EENVOUDIGE YSKAS KAASKOEK


EENVOUDIGE YSKAS KAASKOEK
Kors:
1 pakkie marie / tennis biscuits, fyn gedruk
3 – 4 eetlepels bottter, gesmelt
1 houer gladde maaskaas (230 – 250 g)
1 blikkie kondensmelk
½ koppie suurlemoensap

Meng die beskuitjies en botter saam.
Druk teen die bodem van ‘n gesmeerde middelmatige tertbak vas.
Sit in die yskas vir afkoeling.
Meng die maaskaas, kondensmelk en suurlemoensap tot redelik styf
Skep oor die beskuitjiekors en sit in die yskas.
Laat stol vir minstens 1 uur.

Resep: Arina Potgieter Vd Berg




ONS DEK TAFEL

ONS DEK TAFEL

Klick net op die foto om die uitleg te sien.  So word ‘n tafel se eetgery en glase ge plaas




MILLIONAIRES SHORTBREAD

MILLIONIARES SHORTBREAD
MILLIONAIRES SHORTBREAD
BASE:
250 ml (1 cup) flour
125 ml (½ cup) cornflour
75 ml (5 Tablespoons) Castor Sugar
1 ml salt
125 g butter, softened

CARAMEL:
150 g butter
125 ml (½ cup) Castor Sugar
45 ml (3 Tablespoons) Golden Syrup
1 x 225 g can condensed milk (small tin)
CHOCOLATE TOPPING:
250 g dark chocolate
30 g butter

Sift dry ingredients into a large bowl and rub in the butter, working the mixture until it forms a stiff dough.
Press the dough into a lightly greased 23cm x 30cm baking tray or Swiss roll tin. Prick the dough with a fork and refrigerate for about 20 minutes.
Bake at 160ºC for about 45 minutes or until lightly golden. Cool before spreading on the caramel layer.

To make the caramel, combine butter, castor sugar and syrup in a small saucepan. Heat gently until the sugar has dissolved, then add the condensed milk and bring to the boil, stirring continuously. Boil gently for about 5 – 6 minutes,stirring continuously, as condensed milk can burn quite quickly. Spread caramel onto the biscuit base and allow to set and cool before topping with chocolate.
Melt chocolate and butter together over hot water or in the microwave oven, stirring until smooth. Spread an even layer of chocolate over the caramel and allow to set before cutting into squares.

Recipes posted by Carin Ras Wilson
Ek en ‘n kollega het ‘n tyd terug oor ‘n naweek altwee die resep van Huletts gemaak – my shortbread basis was baie bros en krummelrig en hare was presies die teenoorgestelde – ek vermoed ek het te min botter ingesit en sy weer te veel, want ons meet mos af soos ons wil…
Maar dit is HEERLIK – te veel werk vir my om baie x te maak, maar ons kon nie ophou eet voor dit nie op was nie – het uitgeruil met mekaar van ons batches – BAIE LEKKER

 




SUPER SAGOPOEDING

SUPER SAGOPOEDING
180 ml sago
250 ml ( 1 koppie) volroommelk
250 ml ( 1 koppie) room
knippie sout
1 blik kondensmelk
3 ml ( ruim ½ teelepel) bakpoeier
3 ekstra-groot eiers, geskei
80 ml  sagte bruinsuiker
7 ml ( 1½ teelepel) fyn kaneel

Voorverhit oond tot 180 ºC en smeer oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei.
Verhit sago, melk, room, bruinsuiker en sout oor lae hitte tot kookpunt. Laat ongeveer 30 minute baie liggies prut, roer gereeld. Verwyder van hitte, laat effens afkoel en voeg kondensmelk, bakpoeier en eiergele by. Meng goed. Klits eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou liggies by die mengsel in. Skep in voorbereide bak en bak ongeveer 20 tot 30 minute tot opgepof en goudbruin. Sprinkel kaneel oor en stip met stukkies botter.
Geniet met vla.

Genoeg vir 4 mense.
Resep: Carol Elliott Claassen
Foto:  Charleen Nieuwenhuizen en Elize Gouws




HEERLIKE PRUTPOT BROOD

slowcooker broodtested
HEERLIKE PRUTPOT BROOD
Resep:  Chadelain Jordaan
Foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
1 pak brooddeeg
½ (halwe) koppie water
Prutpot – Groot weergawe maar ½ kleiner weergawe.

Plaas die ½ (halwe) koppie water in prutpot. Stel op High.
Plaas hele pak deeg in, druk die deeg eweredig plat op die bodem van die prutpot wat lagie water op het.
Plaas die deksel op en laat vir 1 uur en 30 min op HIGH, hy behoort dan ¾ (driekwart) gerys te wees.
Strooi dan sampioene, ½ (halwe) blikkie tamatie en uiesmoor en kaas oor.
Plaas die deksel terug op en laat vir nog 1 uur gaan.
Haal die deksel af, en laat dit nog vir ‘n verdere 30 min gaan.

(Ek het myne net ‘n ruk laat staan om af te koel, want die bak was warm. Ek het in plaas van die sampioene en tamatie en uiesmoor, bietjie kaas en uie in die deeg in geknie, voor ek dit vir die 1 uur en 30 min in die prutpot gesit het. Toe het ek tamatie baie fyn ge”chop” en kouevleis in baie klein stukkies gesny en saam met die tamatie en nog kaas bo-oor gestrooi na die 1 uur en 30 min verby is en jy die ander goed moet oor sit vir die volgende 1 uur.)

Foto van gewone brood deur Hanlie Henning:  Niks bo-op gegooi nie, net so gebak.

prutpot brood




GESTOPTE BROOD

GESTOPTE BROOD
Hol groot ronde brood uit of broodrolletjies.  Hou die hoedjie wat jy afsny.
Meng saam
250 ml suurroom
250 ml roomkaas
1 koppie spek stukkies
1 koppie gekapte ham
½ ui, gekap
2 koppies gerasperde kaas
chilli flakes

Druk die mengsel in die uitgeholde brood, sit die hoedjie weer op, smeer die hele rolletjie met gesmelte botter.
Sit in die oond en bak op 160 ºC vir ‘n uur – bedien saam soutkoekies, chips of uitgeholde broodstukkies.
Mens kan die vulsel aanpas na smaak.

Malinda Kieser Geldenhuys




LEMOENKOEK

lemoenkoek
LEMOENKOEK
Uit my eie handgeskrewe resepte boek: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
3 eiers, goed geklits
1 koppie suiker
1½ koppie koekmeel
1½ teelepel bakpoeier
sout
180 ml melk
3 eetlepels margarien

Voeg suiker by eiers, klits goed.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by. Meng net deur.
Bring melk en margarien tot kookpunt. Roer kokende mengsel in meelmengsel in.
Skep in gesmeerde pan of vorm en bak by 180ºC vir 20 – 30 min. Laat bietjie afkoel.
Prik met vurk, en giet die volgende sous oor:
Sous:
1½ koppie suiker
1 koppie water
2 – 3 eetlepels margarien
Kook vir 5 minute saam. Haal af en voeg 2 – 3 eetlepels lemoenskil en 1 koppie lemoensap by.
Giet sous oor koek.




VINNIGE EN MAKLIKE BESKUIT

karringmelk beskuit
VINNIGE EN MAKLIKE BESKUIT
500 g botter
500 ml suiker
500 ml karringmelk
9 koppies koekmeel
5 ml sout
60 ml bakpoeier
4 eiers
Stel oond op 180 ºC.
Smelt botter en roer suiker daarby.
Roer karringmelk by bottermengsel en hou eenkant.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Klits eiers goed en roer by karringmelkmengsel. Voeg by koekmeel en roer tot goed gemeng is.
Rol deeg in bolletjies en pak in groot gesmeerde broodpan. Bak vir 60 min.
Laat beskuit afkoel en breek in stukke.
Droog beskuit teen 70ºC vir ongeveer 5 uur uit.




BRUINBESKUIT

anys beskuit

BRUINBESKUIT
(Heerlik)
1 kg bruismeel
5 x 250 ml semels
4 x 250 ml Cornflakes
250 ml strooisuiker
500 g margarien
15 ml bakpoeier
1 ml sout
500 ml karringmelk (Amazi)
2 eiers

Meng margarien en meel.
Voeg res van die droë bestanddele by.
Klits eiers en melk saam en voeg by.
Maak bolletjies en sit in gesmeerde panne.
Bak 45 – 60 min by 200°C.
Laat effens afkoel, sny en droog uit in oond teen 100°C oornag of tot goed droog.

Rina Kleinhans
Foto:  Benhet Nieuwenhuis




CRISPY CRUNCHY WHEAT RUSKS

marie se semel beskuit

CRISPY CRUNCHY WHEAT RUSKS
Make about 80 rusks, depending on size
You will need:
6 x 250 ml (840 g) cake flour
750 ml (450 g) Nutty wheat
50 ml baking powder
10 ml bicarbonate of soda
10 ml salt
500 ml (400 g) sugar
500 g butter or margarine
500 g sunflower seeds
2 extra large eggs
500 ml buttermilk
10 ml vinegar

Sift flour, baking powder, bicarbonate of soda and salt together. Add nutty wheat
Rub in butter until texture resembles breadcrumbs. Add sunflower seeds.
Beat buttermilk, sugar, vinegar and eggs. Add to flour mix.
Press into a greased ovenpan. Bake in preheated oven at 180°C for about 40 min until golden brown.
Cut into finger-sizes.
Turn onto a rack to cool slightly. Dry out overnight in cool oven at 50°C with door slighyly open.
BAIE VINNIG EN BAIE LEKKER!!!

Resep en foto: Christina Stienie Breed