CHICKEN PAELLA

chicken paella

CHICKEN PAELLA
Chicken Paella . . . . hierdie is regtig ‘n besondere lekker dis. Vinnig om te maak. Ek het dit uit ‘n Your Family Cook’s Calender van 1993 gekry en maak dit sedertdien gereeld. Vir ‘n baie lang tyd het ek dit uit my kop gemaak maar hierdie afgelope naweek het ‘n leer ontdek met resepte daarin en raai wat . . . dit was daarin. Het dit sommer dadelik oorgetik en foto (is dalk nie baie duidelik nie) geneem van die prentjie af.Julle kan dit regtig probeer . . . my huismense is MAL hieroor. (My twee seuns is albei getroud maar maak dit self vir hul gesinne.)

30 ml cooking oil
600 g packet frozen chicken fillets, thawed and diced
1 onion, finely chopped
2 cloves of garlic, crushed
410 g can whole peeled tomatoes, undrained, chopped
salt and pepper to taste
200 g (250 ml) raw rice
500 ml chicken stock (one stock cube)
1 green pepper, seeded and diced
100 g button mushrooms, wiped and sliced

Heat oil in a large saucepan, brown chicken pieces well.
Add onion and garlic, sautè until onion is soft.
Add can of tomatoes and seasoning, stir well.
Stir in rice and stock, bring to the boil.
Reduce heat, cover and simmer about 25 minutes, or until rice is cooked and liquid has been absorbed.
Stir in green pepper and mushrooms, cook 5 minutes, stirring occasionally.
Serve hot, with crusty French bread and a green salad.
Serves 4 – 6
Photo:  Lorraine Weitz Brand

 




HEATHER SE LEMON MERINGUE-TERT

lemon meringue - heathertested

HEATHER SE LEMON MERINGUE-TERT
Hier is die beloofde “Lemon Meringue ” resep . Dit het ‘n prys by Sarie Kos gewen
Deeg
1  1/2 kp meel
1/2 kp versiersuiker
¼ tot 1/2 kp room (almal se koppies verskil,jy weet!)
1 /3 kp botter
1 eiergeel
1/4 teel. sout
Sit 1 eetl suurlemoensap by eiergeel en room en klits liggies saam

Vryf botter by meel en sout in.
Voeg eiergeelmengsel in en bring bymekaar.

Laat rus vir halfuur in die yskas voor gebruik.
Rol uit en voer 15 cm deurnee pannetjie daarmee uit.
Bak blind vir 15 minute
Laat afkoel

Vulsel
2 eiergele
2 blikkies kondensmelk
skil van 1 suurlemoen
3/4 koppie suurlemoensap
Roer eiergele stadig by kondensmelk in (die geheim is om nie te klits nie)
Rasper die skil van suurlemoen in asook suurlemoensap vou jy versigtig in tot dik is.
Skep op kors.

Meringue
4 eierwitte
1 kp strooisuiker
1/4 teel sout
1/4 teel kremetart
1/4 teel bakpoeier
30 ml kokende water

Gooi strooisuiker direk op die eierwitte en ook die sout en kremetart.
Begin stadig klits en sit dan op hoog tot stywe punte vorm. voeg dan kokende water by en klits weer tot styf.
Vou bakpoeier in en skep bo op suurlemoenvulsel, bak vir 15 minute op 180 grade C en dan 3/4 uur op 100 grade C. Laat in oond om af te koel.
RESEP EN FOTO: Heather Strumpher




ESMARI SE KALAHARI ECLAIRS

 eclairstested
ESMARI SE KALAHARI ECLAIRS

Hier is my dogter Esmari se gunsteling: “Kalahari Eclaire” ontwerp. Dit is bietjie ingewikkeld, maar die eindresultaat is “magnificent”!Duine dou( vla) vir choux deeg.

Op stoof verhit 1 koppie melk
Wanneer kook, voeg 1 opgehoopte eetlepel vla of maizina by (wat met bietjie melk tot pasta aangemaak is)
Haal af van stoof en sit dadelik plastiekstrook oor die vla.
Laat afkoel en sit in yskas tot goed verkoel.
Klits 4 eetlepels botter en 4 eetlepels strooisuiker tot “wit” (woollies botter is die beste om te gebruik).
Voeg die vlamengsel lepel vir lepel in, dit word soos room en voeg dan 1 t vanilla ook by. Maak dubbel. Plaas in yskas tot benodig.

Kameeldoring gom vulsel:

In kenwood skei 4 eiers en gebruik net die gele.

Klits tot lig en romerig.
Terselfdertyd op die stoof in ‘n pot:
Smelt 1 k strooisuiker met 1/3 koppie glukosestroop en ½ koppie water.
Laat prut vir ongeveer 5 minute en voeg by die geklitste eiers terwyl jy dit klits.

Klits tot lekker begin verdik.
Sit plastiek oor en bere in yskas tot verkoel. Voeg dan by:
1 koppie geklitste dubbelroom en 1 t vanilla
Vou liggies by die mengsel in. Dis verruklik lekker!

Heinie’s pan meringue:
Klits nou die 4 eierwitte met 1 koppie strooisuiker en ¼ t kremetart tot styf.
Vou die 1 t vanilla en ½ koppie opgekapte pecanneute in.
Spuit die vulsel in 2 sirkels uit en bak op 150°C vir uur (verhit oond tot 180°C en draai dan af tot 150 as jy die meringue insit).
Hou eenkant.

Choux deeg:

200 g stork bake
250 water
250 ml melk
Sit in pot en laat smelt, wanneer begin kook, gooi meel en sout vinnig in.
300 ml meel
knippie sout
Haal af van stoof en sit in kenwood. Klits eiers 1 vir 1 in.
7 eiers
Maak nou die choux deeg en spuit ook in 2 sirkels in bakpan en bak op 190°C vir 35 tot 40 minute.

Opsioneel kan ‘n laag witkoek ook gebak word.

Maak genache van ½ koppie warm room en roer dan 1 blok sjokolade van jou keuse in.

Die samestelling van die Kalahari Eclaire koek:
1. Smeer die laag witkoek met appelkooskonfyt.
2. Plaas nou meringue laag.
3. Smeer dan lag duine vla oor.
4. Volgende word die eclaire sirkel oopgesny en met Kameeldoring gom vulsel gesmeer,plaas op mekaar en dan op die duinevla.
5. Smeer weer duinevla op die eclaire. Maak soveel lae soos jy wil en eindig ook met wat jy wil.
6. Gooi nou die genache “randomly” oor en versier met jou gunsteling versiersel.
7. Ek gebruik pienk roosblaartjies op die sjokolade genache, maar mintblare ens sal ook mooi lyk en selfs as jy versiersuiker aanmaak in ‘n skokkende kleur en met ‘n vurk heen en weer spat.
8. Hou in yskas in somer.
9. Die koek is nie perfek nie, maar die smaak wel!

BRON: Heather Strumpher

 




HOE OM TE VERSEKER JOU PASTEI KORS BLY DROOG ONDER

pastry crust

 

Louise Groenewald
Die vulsel moenie te souserig wees nie en dit moet kamertemp of koud wees as jy dit in die pasteikors sit. Bak dit dadelik as jy die vulsel ingesit het.
Ronel Wall
Verlede week op Pasella het een van die baksters met wie hulle gesels het spesifiek ‘n hoenderpastei gemaak en toe gesë dat sy broodkrummels op die kors gooi sodat dit nie pap raak van die vulsel nie. Die broodkrummels absorbeer dan die sous. Weet nie of dit werk nie, maar ek onthou dat ek dit gehoor het en nogal gedink het dat dit kan werk.

Antonietta Passeri Faleschini
Breadcrumbs on the pastry before adding the filling works, try it.
Peggy Devine
Prik die onderkors met vurk, smeer eierwit bo-oor bak so 5 min skep koue vulsel in maak toe met deeg, vat dan die eiergeel gemeng met bietjie melk en verf bo-oor. Werk baie goed vir my.
Allen Liebenberg
voor verhit jou oond, maak seker die vulsel is blits warm.
Verf die deeg met eier mengsel voor jy die vulsel in die dop gooi en maak verder jou pastei soos normaal, onthou om ‘n stoom gaatjie in die “deksel” te maak
Charmain Bester
op cooking channel se hulle ju moet nadat jou deeg onder in bak gesit is meel oorstrooi en dan vulsel
Alida Siebert
ek ‘blind bake’ gewoonlik die kors met geklitste eierwit boop, dan baie koue vulsel en die kors word heerlik crispy




MAKE HOMEMADE GRAVY LIKE A CHEF

 homemade gravy

MAKE HOMEMADE GRAVY LIKE A CHEF

Making white sauce or genuine gravy is not as daunting as amateur chefs might think, writes Tara Callinan.

This winter, throw instant powders and ready-made sauces overboard and top your gravy boat with the genuine thing.

Whether it’s drizzled over a crackling roasted pork or crispy-skinned chook, gravy undoubtedly has the ability to improve several winter classics.

However, making the perfect boat of gravy or foamy pot of white sauce is a dreaded task for many amateur chefs.

In reality, it is one of the easiest ways to enhance the taste of many family favourites this winter season. The Kitchen Therapist author Jo Richardson is an expert in mastering kitchen basics.

Here are her tips and steps to follow when making the perfect winter sauce:
Gravy

Gravy is a delicious old

– fashioned sauce traditionally poured over the top of roasted meat or sausages.

How to make it: To make the perfect gravy, you must use leftover pan juices, especially the crispy bits.
Add to the pan 1 tablespoon of flour, about 500ml of beef stock, 1 tablespoon of plum jam and a one-quarter of a cup of red wine. Proceed to stir over a low heat to prevent lumpiness and burning. If lumps do persist, add more beef stock to maintain the perfect consistency.
Tips and tricks: Be sure to drain off excess oil from the pan juices to avoid a greasy taste being left in the mouth.
If you can’t find any plum jam in the pantry, try adding marmalade to the mixture to enhance the sweetness of the gravy.

White sauce

A simple combination of butter, flour and milk? What could possibly go wrong, you ask?

White sauce ( or bechamel as it’s known in the classics ) is one

of those recipes in which science meets cooking and slight deviations on th e temperature quantities.

How to make it: Melt 30 grams of butter on low heat until foamy and add 2 tablespoons of flour. Continuously stir until the flour is “cooked out” and take the pan off heat before whisking in 350ml of milk or cream. Stir constantly until the sauce thickens and bubbles. Season with nutmeg and herbs to finish.
Useful tips: To make the ideal cheese sauce, add a handful of grated cheese to the mixture. Using chicken stock along with milk or cream will also enhance the flavour of the sauce.
How to use it: White sauce can be poured over the top of cauliflower or steamed potatoes to reinvent a simple side serving of vegetables. A runny cheese sauce can also be used in the layering process of your favourite lasagne recipe.

 




BIERBLIK HOENDER

bierblik hoender

BIERBLIK HOENDER
1 heel rou hoender
Olyfolie
Sout na smaak
Gemengde kruie
Hoender speserye
1 blikkie bier van jou keuse
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Maak hoender skoon, strooi sout in die binnekant en
vryf goed in. Vryf buitekant goed in met die olyfolie. Sprinkel speserye oor en vryf ook goed in.
Drink helfte van die bier  (blik moet half vol, of, half leeg wees ….)
Druk hoender met gatkant oor die blik opening. Maak hoender staan op vlak
bakskottel wat met foelie bedek is. Plaas hoender nou mooi regop in die oond vir 90 minute. – Heerlik en Sappig

Pieter Coetzee
Ek doen dit ook gereeld, in bier/gemmerbier sit ek mixed herbs, suurlemoen, knoffel en rissies. Daai geure trek in van binnekant af en hou hoender vogtig. Buite smeer ek ‘n mengsel van olie, peri peri, hoender speserye. Elke keer baie lekker.




KARRINGMELK ANYS BESKUIT


KARRINGMELK ANYS BESKUIT
2 kg bruismeel
4 teelepels bakpoeier
2 eetlepels sout
2 koppies suiker
350 g botter
4 teelepels olie
3 eiers
500 ml karringmelk
1 eetlepel anys

Knie alles saam tot ‘n stywe deeg.
Maak bolletjies in pan.
Laat rys vir 15 minute.
Bak by 180°C so 35 tot 40 minute.
Sny en droog uit.
Resep: Poppie Coetzer




WENKE WAT WERK

GOOD FOOD 2

WENKE WAT WERK
Beskuitblik = Gooi 1 teelepel suiker in die blik om vars te hou-
Broodblik = Halwe aartappel in die blik hou die brood vars-
Om vleis sag te maak as jy dit stowe, gooi 2 teelepels gemmer by, asyn kan ook in gegooi word-
Om hoender sag en sappig te hou, gooi ‘n koppie suurlemoensap oor dit voordat jy dit gaar maak-
‘n Stukkie brood in die pan waarin vis gebak word, sal voorkom dat die olie spat, ontdooi bevrore vis in melk, die melk gee ‘n lekker geur aan die vis-
Om te keer dat worsies oopbars wanneer jy hulle braai, prik hulle goed, doop in kookwater en droog af voordat jy dit in die pan bak-
Aartappels braai mooi bruin as dit eers in melk gedoop word-
Wanneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel oor die olie voordat jy die eier in die pan oopbreek, die eier sal nie aan die bodem van die pan vas sit nie-
Om groente gouer te laat sag kook, voeg ‘n teelepel suiker by terwyl dit kook
Coen Cloete
As jy iets diep olie braai gooi ‘n kurkprop in dit demp die spat van olie en hou jou olie langer skoon soos met viskoekies ens – by ‘n ou wyse portugese tannie geleer en waargeneem.




GEDROOGTE SITRUSSKIL

 GEDROOGTE SITRUSSKIL

Na die skille van lemoene, suurlemoene en nartjies goed afgespoel is, word die buitenste oranje of geel skil verwyder deur die vrugte stadig in die hand te draai en die skil met ‘n skerp mes of vrugteskiller in spriaalvorm af te sny. Gebruik ‘n dik naald en duntou en ryg die stukkies sitrusskil sowat 2.5cm van mekaar af in. Hang die respies op in die skadu en laat dit so 3 dae lank hang. Sodra dit heeltemal droog is, moet dit in n lugdigte houer gebêre word. So sal dit ‘n jaar lank goed hou..Sny in klein stukkies vir die gebruik in vrugtemengsels, of gebruik in groter stukke saam met vleisdisse ens.




THERESA SE HEERLIKE KLAM SJOKOLADE KOEK

heerlike klam sjok koektested

THERESA SE HEERLIKE KLAM SJOKOLADE KOEK
250 ml koekmeel
60 ml kakao
250 ml suiker
2 ml sout
10 ml bakpoeier
125 ml kookwater
125 ml olie


4 eiers, geskei
Stroop
180 ml ingedampte melk
125 ml suiker
Ganache
100 g donker sjokolade
60 ml ingedampte melk
Gekrummelde Flake of gerasperde sjokolade

Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ‘n ringkoekpan van 25 cm met olie. Sif meel en kakao en meng met suiker, sout en bakpoeier. Klits kookwater en olie saam. Skei eiers. Voeg eiergele by olie-en-watermengsel en klits goed. Hou witte eenkant.

Voeg vloeistofmengsel by droe bestanddele en meng deur. Klits eierwitte tot stywe punte vorm en vou by beslag in. Skep in voorbereide pan en bak vir 25-30 minute tot deurgaar. Terwyl koek bak, verhit ingedampte melk en suiker tot kookpunt. Sodra koek uit oond kom, prik gaatjies daarin en giet warm stroop oor. (Dit sal lyk asof stroop te veel is, maar alles sal intrek.)

Laat afkoel en keer uit. Smelt sjokolade en ingedampte melk saam tot glad en smeer oor koek. Sprinkel Flake of gerasperde sjokolade oor. Lewer een middelslagkoek.

Foto en resep geplaas deur Theresa Throskie