)
knippie sout

Verhit konfyt en botter in glashouer vir 1-minuut op hoog, voeg koeksoda by en roer totdat mengsel skuim, voeg dan meel en sout by.
Skep teelepelsvol beslag in kokende sous, maak deksel dig toe en plaas in mikrogolfoond.
vir 5-minute op hoog. Laat 1-minuut bedek staan.

 




BRAAI MARINADE

JACK SE MARINADE

BRAAI MARINADE
Soya Sauce (enough to coat meats)
Balsamic Vinegar (easy on the dosage – 10 mls)
Worstershire Sauce (5-10 mls)
Olive oil (20 mls)
Favourite / Preferred Braai Salt
In a bowl mix meats, ingredients & even some fresh herbs
Allow to stand for no less than 30 minutes, the longer the better
Braai or smoke gently
Enjoy with a beer, juice or water
Marinade has allergic reaction to steamed veggies
Good for chicken pork beef or lamb steaks and chops

 




PEGGY SE SPESIALE SOUS VIR STEAK

FOOD IS ESSENSIAL

PEGGY SE SPESIALE SOUS VIR STEAK
5 teelepel botter
1 ui fyn gekap
250 g sampioene gekerf
110 ml witwyn
50 ml tamatie puree
150 ml beesaftreksel
60 ml room
15 ml brandewyn ( dit moet jy spaar vir die sous )

Braai ui in botter, voeg sampioene by, braai ‘n bietjie, voeg tamatie puree, wyn en aftreksel by kook tot dit met die helfde verminder het. Voeg room en die brandewyn by.
Maak goed warm en sit voor met steak op pan toast.
NS: Moet nie sous dubbeld aan maak nie, elke mengsel apart in ander pan.
Dit voel of jy in RESTAURANT eet BAIE LEKKER EN ANDERS
Resep:  Peggy Devine

 




SLOW COOKER SALSA CHICKEN

 

SLOW COOKER SALSA CHICKEN
1 kg chicken breasts, boneless and skinless
1 cup salsa, homemade or purchased
1 cup petite diced canned tomatoes (choose low-sodium)
2 tbsp. taco seasoning
1 cup onions, diced fine
1/2 cup celery diced fine
1/2 cup carrots, shredded
3 tbsp. sour cream, reduced fat

Place the chicken in a slow cooker. Sprinkle the taco seasoning over the meat then layer the vegetables and salsa on top. Pour a half cup water over the mixture, set on low and cook for 6-8 hours. The meat is cooked when it shreds or reaches an internal temperature of 165°F. When ready to serve, break up the chicken with two forks then stir in the sour cream.
Makes eight 1 cup servings.

Posted by Elsabe van der Schyff

 

 




DRIED FRUIT CHUTNEY

game boboti leannetested

DRIED FRUIT CHUTNEY

1 onion finely chopped,
500ml white wine vinegar,
500ml Sugar,
500g Dried fruit (soaked in 100ml strong rooibos tea)
1 cinnamon stick,
1 star anise,
salt and pepper,
50g fresh mint (ek het nie die mint ingesit nie, het we’ll bietjie chilli ingesit).
Bring the vinegar, sugar, cinnamon, star anise and onion to the boil and cook to a honey like syrup consistency. Cut the dried fruit into smaller pieces. Remove the cinnamon and star anise, add the dried fruit pieces as well as the rooibos tea. Cook Chutney further till it reaches the right consistency, then season with salt and pepper. Chop the mind finely and add to the cooked Chutney. Serve with the bobotie.

Leanne Thurston Coetzer – Sune Niemand