HOENDER, BILTONG EN SPEK POTJIE

hoender biltong potjie

HOENDER, BILTONG EN SPEK POTJIE
(6 tot 8 porsies)
Ek besef biltong is duur en mens wil dit eerder met ‘n knipmes in die hand geniet terwyl Breyten Paulse die driëe inruig. Indien jy egter ‘n stukkie klam beesbiltong kan afstaan en jy beproef hierdie resep, sal jy voortaan niks anders vir jou rugbygaste tydens rustyd bedien nie. Hier kom hy Pale toe!
Sous
2 hoenderaftrekselblokkies
250 ml (1 koppie) kookwater
500 ml (2 koppies) droe witwyn
250 ml (1 koppie) blatjang
46 g sampioensoppoeier (1 pakkie)
5 ml (1 teelepel) gedroogde tiemie
5 ml (1 teelepel) gemengde gedroogde kruie
5 ml (1 teelepel) suurlemoenpeper
Hoendergereg
15 ml ( 1 eetlepel) olyfolie
15 ml (1 eetlepel) botter
12 hoenderdye, ontvel indien verkies
250 g spekvleis, gekap (1 pakkie)
50 ml Olof Bergh Solera Brandewyn
10 ml (2 teelepel) gekapte knoffel – opsioneel
2 uie, in ringe gesny
½ groen soetrissie, grof gekap
1 seldrystringel, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
4 wortels, skyfies gesny
12 klein uitjies, heel
250 g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
150g klam beesbiltong, gekerf
250 ml ( 1 koppie) gerasperde Cheddarkaas
125 ml (½ koppie) vars, gekapte pietersielle
Sous:
Los die aftrekselblokkies in die kookwatr op. Meng die res van die bestanddele vir die sous en voeg dit by. Hou die sous eenkant.
Hoendergereg
Verhit die botter en olie oor matige hitte en verbruin die hoender daarin. Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die brandewyn en knoffel by. Roer dit deur en moet daarna nie weer roer nie. Strooi die uie, soetrissie en seldery oor die hoender en plaas daarnedie aartappled en wortels bo-op. Giet die sous oor: Plaas die deksel op en laat dit 1 uur lank prut. Voeg kookwater by indien nodig.Voeg die sampioene, murgpampoentjies en biltong by. Bedek dit en laat prut dit 20 minutes lank. roer dit net voor bediening en strooi pietersielie oor.

Resep geplaas deur Heiner Lange




HOENDER EN ASPERSIEROOMPOT

HOENDER EN ASPERSIEROOMPOT

50 ml olyfolie
15 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
250 g spekvleis, gekap
2 uie, in ringe gesny
3 selderystingels, in dun skyfies gesny
250 g gekleurde skroefnoedels
15 klein aartappels, geskil
1 rooi soetrissie, in repe gesny
1 geel soetrissie, in repe gesny
250 g knopiesampioene, heel
250 ml gerasperde chedderkaas
Sous

410 g aspersiestukke met vloeistof (1 blik)
250 ml vars room
750 ml witwyn
46 g sampioen soppoeier (1 pakkie)
30 ml aromat
30 ml gemengde gedroogde kruie
5 ml knoffelsout
2 ml varsgemaalde swartpeper

Verhit die olie oor matige kole in die pot. Voeg die hoenderstukke by en verbruin dit. Voeg die knoffel, brandewyn en spekvleis by en roerbraai dit 5 minute lank. Strooi die ui, seldery en noedels oor die hoender. Voeg die aartappels, soetrissie en sampioene by. Strooi die kaas bo-oor.

Meng die bestanddele vir die sous deeglik en giet dit oor. Bedek die pot en laat dit prut vir 60 tot 75 minute lank oor matige kole. Moenie die potjie roer nie. Roer dit deur net voor bediening.

Resep geplaas deur Heiner Lange




STICKY CHICKEN

Skulpie noedelslaai

Less than 1.5 hours
Serves: 6
Main Ingredients
6 pieces chicken drumsticks and thighs
250 ml no name apricot jam
1 cup PnP mayonnaise
1 packet PnP brown onion soup
1 pinch salt and milled pepper
Method:
Pre-heat oven to 180°C
Trim the chicken pieces of all excess fat and place in an oven-proof dish
Mix together the apricot jam, mayonnaise & brown onion soup and pour over chicken pieces
Season with salt & pepper and cook until sauce is bubbly and chicken pieces are cooked
Serve with a large green salad and crusty bread
Foto:  Alta West




SOET-SUUR HOENDER


SOET-SUUR HOENDER
Resep:  Maureen van Jaarsveld
Foto en aapassings:  Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
4 hoenderborsies in blokkies gesny
gegeurde koekmeel
kookolie vir braai
Terwyl hoenderstukkies (gerol in gegeurde meel) vinnig bruin braai, (skep uit) meng die volgende en verhit tot amper kookpunt:
9 eetlepels suiker
3 eetlepels tamatiesous
3 eetlepels worcestersous
3 eetlepels blatjang (opsioneel)
1 ½ koppie water
1 koppie asyn
Plaas die gebraaide hoenderblokkies in ‘n pot op die stoof.
Giet die sousmengsel oor die hoenderstukke en “kook” oor lae hitte tot sous lekker dik is en hoender gaar.
Ek het die volgende aanpassings gemaak en dit het heerlik gekom:
Sny 1 groot wortel in repies en 3 “gerkins” in stukkies, voeg saam met ‘n klein blikkie fyn pynappel by die sous.

 




SOET-SUUR HOENDER MET PYNAPPELSTUKKE


SOET-SUUR HOENDER MET PYNAPPELSTUKKE

8 – 10 hoenderporsies 
1 blik pynappelstukke (440g)
30 ml tamatiesous
15 ml suurlemoensap
15 ml suiker
sout en peper
40 ml mielieblom (2 eetlepels)
2 uie, fyn gekap
30 ml asyn
20 ml soyasous
5 ml medium kerriepoeier
250 ml hoenderaftreksel

Pak jou hoenderporsies in ‘n gesmeerde oondskottel en meng al jou bestanddele goed.
Gooi oor jou hoender en bak in ‘n vooraf verhitte oond by 180ºC tot gaar en mooi bruin.
Yummy baie lekker!
Foto:  Salome Odendaal Du Plessis




GESONDE GOU-GOU BROOD

PETRA BROOD

GESONDE GOU-GOU BROOD
500 ml volkoring meel
250 ml koekmeel
50 ml bruinsuiker
80 ml sonneblomsaad
200 ml rosyne
50 ml sesamesaad
5 ml sout
8 ml koeksoda
1 eier geklits
500 ml karringmelk of melk of Bulgaarse joghurt

Stel oond op 180°C.
Meng alles saam, skep in gesmeerde broodpannetjie en bak 1 uur tot gaar.

(Met erkenning aan Rina Fourie)
Foto: Benhet Nieuwenhuis




HEERLIKE OOP BROODJIE

oop broodjie

HEERLIKE OOP BROODJIE
Pesto, pampoen, murgpampoentjie, rooi uie, soetrissie, groente en vleis en camembert kaas
Drizzel van balsamic is my raai skoot op Rye brood bedien op baie rocket blare…was so heerlik smaaklik

Rounel Siecker
Pajamas and Jam

 




GESTOPTE BEESBRAAISTUK

tested
GESTOPTE BEESBRAAISTUK
Vat n stuk binneboud en stop dit met spek wat in knoffel en koljander gedoop is .
250 g spek
4 heel knoffelhuisies
1,5 tot 2 kg beesbraaistuk
250 ml druiwe asyn
5 ml sout
5 ml fyn koljander

OM GAAR TE MAAK
5 ml sout
2,5 ml vars gemaalde swartpeper
Ongeveer 60 ml kookolie
60 ml kookwater
VIR DIE SOUS
30 ml botter
60 ml meelblom
600 ml vleissous
60 ml Port opsioneel

Sny die spek in repe van 5 mm dik en ongeveer 50 mm lank en sit dit in die vrieskas vir ongeveer 1 uur.
Kap die knoffel in lang flentertjies.
Sodra die spek bevrore is , kan jy die beesvleis begin stop. Vat n skerp mes en maak diep kepe in die vleis in die rigting waarin die vesels loop.
Doop die spek in die druiweasyn, strooi sout en n bietjie koljander oor en stop dit saam met die flentertjies knoffel in die gate. Gebruik net die helfte van die sout.
Sorg dat die spek heeltemal in die vleis gestop is, andres gaan dit uitpeul tydens die gaarmaakproses
Vryf die res van die sout oor die beesvleis.Giet die orige asyn oor en mariner vir 12 uur. Draai so 2 keer om.
Die volgende dag word die vleis goed droog geklad op kombuispapier.
Geur met sout en peper.Verhit kookolie so 5 mm diep in n platboompot of swaarboomkastrol. Braai die vleis aan alle kante bruin.
Voeg die kookwater by en verminder die hitte. Gooi so dan en wan n oog in die pot om seker te maak dinge brand nie aan nie. Voeg kookwater bietjie bietjie by.
Na n uur kan jy die vleis omdraai. Toets met n toetspen. Afhangende van hoe dik die vleis en hoe gaar jy dit wil he, kan dit nou enige iets van n halfuur tot n uur wees dan is die vleis gaar.
Lig die vleis uit die platboompot en hou dit warm.
Giet die potsous af eh hou dit eenkant.
Smelt die botter in die platboompot, trek die pot van die hitte af en roer die meel by tot dit mooi glad is. Sit terug op die hitte en kook versigtig vir 3 minute.
Voeg die vleissous alles tegelyk by en bring stadig tot kookpunt terwyl jy dit gedurig roer.
Laat prut vir 6 minute en roer kort-kort sodat doe sous pragtig glad is.
Voeg sout by indien nodig.
[ Dankie Dine van Zyl, so onthou ek my ouma’s en my ma se kos “ vingerlek lekker met apologie aan die kiepie-plekkie]

Replaas en getoets deur Rene Truter Wessels




DIANE SE MALVAPOEDING

malva poeding diane
DIANE SE MALVAPOEDING
Foto en resep: Diane Roode Hancox
FOOD LOVERS RECIPES
2 ¼ koppies koekmeel
1 koppie suiker
4 eetlepels appelkooskonfyt
1 koppie melk
3 teelepels koeksoda
3 teelepels bakpoeier
4 eetlepels botter
4 XL eiers (Ek gebruik altyd Jumbo)
knippie Sout

Room suiker en botter saam.
Voeg eiers by en klits.
Voeg konfyt by en meng goed.
Voeg gesiftde meel en bakpoeier by en meng,
Maak melk bietjie warm en roer koeksoda.
Voeg by meel mengsel.
Bak by 180ºC vir 30 min.

SOUS:
1 koppie kookwater
1 blik Idealmelk
1 ¼ koppies suiker
5 ml vanilla geursel
Kook als saam in mikrogolfoond en giet warm oor warm poeding.

 




PAMPOENTERT VAN ENIGE PAMPOEN

pampoentert Wilna

PAMPOENTERT VAN ENIGE PAMPOEN
Foto:  Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
3 kopiies pampoen
1 kaneelstok
1 eetlepel suiker
1 koppie koekmeel
4 teelepels bakpoeier
1 koppie suiker
4 eetlepels gesmelte botter
2 eiers
1 teelepel sout
1 koppie room
kaneelsuiker vir strooi
Kook die pampoen met die kaneelstok en suiker, tot dit sag is en droog gekook het.
Druk die pampoen fyn. Roer die meel, bakpoeier, suiker, botter en sout by.
Laastens kom die room by.
Meng goed, skep in ‘n gesmeerde oondskottel en strooi kaneelsuiker oor.
Bak vir 30 minute teen 180º C.
ns. Ek het myne so 45 min gebak- baie lekker –