WRAPS

WRAPS
Resep: Brineel Du Toit
FOOD LOVERS RECIPES

2 koppies meel
7.5 ml bakpoeier
5 ml sout
10 ml kookolie
225 ml warm melk

Sif droë bestanddele saam.
Meng warm melk en olie saam. Meng nou droë en nat bestanddele saam tot ‘n stywe deeg gevorm het.
Knie deeg goed vir 4 – 5 minuute. Maak deeg toe en laat staan vir ongeveer 20 minuute.
Sny deeg in 8 ewe groot dele en rol baie dun uit met ‘n koekroller, dit moet naastenby rond wees.
Smeer ‘n pan met olie (gebruik sommer papierhanddoek) en laat warm word, sodra die pan warm is kan jy dit begin bak.
Dit gaan blase maak op die tortila (draai dit dan om), bak ongeveer 1 minuut per kant, hang af van jou pan se hitte (Verkieslik medium hitte).




EASIEST FRUITCAKE EVER!

EASIEST FRUITCAKE EVER!
1 kg Mixed Fruit Mixture
2 cups Fruit Juice
2 cups Self Raising Flour

Preheat oven to 130ºC. Soak fruit in juice for 2 hours or overnight.
Stir flour into soaked fruit mixture and mix well. Put into large lined baking tin. Bake for 2 hours in the bottom of your oven on 130ºC. Remove and leave to cool.
Put into container or wrap in foil.
Keep for 2-3 days before cutting.
I absolutely ADORE cherries, so I used 600 g mixed fruit mixture. Then I added 200 g red cherries, 200 g green cherries.
I also used 1 cup orange juice, 1 cup brandy instead of 2 cups fruit juice.

Recipe posted by Rina Kleinhans




SITRUS KOEDOE OF SPRINGBOK

SITRUS KOEDOE OF SPRINGBOK

koedoefilet of springbokrugstring van sowat 2,5 kg
gemaalde swartpeper
2 eetlepels olyfolie
sout na smaak
Sitrussous:
1 liter vars lemoenskap
1 teelepel suurlemoensap
3 stukke heel steranys
3 naeltjies
1 heel pypkaneel
10 peperkorrels
1 knippie sout
1 teelepel Maizena
Dis nie ‘n kitsdis nie, so begin sommer ‘n dag voor die tyd. Gee die peperpot ‘n paar draaie bo die olyfolie; meng die olie en peper en vryf die vleis daarmee. Besprinkel dit dan met sout en draai die vleis toe in kleefplastiek (cling wrap) .Sit die vleis in die yskas vir ‘n volle 24 uur sodat die geure kan intrek.
Op die groot kookdag, maak jy die sous so:
Sit al die bestanddele vir die sous in ‘n potjie en laat dit prut totdat die helfte daarvan weggekook het. Gooi die sous deur ‘n sif en dan terug in die potjie. Plaas dit weer op die hitte. Wanneer dit prut, roer jy die Maizena “ wat nou met ‘n bietjie water gemeng is “ by om die sitrussous te verdik. Nou haal jy die vleis uit die yskas  minstens 2 uur voordat jy dit gaan braai. Braai dan die filet oor matige kole vir tussen 20 en 30 minute, afhangende van hoe jou mense van hul vleis hou. Wanneer dit gaar is, haal jy die vleis van die kole en laat dit rus vir sowat 10 minute sodat die sappe terug in die vleis kan intrek. Sny dit in skywe en bedien dit met die sitrussous.
Resep:  Carol Elliot Claassen




AN EASY WAY TO MAKE POACHED EGGS

posjeer eier in kleef plastiek

AN EASY WAY TO MAKE POACHED EGGS

Line the cups with “Gladwrap”, spray with non stick spray. break eggs in lined cups, bring tops of wrap together and tie with string .
Drop each egg pouch in boiling water and cook as describe.
This way you have a neat poached egg and a clean pot

Second photo: Melissa Ann Vermeulen




GEPOSJEERDE EIER MET HAM EN HOLLANDAISE SOUS

GEPOSJEERDE EIER MET HAM EN HOLLANDAISE SOUS
Hierdie resep maak ek gereeld en dit is heerlik en ‘n groot sukses, ek sit so bietjie gewone room by die sous indien dit te dik is na jou smaak. My eie egg benedict! Gebruik die eierwitte wanneer jy weer roereier maak of maak ‘n pavlova of skuimpies.
Hollandaise sous:
3 eiergele
20 ml suurlemoensap
100 g sagte botter
25 ml warm water
1 ml sout
2 ml peper of na smaak
2 ml mosterd poeier
2 ml suiker
Geposjeerde eiers:
500 ml kookwater
10 ml asyn
10 ml suiker
2 ml sout
4 eiers
Ekstra:
4 bagels (buns)
2 groot handevol roket
8 snytjies ham
Grasuie
Swartpeper
Maak die sous:
Meng die eiergele, suurlemoensap, botter, water, mosterd, suiker, sout en peper.
Verhit die mengsel sowat 5 min in ‘n dubbelkoker tot die sous effens verdik.
Nota – Kan in die mikrogolf ook gedoen word, roer net baie gereeld, die sous verdik baie vinnig.
Laat effens afkoel.
Indien die sous te dik is kan jy bietjie melk/room bysit en weer net vinnig warm maak.
Voorbereiding:
Rooster die bagels tot bros en goudbruin.
Rangskik op elke bord, sit roket op elke bagel, vou die ham en plaas bo-op die roket.
Nota – Ek het die ham warm gemaak deur dit vir paar sekondes op my warm plat rooster te sit nadat ek die bagels gerooster het, maar nie vereiste nie – opsioneel.
Geposjeerde eiers:
Kook die 500 ml water in ‘n kastol, voeg die asyn, suiker en sout by. Verhit tot begin prut. (water moenie te vinnig kook nie)
Breek die eiers een-een in ‘n piering, en laat gly in die water in, posjeer hulle tot hulle na jou smaak gaar is.
Skep van die warm water liggies oor die eiers aan die einde sodat die vlief oor die geel net seël.
Plaas die eiers bo-op die ham en skep van die hollandaise sous bo-oor.
Garneer met grasuie en swart peper.
Aangepas en foto: Rina Kleinhans




LEWER MET KRUIESOUS

LEWER MET KRUIESOUS
500 g  lewer
30 ml  koekmeel
5 ml  sout
1 ml  peper
15 ml  marjolein
30 ml  botter
30 ml  olie
75 ml  gekapte ui
250 ml vleisaftreksel
125 ml gekapte pietersielie
30 ml  suurlemoensap

Was die lewer en verwyder die vliesies en sny in repies.
Meng die meel, sout, peper en marjolein saam.
Rol lewer daarin.
Braai die uie en lewer in die botter en olie.
Voeg die ander bestanddele by die lewer.
Prut todat die lewer gaar is, ongeveer 15 – 20min.




GEROOSTERDE LAM EN BONE

lamsvleis met bonetested
GEROOSTERDE LAM EN BONE
1 kg gaar, bruin bone
1 lamsblad, ontbeen
10 ml komyn, gemaal
4 huisies knoffel, in splinters gesny
500 ml perskesap
2 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
4 medium aartappels, in kwarte gesny
3 groot wortels, in skywe gesny
5 murgpampoentjies, in skywe gesny
4 medium uie, in kwarte gesny
50 ml joghurt
15 ml mielieblom
pietersielie vir garnering

Voorverhit die oond tot 160°C. Sny soveel as moontlik van die buitenste vet van die vleis af en vryf die komyn in die vleis in. Maak klein kepies in die oppervlak van die vleis en steek die knoffelsplinters daarin. Plaas die lamsvleis in ‘n groot braaipan. Voeg die perskesap by die vleis. Geur dit liggies met sout en peper.
Bedek met aluminiumfoelie. Rooster vir een uur en bedruip voortdurend. Voeg die
aartappels, wortels, murgpampoentjies en uie by en rooster vir ‘n verdere uur. Bedruip af en toe. Om voor te sit: Plaas die bone in ‘n dik laag op ‘n groot plat
opdienskottel. Rangskik die groente bo-op die bone, sny die vleis en rangskik dit bo-op die groente. Verhit die sous in ‘n braaipan. Klop die joghurt in en geur na smaak. Maak die mielieblom met ‘n bietjie koue water tot ‘n pasta aan en roer dit vinnig by die kokende sous. Kook die sous tot dit verdik. Giet die sous oor die vleis en bone.
Garneer met pietersielie.

Foto:  Hettie Bezuidenhout




SANDSUIKER BY KONFYTE

SANDSUIKER BY KONFYTE

Konfyt word sandsuiker as die vrugte geroer word voor die stroop kook, so ook as die stroop kook voor al die suiker opgelos is.
Om sandsuiker te voorkom kan op 3-4 kg vrugte wat nie suur is nie, die sap van een suurlemoen, of 2,5ml sitroen of wynsteensuur, of 5ml(1tl) kremetart byvoeg.
Om seker te maak dat jou suiker opgelos is voor die stroop kook, kook dit stadig en op ‘n laer hitte tot jou suiker opgelos is.
Erika Henn

Estelle Oosthuyse
Baie belangrik, die suiker moet eers alles gesmelt wees voor begin kook. die ongesmelte suiker word sandsuiker. Getoets
SANDSUIKER

Lynette Thessner Van Vuuren – I can suggest some things; she’ll just have to try them out to see how they work.
Gently re-warm the jam (don’t boil) and add a little acid (citric acid powder, ascorbic acid powder or lemon juice) to prevent dissolved crystals from re-crystallizing.
Extra “insurance” to prevent re-crystallization is to add a tablespoon or so of corn syrup, golden syrup or mild honey. You need a different form of sugar to interfere with the binding of sugar crystals.
Depending upon the size of the batch, I’d be inclined to add a tablespoon of lemon juice and a tablespoon of corn syrup, stir in and gently re-warm until crystals are dissolved. It may take a while.

SANDSUIKER BY KOOK VAN KONFYT:
VOORKOMEND:
• Konfyt word sandsuiker as die vrugte geroer word voor die stroop kook, so ook as die stroop kook voor al die suiker opgelos is.
• Om sandsuiker te voorkom kan op 3-4 kg vrugte wat nie suur is nie, die sap van een suurlemoen, of 2,5ml sitroen of wynsteensuur, of 5ml (1tl) kremetart byvoeg.
• Om te voorkom, gooi ¼ teel wynsteensuur (Tartaric Acid) vir elke kg vrugte in konfyt net voor jy dit van stoof verwyder om te bottel. (As daar reeds suurlemoensap in konfyt is, hoef jy nie wynsteensuur by te voeg nie.)
• Om seker te maak dat jou suiker opgelos is voor die stroop kook, kook dit stadig en op ‘n laer hitte tot jou suiker opgelos is.
• Baie belangrik, die suiker moet eers alles gesmelt wees voor begin kook. Die ongesmelte suiker word sandsuiker.

REEDS SANDSUIKER
• Gooi konfyt weer in kastrol, maak ¼ teel Wynsteensuur in ½ kop water aan vir elke 1kg konfyt en bring konfyt oor stadige hitte net tot by kookpunt. Bottel dadelik.

Jy roer dit in die begin oor lae hitte tot suiker opgelos is en dan gooi ek gewoonlik suurlemoensap in om te voorkom dat dit sandsuiker maak. Het ongelukkig ni raad om dit te fix ni

Jyt dit telank gekook! Jy mut water by sit en weer kook jy kan gemmer wortwl in sit of bietjie suurlemoen sap
Verskaf deur: Lynette Thessner Van Vuuren

Riana van der Merwe – Mikrogolf dit so 3 -5minute en sit n bakkie kookwater ook in mikrogolf apart

Foto:  Adele Berndt




STICKY DATE PUDDING WITH BUTTERSCOTCH SAUCE

sticky date pudding

STICKY DATE PUDDING WITH BUTTERSCOTCH SAUCE

2/3 cup dates
420 ml water
100 g butter
275 g sugar
2 eggs
1 t vanilla
275 g flour
1 t bi carb
Sauce :
200 g butter
1 cup brown sugar
600 ml cream

Chop dates simmer till soft in water.
Cream butter ,sugar and vanilla add eggs then flour.
Add bi carb to dates then add to flour mix
Bake in deep baking dish @180C for 40 min

Sauce: melt butter and sugar together add cream simmer on low heat till golden.

Recipe and photo: Brunhilda Venter




LEMOENSKIL ROLLETJIES IN STROOP


LEMOENSKIL ROLLETJIES IN STROOP

Was eers die lemoene baie mooi, sny skil van bo na onder in ewe groot wiggies deur en trek af.
moenie nie oranje skil laat breek nie, sny nou soveel moontlik van die wit in die skil af.
rol op en steek met stokkie vas.
Kook in water, vuurhoutjie moet deur die skil kan druk dan is dit gaar.
Dreineer.
Maak stroop van:
125 ml water
100 g wit suiker
10 ml suurlemoensap
Kook die stroop goed, sit die skille in en kook verder tot sag.
Bottel in voorbereide flesse.
Ek het dit verlede jaar gedoen en is baie lekker.
Resep: Anne-Marie Jansen van Vuuren
Foto:  Wilma Josey Venter

Pasella het in Citrusdal met sitrusvrugte gekook en hierdie heerlike resep by Hannah Janse van Rensburg gekry. Sy is bekend in die area vir haar bakwerk en hierdie konfyt maak ʼn aantreklike garnering vir koeke.
(Maak 1x 250ml bottel)
500 g lemoenskille, gewas
500 g suiker
3 koppies water
sap van 1 suurlemoen
Rasper die lemoene liggies om die olieselletjies te breek. Skil dan af deur eers die boonste sirkel en dan die onderste sirkel af te sny. Sny die lemoenskil in 4 lang repe aan die kante, net-net deur die vel, en skil versigtig af. Bedek nou die skille met koue water en kook tot sag. Toets deur ʼn vuurhoutjie in die skille te druk, as dit maklik deurkom, is dit reg. Dreineer, los om af te koel en sny of knip die lemoenstroke in smaller stroke. Rol elke strokie op en steek vas met ʼn tandestokkie.
Los nou die suiker in die water op en bring tot kookpunt. Plaas die opgerolde lemoenstroke in die stroop. Kook totdat die stroop dik is en die vrugte deurskynend is. (Maak nog stroop en voeg by indien nodig). Haal van die stoof af en roer die suurlemoensap by.
Bottel soos volg: haal lemoenskil uit stroop en verwyder tandestokkies. Pak in gesteriliseerde flesse van jou keuse. Skep kokende stroop oor gerolde skil tot bottel vol is, draai stewig toe en draai fles onderste-bo. Bottels kan nou afkoel, afgevee en weggepak word.
Martie Fourie Moolman
Julle kan probeer om die rolletjies dikker(groter) te maak om die lemoen in die rondte te skil en plaas van skyfies, deel dit dan in stukkies en ryg dit met ‘n stopnaald en gare rol op en maak ‘n knoop in die gare, wanner sag , sit in stroop en wanneeer bottel, trek net die gare uit.