GEBOTTELDE OLYWE

olywe ingele - retha

Maak snytjies weerskante in swart olywe met ‘n lemmetjie of dun skerp messie. Laat vir tien dae lê in vars water…verander elke oggend en aand die water. Daarna pak jy olywe in gesteriliseerde bottels.

Maak ‘n versadigde soutwater oplossing en gooi bottels vol tot sowat 3-4 cm van bo af. Vul die bottels verder met olyfolie. Draai styf toe, sit onderstebo neer vir 24 uur. Keer dan bottels om en bêre vir paaqr weke vor gebruik. Baie eenvoudig, maar heerlik en maklik om te maak.

Resep by n Italiaanse vriendin van my gekry.
Retha-Jane Duvenhage Buys




TOMATO PEPPER SAUCE

tomato pepper sauce - retha
TOMATO PEPPER SAUCE
My version…after tasting, testing and changing to our taste:
1 box ripe tomatoes, chopped
6 large onions, chopped
4 large green peppers, sliced or chopped
2 large sweet red peppers
COMBINE above with:
± 250 g sugar, or little less, or more… taste till you are satisfied
salt to taste
6 – 7 shakes peri-peri
freshly ground black pepper to taste
about ½ a teaspoon cinnamon, same amount ground cloves (Thus no need for a cheese cloth bag)

Place in a heavy pot, over low heat. Stir until sugar is melted. Cook slowly, stirring now and then, until it thickens.
ADD: 750 ml brown wine vinegar. Cook until very thick. Pour into hot jars.
Seal and store for about 14 days before starting to use.
Serve with cold meats, or as a spread on a pizza base, or as a spread on a slice of bread!
ENJOY!
Retha-Jane Duvenhage Buys




FILO PAKKIES

FILO PAKKIES
Gebruik 3 – 4 velle filodeeg. Smeer (verf) elke vel met gesmelte botter of marg. en plaas bo-op mekaar. Sny in 12 vierkante met ‘n skerp mes.
Plaas filovierkante in muffinpanholtes. Skep vulsel in. Enige vulsel kan gebruik word, solank dit nie te souserig is nie. Hier het ek groen en rooi soetrissie, preie, eiervrug en roosmaryn gebruik.
Bak vir 12 minute by 180grC. Hou maar dop, oonde verskil baie, jy het dalk ‘n minuut meer of minder nodig. Bak tot goudbruin.
Ek maak gereeld vir iemand vir funksies, sommer so 300 op ‘n slag. Dan gebruik ek verskillende vulsels soos spinasie of butternut en feta, mielies in kaassous, mediterreense groente, omelet met bacon.

Ag die idees is eindeloos

Louise Groenewald

 




NO BAKE CARAMEL COOKIES


NO BAKE CARAMEL COOKIES
2 cups sugar
¾ cup margarine
2/3 cup evaporated milk
1 package (3 ounce) instant butterscotch pudding
3½ cups rolled oats

In a large saucepan, combine sugar, margarine, and milk. Bring to a rolling boil, stirring frequently. Remove from heat and add the pudding mix and rolled oats. Mix thoroughly; cool 15 minutes. Drop by spoonfulls onto waxed paper.




CHEESY FISH BAKE

cheesy fish bake rina

CHEESY FISH BAKE
Lekker vis uit ‘n pakkie!
Ek was vandag lekker lui en het vir ons die vis gemaak, mensig maar dit is regtig lekker julle kan dit regtig maar probeer vir daai dae wat jy vinnig moet kos maak. Bedien saam met fyn aartappel en ‘n lekker groen slaai.
Ek sien nou op die pakkie is heerlike “Cheesy Crumpets”
Meng:
1 kp bruismeel
1 pk cheesy fish bake
1 eier
300 ml melk
2 eetl gerasperde kaas

Skep lepelsvol in warm pan met bietjie olie, draai om sodra daar borreltjies vorm bo-op. Baie lekker saam met bredies as ‘n bykos.

Foto: Rina Kleinhans
Resep geplaas deur Rina Kleinhans




WARM AARTAPPELSLAAI MET SPEK

Warm aartappelslaai rina

WARM AARTAPPELSLAAI MET SPEK
Ek het sommer my eie warm aartappelslaai gemaak en dit was heerlik
Hoeveelhede na gelang van hoeveelheid porsies.
Kook klein aartappeltjies sag in water met sout. Braai fyn gekapte spek lekker bros, hou eenkant, braai jou fyn gekerfte ui in dieselfde pan lekker bruin.
Skil jou aartappels(of los die skil aan) sny net in halwes, gooi die aartappels en spek terug by die uie. Roer lekker deur en haal van die plaat af maar los so rukkie in die warm pan.

Vir opdiening, sit slaai in opdien bord.
Meng korrel mostert, appelasyn, olyf olie en bietjie kondensmelk lekker en gooi oor die slaai, kerf vars pietersielie en sprinkel oor die slaai voor opdiening
Foto en idee:  Rina Kleinhans




HOL VETKOEKE


HOL VETKOEKE
Ek het ‘n resep gekry lank terug op facebook wat ek gebruik om ‘hol’ vetkoeke te maak. Dit werk elke keer en die vetkoeke is lekker hol. Hier is die resep. Ek weet nie waar ek dit gekry het nie.
8 koppies koekmeel
1 pakkie kits suurdeeg
1 eetlepel sout
bietjie suiker (30 ml)
liter louwarm water
olie (om mee af te knie)

Knie alles saam. Deeg moet styf wees, anders absorbeer dit te veel olie tydens bakproses)
Smeer bietjie olie bo-oor. Maak toe met plastieksak.
Laat rys 30 minute.
Knie af.
Rol deeg uit tot so 2 cm dik.
Gebruik blikkie waarvan beide kante afgesny is, en druk uit.
(Dit maak dat die vetkoek hol is binne-in).
Druk vetkoek effens plat tussen hande en bak in warm olie.
Ek sit altyd eers ‘n klein stukkie deeg in olie. As dit goudbruin is, weet ek die olie is warm genoeg. Draai vetkoeke met ‘n tangetjie om, ander suig dit te veel olie op deur die vurk se gaatjies.
Dieselfde deeg gebruik ek vir pizzadeeg, brood (knie net 2 x af) en roosterkoek.

Vetkoek raad:
• Ja, ek het gevind om die deeg baie dun uit te rol maak die vetkoek hol of ek het al my deeg gerol, dan sny met skerp mes blokke en bak. Whalla, hol vetkoek!
• Om vetkoeke lekker hol te kry vir jou maalvleis rol die deeg met ‘n koekroller so 2 cm en druk uit met drukker of glas dan pof hulle sommer so.

Resep met 2 koppies meel:
3 ml suurdeeg
3 ml suiker
3 ml sout
± 1½ koppie lekker lou water
Ek plaas die suurdeeg en suiker met ‘n half koppie lou water in bak waarin ek meng. Sodra suurdeeg lekker skuim, voeg ek meel en sout by en knie tot ‘n lekker sagte hanteerbare deeg.
Laat rys tot amper dubbel groote. Deeg gerol in ‘n wors, stukke afgesny en met vingers platter gewerk en in warm olie gesit. Sodra deeg opkom het vrou met gaatjies lepel olie oor geskep en deeg het gepof.
Ongeveer 12 vet koeke gekry. Hang net af hoe groot jy stukke sny.
Foto en vermindering van resep: Ben Herbst




OUTYDSE KAROO BOEREWORS

OUTYDSE KAROO BOEREWORS
500 g beesvleis
500 g varkvleis
1 kg skaapvleis – nie te maer nie
250 g varkspek [ ongerook ]
12.5 ml port
25 ml druiweasyn
12.5 ml brandewyn
3 teelepels sout
3 ml geskroeide koljander [ fyn gestamp]
3 ml witpeper
3 ml neutmuskaat – vars
1 ml fyn naeltjies
3 ml marjoram
6 salieblare fyngekap
1 eeetlepel lemoenskil fyn geraper [ net die geel gedeelte ]
worsderms
Sny al jou vleis in blokkies, strooi jou speserye oor , asook die sout , laat staan ‘n ruk. Maal nou die vleis. Sny die varkspek in baie klein blokkies en strooi oor die vleis. Sprinkel die vloeistowwe oor en meng met jou vingers se punte, liggies tog deeglik. Stop die derms met ‘n worsstopper.
Ek dink die geheim le ook in die gaarmaak. Vir my moet wors net – net gaar wees, tog nie droog gebraai nie, as jy hom pan gaar maak, gooi ‘n bietjie water onder in die pan en as jy hom vuurgaarmaak rol hom dig op en draai net een keer om, moet nie prik nie.

Resep geplaas deur Leon Smit




OUTYDSE MELKTERT

outydse melktert Retha
OUTYDSE MELKTERT
Vulsel:
6 koppies melk
6 eetlepels suiker
2 eetlepels hoogvol meelblom
1 teelepel vanilla essense
4 eiers (geskei)
2 eetlepels botter/margarien
3 eetlepels gelyk, Maizena
( Ek gebruik ‘n groot ronde opskeplepel waar resep sê eetlepel.)


Kook 5 koppies melk, met die helfte van die suiker. Meng meelblom, maizena en die ander melk, eiergele en res van suiker. Klits goed sodat daar geen klonte is nie. Roer die mengsel in die kokende melkmengsel , voorkom klonte. Laat kook terwyl jy gedurig roer tot dit dik word. Verwyder van hitte, voeg vanilla en botter by. meng goed deur.
Plaas eenkant.

MAAK KORS:
¾ koppie meelblom
1½ teelepels bakpoeier
¼ koppie melk
knippie sout
¼ koppie botter/margarien
¼ koppie suiker
1 eier (die deeg is teveel, maar ek weet nie hoe om met die een eier te maak nie!)

Smeer in bakke wat met cook ‘n spray gespuit is, met agterkant van ‘n lepel, BAIE DUN, kan maar plek deurskyn.
Dit rys baie, so moenie dik smeer nie, anders is die hele tert ‘n stuk koek!
KLITS die eierwitte styf en vou in die vulsel in. Skep in tertbakke en strooi pypkaneel oor.
Bak in oond 180°C tot gaar, ongeveer half uur.
Nota:  Die deeg is vir 5 terte, so maak minder indien jy nie so baie wil maak nie
BRON EN FOTO: Retha-Jane Duvenhage Buys




CABBAGE MEATBALS IN CROCK POT

cabbage meatballs in craock pot jessietested

CABBAGE MEATBALS IN CROCK POT
Vandag my koolfrikadelle gemaak. Baie lekker, kan dit aanbeveel.
8 to 12 large cabbage leaves
1 to 1 ½ pound very lean ground beef
1 cup cooked rice
1 egg, beaten
1 teaspoon seasoned salt
¼ teaspoon pepper
¼ cup finely chopped onion
1 can condensed tomato soup
1 can (14.5 ounces) diced tomatoes
salt and pepper, to taste

Pour boiling water over cabbage leaves and let stand for 5 minutes, until somewhat wilted. Combine ground beef with egg, pepper, salt, rice, and chopped onion. Roll a portion of the filling into each leaf. Secure rolls with toothpicks. Place in slow cooker. Combine tomato soup and tomatoes; pour over cabbage rolls. Season with salt and pepper, to taste. Cover and cook on low for 7 to 9 hours.

Recipe posted by Jessie Maritz-Vermeulen
Photo:  Jessie Maritz-Vermeulen