10 MINUTE BLUEBERRY COOL WHIP PIE

BLUEBERRY COOL WHIP PIEtested
10 MINUTE BLUEBERRY COOL WHIP PIE

Here’s what you’ll need:

1 container of COOL WHIP whipped topping
1 can of sweetened condensed milk
1/4 cup of lemon juice
1 cup of sliced or chopped pecans
1 container of blueberries
2 store bought graham cracker pie crusts

The instructions couldn’t be any easier. Mix all the ingredients together thoroughly, split the mixture in half, and pour it into each graham cracker crust. Let it chill in the fridge for a couple of hours before serving.

I love that the recipe makes two pies because that means we can take one to share with friends and leave one behind at home to enjoy as a midnight snack while the rest of the house sleeps. (Maybe that’s just me.)

Cooking time: 6 minute(s)

Recipe posted by Marlene Mouton Carstens  (Holidays)

VARIASIE

Anita Kroon
My weergawe van gister se Blueberry Cool Whip Pie, net met cherries en strawberries!  Dankie



VRA NA MEER HOENDER


VRA NA MEER HOENDER
6 Hoender dytjies of boudjies
1 koppie mayonnaise
1 koppie chutney
1 pakkie bruin uiesop poeier
1 koppie warm water.

Plaas hoender in oondvaste bak en geur met sout en peper
Maak uiesop poeier aan met water
Meng die chutney, mayonnaise en uiesop
Giet oor hoender en bak toe in oond 180 º Celsius een en n half uur.
Maak oop en laat halfuur bruin bak.

Maklik vinnig en HEERLIK 😀
Resep en foto: Santie Hain

Nota:  Die sous is regtig baie, mens kan net die helfte aanmaak indien verkies . Dit is genoeg vir 10 boude en 10 dye

Elsabie Templeton:
Ek het die koppie blatjang met ‘n halwe koppie Jelapĕno blatjang en ‘n halwe koppie prego sous vervang.Foto: Elsabie Templeton




FRUIT COCKTAIL POEDING

Fruit cocktail tert - Louisetested
FRUIT COCKTAIL POEDING
Bron: Martie Briel
Foto:  Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie Fruit Cocktail met stroop (410 g blikkie)
2 koppies koekmeel
1 ½ koppies suiker
3 eiers
2 teelepels koeksoda

Meng alles saam en sit in oondvaste glas bak wat vooraf gesmeer is.
Bak 40 minute by 180°C.

Stroop:
1 koppie suiker
1 blikkie Carnation Ingedampte melk
1 teelepel vanilla essence
1 eetlepel margarien

Kook alles saam tot suiker goed gesmelt is.
Steek gaatjies in die warm poeding met sosatie stokkie en gooi stroop oor (ek gooi met ‘n lepel bietjie bietjie oor en mens maak seker elke deel kry ewe veel – dit trek ook vir my baie mooier in – anders dam als in die middel en dan is dit vir my “soggy”).




JOFRANIE SE BRAAIVLEIS SOUS

 

JOFRANIE SE BRAAIVLEIS SOUS

Jofranie Venter het hierdie resep by ‘n vorige kerel se Ma, Tannie Dorah Vogel van Phalaborwa, gekry wie dit van ‘n sjef by die destydse Swazi Sun afgesmeek het. Jofranie hierdie braaisous is heerlik oor pap of met braaibroodjies en is gewoonlik ‘n treffer.
Braaivleis sousresep
2 groot uie, fyngekap
1 pakkie knopiesampioene, opgesny
1 pakkie (250 gram) opgesnyde gerookte spek
2 groot GROEN tamaties
1 blikkie gerookte mossels
kerriepoeier na smaak (verkieslik matig)
sout en pepper
Aromat

Braai die uie in enige olie, maar verkieslik olyfolie met ‘n lepeltjie botter oor matige hitte.
Sodra die uie DEURGEBRAAI is, voeg nou die sampioene by en roer saam.
Sodra die sampioene DEURGEBRAAI is, voeg nou die stukkies spek by en roer.
Sodra die spek DEURGEBRAAI is, sny dan die GROEN tamaties op en voeg dit ook by. Dis belangrik dat die tamaties nie heeltemal groen moet wees nie maar beslis ook nie ryp nie.
Sodra die tamaties DEURGEBRAAI is, sny (breek) die mossels een vir een in die helfde op en voeg by die pruttende sous.
Voeg aan die einde al die olie in die mosselblikkie ook by die sous. (Die mossels moet eintlik halfpad wegkook)
Geur na smaak en voeg ‘n groot eetlepel kerriepoeier by.
Die kerrie moet verkieslik matig wees omdat die geur daarvan baie subtiel moet deurkom en nie die ander smake moet oorheers soos dikwels die geval is as kerrie te warm is nie.
Sodra die kerrie gaar is, is die sous gereed om voorgesit te word.

 

 




HOW TO MAKE A SWEDISH SANDWICH CAKE

testedswedish sandwich cake

HOW TO MAKE A SWEDISH SANDWICH CAKE
One of the first traditional Swedish foods I tried is called smörgåstårta (smur-gos-tor-ta), which literally translates to “sandwich cake”.

It was love at first bite. Even all this time later I can’t get enough!
The two basic ingredients are bread and a mayonaisse/sour cream spread that you “frost” the cake with. Everything else is up to you!
Check out these gorgeous photos… I dare your mouth not to drool!
How to make a smörgåstårta
The main component of any smörgåstårta is the bread. In Sweden you can buy loaves of bread sliced lengthwise which work perfectly for smörgåstårta.
You may use any bread, but white is the most common. Try getting an unsliced loaf (rectangle or round) and slice it horizontally. You should use 3 or 4 medium slices. Alternatively, you can use slices of white bread with the crust cut off, 3 for each layer when making a rectangle smörgåstårta, “glued” together at the edges with butter.
You may also choose to do smaller individual sandwich cakes. Just cut your bread accordingly.
For the “frosting” combine equal parts mayonaise and sour cream ( or creme fraiche if you can find it) plus lemon juice to taste.
Once you’ve got the bread and “frosting” ready, assemble them like a layer cake. Lay the bottom piece of bread on a plate or platter, then spread the mayonaise/sour cream mixture evenly accross the entire slice, then repeat till you’ve used all the slices, top and sides.
You may want to put some toppings between the slices too. Shrimp/prawns, sliced cheese, and thinly sliced cucumbers work nicely.
Once you’ve got the sandwich looking like a cake, it’s time to “decorate” it. There’s no real rhyme or reason to smörgåstårta topping choices, so just go crazy with food you like. I usually use shrimp/prawns, avacado (don’t add until serving time), tomato wedges, hard-boiled egg wedges, caviar, fresh dill, and cucumber slices. I’ve added a list to this lens of common toppings, but any cold sandwich-type food should work. Look at the pictures to get inspired.
Once the smörgåstårta is done, cover with cling film and place it in the refridgerator for a while. Some people think it’s best to leave it in the fridge overnight, but a couple hours will be fine.
The smörgåstårta is most often served at special events. As you can see it makes a terrific potluck dish.
Enjoy!
Smörgåstårta Toppings
Shrimp/Prawns
Egg Slices/Wedges
Caviar
Tomato Slices/Wedges
Sliced Ham
Sliced Salmon
Fresh Dill
Lemon Slices/Wedges
Avacado
Crayfish/Crawfish
Grapes
Lettuce
Liver Paté

 




ROMERIGE HOENDER-STROGANOFF


ROMERIGE HOENDER-STROGANOFF
30 ml botter
15 ml olie
1 ui (gekap)
1 knoffelhuisie (gekneus)
4 hoenderborsfilette (velverwyder, ontbeen, in repe gesny)
5 ml orego
50 ml koekmeelblom
300 ml hoenderaftreksel
150 ml droe wit wyn
100 g dwergsampioene
100g oester- of bruin sampioene in (skyfies gesny)
100 g gekookte ham (gekap)
1 blik 410g rooi nierboontjies (gedreineer; opsioneel)
250 ml room

Verhit botter en olie saam en sorteer ui daarin tot sag en glansend- 2-3 minute.Voeg knoffel by en sorteer vir nog ‘n minuut. Voeg die hoenderrepies by en roerbraai tot goudbruin. Meng orego en meelblom, strooi oor hoenderrepies en roer deur vir sowat 1 minuut. Voeg warm aftreksel en wyn by en verhit tot kookpunt terwyl jy dit roer. Sous sal verdik. Verlaag hitte en laat prut vir nog 10 minute. Voeg sampieoene, ham en boontjies by en verhit tot deurwarm. Roer om te voorkon dat dit aanbrand. Verwyder van hitte en roer room by. Verhit stadig tot warm, sonder om te kook. Garneer met vars orego en dien op saam met rys of mengsel van wit en wilderys

 




GEBRAAIDE UIERINGE

BAIE MAKLIKE GEBRAAIDE UIERINGE
Skil 1 groot ui en dikkerige ringe en plaas in yswater in yskas.
Laat ten minste ‘n uur in die yswater staan.
Vat 1 koppie koekmeelblom en gooi en plastiek sakkie.
Meng 1 koppie selfraising met 1 koppie water.
Dreineer die uieringe van die water.
Gooi eers in sakkie met koekmeel en doop dan in die bruismeel/water mengsel.
Gooi dan in warm kookolie tot mooi bruin.

 




GESONDHEIDSBESKUIT

GESONDHEIDSBESKUIT CECILIAtested

GESONDHEIDSBESKUIT
Foto: Cecilia Woest Hunwick
FOOD LOVERS RECIPES
Smelt saam en laat afkoel:
500 g margarien
2 koppies suiker (of 1 koppie suiker en 1 koppie heuning)
Meng saam:
3 koppies koekmeel
1 koppie wheat bix
1 koppie semels
2 koppies oats
3 koppies nutty wheat
2 teelepels koeksoda
50 ml bakpoeier (10 teelepels)
1 teelepel sout
500 ml karringmelk
1 koppie klapper
gebakte neute, opsioneel

Meng karringmelk by gesmelte botter/suiker.
Meng al die droë bestanddele. (Dit is nie ‘n stywe deeg nie, maar dit is wel klewerig.)
Druk met hande in 2 groot oondpanne.
Bak in oond van 180°C vir 10 min.
Stel oond af na 160°C en bak vir verdere 30 min.
Sny in repe (liniaal-breedte) en dan in vingerlengte.
Droog uit in oond by 100°C vir 4 – 5 ure (eie keuse).




SPIERWIT VERSIERSUIKER

tested
SPIERWIT VERSIERSUIKER
Ek het hierdie gister probeer, by iemand gekry
2 eierwitte GOED styf geklits met 500 g versiersuiker.
Dit is spierwit en lyk soos die draai roomys.

Resep: Nelia le Roux




SJOKOLADE KOEK VERSIERSEL OP DIE STOOF

sjokolade mousse koek kititested
SJOKOLADE KOEK VERSIERSEL OP DIE STOOF
200 g (250 ml) suiker
25 g (50 ml) mielieblom
20 g (50 ml) kakao
7 ml kitskoffiepoeier
375 ml water
45 g (50 ml) botter of margarien.
Meng al die bestanddele saam in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Plaas dit op kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel dik is; dit duur nogal lank. Laat dit afkoel. Smeer tussen koeklae of bo -oor koek.
WENK:
Ek het nie dit oor kookwater gedoen nie, ek het dit in ‘n kastrolletjie gesit en op medium hitte verhit en geroer en geroer en geroer, Later het ek gedink dit sal nooit dikker word nie, toe het ek dit bietjie warmer gestel totdat dit so liggies begin prut. Ek het dit vir ‘n minuut laat prut en toe afgehaal . As dit afgekoel is kan jy dit met ‘n lepel op die koek skep en dan smeer, dit sal langs die kante afloop , maar dit gee dit daardie genache effek. Dis regtig lekker en nie so soet soos versiersuiker nie. Probeer dit gerus.
RESEP EN FOTO: Erina Dell